Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Josua 7:6
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 6 Hierop het Josua sy mantels geskeur en voor die ark van Jehovah op sy gesig+ op die aarde geval, tot die aand toe, hy en die ouer manne van Israel, en hulle het stof op hulle koppe bly gooi.+

  • 2 Samuel 13:19
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 19 Toe het Tamar as+ op haar kop gesit, en die gestreepte kleed wat sy aangehad het, het sy geskeur; en sy het haar hande op haar kop gehou+ en weggeloop, al skreeuende terwyl sy loop.

  • 2 Samuel 15:32
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 32 En toe Dawid by die kruin kom waar mense hulle gewoonlik voor God neergebuig het, het Husai,+ die Arkiet,+ hom hier tegemoetgekom, met sy kleed geskeur en grond op sy kop.+

  • Nehemia 9:1
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 9 En op die vier-en-twintigste dag van hierdie maand+ het die kinders van Israel bymekaargekom met gevas+ en in saklinne+ en met grond+ op hulle.

  • Job 2:12
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 12 Toe hulle van ver af hulle oë opslaan, het hulle hom eers nie herken nie. En hulle het hulle stem verhef en gehuil en elkeen sy moulose oorkleed geskeur+ en stof hemelwaarts op hulle koppe gegooi.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel