Diensvergaderinge vir Julie
Week wat begin met 3 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Junie stiptelik te rapporteer. Die sekretaris en boekstudiehouers moet seker maak dat alle laat velddiensrapporte vir vorige maande ingegee word.
17 min: “Hou aan waak.” Vrae en antwoorde.
18 min: “Gebruik ’n verskeidenheid brosjures in jou bediening.” Bespreek die voorgestelde aanbiedings met die gehoor. Lewer kortliks kommentaar oor interessante kenmerke van die brosjures. Reël twee of drie kort demonstrasies om te toon hoe dit aangebied kan word.
Lied 213 en slotgebed.
Week wat begin met 10 Julie
15 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Bespreek die finale reëlings vir die ontoegekende gebied. Gebruik gepaste punte uit die bylae tot die brief van 12 Mei 1995. Moedig hele gesinne asook pioniers hartlik aan om aan die kampanje deel te neem en dit te geniet. Waar gemeentes nie in die ontoegekende gebied kan werk nie, moet ’n onderhoud gevoer word met ’n paar verkondigers wat ondervindinge met die onlangse spesiale traktaatkampanje gehad het.
15 min: “Wek Jehovah se herinneringe ons geestelik op?” Vrae en antwoorde.
15 min: Wees voorbereid om die treurendes te vertroos (gebaseer op bladsye 88-91 van die Redenering-boek). (3min.) Broer wat hierdie deel behartig, wys daarop dat Jehovah se Getuies nie alle gebruike verwerp wat met die dood verband hou nie. (5 min.) Demonstreer hoe ’n Getuie vir ’n medewerker verduidelik waarom Jehovah se Getuies sekere tradisionele rougebruike vermy, en baseer die bespreking op die Redenering-boek, bladsye 88-90. (7 min.) Bespreek met gehoor die gedeelte onder “As iemand sê—” op bladsye 90-1.
Lied 154 en slotgebed.
Week wat begin met 17 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings.
20 min: “Doen herbesoeke by almal wat brosjures geneem het.” Broer aan wie dié deel toegewys is, sal met drie ander verkondigers bespreek waarom dit belangrik is om terug te gaan na almal wat belangstelling toon of lektuur neem. Hulle hersien die voorgestelde aanbiedings en demonstreer vir mekaar hoe dit gebruik kan word.
15 min: Hoe om ’n tuisbybelstudie te hou. ’n Toespraak deur ’n ouer man wat progressiewe Bybelstudies hou. Spoor almal aan om yweriger pogings aan te wend om Bybelstudies te begin. Hersien wenke in Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsye 89-91. Kan kort plaaslike ondervindinge insluit. (Vir bykomende gedagtes, verwys na Ons Koninkryksbediening, Augustus-Desember 1993, bladsy 1.)
Lied 164 en slotgebed.
Week wat begin met 24 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien “Nuwe kringbyeenkomsprogram”.
15 min: Plaaslike behoeftes. Of hou ’n toespraak oor “Betoon Christelike liefde teenoor die bejaardes”, gebaseer op Die Wagtoring van 1 Augustus 1994, bladsye 27-30.
20 min: Wat sal die bure dink? Toespraak en demonstrasie gebaseer op Die Wagtoring van 15 Augustus 1974, bladsye 363-6. Hou ’n toespraak oor waarom wêreldse bure dikwels druk op ons uitoefen. (Bespreek bladsy 363 en die eerste paragraaf op bladsy 364.) Reël dan vir ’n demonstrasie waar ’n ervare egpaar ’n Bybelstudie hou met ’n gesin wat onlangs belangstelling in die waarheid begin toon het en wat geïntimideer word deur wêreldse bure wat gekant is teen ’n Bybelstudie met Jehovah se Getuies. (Hersien hoofgedagtes in die res van die artikel.) Beklemtoon redes waarom die belangstellende gesin nie mismoedig moet word of moed opgee nie.
Lied 169 en slotgebed.
Week wat begin met 31 Julie
15 min: Plaaslike aankondigings. Moet deur die sekretaris of diensopsiener behartig word. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Julie in te gee. Moedig almal hartlik aan om ’n volle aandeel aan die velddiens gedurende die laaste maand van die diensjaar te hê. Is daar enige nuwelinge, sowel as skoolgaande kinders van gedoopte ouers, wat dalk aan die vereistes voldoen om ongedoopte verkondigers gedurende Augustus te word? Bespreek die potensiaal hiervoor in die gemeente. Gee ’n oorsig van die reëlings wat getref is om hierdie nuwelinge gedurende Augustus te help.
15 min: “Wees opbouend.” Bespreking en toespraak deur ’n ouer man.
15 min: Hersien lektuuraanbod vir Augustus. Noem watter brosjures met 32 bladsye aangebied kan word. Nooi verkondigers om enige interessante ondervindinge te vertel wat hulle met die aanbieding van brosjures gedurende Julie gehad het. Demonstreer hoe om ’n Bybelstudie te begin deur die brosjure Gee God werklik vir ons om? te gebruik. Stel vraag wat in paragraaf 1 van Deel 1 geopper word. Kry die huisbewoner se mening oor die gedagtes in paragrawe 2-4. Verduidelik dat die brosjure toon dat God werklik omgee en dat ons ’n lewe vry van lyding in sy komende nuwe wêreld kan geniet. Bied aan om terug te kom vir ’n verdere bespreking.
Lied 179 en slotgebed.