DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Verbeter jou vaardighede in die bediening – Hoe om by ’n kamera of ’n interkom te getuig
HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Omdat die tegnologie soveel verbeter het en omdat daar soveel meer misdaad is, gebruik baie mense deesdae kameras en interkoms by die huis. Ons voel dalk bang wanneer ons probeer getuig vir iemand wat na ons kan kyk, maar vir wie ons nie kan sien nie. Die volgende herinneringe sal ons help om meer selfvertroue te hê wanneer ons in die velddiens by ’n kamera of ’n interkom moet getuig.
HOE OM DIT TE DOEN:
Wees positief. Baie huisbewoners wat ’n kamera of ’n interkom het, is bereid om met ons te gesels
Onthou, party kameras is so gestel dat die huisbewoner jou kan sien en hoor sodra jy daar aankom, nog voordat jy die klokkie gedruk het
Wanneer die huisbewoner antwoord, moet jy by die interkom of kamera praat asof jy persoonlik met die huisbewoner praat. Glimlag en gebruik natuurlike gebare. Sê dieselfde as wat jy sou gesê het as die persoon na die deur toe gekom het. As daar ’n kamera is, moenie met jou gesig te naby aan die kamera staan nie. As die huisbewoner nie antwoord nie, moet jy nie ’n boodskap los nie
Onthou, die huisbewoner kan jou dalk nog steeds sien en hoor al is die gesprek verby