Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/92 bl. 8
  • Hoe om die gesprek te begin wanneer jy teruggaan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om die gesprek te begin wanneer jy teruggaan
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Berei jou aanbieding voor vir Februarie
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Hoe om jou kommunikasievermoë te verbeter
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Gaan terug om sommige te red
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Gaan terug na alle belangstellendes om ander te bevoordeel
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 2/92 bl. 8

Hoe om die gesprek te begin wanneer jy teruggaan

1 As jy welslae daarin wil behaal om ’n gesprek te begin met iemand wat tydens die eerste besoek belangstelling getoon het, moet jy probeer om te bou op die gedagtes wat tydens daardie eerste besoek bespreek is. Die doel is om die persoon te help besef hoe belangrik die gedagtes is wat jy tydens die vorige besoek met hom bespreek het en die lektuur wat jy by hom gelaat het.

2 Neem tyd om vir die herbesoek voor te berei. Kies belangwekkende kommentare in die publikasie wat jy gebruik. Lê onderskeidingsvermoë aan die dag om te bepaal hoeveel materiaal om te dek en hoe lank om te bly. In die meeste gevalle is ’n kort bespreking van een of twee gedagtes die beste, tensy buitengewone belangstelling getoon word. Let op die volgende temas:

3 Watter toestande kan ons in die toekoms op die aarde verwag as dit die mens se ewigdurende tuiste gaan wees? Hierdie bespreking is gebaseer op Openbaring 11:18 en Jesaja 35:1, 2, soos uiteengesit en geïllustreer op bladsye 97-8 van die Ware vrede-boek.

Jy kan die gesprek begin deur te sê:

◼“Toe ek jou verlede keer besoek het, het ons gepraat oor God se voorneme dat die aarde vir ewig moet bestaan. Maar ek het ’n vraag gestel waaroor jy kon nadink: Watter toestande moet dan heers? Ek is bly dat ek kon terugkom en kortliks vir jou die Bybel se antwoord hierop kan wys.”

4 Wat ons moet doen om onder God se Koninkryk te kan lewe. Hierdie tema kan ontwikkel word deur Deuteronomium 30:15, 16, 19 en Johannes 4:23 te gebruik, soos dit op bladsy 93 van die Ware vrede-boek uiteengesit word.

Jy kan begin deur te sê:

◼“Ek het die bespreking met jou oor God se belofte om goddeloosheid te beëindig geniet. [Vra die persoon om sy Ware vrede-boek te gaan haal.] ’n Vraag wat vir ons almal belangrik moet wees, is: Wat kan ons doen om daar te wees sodat ons by hierdie verandering kan baat vind? Let op wat Jesus in Johannes 4:23 gesê het, soos dit op bladsy 93 van jou boek aangehaal is.”

5 In watter behoeftes sal daar op die Paradysaarde voorsien word? Jy kan Psalm 67:7, 8 en 72:16 of Miga 4:3, 4 en Jesaja 65:21, 22 gebruik. Daar is gepaste kommentare in die Ware vrede-boek op bladsye 97-100.

Jy kan met die volgende woorde begin:

◼“Toe ek verlede keer hier was [noem dag], het ons gekyk na God se belofte deur sy Seun om afgestorwe dierbares op ’n Paradysaarde op te wek. Wat is sommige van die seëninge wat ons dan sal kan geniet? Jou boek toon wat die Skrif sê sommige hiervan sal wees.” Lees na aanleiding van die verwysings hierbo een of twee tekste uit die Bybel voor en lees van die kommentaar uit die boek, miskien paragrawe 11, 15 en 16 op bladsye 97-100.

6 Baie mense het al belangstelling getoon in die Koninkryksboodskap wat ons verkondig. Talle het al ons lektuur aanvaar. In ander gevalle het ons gesien dat mense ons eerste skriftuurlike bespreking waardeer het. Doen dus herbesoeke op almal wat belangstelling getoon het, en probeer om hulle die waarheid te leer.—Matt. 10:11; 28:19; Joh. 21:17; Openb. 22:17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel