Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/97 bl. 2-7
  • Diensvergaderinge vir Augustus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Augustus
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 4 Augustus
  • Week wat begin met 11 Augustus
  • Week wat begin met 18 Augustus
  • Week wat begin met 25 Augustus
Ons Koninkryksbediening—1997
km 8/97 bl. 2-7

Diensvergaderinge vir Augustus

Week wat begin met 4 Augustus

Lied 16

7 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lewer kommentaar oor die land en die plaaslike gemeente se maandelikse velddiensrapport.

13 min: “Vergaderinge spoor ons tot voortreflike werke aan.” Vrae en antwoorde. Toon die voordele van opbouende gesprekke voor en ná vergaderinge.—Sien Skoolhandleiding, bladsy 82, paragrawe 17-18.

25 min: “Vertrou op Jehovah om dinge te laat groei.” Toespraak en demonstrasies. Beklemtoon hoe belangrik dit is om herbesoeke te doen waar daar brosjures gelaat is. Reël twee goed voorbereide demonstrasies wat toon hoe om studies te begin. Sluit wenke in wat gevind kan word in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Maart 1997, paragrawe 7-11.

Lied 78 en slotgebed.

Week wat begin met 11 Augustus

Lied 20

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Teokratiese nuus.

15 min: “Ouer verkondigers preek sonder ophou.” Vrae en antwoorde. Sluit ondervinding in oor bejaarde ouma wat aan hulppionierdiens deelgeneem het, in Die Wagtoring van 1 Julie 1988, bladsy 13.

20 min: “Die bou van Koninkryksale in Suid-Afrika en sy buurstate.” Vrae en antwoorde.

Lied 71 en slotgebed.

Week wat begin met 18 Augustus

Lied 14

10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien “Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag”.

20 min: Op soek na heilsame vermaak. Bekwame ouer man bespreek die Ontwaak! van 22 Mei 1997, bladsye 3-10, en pas dit plaaslik toe. Help ouers en jongmense om die gevare wat met wêreldse vermaak gepaardgaan te identifiseer en te besef hoe belangrik dit is dat ouers behoorlike toesig voorsien. Volgens berig het jongmense in ’n paar van die groter stede dinge so bewerk dat hulle nagklubs sonder hulle ouers se wete besoek het. Dit het in sommige gevalle rampspoedige gevolge gehad. Moedig ouers aan om heilsame vermaak te voorsien deur ag te slaan op die wenke op bladsye 8-10 van die bogemelde artikel.

15 min: Doen herbesoeke deur die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf te gebruik. Toon hoe om ’n vraag te opper en dan na die brosjure te gaan vir die antwoord. Die brosjure beantwoord byvoorbeeld die volgende vrae: Is daar enige hoop vir die dooies? (bladsye 5-6) Is dit verkeerd om te treur? (bladsye 8-9) Hoe kan ek my smart verwerk? (bladsy 18) Hoe kan ander help? (bladsye 20-3) Hoe kan kinders gehelp word om die dood te verstaan? (bladsy 25) Watter vertroosting bied die Bybel? (bladsy 27) Bespreek dan kortliks met twee bekwame verkondigers hoe hulle hierdie brosjure tydens herbesoeke gebruik het om algemene vrae oor die dood te beantwoord.

Lied 94 en slotgebed.

Week wat begin met 25 Augustus

Lied 23

10 min: Plaaslike aankondigings. Doen verslag oor die vordering in die ontoegekende gebied. Lig gemeente in oor die reëlings vir September. Voer ’n onderhoud met een of twee wat reeds sukses behaal het. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Augustus stiptelik te rapporteer. Die sekretaris en boekstudiehouers moet toesien dat alle laat velddiensrapporte vir die 1997-diensjaar ingegee is.

15 min: “Kry die meeste voordeel uit die skool.” Vader bespreek artikel met kinders, asook nuttige punte uit die Ontwaak! van 22 Desember 1995, bladsye 7-11.

20 min: Preek met ’n doel. ’n Ouer man en een of twee bedieningsknegte hersien die Ons Bediening-boek, bladsye 8-12. Vestig die aandag op die dwingende redes waarom ons ’n positiewe, progressiewe gesindheid teenoor ons bediening moet behou en altyd ten nouste met die organisasie moet saamwerk.

Lied 100 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel