Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Josua 13:3
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 3 (van die tak van die Nyl af wat voor Egipte is en tot by die grens van Ekron in die noorde+ is voorheen beskou as streke wat aan die Kanaäniete behoort);+ vyf spilvorste+ van die Filistyne, die Gasiete+ en die Asdodiete,+ die Askeloniete,+ die Gittiete+ en die Ekroniete;+ en die Awwiete.+

  • Rigters 3:3
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 3 Die vyf spilvorste+ van die Filistyne+ en al die Kanaäniete,+ ook die Sidoniërs+ en die Hewiete+ wat die berg Liʹbanon+ van die berg Baäl-Hermon+ af tot by die ingang van Hamat+ bewoon het.

  • Rigters 16:5
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 5 En die spilvorste+ van die Filistyne het na haar toe opgekom en vir haar gesê: “Mislei+ hom en sien waarin sy groot krag lê en waarmee ons die oorhand oor hom kan kry en waarmee ons hom moet vasbind sodat ons hom kan oormeester; en elkeen van ons sal jou duisend-eenhonderd silwerstukke gee.”+

  • Rigters 16:30
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 30 En Simson het gesê: “Laat my siel saam met die Filistyne sterf.”+ Toe het hy hom met krag gebuig, en die huis het geval op die spilvorste en op al die mense wat daarin was,+ sodat die dooies wat hy by sy eie dood doodgemaak het, meer was as dié wat hy gedurende sy lewe doodgemaak het.+

  • 1 Samuel 5:8
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 8 Gevolglik het hulle gestuur en al die spilvorste van die Filistyne by hulle versamel en gesê: “Wat sal ons met die ark van die God van Israel doen?” Uiteindelik het hulle gesê: “Laat die ark van die God van Israel na Gat+ oorgaan.” Daarop het hulle die ark van die God van Israel daarheen oorgebring.

  • 1 Samuel 6:4
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 4 Hierop het hulle gesê: “Wat is die skuldoffer wat ons aan hom moet teruggee?” Toe het hulle gesê: “Volgens die getal spilvorste+ van die Filistyne: vyf goue aambeie en vyf goue springmuise, want julle almal en julle spilvorste het dieselfde plaag.

  • 1 Samuel 29:2
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 2 En die spilvorste+ van die Filistyne het by honderde en by duisende verbygetrek, en Dawid en sy manne het daarna saam met Agis verbygetrek.+

  • 1 Kronieke 12:19
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 19 En party uit Manasʹse het na Dawid oorgeloop toe hy saam met die Filistyne+ opgetrek het om teen Saul oorlog te voer; maar hy het hulle nie gehelp nie, want ná beraadslaging het die spilvorste+ van die Filistyne hom weggestuur en gesê: “Met gevaar vir ons eie koppe sal hy na sy heer Saul oorloop.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel