Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/00 bl. 3
  • Die nuwe kringbyeenkomsprogram

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die nuwe kringbyeenkomsprogram
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Die nuwe kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Nuwe Kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • ’n Kringbyeenkoms wat ons sal help om ons geestelikheid te beskerm
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Nuwe kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 7/00 bl. 3

Die nuwe kringbyeenkomsprogram

Ons weet dat Jehovah God ons liefde en ons uitsluitlike toegewydheid waardig is. Die wêreld probeer ons egter mislei om ons hegte verhouding met hom prys te gee (Joh. 17:14). Om ons liefde vir Jehovah te verinnig en ons die krag te gee om die dinge van die wêreld te weerstaan wat ons geestelikheid in gevaar stel, het die nuwe kringbyeenkomsprogram vir die 2001-diensjaar die tema “Wees lief vir God—nie die dinge van die wêreld nie”.—1 Joh. 2:15-17.

Innige liefde vir Jehovah spoor ons aan om van hom te getuig. Nogtans is die veldbediening vir baie van God se volk nie maklik nie. In die deel “Liefde vir God motiveer ons in ons bediening” kan ons leer hoeveel mense al skaamheid en ander struikelblokke oorkom het sodat hulle ’n volle deelname aan hierdie werk kan hê.

Hoe beïnvloed die verslegtende standaarde van die wêreld ons? Gedrag wat eers as goddeloos beskou is, is nou sogenaamd normale gedrag. Die toespraak “Liefhebbers van Jehovah, haat die kwaad” en die simposium “Dinge in die wêreld—Hoe beskou ons hulle?” sal ons meer vasbeslote maak om nee te sê vir verkeerde begeertes.

’n Modelaanbieding van die Teokratiese Bedieningskool en Diensvergadering sal by die program ingesluit word, asook ’n opsomming van die Wagtoring-studie vir die week. Die openbare toespraak, “Hoe liefde en geloof die wêreld oorwin”, sal ons aanmoedig om Jesus na te volg deur wêreldse druk te weerstaan (Joh. 16:33). Maak seker dat julle julle Bybelstudente nooi om dit by te woon. Enigiemand wat graag gedoop wil word, moet die presiderende opsiener so gou as moontlik daarvan vertel sodat die nodige reëlings getref kan word.

Hierdie kringbyeenkoms sal ons help om te sien presies waarop ons liefde toegespits moet wees sodat ons Jehovah se ryk seëninge kan geniet. Moet niks daarvan misloop nie!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel