Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/11 bl. 3
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Deel 7: Hou progressiewe Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Hou progressiewe Bybelstudies by die deur en oor die telefoon
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • ‘Julle moet só bid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Bly na aan Jehovah
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 9/11 bl. 3

Vraebus

◼ Moet ons bid by ’n Bybelstudie wat by die deur gehou word?

Dit hou baie voordele in om ’n Bybelstudie met gebed te open en af te sluit. Deur middel van gebed vra ons Jehovah vir sy heilige gees op ons bespreking (Luk. 11:13). Gebed skerp ook by ons student die erns van sy Bybelstudie in en leer hom hoe om te bid (Luk. 6:40). Daarom is dit goed om so gou moontlik by ’n Bybelstudie te begin bid. Maar aangesien omstandighede verskil, moet die studiehouer onderskeidingsvermoë aan die dag lê wanneer hy besluit of hy sal bid by ’n Bybelstudie wat by die deur gehou word.

Een belangrike faktor wat in ag geneem moet word, is die omgewing waarin die studie gehou word. As daar ’n mate van privaatheid is, kan ’n gevestigde studie met ’n kort gebed geopen en afgesluit word. Maar as dit mense se aandag sal trek of die student ongemaklik sal laat voel, sal dit dalk beter wees om te wag totdat die studie op ’n privater plek gehou kan word. Ongeag waar die studie gehou word, ons moet goeie oordeel aan die dag lê om vas te stel wanneer om by ’n Bybelstudie te begin bid.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Maart 2005, bladsy 4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel