13 Roep met vreugde uit, o hemele,+ en wees bly, o aarde.+ Laat die berge vrolik word met vreugdegeroep.+ Want Jehovah het sy volk vertroos,+ en hy ontferm hom oor sy geteisterdes.+
3 Want Jehovah sal Sion beslis vertroos.+ Hy sal al sy verwoeste plekke vir seker vertroos,+ en hy sal sy wildernis soos Eden+ maak en sy woestynvlakte soos die tuin van Jehovah.+ Verheuging en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die stem van die melodie.+