SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 KORINTIËRS 4-6
‘Ons gee nie moed op nie’
Sê nou daar is twee gesinne wat in dieselfde vervalle woonstelgebou bly? Die een gesin is moedeloos, en ’n mens kan dit goed verstaan. Maar die ander gesin is gelukkig. Hoe is dit moontlik? Die tweede gesin sal binnekort na ’n pragtige nuwe huis toe trek.
Hoewel “die hele skepping tot nou toe voortdurend saam kreun en saam pyn ly”, het God se knegte ’n hoop wat hulle help om aan die gang te bly (Ro 8:22). Ons weet dat die probleme wat ons nou het, en selfs die probleme waarmee ons al jare lank sukkel, “kortstondig en lig” is as ons dit vergelyk met die ewigheid in God se nuwe wêreld. As ons op toekomstige Koninkrykseëninge fokus, sal dit ons help om ’n mate van vreugde te hê en nie moed op te gee nie.