Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 4/1 bl. 3-4
  • Die wetenskap en godsdiens—die begin van ’n konflik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die wetenskap en godsdiens—die begin van ’n konflik
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die konflik word hewiger
  • Galileo
    Ontwaak!—2015
  • “Maar dit beweeg tog!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Die man wat “die aarde laat beweeg het”
    Ontwaak!—2005
  • Galileo se botsing met die Kerk
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 4/1 bl. 3-4

Die wetenskap en godsdiens—Die begin van ’n konflik

DIE 70-jarige sterrekundige was op sy sterfbed en het gesukkel om te lees. In sy hande was die proewe van ’n dokument wat hy geskryf het, gereed vir publikasie. Of hy dit geweet het of nie, sy werk sou die mensdom se beskouing van die heelal heeltemal verander. Dit sou ook ’n vurige geskil in die Christendom laat ontstaan, waarvan die uitwerking vandag nog gevoel word.

Die sterwende man was Nicolaus Copernicus, ’n Poolse Katoliek, en dit was die jaar 1543. Volgens Copernicus se werk, met die titel Aangaande die omwenteling van hemelliggame, was die son, nie die aarde nie, die middelpunt van die sonnestelsel. Met hierdie een werk het Copernicus die uiters komplekse geosentriese (die aarde as middelpunt) stelsel met ’n stelsel van elegante eenvoud vervang.

Daar was aanvanklik min tekens van die botsing wat sou ontstaan. Een rede was dat Copernicus sy idees oordeelkundig bekend gemaak het. Daarbenewens was die Katolieke Kerk, wat die geosentriese beskouing aangeneem het, op daardie stadium blykbaar verdraagsamer ten opsigte van wetenskaplike bespiegelings. Selfs die pous het Copernicus aangespoor om sy werk te publiseer. Toe Copernicus dit uiteindelik gepubliseer het, het ’n bevreesde redakteur sy eie voorwoord geskryf waarin hy gesê het dat die heliosentriese (die son as middelpunt) idee beskou moet word as ’n wiskundige ideaal en nie noodwendig as ’n sterrekundige waarheid nie.

Die konflik word hewiger

Volgende op die toneel was die Italiaanse sterrekundige, wiskundige en fisikus Galileo Galilei (1564-1642), wat ook ’n Katoliek was. Met behulp van teleskope wat hy gebou het, waarin hy ’n nuwe uitvinding, die lens, gebruik het, kon Galileo besonderhede in die hemele sien wat nog nooit tevore gesien is nie. Sy waarnemings het hom daarvan oortuig dat Copernicus reg was. Galileo het ook vlekke op die son gesien, wat vandag sonvlekke genoem word, en het dus nog ’n gewilde filosofiese en godsdiensopvatting betwis—dat die son nie onderhewig is aan veranderings of agteruitgang nie.

In teenstelling met Copernicus het Galileo sy idees onbeskroomd en ywerig bekend gemaak. En hy het dit in ’n vyandiger godsdiensmilieu gedoen, want teen daardie tyd het die Katolieke Kerk openlik standpunt ingeneem teen die Copernicaanse teorie. Toe Galileo dus aanvoer dat die heliosentriese idee nie net korrek is nie, maar ook met die Skrif ooreenstem, het die kerk dit as kettery beskou.a

Galileo het na Rome gegaan om hom te verdedig, maar dit was tevergeefs. In 1616 het die kerk hom beveel om op te hou om Copernicus se idees voor te staan. Galileo is ’n ruk lank die swye opgelê. Toe, in 1632, het hy nog ’n werk ter ondersteuning van Copernicus gepubliseer. Die volgende jaar het die Inkwisisie Galileo tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Hulle het egter sy ouderdom in ag geneem en die vonnis kort daarna tot huisarres versag.

Baie beskou Galileo se konflik met die kerk as ’n groot oorwinning vir die wetenskap oor godsdiens en, by uitbreiding, oor die Bybel. Maar soos ons in die volgende artikel sal sien, laat hierdie oppervlakkige gevolgtrekking baie feite buite rekening.

[Voetnoot]

a Met sy gevatte antwoorde en snydende sarkasme het Galileo onnodig vyande gemaak van invloedryke mense. En deur aan te voer dat die heliosentriese idee met die Skrif ooreenstem, het hy te kenne gegee dat hy ’n gesaghebbende op godsdiensgebied is, wat die kerk nog kwater gemaak het.

[Prent op bladsy 3]

Copernicus

[Erkenning]

Taken from Giordano Bruno and Galilei (German edition)

[Prent op bladsy 3]

Galileo verdedig hom voor die Roomse Inkwisisie

[Erkenning]

From the book The Historian’s History of the World, Vol. IX, 1904

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Agtergrond: Kaart wat Copernicus se idee van die sonnestelsel uitbeeld

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel