23 Toe het ek opgestaan en na die valleivlakte uitgegaan, en kyk! die heerlikheid van Jehovah het daar gestaan,+ soos die heerlikheid wat ek by die Kebarrivier gesien het,+ en ek het op my gesig geval.+
3 En dit het gelyk soos die visioen wat ek gesien het,+ soos die visioen wat ek gesien het toe ek gekom het om die stad te verwoes;+ en daar was verskynings soos die verskyning wat ek by die Kebarrivier gesien het,+ en ek het op my gesig geval.
17 Toe het hy gekom tot waar ek gestaan het, maar toe hy kom, het ek verskrik geword sodat ek op my gesig geval het. En hy het vir my gesê: “Verstaan,+ o mensekind,+ dat die visioen vir die tyd van die einde is.”+