Is die Bybel werklik ’n gawe van God?
“EK GLO die Bybel is die beste gawe wat God nog ooit aan die mens gegee het.” Daardie verklaring is gedoen deur Abraham Lincoln, die 16de president van die Verenigde State.a Hy is nie die enigste een wat die waarde van hierdie eeue oue boek besef het nie.
Die 19de-eeuse Britse staatsman William E. Gladstone het gesê: “Die Bybel dra die stempel van ’n besondere Oorsprong, en staan ver bo alle mededingers uit.” Op soortgelyke trant het die 18de-eeuse Amerikaanse staatsman Patrick Henry gesê: “Die Bybel is meer werd as alle ander boeke wat ooit gedruk is.” Die Franse keiser, Napoleon Bonaparte, wat klaarblyklik deur die Skrif beïndruk was, het gesê: “Die Bybel is nie bloot ’n boek nie, maar ’n Lewende Wese, met ’n krag wat alles oorwin wat dit teëstaan.”
Die Bybel was al vir sommige ’n bron van hulp en vertroosting. Die Amerikaanse bondsgeneraal Robert E. Lee het gesê: “In al my verwarring en benoudhede het die Bybel nooit gefaal om vir my lig en krag te gee nie.” En vanweë sy waardering vir hierdie boek het Amerikaanse president John Quincy Adams gesê: “Ek maak dit baie jare lank al ’n gewoonte om die Bybel een keer per jaar deur te lees.”
Indien die Allerhoogste die Bybel vir die mensdom gegee het, moet daar bewys wees dat dit deur God geïnspireer is. Dit moet enige ander boek oortref. En om ’n ware bron van krag en onderrig te wees, moet die Bybel volkome betroubaar wees. Die vraag is dus: Is die Bybel werklik ’n gawe van God? Kom ons soek vervolgens die antwoord op daardie vraag.
[Voetnoot]
a Daar is natuurlik ’n groter gawe—Jesus Christus.—Johannes 3:16.
[Prente op bladsy 3]
William E. Gladstone
[Erkenning]
U.S. National Archives photo
Abraham Lincoln
[Erkenning]
U.S. National Archives photo
Patrick Henry
[Erkenning]
Harper’s U.S. History
Napoleon Bonaparte
[Erkenning]
Drawn by E. Ronjat
John Quincy Adams
[Erkenning]
Harper’s U.S. History
Robert E. Lee
[Erkenning]
U.S. National Archives photo