Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/96 bl. 4
  • Help hulle om te verstaan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help hulle om te verstaan
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die goeie nuus met ’n gevoel van dringendheid aan
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Verkondig ‘die woorde van die profesie’
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Help ander om ‘die dinge wat geskrywe staan te onderhou’
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Openbaring—’n sleutel tot ware geluk
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 2/96 bl. 4

Help hulle om te verstaan

1 Die apostel Petrus het erken dat sekere dinge in die Bybel “moeilik is om te verstaan” (2 Pet. 3:16). Dit is hoe baie mense oor die boek Openbaring gevoel het. Maar die betekenis daarvan is glashelder gemaak in die boek Openbaring—Sy groot klimaks is ophande!Hoe kan ons belangstellendes help om dit ten beste te benut?

2 As jy tydens jou eerste besoek Openbaring 1:3 bespreek het, kan hierdie gedagte dalk hernieude belangstelling wek:

◼ “Ons het voorheen bespreek hoe ’n begrip van die boek Openbaring geluk kan meebring. Maar sulke geluk kom nie vanself nie. Daar word ten minste twee dinge van ons verwag: Ons moet die Bybel bestudeer en toepas wat ons leer.” Lees Jakobus 1:25 en lewer kommentaar daaroor. Blaai na paragraaf 9 op bladsy 8 en wys hoe ’n begrip van die boek Openbaring ons kan help om te leer hoe ons geluk in ’n nuwe paradysaarde kan vind.

3 As jy tydens jou eerste besoek Johannes 17:3 bespreek het, kan jy beklemtoon hoe belangrik dit is om meer Bybelkennis in te neem deur te sê:

◼ “Die vorige keer toe ek hier was, het ons in Johannes 17:3 gelees dat dit die ewige lewe kan beteken as ons kennis van God inneem. Maar sou jy vir ewig wou lewe in die soort wêreld waarin ons vandag lewe? [Laat die huisbewoner antwoord.] Die meeste mense sou nie. Om hierdie rede kan ons ons verheug wanneer ons hoor wat God belowe het.” Blaai na paragraaf 6 op bladsy 303, lees Openbaring 21:4 en beskryf dan hoe die wêreld sal wees wanneer ‘die vorige dinge verbygegaan het’. Bied aan om terug te gaan vir ’n verdere bespreking.

4 As jy die illustrasie op bladsy 302 gebruik het om te wys dat God se Koninkryk ’n einde aan benoudheid gaan bring, kan jy weer die boek daar oopmaak en sê:

◼ “Ons het die seëninge bespreek wat hier uitgebeeld word en wat mense onder die heerskappy van God se Koninkryk sal geniet. Wat dink jy moet ons doen as ons onder daardie Koninkryk wil lewe? [Laat die huisbewoner antwoord.] Sommige mense in Bybeltye het ’n uitstekende voorbeeld gestel wat ons gerus kan navolg.” Lees Handelinge 17:11 en beklemtoon hoe belangrik dit is om ‘die Skrif daagliks te ondersoek’. Verduidelik dat Jehovah se Getuies opregte mense in die gemeenskap help om God se Woord te bestudeer en dit beter te verstaan.

5 As jy die traktaat “Sal hierdie wêreld bly voortbestaan?” by ’n huisbewoner gelaat het wat te besig was om te gesels, kan jy hierdie benadering gebruik:

◼ “Toe ek jou onlangs besoek het, was jy taamlik besig. Ek het ’n traktaat by jou gelaat wat ’n vraag geopper het oor die voortbestaan van die wêreld gedurende hierdie onstuimige tye. Ons het Openbaring 21:4 gelees wat hier in hierdie boek, Openbaring—Sy groot klimaks is ophande!, aangehaal word. [Lees dit in paragraaf 6 op bladsy 303.] Hierdie illustrasie [op bladsy 302] gee ’n mens ’n idee van hoe dit sal wees wanneer ‘God elke traan van ons oë afvee’. Hierdie boek bied oortuigende bewyse dat hierdie belofte in die nabye toekoms vervul gaan word. As jy dit graag wil lees, kan jy hierdie eksemplaar teen ’n bydrae van R10,50 bekom.”

6 As jy belangstelling vind, sal jy uiteindelik die aandag op die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei wil vestig en dit gebruik om ’n studie te begin. Jy sal beslis baie vreugde daaruit put om ‘die onervarenes te help verstaan’.—Ps. 119:130, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel