Vraebus
◼ Is dit gepas om ons persoonlike e-posadres op lektuur te sit wat ons versprei?
Party verkondigers het al ’n stempel of ’n gedrukte etiket gebruik om hulle persoonlike e-posadres op die tydskrifte en traktate te sit wat hulle by ander laat. Diegene wat die lektuur neem, kan dan met die verkondiger in verbinding tree om bykomende inligting aan te vra. Hierdie pogings om belangstellendes te help, word met goeie bedoelings gedoen. Maar die adres van ons amptelike webwerf word reeds op die agterkant van die tydskrifte en traktate gedruk. Dit is dus goed as ons nie ’n persoonlike e-posadres op die lektuur sit nie.
As ’n verkondiger sy kontakbesonderhede op ’n aparte stuk papier vir mense in die gebied wil gee, veral wanneer hy herbesoeke doen, is dit sy persoonlike besluit. Ons moet die inisiatief neem om terug te gaan na dié wat belangstelling toon, in plaas van net vir hulle te wag om ons te kontak vir meer inligting. Opregte persoonlike belangstelling kan makliker getoon word wanneer ons van aangesig tot aangesig met die persoon praat.