Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 11/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • ‘Die Naam van Jehovah is ’n sterk toring’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 11/22 bl. 30

Van ons lesers

Stres Die reeks “Verligting van stres!” was vir my so tydig! (8 Februarie 2005). Die artikels het gekom net toe ek gedink het dat ek op die randjie van ’n senuwee-ineenstorting is, en dít omdat ek stres nie behoorlik verwerk het nie. Die wenke wat julle gegee het, het ’n groot verskil in my lewe gemaak.

Naam weerhou, Verenigde State

Ek is onlangs met depressie gediagnoseer. Die woorde: “Dit is goed om nie jou eie behoeftes te ignoreer nie”, was dus vir my bemoedigend. Ek het die illustrasie waardeer oor ons ‘eie reserwes’ wat ons moet aanvul. Ek was emosioneel uitgeput, maar van nou af sal ek probeer om my beperkings in ag te neem.

J. O., Japan

Ek het onlangs teruggekeer van ’n seminaar waarin ek ’n kort aanbieding gedoen het oor hoe om stres te verwerk. Ek kon oor die oorsake van stres en die uitwerking daarvan praat, asook oor wat daarvoor kan help—alles danksy hierdie wonderlike tydskrif!

J. L., Duitsland

Selfone Dankie vir die artikel “Die selfoon—Vriend of vyand?” (8 Februarie 2005). Ek is 14 jaar oud, en ek was te afhanklik van my selfoon. Die artikel het my help verstaan dat die selfoon nie die belangrikste ding in my lewe moet wees nie, veral as die moontlike gesondheidsgevare in ag geneem word. Dankie vir julle interessante artikels.

M. B., Roemenië

Harpseeleeus Ek wil my opregte waardering uitspreek vir die genotvolle en opvoedkundige artikels in die Ontwaak! Nadat ek die artikel “Sneeubabas van die Magdalena-eilande” (8 Januarie 2005) gelees het, het ek regtig lief geraak vir hierdie oulike diere. Die foto’s het my gehelp om hulle interessante groeistadiums te verstaan. Buiten dat die artikel my beweeg het om Jehovah, wat hierdie diere geskep het, te dank, het dit my begeerte versterk om in die Paradys te lewe. Ek het ’n paar probleme gehad wat my groot stres veroorsaak het, en ek kan nie vir julle sê hoeveel hierdie hartverblydende artikel my bemoedig het nie. Hou asseblief aan om sulke artikels te publiseer.

N. S., Japan

Seeperdjies Ek het julle tydskrif by Jehovah se Getuies gekry, en ek wil graag my waardering uitspreek vir die artikel “Dansende perde van die see” (22 Desember 2004). Ek het onlangs uitstekende punte vir my skooltaak oor seeperdjies gekry nadat ek die inligting in julle artikel gebruik het. Danksy die Ontwaak! het ek meer van die wetenskap en tegnologie—en veral van God—geleer. Dankie, Jehovah se Getuies, vir julle uitstekende tydskrifte!

T. P., Indonesië

Daar staan geskrywe . . . Ek is so bly dat ek die artikel “Daar staan geskrywe dat ek hom sal sien” (22 Desember 2004) gelees het! Ek is 11 jaar oud, en tot nou toe het ek nie die moed gehad om ander van God se Koninkryk te vertel nie. Maar nadat ek Rosalía Phillips se lewensverhaal gelees het, besef ek dat Jehovah my sal help. Ek wil ’n moedige verkondiger van die goeie nuus word soos Rosalía.

P. P., Pole

Ek is 27 jaar oud, en 24 jaar gelede het ek my ma aan die dood afgestaan. Sedert ek ’n Getuie van Jehovah geword het, het ek die vaste hoop dat ek haar weer sal sien. Ek is dankbaar vir sulke artikels—dankbaar teenoor Jehovah, teenoor Ontwaak! en teenoor Rosalía wat haar pragtige ondervinding vir ons vertel het.

A. F., Venezuela

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel