Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 5/8 bl. 3
  • Wat wys dié somer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat wys dié somer?
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Van draaiboek tot silwerdoek
    Ontwaak!—2005
  • Maak dit saak na watter rolprente ek kyk?
    Ontwaak!—1990
  • Na watter rolprente gaan jy kyk?
    Ontwaak!—2005
  • Gryp geleenthede aan om gedurende die somer te getuig
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 5/8 bl. 3

Wat wys dié somer?

WAT beteken die koms van die somer vir jou? Noudat die weer warmer word, wil jy miskien uitkom in die heerlike buitelug—dalk ’n uitstappie na die strand of park geniet.

Diegene in die filmbedryf maak egter daarop staat dat miljoene mense heelwat somerure binne sal deurbring om na rolprente te kyk. Daar is in die Verenigde State alleen ten minste 35 000 rolprentteaters, en in onlangse jare het hulle sowat 40 persent van hulle loketwinste gedurende die somerseisoen gemaak.a “Dis soos Kersfees vir die kleinhandelbedryf”, sê Heidi Parker van die tydskrif Movieline.

Dit was egter nie altyd die geval nie. Die somer was voorheen ’n moeilike tyd vir Amerikaanse rolprentteaters, en baie van hulle is gedwing om die aantal vertonings te beperk of om vir die seisoen te sluit. Maar teen die middel-1970’s het lugversorgde rolprentteaters miljoene mense uit die hitte na binne gelok. Kinders wat op skoolvakansie was, was ook ’n onontginde mark wat rolprentvervaardigers nie deur hulle vingers laat glip het nie. Kort voor lank het die somerlokettreffer sy verskyning gemaak.b Dit het die manier verander waarop films gemaak en bemark word, soos ons sal sien.

[Voetnote]

a In die Verenigde State begin die somerrolprentseisoen in Mei en duur dit tot in September.

b Die term “lokettreffer” (blockbuster) verwys tradisioneel na films wat $100 miljoen of meer verdien. Soms word die term wyer gebruik om enige suksesvolle film te beskryf, ongeag hoeveel dit verdien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel