Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 102
  • Moet ek skool vroeg verlaat?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moet ek skool vroeg verlaat?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoekom party skool vroeg verlaat
  • Dink aan die gevolge
  • ’n Beter manier
  • Moet ek skool verlaat?
    Ontwaak!—2010
  • Moet ek skool verlaat?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Wat as ek nie van skool hou nie?
    Jongmense vra
  • Waarom moet ek hard leer op skool?
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 102
’n Tienerseun stap weg van die skool en ’n groep leerders, en sy liggaamshouding wys hy stel nie meer belang nie.

JONGMENSE VRA

Moet ek skool vroeg verlaat?

“Ek haat skool!” As jy so voel, sal jy dalk skool wil verlaat. Hierdie artikel sal vir jou ’n paar beter opsies gee.

  • Hoekom party skool vroeg verlaat

  • Dink aan die gevolge

  • ’n Beter manier

  • Wat ander jongmense sê

Hoekom party skool vroeg verlaat

’n Paar van die redes wat kenners opgelet het, sluit in:

  • Akademiese uitdagings. ‘My punte raak net al hoe swakker.’

  • Geen belangstelling. ‘Ek sien nie hoekom ek moet aanhou leer nie.’

  • Finansiële probleme. ‘Ek moet werk om my familie te help ondersteun.’

Dink aan die gevolge

Die Bybel sê: “Die verstandige persoon dink mooi voordat hy iets doen” (Spreuke 14:15). Die les? As jy daaraan dink om skool vroeg te verlaat, maak seker dat jy aan die gevolge dink.

Vra jou af:

  • ‘As ek skool vroeg verlaat, sal dit maklik wees om ’n werk te kry in die toekoms?’

    “Dink aan die feit dat jy ’n werk moet kry en dan eendag moontlik ook vir ’n gesin moet sorg. Hoe kan jy dit doen as die meeste werkgewers verkies om iemand aan te stel wat ten minste ’n hoërskoolsertifikaat het?” – Julia.

  • ‘As ek skool vroeg verlaat, sal ek dit maklik vind om probleme in die toekoms te hanteer?’

    “Skool berei jou voor vir die lewe. In die toekoms sal die mense wat jy ontmoet, die versoekings wat op jou pad kom en die werk wat jy doen, soortgelyk wees aan wat jy in skool deurmaak.” – Daniel.

  • ‘Hoe sal dit my lewe beïnvloed as ek skool vroeg verlaat?’

    “Dit lyk dalk nou of jy die dinge wat jy op skool leer, nie weer kan gebruik nie. Maar wanneer jy 23 jaar oud is en jou tjekboek moet balanseer, sal jy dink: ‘Ek is bly ek het gekonsentreer in die wiskundeklas.’” – Anna.

’n Beter manier

  • Kry hulp. Die Bybel sê: “Met baie raadgewers word sukses behaal” (Spreuke 11:14). As jou punte al hoe swakker word, vra ’n ouer, ’n onderwyser, ’n voorligtingsonderwyser of ’n ander volwassene wat jy vertrou, vir wenke oor hoe om te verbeter.

    “Praat met jou onderwyser as jy sukkel. Partykeer dink jy dalk dat jou onderwyser die probleem is, maar baie keer kan jy die situasie verbeter deur net vir hulp te vra.” – Edward.

  • Kyk na die groter prentjie. Die Bybel sê: “Die uiteinde van ’n saak is beter as sy begin” (Prediker 7:8). Wanneer jy met skool klaarmaak, sal jy nie net kennis hê oor die vakke wat jy studeer het nie, maar jy sal ook belangrike eienskappe en vaardighede vir die lewe hê.

    “Jy hoef dalk nie opstelle te skryf of te studeer vir eksamens as ’n volwassene nie, maar die manier hoe jy stres op skool hanteer, berei jou voor vir die uitdagings wat jy sal hê nadat jy met skool klaarmaak.” – Vera.

    ’n Tienerseun klim van ’n boot af voor dit geanker is. Sy klasmaats en onderwyser waarsku hom om nie van die boot af te klim nie.

    Om skool vroeg te verlaat, is soos om van ’n boot af te klim voordat dit geanker is. Jy sal dalk wens jy het aan boord gebly!

  • Dink aan jou opsies. Die Bybel sê: “Almal wat oorhaastig is, sal arm word” (Spreuke 21:5). Moenie net vinnig besluit dat om skool te verlaat, jou enigste opsie is nie. Jy kan dalk jou skoolloopbaan voltooi deur middel van ’n aanlyn skool of tuisonderrig.

    “Skool leer jou om hard te werk, probleme op te los en saam met ander te werk. Jy sal altyd die voordele geniet. Dis die moeite werd om skool klaar te maak.” – Benjamin.

Die slotsom: As jy met skool klaarmaak, sal jy baie dinge leer wat jou sal help wanneer jy ’n grootmens is.

Wat ander jongmense sê

Annabelle.

“Wanneer jy aansoek doen vir ’n werk, sal werkgewers meer geneig wees om jou te kies as jy met skool klaargemaak het. Die feit dat jy ’n sukses van jou skoolloopbaan gemaak het, wys dat jy vasbeslote is om klaar te maak met wat jy begin het. Om skool vroeg te verlaat, is nie die beste besluit nie.” – Annabelle.

Cole.

“Dit kan moeilik wees om in die skool te bly, en dit lyk dalk makliker om net die skool te verlaat. Maar jy sal altyd deur stresvolle situasies moet gaan, en die doel is om ’n grootmens te word wat enige situasie in die lewe kan hanteer. Skool berei jou voor om ’n grootmens te word.” – Cole.

Brynn.

“As ’n grootmens hoef jy dalk nie te weet hoe om ’n moeilike wiskundeprobleem op te los nie. Maar jy moet leer om jou tyd reg te gebruik, om sperdatums te bereik en selfs om vroeg op te staan. Skool kan jou hiermee help.” – Brynn.

Hersiening: Moet ek skool vroeg verlaat?

  • Dink aan die gevolge. As jy skool vroeg wil verlaat, dink aan die invloed wat dit sal hê op jou werksgeleenthede, die doelwitte wat jy wil bereik en selfs ook jou vermoë om probleme te hanteer.

  • Kry hulp. As jou punte al hoe swakker word, praat met ’n ouer, ’n onderwyser, ’n voorligtingsonderwyser of ’n ander volwassene wat jy vertrou.

  • Kyk na die groter prentjie. Op skool sal jy meer leer as net die vakke wat jy studeer. Skool leer jou ook hoe om te studeer, hoe om sperdatums te bereik en hoe om verantwoordelikhede te hanteer.

  • Dink aan jou opsies. As jou omstandighede jou dwing om skool vroeg te verlaat, dink aan beskikbare opsies, soos tuisonderrig of aanlyn skole.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel