24 Daarom, net soos ’n vuurtong die stoppels verteer+ en verdorde gras in die vlamme wegsink, sal hulle wortelstok soos ’n mufreuk word,+ en hulle bloeisel sal soos poeier opstuif, omdat hulle die wet van Jehovah van die leërs verwerp het+ en die woord van die Heilige van Israel geminag het.+
20 En in dié dag sal die oorblywendes van Israel+ en dié wat ontkom het van die huis van Jakob, nooit weer steun op hom wat hulle slaan nie,+ en hulle sal beslis steun op Jehovah, die Heilige van Israel,+ in waaragtigheid.+
5 “Want Israel en Juda+ is nie in weduweeskap ten opsigte van hulle God, van Jehovah van die leërs nie.+ Want hulle land was vol skuld vanuit die standpunt van die Heilige van Israel.+
7 En my heilige naam sal ek onder my volk Israel bekend maak, en ek sal my heilige naam nie meer laat ontheilig nie;+ en die nasies sal moet weet dat ek Jehovah is,+ die Heilige in Israel.’+