Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 12/8 bl. 8-10
  • Haweloosheid—Wat is die oplossing?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Haweloosheid—Wat is die oplossing?
  • Ontwaak!—2005
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • God se oorspronklike voorneme
  • ’n Toekoms vir haweloses
  • Haweloosheid—Wat is die oorsaak?
    Ontwaak!—2005
  • Daklose kinders—Is daar ’n oplossing?
    Ontwaak!—1990
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2005
  • Haweloosheid—’n Wêreldwye probleem
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 12/8 bl. 8-10

Haweloosheid—Wat is die oplossing?

“GEE ’n man ’n vis, en jy gee hom kos vir ’n dag. Leer ’n man hoe om vis te vang, en jy gee hom kos vir ’n leeftyd.” Hierdie gesegde lig die gedagte toe dat dit net in beperkte mate help om bloot in ’n onmiddellike fisiese behoefte te voorsien. Dit is selfs beter om mense te leer hoe om probleme op te los en in hulle eie behoeftes te voorsien. Baie mense moet lewensvaardighede of selfs ’n heeltemal ander lewensuitkyk en lewenswyse geleer word.

Jehovah se Getuies is daarvan oortuig dat die doeltreffendste manier om haweloses te help, is om hulle die beste lewenswyse te leer. Dit beteken dat hulle die beste raad wat beskikbaar is, moet toepas—raad wat deur die mens se Skepper voorsien word. Wie is beter bevoeg om sulke raad te gee? Sy raad help mense om baie van die probleme te vermy wat tot haweloosheid lei. Dit help ook opregtes van hart wat hulle in daardie situasie bevind, om die probleem te bowe te kom. Al ons probleme sal natuurlik nie verdwyn net omdat ons die Bybel lees nie. Maar die Bybel kan mense help om verdorwe gebruike te laat vaar wat baie geld kos, om ’n mate van selfrespek te herwin en om ’n waardiger lewe te lei.

Baie mense het hulle huis verloor weens dwelm- of alkoholmisbruik, ’n lewe van misdaad, finansiële probleme of gesinsverbrokkeling. Die Bybel gee praktiese raad in verband met al hierdie kwessies. Deur hierdie raad toe te pas, is miljoene mense al gehelp om hulle lewensuitkyk—en in werklikheid hulle hele persoonlikheid—te verbeter. Maar die toepassing van skriftuurlike raad op sigself sal natuurlik nie al die probleme in verband met haweloosheid oplos nie. Natuurrampe, swak gesondheid, wydverspreide armoede, verslawing en dies meer is probleme wat dikwels ander soort hulp vereis. Hoewel Jehovah se Getuies hulle bes doen om individue te help wat weens sulke ontberinge ly, besef hulle dat net die mensdom se Maker hierdie probleme eens en vir altyd kan oplos. Sal hy?

God se oorspronklike voorneme

Daar bestaan gegronde rede vir hoop dat haweloosheid binnekort tot ’n einde sal kom. Hoe so? Dink hieraan: Jehovah God het ’n goeie tuiste vir die eerste mensepaar voorsien. God het hulle in ’n paradys gesit, waar hy hulle van alles voorsien het wat hulle nodig gehad het. As hulle hulle Maker se leiding gevolg het, sou hulle daardie Paradys oor die hele aarde uitgebrei het. Hulle nageslag sou ’n oorvloed geniet het, asook voorspoed en gerieflike huise. Elke lid van die mensegesin sou op ander se liefde en samewerking kon staatmaak. Dit was God se oorspronklike voorneme. Hy het nie van plan verander nie.—Psalm 37:9-11, 29.

En wat God hom ook al voorneem, sal hy beslis doen (Jesaja 55:10, 11). Die Bybel voorspel ’n tyd wanneer almal hulle eie huis sal hê en materiële oorvloed sal geniet. Maar voordat dit kan gebeur, sal die hele mensegemeenskap soos ons dit nou ken, moet verander. So ’n verandering sal deur middel van goddelike ingryping in die mensdom se aangeleenthede teweeggebring word. Dit is wat Jesus in gedagte gehad het toe hy vir sy dissipels gesê het om te bid: “Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.”—Matteus 6:9, 10.

