Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/97 bl. 1
  • Ouer verkondigers preek sonder ophou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ouer verkondigers preek sonder ophou
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah sorg met teerheid vir sy bejaarde knegte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Waardeer ons getroue ouer broers en susters
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Behou jou vreugde wanneer jy oud is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Die prag van die grysheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 8/97 bl. 1

Ouer verkondigers preek sonder ophou

1 Namate mense ouer word, begin baie van hulle daarna uitsien om af te tree en ’n sorgelose lewe gedurende hulle laaste jare te geniet. Hulle meen dalk dat hulle hard genoeg gewerk het en nou die kans verdien om te rus. Of hulle wil dalk net die lewe geniet, wat ook al daarvan oor is.—Luk. 12:19.

2 As Jehovah se toegewyde knegte het ons ’n ander lewensbeskouing. Ons weet dat daar geen aftrede is wanneer dit by God se diens kom nie. Ons het ’n positiewe uitkyk op die lewe omdat ons “die ewige lewe in die vooruitsig” hou (Jud. 21). Kennis en ondervinding wat deur die jare heen opgedoen is, kan ’n persoon se onderskeidingsvermoë en insig verbeter. Dit kan ’n mens in staat stel om wyser en meer gebalanseerd te word en ’n dieper waardering vir die lewe te openbaar. Al hierdie eienskappe kom ’n mens goed te pas as ’n bedienaar van die goeie nuus.

3 Om oud te word, behels meer as net fisiese veroudering; dit behels ook ’n mens se geestesgesindheid. As jy verwag om lank te lewe en jy daarna streef om ’n jeugdige uitkyk op die lewe te behou, kan dit jou kanse om albei te doen, vergroot. Ouer mense kan hulle lewe verryk deur hulle geestelike kennis te verbreed en dit aan ander uit te dra.—1 Kor. 9:23.

4 Werklike voorbeelde: Op 86-jarige ouderdom het een suster gesê: “Wanneer ek peins oor die 60 jaar wat verloop het sedert ek die waarheid geleer het, kom God se vertroostende belofte in my hart op. Ja, Jehovah wat lojaal handel teenoor die lojales laat ons oorvloedige vreugde maai” (Ps. 18:25, NW). ’n Bejaarde broer onthou wat ’n verskriklike skok die dood van sy vrou vir hom was en hoe sy gesondheid daarna baie agteruitgegaan het. Hy het gesê: “Maar met Jehovah se onverdiende goedhartigheid het ek in so ’n mate herstel dat ek twee jaar later die pionierdiens kon betree. Hoe dankbaar is ek tog teenoor Jehovah dat my gesondheid in werklikheid verbeter het sedert my predikingsbedrywighede toegeneem het!”

5 Hoe prysenswaardig is dit tog dat soveel ouer verkondigers vasbeslote is om in soverre hulle gesondheid en krag dit toelaat aan te hou preek—sonder ophou! Hulle het goeie rede om uit te roep: “o God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders.”—Ps. 71:17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel