Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/96 bl. 2
  • Rapporteer jy gereeld?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rapporteer jy gereeld?
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Streef Goddelike vrede in die gesinslewe na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Vertel aan ander Die geheim van gesinsgeluk
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Help gesinne om ’n blywende toekoms vir hulle te verseker
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Nuwe publikasies help ons om ons in godvrugtige toegewydheid te oefen
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 12/96 bl. 2

Rapporteer jy gereeld?

1 Hoe verkwikkend is dit tog om verslae te ontvang van die werk wat in die veld gedoen word! Dit toon dat Jehovah dit deurentyd laat groei (1 Kor. 3:6). Ons is elkeen daarvoor verantwoordelik om seker te maak dat ’n volledige en akkurate rapport na die takkantoor gestuur word.

2 Ons was ongetwyfeld almal bly om te hoor dat nuwe verkondigerhoogtepunte in Augustus 1996 behaal is in die meeste van die lande onder die Suid-Afrikaanse takkantoor. Daar is egter opgemerk dat 111 gemeentes in Suid-Afrika nie hulle rapporte betyds vir die Augustus-rapport ingestuur het nie. Dit is ook die geval met 15 gemeentes in Botswana, 22 in Lesotho, 5 in Namibië en 35 in Swaziland. Daarbenewens is daar, volgens die syfers in die Gemeentelike ontledingsrapport (S-10) wat deur die sekretaris van elke gemeente gestuur is, ’n paar duisend verkondigers in die gemeentes wat nie ’n rapport ingee nie. Daar kan twee redes vir die probleem wees: Party sekretarisse stuur dalk nie die rapporte betyds nie en sommige verkondigers rapporteer dalk nie.

3 Elke verkondiger moet hom afvra: ‘Rapporteer ek my velddiens gereeld en stiptelik aan die einde van elke maand?’ Ons is almal daarvoor verantwoordelik dat die rapport vir elke maand volledig en akkuraat is. As ons dit doen, sal ons bewys dat ons Jehovah se organisatoriese reëlings respekteer en sal ons waardering toon vir die klein deel wat ons daaraan het om te sorg dat die rapport akkuraat is.

4 Aangesien die sekretaris die gemeente se velddiensrapport teen die sesde van die volgende maand aan die Genootskap moet stuur, is dit maklik om te verstaan waarom dit belangrik is dat elke verkondiger sy velddiensrapport stiptelik aan die einde van elke maand ingee. Ondersteun jy hierdie reëling deur stiptelik en akkuraat aan die einde van elke maand te rapporteer?

5 Elke verkondiger wat gewillig met die bogenoemde reëlings saamwerk, kan voldoening vind in die wete dat hy daartoe bygedra het om ’n akkurate maandelikse rapport saam te stel van die bedrywighede van Jehovah se Getuies. (Vergelyk Esegiël 9:11.) Mag ons almal gereeld velddiensrapporte ingee wat elke maand akkuraat en betyds is!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel