Verbeter jou vaardighede in die bediening—Maak aantekeninge van die belangstelling
“Let voortdurend op jouself en op jou onderrigting” (1 Tim. 4:16). Hierdie geïnspireerde raad wat die apostel Paulus aan Timoteus gegee het, toon dat ons, hetsy ons min of baie ervaring het, vooruitgang moet probeer maak. Om ons hiermee te help, sal ’n nuwe reeks met die titel “Verbeter jou vaardighede in die bediening” in Ons Koninkryksbediening verskyn. Elke artikel sal ’n belangrike vaardigheid bespreek en ’n paar wenke gee oor hoe om dit te ontwikkel. Almal word aangespoor om ’n spesiale poging aan te wend om hierdie vaardigheid gedurende die maand te ontwikkel. Gedurende die volgende maand sal ons tydens ’n Diensvergaderingdeel die geleentheid kry om kommentaar te lewer oor hoe ons daarby baat gevind het om op hierdie vaardigheid te konsentreer. Hierdie maand word ons aangespoor om aantekeninge te maak van die belangstelling.
Waarom dit belangrik is: Om ons opdrag uit te voer, moet ons meer doen as om net te preek. Ons moet teruggaan na diegene wat belangstelling toon en hulle leer en sodoende die saadjies van waarheid wat ons geplant het, natgooi (Matt. 28:19, 20; 1 Kor. 3:6-9). Dit vereis dat ons die persoon weer vind, oor die dinge praat waaroor hy besorg is en op ons vorige gesprek voortbou. Wanneer ons belangstelling vind, moet ons dus ’n aantekening daarvan maak.
Wenk vir die maand:
Sê vir jou velddiensmaat wat jy neerskryf wanneer jy aantekeninge maak.