3 dan sal Jehovah jou God jou gevangenes terugbring+ en aan jou barmhartigheid bewys+ en jou weer bymekaarmaak uit al die volke waarheen Jehovah jou God jou verstrooi het.+
12 En hy sal beslis ’n baken vir die nasies oprig en die verstrooides van Israel versamel;+ en die verstrooides van Juda sal hy uit die vier uithoeke van die aarde bymekaarmaak.+
15 maar: “So waar as Jehovah lewe, wat die kinders van Israel laat optrek het uit die land van die noorde en uit al die lande waarheen hy hulle verstrooi het!” en ek sal hulle beslis terugbring na hulle land, wat ek aan hulle voorvaders gegee het.’+
3 “En ek sal die oorblyfsel van my skape bymekaarmaak uit al die lande waarheen ek hulle verstrooi het,+ en ek sal hulle terugbring na hulle weiveld,+ en hulle sal beslis vrugbaar wees en baie word.+
14 En ek sal die gevangenes van my volk Israel laat terugkeer,+ en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon,+ en wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.’+