Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 11/8 bl. 3
  • ’n Wêreld verdeel deur rykdom

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Wêreld verdeel deur rykdom
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Die ingrypendste veranderinge’
    Ontwaak!—1999
  • Kan hierdie wêreld ooit eenheid bewerkstellig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Waar kan ons eenheid vind in hierdie wêreld vol tweedrag?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Wat het van wêreldeenheid geword?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 11/8 bl. 3

’n Wêreld verdeel deur rykdom

GEDURENDE die tweede helfte van die 20ste eeu was die wêreld in ’n Koue Oorlog gewikkel en op politieke gebied in drie dele verdeel. Die Kommunistiese wêreld, wat hoofsaaklik deur die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke verteenwoordig is, en die wêreld van nie-Kommunistiese nasies, wat deur die Verenigde State gelei is, het mekaar deur ’n onsigbare Ystergordyn aangegluur. Nasies wat hulle nie aan enige van die twee kante geskaar het nie, het die sogenaamde Derde Wêreld uitgemaak.

Later is die term “Derde Wêreld” egter as ’n neerhalende beskrywing beskou en met “onderontwikkelde lande” vervang. Mettertyd het dít ook ’n negatiewe konnotasie gekry, en gevolglik het ekonome die term “ontwikkelende lande” begin gebruik. Sodoende het die terminologie nie meer politieke verskille beklemtoon nie, maar eerder die aandag op ekonomiese verskille gevestig.

Vandag, in die 21ste eeu, bestaan daar nie meer ’n wêreld wat in die bogenoemde drie politieke dele verdeel is nie. Maar op ekonomiese en nywerheidsgebied bly die verskille tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande ’n werklikheid. Toeriste uit ryk lande kom in aanraking met minderbevoorregte mense wat sukkel om die pot aan die kook te hou.

Die vraag ontstaan dus: Sal die wêreld ekonomies verdeeld bly of kan diegene wat baie het, die rykes, en diegene wat niks het nie, die armes, gelykheid verkry deur ’n gemeenskaplike lewenstandaard te geniet?

[Foto-erkenning op bladsy 3]

© Qilai Shen/Panos Pictures

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel