Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/08 bl. 6
  • Stel jy dit uit?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Stel jy dit uit?
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Stel jy dit uit?
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • ’n Video wat die aandag vestig op ’n belangrike tendens in die geneeskunde
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • ’n Video wat die aandag vestig op ’n belangrike tendens in die geneeskunde
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Is jy voorbereid op ’n mediese noodgeval?
    Ons Koninkryksbediening—2012
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 1/08 bl. 6

Stel jy dit uit?

Stel jy wat uit? Om die DPA-kaart (“durable power of attorney”) in te vul wat vir gedoopte Getuies voorsien word. Aangesien jy “nie weet wat [jou] lewe môre sal wees nie”, is dit uiters noodsaaklik dat jy vroegtydig besluit en op skrif stel watter behandelingsmetodes en prosedures jy in ’n mediese noodgeval sal aanvaar (Jak. 4:14; Hand. 15:28, 29). Die video Transfusion-Alternative Health Care—Meeting Patient Needs and Rights is gemaak om jou hiermee te help. Kyk daarna, en hersien dan biddend wat jy geleer het met behulp van die vrae hieronder.—Let wel: Omdat die video kort operasietonele bevat, moet ouers onderskeidingsvermoë aan die dag lê wanneer hulle saam met jong kinders daarna kyk.

(1) Waarom neem party in die mediese beroep die gebruik van bloedoortappings opnuut in oënskou? (2) Gee drie voorbeelde van ingewikkelde operasies wat sonder bloedoortappings uitgevoer word. (3) Hoeveel dokters en chirurge oor die hele wêreld het te kenne gegee dat hulle bereid is om pasiënte sonder bloedoortappings te behandel? Waarom is hulle bereid om dit te doen? (4) Wat het onlangse hospitaalstudies aangaande bloedgebruik getoon? (5) Watter mediese risiko’s gaan met bloedoortappings gepaard? (6) Tot watter slotsom het baie deskundiges gekom met betrekking tot die voordele van alternatiewe vir oortappings? (7) Waardeur word bloedarmoede veroorsaak? Hoe erg moet dit wees voordat dit skadelike gevolge vir die mens het? Wat kan gedoen word om dit teë te werk? (8) Hoe kan die vervaardiging van rooibloedselle in ’n pasiënt se liggaam gestimuleer word? (9) Watter tegnieke word gebruik om bloedverlies gedurende ’n operasie tot ’n minimum te beperk? (10) Kan alternatiewe vir oortappings gebruik word in die geval van jong kinders of in lewensgevaarlike noodgevalle? (11) Wat is een van die vernaamste etiese beginsels van goeie mediese sorg? (12) Waarom is dit vir Christene belangrik om keuses in verband met bloedlose behandeling vroegtydig te maak? Hoe kan ons dit doen?

Elkeen moet in ooreenstemming met sy Bybelopgeleide gewete persoonlik besluit of hy sekere behandelingsmetodes wat in die video gewys is, sal aanvaar. Het jy al ’n duidelike besluit geneem oor watter mediese behandelingsmetodes en prosedures jy bereid is om vir jou en jou kinders te aanvaar? Sien “Vrae van lesers” in Die Wagtoring van 15 Junie 2004 en 15 Oktober 2000 en die byvoegsel “Hoe beskou ek bloedfraksies en mediese prosedures waarby my eie bloed betrokke is?” in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2007 vir ’n breedvoeriger bespreking van hierdie sake. Jou gekose gesondheidsorgverteenwoordigers en enige gesinslede wat nie Getuies is nie, moet ten volle ingelig word omtrent jou besluite.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel