Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 12/15 bl. 3-4
  • Betlehem—Simbool van Christelike eenheid en liefde?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Betlehem—Simbool van Christelike eenheid en liefde?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die waarheid oor Betlehem en Kersfees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Draai Kersfees nog om Christus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Kersgebruike—Is dit Christelik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Jesus se geboorte—die ware verhaal
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 12/15 bl. 3-4

Betlehem—Simbool van Christelike eenheid en liefde?

“BETLEHEM . . . is ’n bewys van eindelose liefde, dit is ’n les in nederigheid.”—Maria Teresa Petrozzi, skryfster van die boek Bethlehem.

Beteken Betlehem vir jou iets soortgelyks? Miskien wel, aangesien honderdmiljoene opregte, vredeliewende mense wêreldwyd eerbiedig na Betlehem kyk, veral gedurende die Kerstyd. Hulle is gedagtig daaraan dat hierdie klein Midde-Oosterse dorpie die geboorteplek van die “Vredevors”, Jesus Christus, is. Pelgrims kom al eeue lank hier byeen om een van die Christendom se heiligste plekke te besoek, en om dit miskien te vereer. Dit is die Grot van die Geboorte, die tradisionele geboorteplek van Jesus Christus. Dit is in die groot, historiese kompleks geleë wat die Kerk van die Geboorte genoem word.—Jesaja 9:5; Mattheüs 2:1.

Maar het hierdie tradisionele heilige plekke werklik gedien as middelpunte van Christelike eenheid, liefde en nederigheid? Tot watter slotsom laat die volgende jou kom?

Katolieke skryfster Maria Teresa Petrozzi sê in Bethlehem: “Van die 16de eeu af het [Betlehem] gely onder die bittere en bloedige struwelinge tussen Latyne [Rooms-Katolieke] en Grieke [Grieks-Ortodokse gelowiges] oor die leierskap in die Geboorte-kerk.” Die middelpunt van hierdie herhaalde “bloedige struwelinge” om beheer was dikwels die silwer ster in die Grot van die Geboorte, wat ondergronds, onder die Kerk van die Geboorte, geleë is. Daar word beweer dat hierdie ster die presiese plek van Christus se geboorte aandui. R. W. Hamilton sê in sy boek The Church of the Nativity, Bethlehem: “Dit is algemeen bekend dat twee van die vraagstukke in die geskil tussen Frankryk en Rusland wat aanleiding gegee het tot die Krim-oorlog, betrekking gehad het op die botsende aansprake op die besit van die sleutels van die hoofdeure van die basilika en van die kript [Grot van die Geboorte], en op die raaiselagtige diefstal een nag in 1847 van die silwer ster met ’n Latynse inskrywing wat op ’n marmerblad onder die altaar van die Geboorte aangebring is.”

As gevolg van die voortdurende interkerklike botsings deur die eeue heen oor die regte op hierdie plekke word “die regte van elke kerk nou versigtig voorgeskryf. Van die 53 lampe in die grot behoort 19 byvoorbeeld aan die Franciskane. Die Altaar van die Geboorte is die Grieke se eiendom, en die Latyne word nie toegelaat om dienste daar te hou nie.”—Historical Sites in Israel.

Gedurende die Kerstyd, as die politieke klimaat dit toelaat, hou elkeen van die godsdiensgemeenskappe van die Christendom wat teenwoordig is sy eie Kersmis en ’n optog deur Betlehem. Die Latyne het op 24 en 25 Desember ’n optog en Middernagmis in die Sint Catherine-Kerk, langs die Kerk van die Geboorte, wat nou deur die Grieks- en Armeens-Ortodokse kerke gedeel word. Op 6 Januarie vier die Grieks-, die Siries- en die Kopties-Ortodokse kerke hulle Kersmisse. Op 18 Januarie word die Armeens-Ortodokse Kersmis gehou, met ’n optog op 19 Januarie.

Gee die voorafgaande te kenne dat Betlehem se tradisionele heilige plekke ‘’n bewys van eindelose liefde, ’n les in nederigheid’ is? Weerspieël hulle boonop die waarheid oor die omstandighede van Jesus se geboorte? Wanneer is hy byvoorbeeld gebore? Is hy gebore in wat nou die Grot van die Geboorte is? En moet jy of enigiemand anders sy geboorteplek vereer?

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel