14 En Jehovah het vir my gesê: “Die profete profeteer leuens in my naam.+ Ek het hulle nie gestuur nie, en ook het ek hulle nie beveel of met hulle gepraat nie.+ ’n Valse visioen en waarsêery en iets van geen waarde+ en die bedrog van hulle hart spreek hulle profeties tot julle.+
15 “‘Want ek het hulle nie gestuur nie’, is die woord van Jehovah, ‘maar hulle profeteer vals in my naam, sodat ek julle sal verstrooi,+ en julle sal moet vergaan,+ julle en die profete wat vir julle profeteer.’”+