Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb18 Januarie bl. 8
  • Maak eers vrede met jou broer — Hoe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak eers vrede met jou broer — Hoe?
  • Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat om te doen wanneer jy ander te na kom
    Ontwaak!—1996
  • Los geskille in ’n gees van liefde op
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Hoe ruim jy geskille uit die weg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Moenie “hierdie kleintjies” laat struikel nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
mwb18 Januarie bl. 8

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Maak eers vrede met jou broer — Hoe?

’n Man los sy offerande by die altaar en gaan maak vrede met sy broer

Stel jou voor dat jy in Jesus se tyd in Galilea woon. Jy het na Jerusalem gekom om die Huttefees te vier. Medeaanbidders het van ver af gekom, en die stad is ’n miernes van bedrywigheid. Jy is hier om ’n offerande aan Jehovah te bring. Met jou bok by jou stap jy deur die besige straatjies van die stad om by die tempel uit te kom. Wanneer jy daar kom, is die plek vol mense wat ook ’n offerande wil bring. Uiteindelik is dit jou beurt om jou bok vir die priester te gee. Op daardie oomblik onthou jy dat jou broer, wat êrens tussen al die mense of iewers in die stad is, iets teen jou het. Jesus verduidelik wat jy moet doen. (Lees Matteus 5:24.) Hoe kan jy en jou broer wat iets teen jou het vrede maak, soos Jesus sê? Maak ’n regmerkie langs die regte antwoord in die lysies hieronder.

JY MOET . . . 

  • net met jou broer praat as jy dink dat hy ’n goeie rede het om kwaad te wees

  • jou broer probeer reghelp as jy voel dat hy te sensitief is of ook skuld dra vir die probleem

  • geduldig luister na wat jou broer sê, en selfs al verstaan jy nie alles nie, moet jy uit die hart om verskoning vra vir die hartseer wat hy voel of vir die onbedoelde gevolge van jou dade

JOU BROER MOET . . . 

  • die ondersteuning van ander in die gemeente kry deur vir hulle te sê hoe jy hom seergemaak het

  • jou uittrap, die oortreding in detail bespreek en verwag dat jy skuld erken

  • erken dat dit nederigheid en moed van jou geneem het om met hom te praat, en hy moet jou vryelik uit die hart vergewe

Ons offer nie vandag meer diere nie. Maar hoe het Jesus gewys dat daar ’n verband is tussen vrede met ons broer en aanvaarbare aanbidding van God?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel