Versprei meer tydskrifte in April en Mei
1 Beplan nou om meer tydskrifte in April en Mei te versprei. Vier opeenvolgende nommers van Die Wagtoring sal voorbladtitels hê wat die aandag op die Bybel vestig as ’n boek van beloftes wat altyd vervul word en as ’n bron van praktiese raad wat vir ons leiding gee in ’n onstuimige wêreld.
2 Die voorbladtitel van die nommer van 1 April sal wees: “Die Bybel—God se Woord of die mens s’n?” 15 April volg met “Die Bybel—’n Boek vir die hele mensdom”. Die voorbladtitel vir 1 Mei sal “Die Bybel—Is dit prakties vir die moderne mens?” wees en “Die Bybel en jou toekoms” sal die titel op die voorblad van Die Wagtoring van 15 Mei wees.
3 Aangesien talle gedurende hierdie twee maande as hulppioniers sal inskryf en almal aangemoedig word om soveel tydskrifte moontlik te versprei, is dit nou die tyd om ekstra verspreiderseksemplare te bestel. Bykomende eksemplare van Ontwaak! moet ook bestel word volgens die gemeente se behoeftes.