Berei jou aanbieding voor vir Februarie
1 Gedurende Februarie bied ons die Ware vrede-boek aan. Hierdie goeie publikasie kan gebruik word om die goeie nuus op verskeie maniere aan te bied. Jy sal ongetwyfeld vind dat dit prakties is om een van die volgende aanbiedings of almal te leer en te gebruik.
2 Die aarde—die mens se ewigdurende tuiste: As jy gesprekke wil begin met mense wat besorg is oor die aarde en sy omgewing, kan jy die tema probeer: “Die aarde sal vir ewig as die mens se tuiste bestaan.” Hierdie onderwerp is aanpasbaar genoeg om die aandag van gesinsgerigte mense, natuurliefhebbers en omgewingsdeskundiges te boei. Die teks wat gebruik moet word, is Prediker 1:4. Jy kan dan die huisbewoner se aandag op paragrawe 1 en 7 op bladsye 94-5 in die Ware vrede-boek vestig.
3 Nadat jy jou voorgestel het, kan jy sê:
◼“Ek besoek jou kortliks om ’n saak te bespreek waaroor talle van ons baie besorg is. Die aarde is ons tuiste, en jy is ongetwyfeld ook besorg oor die manier waarop dit vernietig word. Wetenskaplikes en omgewingsdeskundiges waarsku voortdurend dat die aarde onbewoonbaar kan raak as die besoedeling aanhou. Dink jy dat die probleem opgelos kan word? [Laat huisbewoner toe om te antwoord as hy wil.] Ek sal jou graag kortliks wil wys wat die Bybel in Prediker 1:4 oor die toekoms van die aarde sê.” Lees die teks en verduidelik kommentare in paragrawe 9 en 11 op bladsye 96-7 van die Ware vrede-boek.
4 Goddeloosheid sal verwyder word: As jy die belangstelling wil wek van mense wat besorg is oor misdaad, geweld en oorlog kan jy met hulle gesels oor die tema: “Goddeloosheid sal verwyder word sodat diegene wat God liefhet lewe en vrede kan geniet.” Psalm 37:9-11 stel hierdie punt, en dit word in die Ware vrede-boek, bladsye 86-7, paragrawe 1-3, verduidelik.
5 Nadat jy jou soos gewoonlik voorgestel het, kan jy sê:
◼“Dink jy dat daar ooit ’n tyd sal aanbreek wanneer ons nie met misdaad en geweld te kampe sal hê nie? [Laat huisbewoner antwoord.] Die Bybel toon hier in Psalm 37:9-11 wat die blywende oplossing is.” Lees die teks en blaai na bladsye 86-7 in die Ware vrede-boek en lees gekose gedeeltes in paragrawe 1-3.
6 Die opstandingshoop: Aangesien almal die een of ander tyd ’n dierbare aan die dood afgestaan het, kan dit vertroostend wees om gesprekke te begin oor die onderwerp: “Afgestorwe dierbares sal onder paradystoestande deur Koninkryksheerskappy opgewek word.” Jy kan Johannes 5:28, 29 of Handelinge 24:15 gebruik en die aandag vestig op die kommentare oor die onderwerp en teks wat in die Ware vrede-boek, bladsye 102-5, paragrawe 20-4, aangetref word.
7 Jy kan jou gesprek met die vyfde inleiding op bladsy 10 van die “Redenering”-boek begin en dan sê:
◼“Die meeste van ons dink van tyd tot tyd aan dierbares wat ons aan die dood afgestaan het. Maar dink jy dat ons hulle weer sal sien? [Laat die huisbewoner toe om sy mening te gee.] Baie mense met wie ons praat, is verbaas om te hoor wat God se Woord belowe en dat hierdie vooruitsig hier op aarde verwesenlik sal word. Let op die Bybel se belofte in . . . ” Gebruik Johannes 5:28, 29 of Handelinge 24:15, en sluit paragrawe 20-4 op bladsye 102-5 van die Ware vrede-boek in.
8 Berei een van die aanbiedings of almal hierdie maand voor en gebruik dit. Dit behoort nie moeilik te wees om gepaste aanhalings en illustrasies te vind in enige van die publikasies wat jy gebruik nie. Wanneer mense nie baie belangstel nie, kan jy ’n traktaat aanbied wat oor ’n verwante onderwerp handel.