10 Dit sal nie snags of bedags uitgeblus word nie; tot onbepaalde tyd sal sy rook bly opstyg.+ Van geslag tot geslag sal dit verskroei wees;+ vir ewig en altyd sal niemand daardeur trek nie.+
20 Daarom, HOOR die besluit van Jehovah wat hy teen Edom geformuleer het+ en sy gedagtes wat hy teen die inwoners van Teman uitgedink het:+ Waarlik, die kleintjies van die kudde sal rondgesleep word. Waarlik, weens hulle sal hy hulle woonplek woes laat word.+
13 daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Ek sal ook my hand teen Edom+ uitsteek en mens en mak dier daaruit uitroei,+ en ek sal dit ’n verwoeste plek maak van Teman+ af, ja, tot by Dedan.+ Deur die swaard sal hulle val.
3 En jy moet vir hom sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk, ek is teen jou, o bergstreek Seïr,+ en ek sal my hand teen jou uitsteek+ en jou ’n verlate woesteny maak, ja, ’n verwoesting.+
19 Wat Egipte betref, ’n verlate woesteny sal dit word;+ en wat Edom betref, ’n verlate, woeste wildernis sal dit word,+ weens die geweld teenoor die kinders van Juda, in wie se land hulle onskuldige bloed vergiet het.+