Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deuteronomium 32:39
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 39 SIEN nou dat ek—ja ek—hy is+

      En dat daar geen gode naas my is nie.+

      Ek maak dood en ek maak lewend.+

      Ek het ernstig gewond+ en ek—ek sal genees,+

      En daar is niemand wat uit my hand ruk nie.+

  • 1 Samuel 2:6
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    •  6 Jehovah maak dood, en Hy bewaar lewe,+

      Hy laat na Sjeool afdaal,+ en Hy laat daaruit opkom.+

  • 2 Konings 4:34
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 34 Uiteindelik het hy opgeklim en op die kind gaan lê+ en sy mond op dié se mond en sy oë op dié se oë en sy palms op dié se palms gesit en oor hom gebuig gebly, en die kind se vlees het geleidelik warm geword.

  • 2 Konings 13:21
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 21 En terwyl hulle ’n man begrawe het, kyk, toe het hulle die rowerbende gesien. Dadelik het hulle die man in Eliʹsa se graf gegooi en weggegaan. Toe die man aan die beendere van Eliʹsa raak, het hy onmiddellik lewend geword+ en op sy voete gaan staan.+

  • Lukas 7:15
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 15 En die dooie man het regop gaan sit en begin praat, en hy het hom aan sy moeder gegee.+

  • Lukas 8:55
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 55 En haar gees+ het teruggekeer, en sy het oombliklik opgestaan,+ en hy het beveel dat sy iets gegee moet word om te eet.+

  • Johannes 5:28
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 28 Moet julle nie hieroor verwonder nie, want die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte+ is, sy stem sal hoor

  • Johannes 11:44
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 44 Die man wat dood was, het uitgekom, met sy voete en hande met grafdoeke gebind,+ en sy gesig was met ’n doek toegedraai. Jesus het vir hulle gesê: “Maak hom los en laat hom gaan.”

  • Handelinge 9:41
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 41 Hy het haar sy hand gegee en haar opgehelp,+ en hy het die heiliges en die weduwees geroep en haar lewend voor hulle gestel.+

  • Handelinge 20:10
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 10 Maar Paulus het ondertoe gegaan, op hom geval+ en sy arms om hom geslaan en gesê: “HOU OP om ’n lawaai te maak, want sy siel is in hom.”+

  • Romeine 14:9
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 9 Want hiervoor het Christus gesterf en weer lewend geword,+ om Here oor die dooies+ sowel as die lewendes+ te wees.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel