Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/98 bl. 1
  • “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen”
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoekom ons die Gedenkmaal bywoon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • ‘Hou aan om dit te doen’—Die Gedenkmaal sal op 5 April gehou word
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Die Belangrikste dag in 1991
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen”
    Ons Koninkryksbediening—2007
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1998
km 3/98 bl. 1

“Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen”

1 Mense is geneig om mettertyd die betekenis van belangrike dinge te vergeet. Dit is een rede waarom Jesus, toe hy “die Here se aandmaal” ingestel het, sy dissipels beveel het: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen.” Sedertdien het Christene, op die herdenking van Jesus se dood, gehoorsaam aangehou “om die dood van die Here te verkondig, totdat hy kom”.—1 Kor. 11:20, 23-26.

2 Jesus sal binnekort die laastes van die afnemende oorblyfsel van die “klein kuddetjie” in die hemelse woning ontvang (Luk. 12:32; Joh. 14:2, 3). Vanjaar sal die gesalfde oorblyfsel saam met die immer toenemende groot skare “ander skape” op 11 April weer eens die voorreg hê om die Here se Aandmaal te vier (Joh. 10:16; Op. 7:9, 10). Ons waardering sal versterk word vir die groot liefde wat Jehovah getoon het deur sy enigverwekte Seun ten behoewe van die mensdom te stuur. Klem sal gelê word op Jesus se voorbeeld, sy liefde, sy getrouheid tot in die dood om die losprys te voorsien, sy heerskappy tans as Koning van God se opgerigte Koninkryk sowel as die seëninge wat die Koninkryk vir die mensdom gaan bring. Waarlik ’n geleentheid om te vier!

3 Berei nou voor: Laat ons almal ons inspan om hierdie Gedenkmaalseisoen een van groot vreugde en dankbaarheid te maak vir onsself en vir almal wat saam met ons sal byeenkom. Ons kan ons hart voorberei deur Bybelverslae oor die laaste paar dae van Jesus se bediening en die gebeure tot en met sy dood weer te lees. ’n Paar weke voor die Gedenkmaal kan ons tydens ons gesinstudie hoofstukke 112-16 in die Grootste mens-boek hersien.

4 Hoeveel mense ken jy wat dalk na die Gedenkmaal sal kom as jy die inisiatief neem om hulle waardering vir hierdie geleentheid op te bou, hulle te nooi en hulle welkom te laat voel? Stel nou ’n lys op en doen jou bes om hulle te help om dit by te woon. Help hulle daarna om geestelik aan te hou groei deur hulle aan te moedig om vergaderinge gereeld by te woon.

5 Gedurende die Gedenkmaalseisoen sal spesiale reëlings getref word sodat almal meer geleenthede sal hê om aan die predikingswerk deel te neem. Kan jy, deur goed te beplan, in April of Mei hulppionierdiens doen? Een van die beste maniere om te toon dat ons alles wat Jesus se offerande vir ons beteken met waardering onthou, is om te praat oor ons God, Jehovah, en die seëninge wat Koninkryksheerskappy deur sy Seun gaan bring.—Ps. 79:13; 147:1.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel