Nuwe Kringbyeenkomsprogram
1 Vanaf September sal die tema vir kringbyeenkomste “Luister en leer om God se Woord uit te voer” wees. Hierdie tema, wat op Deuteronomium 31:12, 13 (NW) gebaseer is, voorsien ’n gepaste grondslag vir die hele program om die aandag te vestig op lesse wat ons moet leer en toepas.
2 Hoewel die meeste mense vandag na misleidende geïnspireerde uitinge luister, is dit vir elkeen van ons baie belangrik om na God se Woord te luister en te leer om dit uit te voer (Luk. 11:28; 1 Tim. 4:1). Met dít in gedagte is die kringbyeenkomsprogram saamgestel om aan verkondigers, gesinne, ouer manne en pioniers aanmoediging en hulp te gee. Saterdag sal daar ’n simposium van vier dele wees oor die onderwerp “Hoe ons ons probleme die hoof bied—Deur op God se Woord ag te slaan”. En Sondagoggend sal daar ’n simposium wees met die titel “Hoe die Skrif in regverdigheid dissiplineer”. Die hele program sal geestelike aanmoediging bied wat jy en jou gesin nie moet misloop nie.
3 Saterdag sowel as Sondag sal praktiese wenke vir die veldbediening gegee en gedemonstreer word. Bemoedigende en leersame ondervindinge en onderhoude sal ook aangebied word. As jy dus teenwoordig is en luister met die doel om toe te pas wat jy leer, sal jy in ’n beter posisie wees om die bevele van God se Woord ten volle uit te voer.
4 Een van die kringbyeenkoms se hoogtepunte sal die doop van pas toegewyde broers en susters wees. Die kandidate moet die presiderende opsiener geruime tyd voor hierdie openbare bekendmaking van hulle toewyding inlig oor hulle begeerte om gedoop te word sodat hy reëlings kan tref vir die ouer manne om hulle te besoek.
5 Die openbare toespraak vir hierdie kringbyeenkomsreeks het die titel “Waarom moet jy jou deur die Bybel laat rig?” Nooi belangstellendes om dit by te woon. In afwagting van die onontbeerlike aanmoediging en hulp wat jy en jou gesin sal ontvang, moet jy definitiewe reëlings tref om vir die hele program teenwoordig te wees.