Onder die regverdige heerskappy van God se Koninkryk sal gehoorsame mense die vervulling van hierdie bemoedigende profesie sien: “Hulle sal beslis huise bou en dit bewoon . . . Hulle sal nie bou sodat iemand anders dit bewoon nie; hulle sal nie plant sodat iemand anders dit eet nie. . . . Die werk van hulle eie hande sal my uitverkorenes ten volle benut” (Jesaja 65:21, 22). Kortom, niemand sal haweloos wees nie.

Jehovah se Getuies streef daarna om mense die geestelike hulp te gee wat hulle nóú nodig het. Hulle wil graag vir ander liefdevolle aandag gee soos Jesus hulle beveel het om te doen (Matteus 22:36-39). Dieselfde besorgdheid oor ander beweeg hulle om hulp te verleen aan dié wat hulle huise as gevolg van natuurrampe verloor het.a

Die Getuies is egter realisties en besef dat dit nie moontlik is om almal te help nie. Jacek, van Pole, wat in ’n herberg vir haweloses bly, sê aangaande haweloses: “Party is aggressief of onder die invloed van dwelms. Ander wil niks van godsdiens hoor nie omdat hulle dink dat God nie in hulle belangstel nie. Maar daar is dié wat gunstig op God se Woord reageer.” Jacek self het byvoorbeeld gunstig gereageer. Hy het meer begin uitvind oor wat die Bybel werklik leer.

Nog ’n hawelose man wat positief gereageer het, is Roman, ’n vigs-lyer wat tot onlangs nog op straat gewoon het. “Toe ek by die welsynsentrum ingetrek het, het ek nie geweet dat Jehovah se Getuies hulle vergaderinge daar naby hou nie”, vertel hy. “Kort daarna het hulle ’n gesprek met my op straat aangeknoop en verduidelik dat God die hulpgeroep van haweloses hoor. Hulle het my ook na een van hulle vergaderinge genooi.”—Psalm 72:12, 13.

Hoe is hy geraak deur wat hy gehoor het? “Ek het geleer dat ek vir ewig in die Paradys op aarde kan woon en dat ek kosbaar in God se oë is. Omring deur nuwe, liefdevolle vriende, het ek nie meer op my benarde situasie gekonsentreer nie, maar my persoonlikheid begin verander. Uit liefde vir God het ek opgehou rook en in gebed ’n belofte aan hom gemaak dat ek op die weg van regverdigheid sal wandel.”

Roman het geestelik goed gevorder en is kort voor lank as een van Jehovah se Getuies gedoop. Met die hulp van medegelowiges en die owerheid het hy geskikte huisvesting gekry. Roman sê met vreugde: “My hart loop oor van onbeskryflike geluk. Ek het nader gekom aan ’n liefdevolle God, wat my opnuut ’n doel in die lewe gegee het. Hy het my ’n wonderlike gesin van broers en susters en ook ’n huis gegee!”

’n Toekoms vir haweloses

Jehovah se Getuies streef daarna om empatie te betoon aan hulle medemens, en dit sluit haweloses in. Hulle wil ander graag vertel van Bybelwaarhede aangaande ’n beter toekoms—waarhede wat mense se lewe selfs nou kan verander.—Johannes 8:32.

“Wat krom gemaak is, kan nie reguit gemaak word nie”, sê die Bybel (Prediker 1:15). Ja, ondanks die beste bedoelings van vrywilligers en die owerhede, is dit moeilik om diepgewortelde maatskaplike probleme soos haweloosheid en armoede uit die weg te ruim. Die Bybel verseker ons egter dat alle gehoorsame mense binnekort, onder die heerskappy van God se Koninkryk, volmaakte lewenstoestande sal geniet.

[Voetnoot]

a Vir voorbeelde sien asseblief die Ontwaak! van 8 Januarie 1993, bladsye 14-21; 22 Oktober 2001, bladsye 23-7, en 8 Augustus 2003, bladsye 10-15.

[Prent op bladsy 8]

’n Vlugtelingmoeder van Somalië hou ’n voedselrantsoenkaartjie vas

[Erkenning]

© Trygve Bolstad/Panos Pictures

[Prent op bladsy 9]

Haweloses het bowenal ’n hoop vir die toekoms nodig

[Prente op bladsy 10]

Onder God se Koninkryk sal niemand haweloos wees nie

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel