GENESIS
1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep.+
2 Die aarde was onbewoonbaar* en leeg, en daar was duisternis op die oppervlak van die waterdiepte,*+ en God se werkende krag*+ het oor die oppervlak van die waters+ beweeg.
3 En God het gesê: “Laat daar lig wees.” Toe was daar lig.+ 4 Daarna het God gesien dat die lig goed is, en God het die lig van die duisternis begin skei. 5 God het die lig “dag” genoem, maar hy het die duisternis “nag” genoem.+ En dit het aand geword en dit het oggend geword: ’n eerste dag.
6 Toe het God gesê: “Laat daar ’n uitgestrekte lugruimte*+ tussen die waters wees, en laat daar ’n skeiding tussen die waters en die waters wees.”+ 7 Toe het God die lugruimte* gemaak en die waters onder die lugruimte geskei van die waters bo die lugruimte.+ En dit was so. 8 God het die lugruimte “hemel” genoem. En dit het aand geword en dit het oggend geword: ’n tweede dag.
9 Toe het God gesê: “Laat die waters onder die hemel op een plek versamel word, en laat die droë grond verskyn.”+ En dit was so. 10 God het die droë grond “aarde”+ genoem, maar hy het die versameling van die waters “see”+ genoem. En God het gesien dat dit goed is.+ 11 Toe het God gesê: “Laat die aarde gras voortbring, sowel as plante wat saad dra en vrugtebome wat vrugte dra met saad daarin, volgens hulle soorte.” En dit was so. 12 En die aarde het gras begin voortbring, sowel as plante wat saad dra+ en bome wat vrugte dra met saad daarin, volgens hulle soorte. Toe het God gesien dat dit goed is. 13 En dit het aand geword en dit het oggend geword: ’n derde dag.
14 Toe het God gesê: “Laat daar ligte+ in die hemel* wees om ’n skeiding tussen die dag en die nag te maak,+ en hulle sal as tekens dien vir seisoene en vir dae en vir jare.+ 15 Hulle sal as ligte in die hemel* dien om op die aarde te skyn.” En dit was so. 16 En God het die twee groot ligte gemaak, die groter lig om oor die dag te heers+ en die kleiner lig om oor die nag te heers, en ook die sterre.+ 17 God het hulle in die hemel* geplaas om op die aarde te skyn 18 en om in die dag en in die nag te heers en om ’n skeiding te maak tussen die lig en die duisternis.+ Toe het God gesien dat dit goed is. 19 En dit het aand geword en dit het oggend geword: ’n vierde dag.
20 Toe het God gesê: “Laat die waters wemel van lewende diere,* en laat vlieënde diere bo die aarde in die hemel* vlieg.”+ 21 En God het die groot seediere geskep, en al die lewende diere* wat in die waters beweeg en lewe, volgens hulle soorte, sowel as al die vlieënde diere, volgens hulle soorte. En God het gesien dat dit goed is. 22 Toe het God hulle geseën en gesê: “Wees vrugbaar en word baie en vul die waters van die see,+ en laat die vlieënde diere baie word op die aarde.” 23 En dit het aand geword en dit het oggend geword: ’n vyfde dag.
24 Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende diere* volgens hulle soorte voortbring: mak diere, kruipende diere* en wilde diere van die aarde, volgens hulle soorte.”+ En dit was so. 25 En God het die wilde diere van die aarde volgens hulle soorte gemaak, sowel as die mak diere volgens hulle soorte en al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte. En God het gesien dat dit goed is.
26 Toe het God gesê: “Laat ons+ mense maak na ons beeld,+ wat soos ons sal wees.*+ En laat hulle gesag hê oor die visse van die see en die vlieënde diere van die hemel en die mak diere en die hele aarde en al die kruipende diere wat op die aarde rondbeweeg.”+ 27 En God het die mens na sy beeld geskep, na God se beeld het hy hom geskep. Man en vrou het hy hulle geskep.+ 28 Verder het God hulle geseën, en God het vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en word baie, vul die aarde+ en bewerk dit.+ Heers+ oor die visse van die see en die vlieënde diere van die hemel en al die lewende diere wat op die aarde rondbeweeg.”
29 Toe het God gesê: “Kyk, ek het vir julle al die plante op die hele aarde gegee wat saad dra en al die bome wat vrugte dra met saad daarin. Laat dit julle voedsel wees.+ 30 En aan al die wilde diere van die aarde en aan al die vlieënde diere van die hemel en aan alles wat op die aarde rondbeweeg en waarin daar lewe* is, het ek al die groen plante as voedsel gegee.”+ En dit was so.
31 Daarna het God alles gesien wat hy gemaak het, en dit was baie goed.+ En dit het aand geword en dit het oggend geword: ’n sesde dag.
2 So is die hemel en die aarde en alles daarin* voltooi.+ 2 En teen die sewende dag het God sy werk voltooi, en hy het op die sewende dag begin rus van al die werk wat hy gedoen het.+ 3 En God het die sewende dag geseën en dit heilig verklaar, want op hierdie dag het God gerus van al sy skeppingswerk, alles wat hy besluit het om te maak.
4 Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde in die tyd toe hulle geskep is, in die dag toe Jehovah* God die aarde en die hemel gemaak het.+
5 Daar was nog geen plante in die veld nie. Geen plante het nog op die aarde uitgespruit nie, want Jehovah God het dit nie op die aarde laat reën nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. 6 Maar ’n mis het van die aarde af opgegaan, en dit het die hele oppervlak van die aarde natgemaak.
7 En Jehovah God het die mens uit die stof+ van die aarde gemaak en die asem van die lewe+ in sy neusgate geblaas, en die mens het ’n lewende persoon* geword.+ 8 Verder het Jehovah God ’n tuin in Eden+ geplant, in die ooste, en daar het hy die mens geplaas wat hy gemaak het.+ 9 So het Jehovah God allerhande bome uit die grond laat groei wat mooi is om na te kyk en wat goed is vir voedsel, en ook die boom van die lewe+ in die middel van die tuin, sowel as die boom van die kennis van wat goed en wat sleg is.+
10 En daar was ’n rivier wat uit Eden gevloei het om die tuin van water te voorsien, en van daar af het dit in vier riviere verdeel. 11 Die naam van die eerste rivier is Pison. Dit is die rivier wat om die hele land Haʹwila loop, waar daar goud is. 12 Die goud van daardie land is goed, en daar is ook balsemgom en oniks. 13 Die naam van die tweede rivier is Gihon. Dit is die rivier wat om die hele land Kus loop. 14 Die naam van die derde rivier is Hiddeʹkel.*+ Dit is die rivier wat oos van Assiʹrië+ loop. En die vierde rivier is die Eufraatrivier.+
15 Jehovah God het die mens geneem en hom in die tuin van Eden laat woon om dit te bewerk en daarvoor te sorg.+ 16 Jehovah God het ook aan die mens hierdie bevel gegee: “Jy mag van al die bome van die tuin eet totdat jy versadig is.+ 17 Maar jy mag nie eet van die boom van die kennis van wat goed en wat sleg is nie, want die dag as jy daarvan eet, sal jy beslis sterf.”+
18 Toe het Jehovah God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek gaan vir hom ’n helper maak, ’n maat wat by hom pas.”*+ 19 En Jehovah God het al die wilde diere van die veld en al die vlieënde diere van die hemel uit die grond gevorm, en hy het hulle na die mens toe begin bring om te sien wat hy elkeen sou noem. En wat die mens elke lewende dier* ook al genoem het, dit het sy naam geword.+ 20 So het die mens dan name gegee aan al die mak diere, die vlieënde diere van die hemel en al die wilde diere van die veld, maar vir die mens was daar geen helper, geen maat wat by hom pas* nie. 21 Daarom het Jehovah God die mens baie diep laat slaap, en terwyl hy geslaap het, het hy een van sy ribbebene geneem en toe die vlees oor die plek daarvan toegemaak. 22 En Jehovah God het van die ribbebeen wat hy uit die man geneem het, ’n vrou gemaak en haar na die man toe gebring.+
23 Toe het die man gesê:
“Dit is uiteindelik been van my gebeente
en vlees van my vlees.
24 Daarom sal ’n man sy pa en sy ma verlaat, en hy sal sy vrou aankleef,* en hulle sal een vlees word.+ 25 En hulle was albei kaal,+ die man en sy vrou, en tog was hulle nie skaam nie.
3 En die slang+ was die versigtigste* van al die wilde diere van die veld wat Jehovah God gemaak het. Toe het die slang vir die vrou gesê: “Het God werklik gesê dat julle nie van al die bome van die tuin mag eet nie?”+ 2 Hierop het die vrou vir die slang gesê: “Ons mag van die vrugte van die bome van die tuin eet.+ 3 Maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is,+ het God gesê: ‘Julle mag nie daarvan eet nie, nee, julle mag nie daaraan raak nie, anders sal julle sterf.’” 4 Hierop het die slang vir die vrou gesê: “Julle sal beslis nie sterf nie.+ 5 Want God weet dat die dag as julle daarvan eet, julle oë geopen sal word en julle soos God sal wees omdat julle kennis sal hê van wat goed en wat sleg is.”+
6 Toe het die vrou gesien dat die boom goed is vir voedsel en dat dit ’n lus vir die oë is, ja, die boom was mooi om na te kyk. En sy het van die vrugte begin neem en dit geëet.+ Daarna het sy ook vir haar man van die vrugte gegee toe hy by haar was, en hy het dit begin eet.+ 7 Toe is hulle oë geopen, en hulle het besef dat hulle kaal is. Daarom het hulle vyeblare aanmekaargewerk en dit om hulle heupe gesit om hulle te bedek.+
8 Later het hulle die stem van Jehovah God gehoor terwyl hy, omtrent die tyd van die dag wanneer daar ’n briesie waai, in die tuin geloop het. En die man en sy vrou het tussen die bome van die tuin vir Jehovah God gaan wegkruip. 9 Maar Jehovah God het na die mens bly roep en vir hom gesê: “Waar is jy?” 10 Uiteindelik het hy gesê: “Ek het u stem in die tuin gehoor, maar ek was bang omdat ek kaal is, en daarom het ek weggekruip.” 11 Toe het hy gevra: “Wie het vir jou gesê dat jy kaal is?+ Het jy geëet van die boom waarvan ek jou beveel het om nie te eet nie?”+ 12 Die man het gesê: “Die vrou wat u vir my gegee het om by my te wees, sy het vir my van die vrugte van die boom gegee, en daarom het ek geëet.” 13 Jehovah God het toe vir die vrou gevra: “Wat het jy gedoen?” Die vrou het geantwoord: “Die slang het my bedrieg, en daarom het ek geëet.”+
14 Jehovah God het toe vir die slang+ gesê: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die mak diere en onder al die wilde diere van die veld. Jy sal op jou maag seil, en jy sal stof eet al die dae van jou lewe. 15 En ek sal vyandskap+ laat ontstaan tussen jou+ en die vrou+ en tussen jou nageslag*+ en haar nageslag.*+ Hy sal jou kop vergruis,*+ en jy sal hom in die hakskeen wond.”+
16 Hy het vir die vrou gesê: “Ek sal die pyn van jou swangerskap grootliks vermeerder. Met pyn sal jy aan kinders geboorte gee, en jy sal ’n sterk begeerte na jou man hê, en hy sal jou oorheers.”
17 En hy het vir Adam* gesê: “Omdat jy na jou vrou se stem geluister het en van die boom geëet het waarvan ek jou beveel het om nie te eet nie,+ is die grond vervloek as gevolg van jou.+ Al die dae van jou lewe sal jy met pyn die opbrengs daarvan eet.+ 18 Dit sal dorings en dissels vir jou voortbring, en jy sal die plante van die veld eet. 19 Met sweet en harde werk sal jy brood* eet totdat jy na die grond terugkeer, want daaruit is jy geneem.+ Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.”+
20 Hierna het Adam sy vrou Eva* genoem, omdat sy die moeder sou word van almal wat lewe.+ 21 En Jehovah God het vir Adam en sy vrou lang kledingstukke van dierevelle gemaak wat hulle kon aantrek.+ 22 Jehovah God het toe gesê: “Kyk, die mens het soos een van ons geword omdat hy weet wat goed en wat sleg is.+ En nou, sodat hy nie sy hand uitsteek en ook vrugte van die boom van die lewe+ neem en eet en vir ewig lewe nie . . . ” 23 Daarna het Jehovah God hom uit die tuin van Eden+ uitgedryf om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.+ 24 So het hy die mens uitgedryf, en hy het die gerubs+ en die vlammende lem van ’n swaard wat heeltyd draai, aan die oostekant van die tuin van Eden geplaas om die weg na die boom van die lewe te bewaak.
4 En Adam het seksuele omgang met sy vrou, Eva, gehad, en sy het swanger geword.+ Toe sy aan Kain+ geboorte gegee het, het sy gesê: “Ek het met Jehovah se hulp ’n manlike kind voortgebring.”* 2 Later het sy aan sy broer Abel+ geboorte gegee.
Abel het ’n herder geword, maar Kain het ’n landbouer geword. 3 Ná verloop van tyd het Kain van die opbrengs van die grond as ’n offer aan Jehovah gebring. 4 Maar Abel het van die eersgeborenes* van sy kleinvee+ gebring, insluitende die vet. Jehovah het Abel en sy offer goedgekeur,+ 5 maar hy het Kain en sy offer nie goedgekeur nie. Kain het toe baie kwaad geword, en hy was ongelukkig. 6 Toe het Jehovah vir Kain gesê: “Hoekom is jy so kwaad en ongelukkig? 7 As jy begin doen wat goed is, sal jy weer my goedkeuring geniet. Maar as jy dit nie doen nie, lê die sonde by die deur en loer, en dit wil jou oorheers. Maar sal jy die oorhand daaroor kry?”
8 Daarna het Kain vir sy broer Abel gesê: “Kom ons gaan in die veld in.” Terwyl hulle in die veld was, het Kain sy broer Abel aangeval en hom doodgemaak.+ 9 Later het Jehovah vir Kain gevra: “Waar is jou broer Abel?” En hy het geantwoord: “Ek weet nie. Is ek my broer se oppasser?” 10 Toe het Hy gesê: “Wat het jy gedoen? Luister! Jou broer se bloed roep van die grond af na my toe uit.+ 11 En nou is jy vervloek en verban van die grond af wat jou broer se bloed uit jou hand ontvang het.+ 12 Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie vir jou sy opbrengs gee nie. Jy sal ’n vlugteling en ’n swerwer op die aarde word.” 13 Toe het Kain vir Jehovah gesê: “Die straf vir my oortreding is te groot om te dra. 14 Vandag verdryf u my uit hierdie gebied,* en ek sal nie meer voor u aangesig wees nie. Ek sal ’n vlugteling en ’n swerwer op die aarde word, en as enigiemand my vind, sal hy my beslis doodmaak.” 15 Toe het Jehovah vir hom gesê: “Om dit te voorkom, sal daar sewe keer wraak geneem word op enigiemand wat Kain doodmaak.”
Jehovah het dus ’n teken vir Kain vasgestel sodat niemand wat hom vind, hom sou doodmaak nie. 16 Kain het toe van Jehovah af weggegaan en in die Land van Ballingskap,* oos van Eden,+ gaan woon.
17 Daarna het Kain seksuele omgang met sy vrou+ gehad, en sy het swanger geword en aan Henog geboorte gegee. Toe het hy ’n stad gebou en die stad na sy seun Henog vernoem. 18 Later is Irad vir Henog gebore. Irad het die vader van Mehuʹjael geword, en Mehuʹjael het die vader van Metuʹsael geword, en Metuʹsael het die vader van Lameg geword.
19 Lameg het vir hom twee vrouens geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede was Silla. 20 Ada het aan Jabal geboorte gegee. Hy was die eerste persoon wat in tente gewoon en vee gehad het. 21 Sy broer se naam was Jubal. Hy was die eerste persoon wat op die harp en op die fluit gespeel het. 22 Silla het geboorte gegee aan Tubal-Kain, wat allerhande soorte gereedskap uit koper en yster gesmee het. En Tubal-Kain se suster was Naäma. 23 Toe het Lameg hierdie woorde vir sy vrouens, Ada en Silla, gesê:
“Hoor my stem, o vrouens van Lameg,
luister na my woorde:
’n Man het ek doodgemaak omdat hy my gewond het,
ja, ’n jong man omdat hy my geslaan het.
25 Adam het weer seksuele omgang met sy vrou gehad, en sy het aan ’n seun geboorte gegee. Sy het hom Set*+ genoem, want soos sy gesê het: “God het vir my ’n ander nageslag* in Abel se plek gegee, want Kain het hom doodgemaak.”+ 26 Set het ook ’n seun gehad, en hy het hom Enos+ genoem. In daardie tyd het mense die naam van Jehovah begin aanroep.
5 Dít is die boek van Adam se geskiedenis. Die dag toe God Adam geskep het, het Hy hom na die beeld* van God gemaak.+ 2 Man en vrou het hy hulle geskep.+ Op die dag toe hulle geskep is,+ het hy hulle geseën en hulle “mens”* genoem.
3 Adam het 130 jaar gelewe en toe die vader geword van ’n seun wat soos hy was, wat na sy beeld was, en hy het hom Set+ genoem. 4 Nadat Adam die vader van Set geword het, het hy nog 800 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 5 En Adam was 930 jaar oud toe hy gesterf het.+
6 Set het 105 jaar gelewe en toe die vader van Enos+ geword. 7 Nadat Set die vader van Enos geword het, het hy nog 807 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 8 En Set was 912 jaar oud toe hy gesterf het.
9 Enos het 90 jaar gelewe en toe die vader van Kenan geword. 10 Nadat Enos die vader van Kenan geword het, het hy nog 815 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 11 En Enos was 905 jaar oud toe hy gesterf het.
12 Kenan het 70 jaar gelewe en toe die vader van Mahalaʹlel+ geword. 13 Nadat Kenan die vader van Mahalaʹlel geword het, het hy nog 840 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 14 En Kenan was 910 jaar oud toe hy gesterf het.
15 Mahalaʹlel het 65 jaar gelewe en toe die vader van Jared+ geword. 16 Nadat Mahalaʹlel die vader van Jared geword het, het hy nog 830 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 17 En Mahalaʹlel was 895 jaar oud toe hy gesterf het.
18 Jared het 162 jaar gelewe en toe die vader van Henog+ geword. 19 Nadat Jared die vader van Henog geword het, het hy nog 800 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 20 En Jared was 962 jaar oud toe hy gesterf het.
21 Henog het 65 jaar gelewe en toe die vader van Metuʹsalag+ geword. 22 Nadat Henog die vader van Metuʹsalag geword het, het hy nog 300 jaar lank met die ware God* gewandel. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 23 En Henog het 365 jaar oud geword. 24 Henog het met die ware God bly wandel.+ Toe was hy nie meer daar nie, want God het hom weggeneem.+
25 Metuʹsalag het 187 jaar gelewe en toe die vader van Lameg+ geword. 26 Nadat Metuʹsalag die vader van Lameg geword het, het hy nog 782 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 27 En Metuʹsalag was 969 jaar oud toe hy gesterf het.
28 Lameg het 182 jaar gelewe en toe die vader van ’n seun geword. 29 Hy het hom Noag*+ genoem en gesê: “Hy sal vir ons vertroosting* bring van ons werk en van die pynlike arbeid van ons hande as gevolg van die grond wat Jehovah vervloek het.”+ 30 Nadat Lameg die vader van Noag geword het, het hy nog 595 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 31 En Lameg was 777 jaar oud toe hy gesterf het.
32 Nadat Noag 500 jaar oud geword het, het hy die vader van Sem,+ Gam+ en Jafet+ geword.
6 Toe die mense op die aarde meer geword het en dogters gehad het, 2 het die seuns van die ware God*+ opgelet hoe mooi die dogters van die mense is. Hulle het dus almal wat hulle wou hê, as vrouens geneem. 3 Toe het Jehovah gesê: “Ek* sal nie vir ewig geduldig wees met die mens nie,+ want hy is maar net vlees.* Daarom sal hy nog net 120 jaar lewe.”+
4 In daardie dae en ook daarna was die Nefilim* op die aarde. Want die seuns van die ware God het seksuele omgang met die dogters van die mense gehad, wat toe aan seuns geboorte gegee het. Hierdie seuns was die sterk manne van die ou tyd, die beroemde manne.
5 Toe het Jehovah gesien dat die mense baie goddeloos is en dat die gedagtes en die begeertes van hulle hart die hele tyd net sleg is.+ 6 Jehovah het spyt* gevoel dat hy mense op die aarde gemaak het, en hy was hartseer.+ 7 Daarom het Jehovah gesê: “Ek gaan die mense wat ek geskep het, van die aarde af wegvee, die mense sowel as die mak diere, die kruipende diere en die vlieënde diere van die hemel, want ek is spyt dat ek hulle gemaak het.” 8 Maar Noag het Jehovah se goedkeuring geniet.
9 Dít is die geskiedenis van Noag:
Noag was ’n regverdige man.+ Hy was anders as die mense van sy tyd, want hy het ’n rein lewe gelei.* Noag het met die ware God gewandel.+ 10 Met verloop van tyd het Noag drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.+ 11 Maar die aarde het baie sleg geword in die oë van die ware God. En die aarde was vol geweld. 12 Ja, God het na die aarde gekyk en gesien dat dinge baie sleg was.+ Al die mense* op die aarde het slegte lewens gelei.+
13 Daarna het God vir Noag gesê: “Ek het besluit om al die mense* te vernietig, want die aarde is vol geweld as gevolg van hulle, en daarom gaan ek hulle vernietig en die aarde verwoes.+ 14 Maak vir jou ’n ark* van die hout van gombome.*+ Jy moet afdelings in die ark maak en dit binne en buite met teer*+ bedek. 15 Dít is hoe jy dit moet maak: Die ark moet 300 el* lank, 50 el breed en 30 el hoog wees. 16 Jy moet ’n venster* vir die ark maak, een el van die bokant af, sodat lig kan inskyn. Jy moet die ingang van die ark aan die kant maak,+ en jy moet ’n onderste verdieping, ’n tweede verdieping en ’n derde verdieping maak.
17 “Ek gaan vloedwaters+ oor die aarde bring om al die mense en diere daarop* te vernietig. Alles op die aarde sal sterf.+ 18 En ek maak my verbond met jou, en jy moet in die ark ingaan saam met jou seuns, jou vrou en jou seuns se vrouens.+ 19 En bring twee van elke soort dier,+ ’n mannetjie en ’n wyfie, in die ark sodat hulle saam met jou kan bly lewe:+ 20 van die vlieënde diere volgens hulle soorte, die mak diere volgens hulle soorte en al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte. Twee van elke soort sal na jou toe kom en in die ark ingaan sodat hulle kan bly lewe.+ 21 En jy moet verskillende soorte kos+ bymekaarmaak en dit saamneem sodat jy en die diere daarvan kan eet.”
22 Noag het alles gedoen wat God hom beveel het. Hy het net so gedoen.+
7 Daarna het Jehovah vir Noag gesê: “Gaan in die ark in, jy en jou hele gesin. Want jy is die enigste een van hierdie geslag wat regverdig is in my oë.+ 2 Jy moet sewe van elke soort rein dier*+ saam met jou neem, die mannetjie en die wyfie, en net twee van elke soort onrein dier, die mannetjie en die wyfie, 3 en ook sewe van elke soort vlieënde dier van die hemel,* mannetjie en wyfie, sodat hulle kan bly lewe en ’n nageslag op die hele aarde kan hê.+ 4 Want oor net sewe dae sal ek dit 40 dae en 40 nagte+ op die aarde laat reën,+ en ek sal elke lewende wese wat ek gemaak het, van die oppervlak van die aarde af wegvee.”+ 5 Toe het Noag alles gedoen wat Jehovah hom beveel het.
6 Noag was 600 jaar oud toe die vloedwaters oor die aarde gekom het.+ 7 Voordat die vloedwaters gekom het, het Noag saam met sy seuns, sy vrou en sy seuns se vrouens in die ark ingegaan.+ 8 Van elke soort rein dier en van elke soort onrein dier en van elke soort vlieënde dier en van alles wat op die aarde rondbeweeg,+ 9 het daar twee na Noag toe in die ark ingegaan, mannetjie en wyfie, net soos God Noag beveel het. 10 Sewe dae later het die vloedwaters toe oor die aarde gekom.
11 In die 600ste jaar van Noag se lewe, in die tweede maand, op die 17de dag van die maand, op daardie dag, het al die fonteine van die groot waterdieptes oopgebars en is die sluise van die hemel oopgemaak.+ 12 En die reën het 40 dae en 40 nagte op die aarde neergestort. 13 Op daardie selfde dag het Noag saam met sy seuns, naamlik Sem, Gam en Jafet,+ sowel as sy vrou en die drie vrouens van sy seuns+ in die ark ingegaan. 14 Hulle het ingegaan saam met al die diere volgens hulle soorte: die wilde diere, die mak diere, die kruipende diere van die aarde en die vlieënde diere, dit wil sê elke voël en elke ander dier met vlerke. 15 Twee van elke soort dier wat die asem* van die lewe het, het na Noag in die ark bly gaan. 16 Hulle het ingegaan, mannetjie en wyfie van elke soort vlees, net soos God Noag beveel het. Daarna het Jehovah die deur agter hom toegemaak.
17 Dit het 40 dae lank op die aarde gereën. Die waters het al hoe meer geword, en die ark het begin dryf, en die ark het uiteindelik hoog bo die aarde gedryf. 18 Die waters op die aarde het al hoe meer geword en bly styg, maar die ark het op die waters gedryf. 19 Die waters op die aarde het so hoog gestyg dat al die hoë berge onder die hemel bedek is.+ 20 Die waters het tot 15 el* bo die berge gestyg.
21 En alle lewende wesens wat op die aarde rondbeweeg het, het doodgegaan+ – die vlieënde diere, die mak diere, die wilde diere, al die ander diere en al die mense.+ 22 Alles op die droë grond wat die asem* van die lewe het, het gesterf.+ 23 So het Hy elke lewende ding van die oppervlak van die aarde af weggevee, insluitende die mense, die diere, die kruipende diere en die vlieënde diere van die hemel. Hulle is almal van die aarde af weggevee.+ Net Noag en dié wat saam met hom in die ark was, het bly lewe.+ 24 En die waters het die aarde 150 dae lank bedek.+
8 Maar God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en die mak diere wat saam met hom in die ark was,+ en God het ’n wind oor die aarde laat waai, en die waters het begin sak. 2 Die fonteine van die waterdieptes en die sluise van die hemel is toegemaak, en die reën het opgehou.*+ 3 Toe het die waters op die aarde geleidelik begin sak. Ná 150 dae was die water baie minder. 4 In die sewende maand, op die 17de dag van die maand, het die ark op die Aʹrarat-berge tot rus gekom. 5 Die waters het bly verminder, en in die tiende maand, op die eerste dag van die maand, het die toppe van die berge verskyn.+
6 Toe, aan die einde van 40 dae, het Noag die venster+ oopgemaak wat hy vir die ark gemaak het 7 en ’n kraai uitgestuur. Dit het herhaaldelik buitentoe gevlieg en teruggekom, totdat die waters van die aarde af opgedroog het.
8 Later het hy ’n duif uitgestuur om te sien of die waters wat op die oppervlak van die aarde was, gesak het. 9 Die duif het nie ’n rusplek gevind waar dit kon gaan sit nie, en daarom het dit na Noag teruggekom in die ark, want die waters het nog steeds die oppervlak van die hele aarde bedek.+ Toe het hy sy hand uitgesteek en die duif teruggebring in die ark in. 10 Hy het nog sewe dae gewag, en toe het hy die duif weer uit die ark uitgestuur. 11 Toe die duif teen die aand na hom toe terugkom, het hy gesien dat daar ’n vars geplukte olyfblaar in sy bek was! Noag het dus geweet dat die waters op die aarde heelwat gesak het.+ 12 Hy het nog sewe dae gewag. Toe het hy die duif uitgestuur, maar dit het nie weer na hom toe teruggekom nie.
13 In die 601ste jaar,+ in die eerste maand, op die eerste dag van die maand, het die waters gedreineer van die aarde af. Noag het die bedekking van die ark verwyder en gesien dat die oppervlak van die aarde besig was om droog te word. 14 In die tweede maand, op die 27ste dag van die maand, was die aarde droog.
15 God het toe vir Noag gesê: 16 “Gaan uit die ark uit saam met jou vrou, jou seuns en jou seuns se vrouens.+ 17 Bring al die diere van elke soort+ uit – die vlieënde diere en die ander diere en al die kruipende diere van die aarde – sodat hulle kan vermeerder op die aarde en vrugbaar kan wees en baie kan word op die aarde.”+
18 Noag het dus uit die ark uitgegaan saam met sy seuns,+ sy vrou en sy seuns se vrouens. 19 Al die diere – al die kruipende diere en al die vlieënde diere, alles wat op die aarde rondbeweeg – het volgens hulle soorte uit die ark uitgegaan.+ 20 Toe het Noag ’n altaar vir Jehovah gebou+ en van al die rein diere en van al die rein vlieënde diere+ geneem en brandoffers op die altaar geoffer.+ 21 En die geur van die offer was vir Jehovah aangenaam. Toe het Jehovah in sy hart gesê: “Ek sal nooit weer die grond vervloek+ weens die mens nie, want die neiging van die mens se hart is van jongs af sleg.+ Ek sal nooit weer alles wat lewe, vernietig soos ek gedoen het nie.+ 22 Van nou af sal daar altyd saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, en dag en nag op die aarde wees.”+
9 God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie en vul die aarde.+ 2 Al die diere van die aarde, al die vlieënde diere van die hemel, alles wat op die aarde kruip en al die visse van die see sal vir julle bang wees. Julle sal oor hulle heers.*+ 3 Al die diere wat beweeg en lewe, mag vir julle as voedsel dien.+ Net soos ek vir julle die groen plante gegee het, gee ek hulle almal vir julle.+ 4 Net vleis met sy lewe* – sy bloed+ – mag julle nie eet nie.+ 5 En ek sal rekenskap eis vir julle lewensbloed. Ek sal rekenskap eis van elke dier, en ek sal dit eis van elke mens vir die lewe van sy broer.+ 6 Enigiemand wat ’n ander mens doodmaak,* sal doodgemaak word,+ want God het die mens na Sy beeld gemaak.+ 7 En julle moet vrugbaar wees en baie word en grootliks vermeerder op die aarde.”+
8 Toe het God vir Noag en sy seuns gesê: 9 “Ek maak nou ’n verbond met julle+ en julle nageslag 10 en met al die lewende wesens* wat by julle is – die voëls, die diere, al die lewende wesens van die aarde wat by julle is, alles wat uit die ark uitgekom het – elke lewende wese van die aarde.+ 11 Ja, ek maak ’n verbond met julle: Nooit weer sal alles wat lewe* deur vloedwaters vernietig word nie, en nooit weer sal ’n vloed die aarde verwoes nie.”+
12 God het bygevoeg: “Dít is die teken van die verbond tussen my en julle en elke dier* wat by julle is, vir alle toekomstige geslagte. 13 Ek sit my reënboog in die wolk, en dit sal dien as ’n teken van die verbond tussen my en die aarde. 14 Wanneer ek ook al ’n wolk oor die aarde bring en die reënboog in die wolk verskyn, 15 sal ek beslis dink aan die verbond tussen my en julle en al die diere van elke soort, en daar sal nooit weer ’n vloed wees wat alles wat lewe,* vernietig nie.+ 16 Wanneer die reënboog in die wolk verskyn, sal ek dit beslis sien en dink aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens van elke soort wat op die aarde is.”
17 God het weer vir Noag gesê: “Dit is die teken van die verbond wat ek maak met alle lewende wesens* wat op die aarde is.”+
18 Noag se seuns wat uit die ark uitgekom het, was Sem, Gam en Jafet.+ Gam het later die pa van Kanaän+ geword. 19 Hierdie drie was Noag se seuns, en die hele aarde se bevolking het van hulle afgestam en is oor die aarde versprei.+
20 En Noag het ’n landbouer geword en ’n wingerd geplant. 21 Eendag het hy van die wyn gedrink en dronk geword, en hy het al sy klere uitgetrek in sy tent. 22 Gam, die pa van Kanaän, het gesien dat sy pa kaal is, en hy het vir sy twee broers buite daarvan gaan vertel. 23 Toe het Sem en Jafet ’n kleed geneem en dit op hulle skouers gesit en agteruit in die tent ingeloop. So het hulle hulle pa bedek terwyl hulle gesigte weggedraai was, en hulle het nie hulle pa se kaal liggaam gesien nie.
24 Toe Noag nugter word en uitvind wat sy jongste seun aan hom gedoen het, 25 het hy gesê:
“Mag Kanaän vervloek wees.+
Laat hom die laagste van sy broers se slawe word.”+
26 En hy het bygevoeg:
“Mag Jehovah, die God van Sem, geloof word,
en mag Kanaän Sem se slaaf word.+
27 Mag God vir Jafet baie grond gee,
en mag hy in die tente van Sem woon.
Mag Kanaän vir hom ook ’n slaaf word.”
28 Noag het nog 350 jaar ná die Vloed gelewe.+ 29 Noag was 950 jaar oud toe hy gesterf het.
10 Dít is die geskiedenis van Noag se seuns, Sem,+ Gam en Jafet:
Ná die Vloed het hulle seuns gehad.+ 2 Die seuns van Jafet was Gomer,+ Magog,+ Madai, Jawan, Tubal,+ Meseg+ en Tiras.+
3 Die seuns van Gomer was Asʹkenas,+ Rifat en Togarʹma.+
4 Die seuns van Jawan was Eliʹsa,+ Tarsis,+ Kittim+ en Doʹdanim.
5 Hulle nageslag het na die eilande versprei en het daar gaan woon volgens hulle tale, hulle families en hulle nasies.
6 Die seuns van Gam was Kus, Misraʹim,+ Put+ en Kanaän.+
7 Die seuns van Kus was Seba,+ Haʹwila, Sabta, Raäma+ en Sabʹtega.
Die seuns van Raäma was Skeba en Dedan.
8 Kus het die vader geword van Nimrod. Hy het die eerste magtige persoon op die aarde geword. 9 Hy het ’n magtige jagter in teenstand teen Jehovah geword. Daarom is daar ’n gesegde: “Net soos Nimrod, ’n magtige jagter in teenstand teen Jehovah.” 10 Die eerste stede* van sy koninkryk was Babel,+ Ereg,+ Akkad en Kalne. Dit was in die land Siʹnear.+ 11 Hy het van hierdie land na Assiʹrië+ gegaan en Niʹneve,+ Reʹhobot-Ir en Kalag gebou, 12 sowel as Resen, wat tussen Niʹneve en Kalag is: Dit is die groot stad.*
13 Misraʹim het die vader geword van Ludim,+ Aʹnamim, Leʹhabim, Nafʹtuhim,+ 14 Paʹtrusim,+ Kasʹluhim (van wie die Filistyne+ afstam) en Kafʹtorim.+
15 Kanaän het die vader geword van Sidon,+ sy eersgeborene, en Het,+ 16 sowel as die Jebusiete,+ die Amoriete,+ die Girgasiete, 17 die Hewiete,+ die Arkiete, die Siniete, 18 die Arwadiete,+ die Semariete en die Hamatiete.+ Daarna is die families van die Kanaäniete verstrooi. 19 En die grens van die Kanaäniete het van Sidon tot by Gerar,+ naby Gasa,+ gestrek, en tot by Sodom, Gomorʹra,+ Adma en Seboʹjim,+ naby Lasa. 20 Dit was die seuns van Gam volgens hulle families, tale, lande en nasies.
21 Sem het ook kinders gehad. Hy was die voorvader van al die seuns van Eber+ en die broer van Jafet, die oudste.* 22 Die seuns van Sem was Elam,+ Assur,+ Arpagʹsad,+ Lud en Aram.+
23 Die seuns van Aram was Us, Hul, Geter en Mas.
24 Arpagʹsad het die vader geword van Selag,+ en Selag het die vader geword van Eber.
25 Eber het twee seuns gehad. Die naam van die een was Peleg,*+ want dit was in sy leeftyd dat die bevolking van die aarde* verdeel is. Sy broer se naam was Joktan.+
26 Joktan het die vader geword van Almoʹdad, Selef, Hasarmaʹwet, Jerag,+ 27 Hadoʹram, Usal, Dikla, 28 Obal, Abiʹmael, Skeba, 29 Ofir,+ Haʹwila en Jobab. Hulle almal was die seuns van Joktan.
30 Hulle woonplek het gestrek van Mesa tot by Sefar, die bergstreek van die Ooste.
31 Dit was die seuns van Sem volgens hulle families en hulle tale, volgens hulle lande en hulle nasies.+
32 Dit was die families van die seuns van Noag volgens hulle geslagslyne en volgens hulle nasies. Ná die Vloed het die nasies van hulle afgestam en is hulle oor die hele aarde versprei.+
11 In daardie dae het die hele aarde nog steeds een taal en een woordeskat gehad. 2 Terwyl hulle ooswaarts getrek het, het hulle ’n valleivlakte in die land Siʹnear+ ontdek, en hulle het daar gaan woon. 3 Toe het hulle vir mekaar gesê: “Laat ons bakstene maak en dit in die vuur bak.” Hulle het toe bakstene in plaas van klip gebruik, en asfalt as messelklei. 4 En hulle het gesê: “Laat ons vir ons ’n stad bou, en ’n toring wat tot by die hemel reik, sodat ons beroemd kan word en nie regoor die aarde verstrooi word nie.”+
5 Toe het Jehovah neergedaal om die stad en die toring te sien wat die mense gebou het. 6 Jehovah het toe gesê: “Hulle is een volk met een taal,+ en kyk wat doen hulle nou! Nou sal niks wat hulle beplan om te doen, vir hulle onmoontlik wees nie. 7 Laat ons+ neerdaal en hulle taal verwar sodat hulle nie meer mekaar se taal kan verstaan nie.” 8 So het Jehovah hulle van daar af oor die hele aarde verstrooi,+ en hulle het geleidelik opgehou om die stad te bou. 9 Daarom is dit Babel*+ genoem, want daar het Jehovah die taal van die hele aarde verwar, en Jehovah het hulle van daar af oor die hele aarde verstrooi.
10 Dít is die geskiedenis van Sem:+
Twee jaar ná die Vloed, toe Sem 100 jaar oud was, het hy die vader van Arpagʹsad+ geword. 11 Nadat Sem die vader van Arpagʹsad geword het, het hy nog 500 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.+
12 Toe Arpagʹsad 35 jaar oud was, het hy die vader van Selag+ geword. 13 Nadat Arpagʹsad die vader van Selag geword het, het hy nog 403 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
14 Toe Selag 30 jaar oud was, het hy die vader van Eber+ geword. 15 Nadat Selag die vader van Eber geword het, het hy nog 403 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
16 Toe Eber 34 jaar oud was, het hy die vader van Peleg+ geword. 17 Nadat Eber die vader van Peleg geword het, het hy nog 430 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
18 Toe Peleg 30 jaar oud was, het hy die vader van Rehu+ geword. 19 Nadat Peleg die vader van Rehu geword het, het hy nog 209 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
20 Toe Rehu 32 jaar oud was, het hy die vader van Serug geword. 21 Nadat Rehu die vader van Serug geword het, het hy nog 207 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
22 Toe Serug 30 jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword. 23 Nadat Serug die vader van Nahor geword het, het hy nog 200 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
24 Toe Nahor 29 jaar oud was, het hy die vader van Tera+ geword. 25 Nadat Nahor die vader van Tera geword het, het hy nog 119 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
26 Nadat Tera 70 jaar oud geword het, het hy die vader van Abram,+ Nahor+ en Haran geword.
27 Dít is die geskiedenis van Tera:
Tera het die vader van Abram, Nahor en Haran geword, en Haran het die vader van Lot+ geword. 28 Haran het in sy geboorteland, Ur+ van die Galdeërs,+ gesterf terwyl sy vader, Tera, nog gelewe het. 29 Abram en Nahor het vir hulle vrouens geneem. Abram se vrou was Sarai,+ en Nahor se vrou was Milka,+ die dogter van Haran, die vader van Milka en Jiska. 30 Sarai was onvrugbaar;+ sy het geen kinders gehad nie.
31 Tera het toe sy seun Abram geneem en sy kleinseun Lot,+ die seun van Haran, en sy skoondogter Sarai, die vrou van sy seun Abram, en hulle het saam met hom uit Ur van die Galdeërs getrek om na die land Kanaän+ te gaan. Ná verloop van tyd het hulle by Haran+ gekom en daar gaan woon. 32 Tera was 205 jaar oud toe hy in Haran gesterf het.
12 En Jehovah het vir Abram gesê: “Trek weg uit jou land en van jou familielede en van die huis van jou pa af en gaan na die land wat ek jou sal wys.+ 2 Ek sal jou ’n groot nasie maak. Ek sal jou seën en sorg dat jy geëerd is, en jy sal ’n seën vir ander word.+ 3 Ek sal diegene seën wat jou seën, en ek sal die persoon vervloek wat jou vervloek,+ en al die families van die aarde sal deur middel van jou geseën word.”*+
4 Abram het dus getrek, net soos Jehovah vir hom gesê het, en Lot het saam met hom gegaan. Abram was 75 jaar oud toe hy Haran verlaat het.+ 5 Abram het sy vrou, Sarai,+ en Lot, die seun van sy broer,+ saamgeneem, sowel as al die besittings wat hulle versamel het+ en die mense wat hulle in Haran verkry het, en hulle het na die land Kanaän vertrek.+ Toe hulle in die land Kanaän aangekom het, 6 het Abram verder deur die land gereis tot by Sigem,+ naby die groot bome van More.+ In daardie tyd was die Kanaäniete in die land. 7 Jehovah het toe aan Abram verskyn en gesê: “Aan jou nageslag*+ gaan ek hierdie land gee.”+ Hy het dus ’n altaar daar gebou vir Jehovah, wat aan hom verskyn het. 8 Later het hy van daar af na die bergstreek oos van Bet-El+ getrek en sy tent opgeslaan met Bet-El aan die westekant en Ai+ aan die oostekant. Daar het hy ’n altaar vir Jehovah gebou+ en die naam van Jehovah begin aanroep.+ 9 Daarna het Abram kamp opgebreek en toe sy kamp van plek tot plek verskuif terwyl hy in die rigting van die Negeb getrek het.+
10 ’n Hongersnood het toe in die land ontstaan, en Abram het na Egipte gegaan om ’n ruk lank daar te bly,*+ want die hongersnood in die land was baie erg.+ 11 Toe hy op die punt was om in Egipte in te gaan, het hy vir sy vrou Sarai gesê: “Luister, asseblief! Ek weet dat jy ’n pragtige vrou is.+ 12 Wanneer die Egiptenare jou sien, gaan hulle beslis sê: ‘Dit is sy vrou.’ Dan sal hulle my doodmaak, maar hulle sal jou laat lewe. 13 Sê asseblief dat jy my suster is. Dan sal ek goed behandel word as gevolg van jou, en my lewe sal gespaar word.”*+
14 Toe Abram in Egipte ingaan, het die Egiptenare gesien dat die vrou baie mooi is. 15 En Farao se amptenare het haar ook gesien, en hulle het Farao begin vertel hoe mooi sy is, en die vrou is na die huis van Farao geneem. 16 Hy het Abram goed behandel as gevolg van haar, en Abram het skape, beeste, donkies, slawe, slavinne en kamele ontvang.+ 17 Toe het Jehovah Farao en sy huis met ernstige plae getref as gevolg van Sarai, Abram se vrou.+ 18 Farao het Abram dus geroep en gesê: “Wat het jy aan my gedoen? Hoekom het jy my nie vertel dat sy jou vrou is nie? 19 Hoekom het jy gesê: ‘Sy is my suster’?+ Ek het op die punt gestaan om haar as my vrou te neem! Hier is jou vrou. Neem haar en gaan!” 20 Farao het sy manne dus beveel om hom weg te stuur, saam met sy vrou en alles wat hy gehad het.+
13 Abram het toe met sy vrou en alles wat hy gehad het, uit Egipte na die Negeb getrek,+ en Lot was saam met hom. 2 Abram was ryk en het baie vee, silwer en goud besit.+ 3 Terwyl hy van die Negeb na Bet-El getrek het, het hy sy kamp van plek tot plek verskuif totdat hy by die plek aangekom het waar sy tent voorheen was, tussen Bet-El en Ai,+ 4 die plek waar hy vroeër ’n altaar gebou het. Daar het Abram die naam van Jehovah aangeroep.
5 En Lot, wat saam met Abram gereis het, het ook skape, beeste en tente besit. 6 Daar was dus nie genoeg grond vir hulle almal nie. Hulle besittings het so baie geword dat hulle nie meer saam kon woon nie. 7 As gevolg hiervan het Abram se veewagters en Lot se veewagters begin stry. (In daardie tyd het die Kanaäniete en die Perissiete in die land gewoon.)+ 8 Abram het dus vir Lot+ gesê: “Asseblief, daar moenie stryery wees tussen my en jou en tussen my veewagters en jou veewagters nie, want ons is broers. 9 Jy kan enige plek in die land gaan bly. Kom ons gaan uitmekaar. As jy links gaan, dan sal ek regs gaan, maar as jy regs gaan, dan sal ek links gaan.” 10 Lot het toe om hom gekyk en die hele Jordaandistrik+ tot by Soar+ gesien. Hy het gesien dat daar baie water was en dat dit soos die tuin van Jehovah+ en soos Egipte was. (Dit was voordat Jehovah Sodom en Gomorʹra vernietig het.) 11 Toe het Lot vir hom die hele Jordaandistrik gekies, en Lot het sy kamp na die ooste verskuif. So het hulle uitmekaargegaan. 12 Abram het in die land Kanaän gewoon, maar Lot het tussen die stede van die distrik gewoon.+ Uiteindelik het hy naby Sodom tent opgeslaan. 13 Maar die manne van Sodom was goddeloos en het erg gesondig teen Jehovah.+
14 Nadat Lot weggegaan het, het Jehovah vir Abram gesê: “Kyk asseblief na die land om jou, na die noorde en die suide, na die ooste en die weste, 15 want die hele land wat jy sien, sal ek aan jou en jou nageslag* gee as ’n permanente besitting.+ 16 En ek sal jou nageslag* soos die stof van die aarde maak. Net soos die stof van die aarde nie getel kan word nie, sal jou nageslag* ook nie getel kan word nie.+ 17 Staan op, reis deur die lengte en die breedte van die land, want ek gaan dit aan jou gee.” 18 En Abram het in tente bly woon. Later het hy tussen die groot bome van Mamre+ gaan woon, wat in Heʹbron+ is, en daar het hy ’n altaar vir Jehovah gebou.+
14 En in daardie tyd was Amʹrafel die koning van Siʹnear,+ Aʹriog was die koning van Ellaʹsar, Kedorlaoʹmer+ was die koning van Elam+ en Tidal was die koning van Gojim. 2 Hierdie konings het oorlog gevoer teen koning Bera van Sodom,+ koning Birsa van Gomorʹra,+ koning Sinab van Adma, koning Semeʹber van Seboʹjim+ en die koning van Bela, dit wil sê Soar. 3 Hulle almal het hulle leërmagte by die Siddim-vallei,+ dit wil sê die Soutsee,*+ bymekaar laat kom.
4 Hulle het Kedorlaoʹmer 12 jaar lank gedien, maar in die 13de jaar het hulle in opstand gekom. 5 En in die 14de jaar het Kedorlaoʹmer en die konings wat saam met hom was, die Refaïete in Asʹterot-Karnaʹim verslaan, sowel as die Susiete in Ham, die Emiete+ in Sawe-Kirjataʹim 6 en die Horiete+ in die Seïr-berge+ tot by El-Paran, aan die grens van die wildernis. 7 Toe het hulle teruggedraai en by En-Mispat, dit wil sê Kades,+ gekom en die hele gebied van die Amalekiete+ verower en ook die Amoriete+ wat in Haʹsason-Taʹmar+ gewoon het.
8 Toe het die koning van Sodom, die koning van Gomorʹra, die koning van Adma, die koning van Seboʹjim en die koning van Bela, dit wil sê Soar, met hulle leërmagte in gevegsformasie in die Siddim-vallei opgetrek 9 teen koning Kedorlaoʹmer van Elam, koning Tidal van Gojim, koning Amʹrafel van Siʹnear en koning Aʹriog van Ellaʹsar+ – vier konings teen die vyf. 10 Die Siddim-vallei was vol asfaltputte, en toe die konings van Sodom en Gomorʹra probeer wegkom, het hulle daarin geval, en die res het na die bergstreek gevlug. 11 Toe het die oorwinnaars al die goed van Sodom en Gomorʹra en al hulle kos geneem en weggegaan.+ 12 Hulle het ook Lot, Abram se broerskind wat in Sodom gewoon het,+ en al sy besittings saamgeneem.
13 Daarna het ’n man wat weggekom het, vir Abram, die Hebreër, kom vertel wat gebeur het. Op daardie tydstip het Abram gewoon* tussen die groot bome van Mamre, die Amoriet,+ die broer van Eskol en Aner.+ Abram en hierdie manne het belowe om mekaar te help. 14 Abram het dus gehoor dat sy familielid*+ gevange geneem is. Toe het hy sy opgeleide manne bymekaargebring, 318 knegte wat in sy huis gebore is, en die ontvoerders tot by Dan+ agternagesit. 15 In die nag het hy sy groep knegte opgedeel, en hy en sy knegte het hulle aangeval en verslaan. En hy het hulle tot by Hoba, noord van Damaskus, agternagesit. 16 Hy het al die goed teruggekry, sowel as sy familielid Lot, Lot se besittings, die vrouens en die ander mense.
17 Nadat Abram teruggekeer het van die oorwinning oor Kedorlaoʹmer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom gegaan om Abram by die Sawe-vallei, dit wil sê die Vallei van die Koning,+ te ontmoet. 18 En Melgiseʹdek,+ die koning van Salem+ en priester van die allerhoogste God,+ het brood en wyn uitgebring.
19 Toe het hy hom geseën en gesê:
“Mag Abram geseën word deur die allerhoogste God,
die Maker van hemel en aarde.
20 En mag die allerhoogste God geloof word,
wat jou onderdrukkers aan jou oorgegee het!”
En Abram het hom ’n tiende van alles gegee.+
21 Daarna het die koning van Sodom vir Abram gesê: “Gee die mense vir my, maar neem die goedere vir jou.” 22 Maar Abram het vir die koning van Sodom gesê: “Ek lig my hand op in ’n eed tot Jehovah, die allerhoogste God, die Maker van hemel en aarde, 23 dat ek niks, nie eers ’n garingdraad of ’n sandaalriem, sal neem wat aan u behoort nie, sodat u nie kan sê: ‘Ek het Abram ryk gemaak’ nie. 24 Ek sal niks neem behalwe wat die jong manne reeds geëet het nie. Maar laat Aner, Eskol en Mamre,+ die manne wat saam met my gegaan het, hulle deel neem.”
15 Daarna het Jehovah in ’n visioen vir Abram gesê: “Moenie bang wees nie,+ Abram. Ek is ’n skild vir jou.+ Jou beloning sal baie groot wees.”+ 2 Abram het gevra: “Soewereine Heer Jehovah, wat sal u my gee, aangesien ek nog steeds kinderloos is en Eliëser,+ ’n man van Damaskus, my huis gaan erf?” 3 Abram het bygevoeg: “U het my geen nageslag*+ gegee nie, en ’n kneg* van my huis sal my erfgenaam wees.” 4 Maar Jehovah se antwoord aan hom was: “Hierdie man sal nie jou erfgenaam wees nie. Jou eie seun sal jou erfgenaam wees.”+
5 Toe het God vir Abram gesê om buitentoe te gaan, en hy het vir hom gesê: “Kyk asseblief op na die hemel en tel die sterre, as jy kan.” Toe het hy vir hom gesê: “So sal jou nageslag* word.”+ 6 En Abram het geloof in Jehovah gestel,+ en daarom het Hy hom as regverdig beskou.+ 7 En hy het bygevoeg: “Ek is Jehovah, wat jou uit Ur van die Galdeërs gebring het om hierdie land aan jou te gee as jou besitting.”+ 8 Toe het hy gevra: “Soewereine Heer Jehovah, hoe kan ek seker wees dat ek dit in besit sal neem?” 9 Hy het hom geantwoord: “Neem vir my ’n drie jaar oue koei, ’n drie jaar oue bokooi, ’n drie jaar oue skaapram, ’n tortelduif en ’n jong duif.” 10 En hy het al hierdie diere geneem en hulle in twee gesny en die twee stukke van elke dier oorkant mekaar gesit,* maar hy het nie die voëls opgesny nie. 11 Toe het die roofvoëls op die karkasse begin toesak, maar Abram het hulle bly wegjaag.
12 Net voordat die son ondergegaan het, het ’n diep slaap oor Abram gekom, en dit het donker om hom geword. Dit was ’n groot en skrikwekkende duisternis. 13 Toe het Hy vir Abram gesê: “Jy moet weet dat jou nageslag* uitlanders sal wees in ’n land wat nie aan hulle behoort nie en dat die mense in daardie land hulle slawe sal maak en hulle 400 jaar lank sleg sal behandel.+ 14 Maar ek sal die nasie oordeel wat slawe van hulle maak,+ en daarna sal hulle met baie besittings weggaan.+ 15 Wat jou betref, jy sal ná ’n lang en goeie lewe in vrede sterf* en begrawe word.+ 16 Maar in die vierde geslag sal hulle hierheen terugkeer,+ want die tyd het nog nie gekom vir die Amoriete om vir hulle sondes gestraf te word nie.”+
17 Toe die son ondergegaan het en dit baie donker geword het, het ’n rokende oond verskyn en het ’n vuurfakkel tussen die stukke deurgegaan. 18 Op daardie dag het Jehovah ’n verbond met Abram gemaak+ en gesê: “Aan jou nageslag* sal ek hierdie land gee,+ van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:+ 19 die land van die Keniete,+ die Kenissiete, die Kadmoniete, 20 die Hetiete,+ die Perissiete,+ die Refaïete,+ 21 die Amoriete, die Kanaäniete, die Girgasiete en die Jebusiete.”+
16 En Sarai, Abram se vrou, kon vir hom geen kinders gee nie,+ maar sy het ’n Egiptiese diensmeisie gehad met die naam Hagar.+ 2 Sarai het dus vir Abram gesê: “Luister asseblief! Jehovah het my nie toegelaat om kinders te hê nie. Slaap asseblief by my diensmeisie. Miskien kan ek deur middel van haar kinders kry.”+ En Abram het na Sarai geluister. 3 Nadat Abram tien jaar lank in die land Kanaän gewoon het, het sy vrou, Sarai, haar Egiptiese diensmeisie Hagar vir haar man, Abram, as vrou gegee. 4 Toe het hy seksuele omgang met Hagar gehad, en sy het swanger geword. Toe sy besef dat sy swanger is, het sy op haar meesteres begin neersien.
5 Sarai het vir Abram gesê: “Dit is jou skuld dat ek so sleg behandel word. Ek het my diensmeisie vir jou gegee,* maar toe sy besef dat sy swanger is, het sy op my begin neersien. Mag Jehovah tussen my en jou oordeel.” 6 Abram het dus vir Sarai gesê: “Sy is jou diensmeisie. Doen met haar wat jy ook al goeddink.” Toe het Sarai haar verneder, en Hagar het van haar af weggevlug.
7 Later het Jehovah se engel haar by ’n waterfontein in die wildernis gevind, die fontein op pad na Sur.+ 8 En hy het gevra: “Hagar, diensmeisie van Sarai, waar kom jy vandaan en waarheen is jy op pad?” Toe het sy gesê: “Ek het van my meesteres, Sarai, af weggevlug.” 9 Jehovah se engel het toe vir haar gesê: “Gaan terug na jou meesteres en wees onderdanig aan haar.” 10 Toe het Jehovah se engel gesê: “Ek sal jou nageslag* grootliks vermeerder, en hulle sal te veel wees om te tel.”+ 11 Jehovah se engel het bygevoeg: “Jy is swanger, en jy sal geboorte gee aan ’n seun, en jy moet hom Isʹmael* noem, want Jehovah het gehoor dat jy swaarkry. 12 Hy sal soos ’n wildedonkie* wees. Hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees, en hy sal oorkant al sy broers woon.”*
13 Toe het sy die naam van Jehovah, wat met haar gepraat het, aangeroep en gesê: “U is ’n God wat sien.”+ En sy het gesê: “Het ek regtig hier die Een gesien wat my sien?” 14 Daarom is die put Beër-Lahai-Roï* genoem. (Dit is tussen Kades en Bered.) 15 Later het Hagar aan ’n seun geboorte gegee vir Abram, en Abram het sy seun Isʹmael+ genoem. 16 Abram was 86 jaar oud toe Hagar aan Isʹmael geboorte gegee het.
17 Toe Abram 99 jaar oud was, het Jehovah aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe in ooreenstemming met my wil* en lei ’n rein lewe.* 2 Ek sal ’n verbond met jou maak,+ en ek sal jou baie vermeerder.”+
3 Toe het Abram met sy gesig na die grond toe neergebuig, en God het verder vir hom gesê: 4 “Ek het ’n verbond met jou gemaak,+ en jy sal beslis die vader van baie nasies word.+ 5 Jou naam sal nie meer Abram* wees nie, maar Abraham,* want ek sal jou die vader van baie nasies maak. 6 Ek sal jou baie vrugbaar maak en jou die voorvader van nasies maak, en konings sal van jou afstam.+
7 “En ek sal my verbond met jou+ en jou nageslag* nakom tot in al hulle geslagte, as ’n ewige verbond, sodat ek God kan wees vir jou en jou nageslag.* 8 En ek sal aan jou en jou nageslag* die land gee waarin jy as ’n uitlander gewoon het+ – die hele land Kanaän – as ’n permanente besitting, en ek sal hulle God wees.”+
9 God het verder vir Abraham gesê: “Wat jou betref, jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag* in al hulle geslagte. 10 Dít is my verbond tussen my en julle wat julle en julle nageslag* moet nakom: Almal wat manlik is onder julle, moet besny word.+ 11 Julle moet julle laat besny, en dit sal ’n teken wees van die verbond tussen my en julle.+ 12 In al julle geslagte moet elke manlike persoon onder julle wat agt dae oud is, besny word,+ elkeen wat in julle huise gebore is en elkeen wat nie van julle nageslag* is nie en wat by ’n uitlander gekoop is. 13 Elke man wat in jou huis gebore is en elke man wat met jou geld gekoop is, moet besny word.+ Hierdie teken op julle liggame sal dien as bewys van my permanente verbond met julle. 14 As ’n man hom nie wil laat besny nie, moet daardie persoon doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word. Hy het my verbond verbreek.”
15 Toe het God vir Abraham gesê: “Wat Sarai,* jou vrou,+ betref, jy moet haar nie Sarai noem nie, want Sara* sal haar naam wees. 16 Ek sal haar seën, en ek sal ook deur middel van haar vir jou ’n seun gee.+ Ek sal haar seën, en nasies sal van haar afstam. Konings van volke sal uit haar voortkom.” 17 Daarna het Abraham met sy gesig na die grond toe neergebuig en begin lag en in sy hart gesê:+ “Sal daar vir ’n man wat 100 jaar oud is, ’n kind gebore word, en sal Sara, ’n vrou wat 90 jaar oud is, geboorte gee?”+
18 Abraham het dus vir die ware God gesê: “O, mag Isʹmael voor u lewe!”+ 19 Toe het God gesê: “Sara, jou vrou, sal beslis vir jou aan ’n seun geboorte gee, en jy moet hom Isak*+ noem. Dit is met hom wat ek my verbond sal bevestig as ’n ewige verbond vir sy nageslag.*+ 20 Maar wat Isʹmael betref, ek het jou gehoor. Ek sal hom seën en hom vrugbaar maak en hom baie vermeerder. Twaalf hoofmanne sal van hom afstam, en ek sal hom ’n groot nasie laat word.+ 21 Maar dit is met Isak wat ek my verbond sal bevestig.+ Sara sal volgende jaar hierdie tyd aan hom geboorte gee.”+
22 Nadat God met Abraham gepraat het, het Hy van hom af weggegaan. 23 Abraham het toe sy seun Isʹmael geneem, sowel as al die manne wat in sy huis gebore is en almal wat hy gekoop het, almal wat manlik was in sy huis, en hy het hulle op daardie selfde dag besny, net soos God vir hom gesê het.+ 24 Abraham was 99 jaar oud toe hy hom laat besny het.+ 25 En sy seun Isʹmael was 13 jaar oud toe hy hom laat besny het.+ 26 Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Isʹmael besny. 27 Al die manne van sy huis, elkeen wat in sy huis gebore is en elkeen wat by ’n uitlander gekoop is, is ook saam met hom besny.
18 Later het Jehovah+ by die groot bome van Mamre+ aan Abraham verskyn terwyl hy gedurende die warmste deel van die dag by die ingang van die tent gesit het. 2 Hy het opgekyk en gesien dat drie manne ’n ent van hom af staan.+ Toe hy hulle sien, het hy van die ingang van die tent af na hulle toe gehardloop en na die grond toe neergebuig. 3 Toe het hy gesê: “Jehovah, as ek u goedkeuring het, moet u asseblief nie by u kneg verbygaan nie. 4 Ek sal water laat haal sodat julle voete gewas kan word.+ Daarna kan julle onder die boom rus. 5 Julle het nou na julle kneg toe gekom. Ek sal ’n stukkie brood bring sodat julle nuwe krag kan kry. Dan kan julle verder gaan.” Hulle het gesê: “Nou maar goed. Jy mag doen soos jy gesê het.”
6 Toe het Abraham vinnig na die tent gegaan, waar Sara was, en gesê: “Maak gou! Kry drie mate* fynmeel, knie die deeg en maak brode.” 7 Daarna het Abraham na die beeste gehardloop en ’n goeie jong bul met sagte vleis gekies. Hy het dit vir die dienaar gegee, wat dit vinnig voorberei het. 8 Hy het toe botter en melk en die jong bul wat hy voorberei het, geneem en dit aan hulle bedien. Toe het hy by hulle onder die boom gestaan terwyl hulle geëet het.+
9 Hulle het vir hom gevra: “Waar is Sara, jou vrou?”+ Hy het geantwoord: “Hier in die tent.” 10 Toe het een van hulle gesê: “Ek sal beslis volgende jaar dié tyd na jou toe terugkeer, en dan sal jou vrou Sara ’n seun hê.”+ En Sara het geluister by die ingang van die tent, wat agter die man was. 11 Abraham en Sara was oud.+ Sara was al te oud om kinders te hê.+ 12 Sara het dus by haarself gelag en gesê: “Sal ek regtig sulke vreugde ervaar, noudat ek en my heer oud is?”+ 13 Toe het Jehovah vir Abraham gesê: “Hoekom het Sara gelag en gesê: ‘Gaan ek werklik geboorte gee, al is ek oud?’ 14 Is enigiets onmoontlik vir Jehovah?+ Ek sal volgende jaar dié tyd na jou toe terugkeer, en Sara sal ’n seun hê.” 15 Maar Sara het dit ontken en gesê: “Ek het nie gelag nie!” want sy was bang. Maar hy het gesê: “Ja, jy het gelag!”
16 Toe het die manne opgestaan om te vertrek, en Abraham het saam met hulle geloop. Hulle het afgekyk in die rigting van Sodom.+ 17 Jehovah het gesê: “Ek sal nie vir Abraham wegsteek wat ek gaan doen nie.+ 18 Abraham sal ’n groot en magtige nasie word, en al die nasies van die aarde sal deur middel van hom geseën word.*+ 19 Want ek het Abraham leer ken, en ek weet dat hy sy seuns en sy nakomelinge sal beveel om Jehovah se weg te volg deur te doen wat reg en regverdig is,+ sodat Jehovah sy belofte in verband met Abraham kan vervul.”
20 Toe het Jehovah gesê: “Die klagte teen Sodom en Gomorʹra is baie groot,+ en hulle sonde is baie ernstig.+ 21 Ek sal afgaan om te sien of die klagte wat ek gehoor het, waar is en of hulle dade werklik so goddeloos is. Ek wil uitvind of dit so is of nie.”+
22 Toe het die manne daarvandaan vertrek en in die rigting van Sodom gegaan, maar Jehovah+ het by Abraham gebly. 23 Toe het Abraham nader gekom en gesê: “Gaan u regtig die regverdige mense saam met die goddelose mense vernietig?+ 24 Sê nou daar is 50 regverdige mense in die stad. Sal u hulle vernietig? Sal u nie die plek vergewe ter wille van die 50 regverdige mense wat daarin is nie? 25 U sal tog sekerlik nie die regverdige persoon saam met die goddelose persoon doodmaak, sodat die regverdige persoon dieselfde uiteinde as die goddelose persoon sal hê nie!+ U sal dit nie doen nie.+ Sal die Regter van die hele aarde nie doen wat reg is nie?”+ 26 Toe het Jehovah gesê: “As ek 50 regverdige mense in die stad Sodom vind, sal ek die hele plek ter wille van hulle vergewe.” 27 Maar Abraham het geantwoord: “Asseblief, Jehovah, laat my toe om weer met u te praat, al is ek net stof en as. 28 Sê nou daar is nie 50 regverdige mense nie, maar 5 minder. Sal u die hele stad vernietig weens die 5?” Toe het Hy gesê: “Ek sal dit nie vernietig as ek 45 daar vind nie.”+
29 Maar Abraham het weer met hom gepraat en gesê: “Sê nou 40 word daar gevind.” Hy het geantwoord: “Ek sal dit nie doen ter wille van die 40 nie.” 30 Maar hy het verder gesê: “Jehovah, moet asseblief nie kwaad word nie,+ maar laat my verder praat: Sê nou daar word net 30 daar gevind.” Hy het geantwoord: “Ek sal dit nie doen as ek 30 daar vind nie.” 31 Maar hy het gesê: “Asseblief, Jehovah, laat my toe om weer met u te praat: Sê nou daar word net 20 daar gevind.” Hy het geantwoord: “Ek sal dit nie vernietig ter wille van die 20 nie.” 32 Laastens het hy gesê: “Jehovah, moet asseblief tog nie kwaad word nie, maar laat my nog net een keer praat: Sê nou daar word net tien daar gevind.” Hy het geantwoord: “Ek sal dit nie vernietig ter wille van die tien nie.” 33 Toe Jehovah klaar met Abraham gepraat het, het hy weggegaan,+ en Abraham het na sy plek teruggekeer.
19 Die twee engele het teen die aand by Sodom aangekom, en Lot het in die poort van Sodom gesit. Toe Lot hulle sien, het hy opgestaan, na hulle toe gegaan en met sy gesig na die grond toe neergebuig.+ 2 Hy het gesê: “Asseblief tog my here, kom asseblief saam na die huis van julle kneg en bly vanaand hier oor en laat julle voete gewas word. Dan kan julle vroeg opstaan en verder reis.” Toe het hulle gesê: “Nee, ons sal op die openbare plein oornag.” 3 Maar hy het so aangedring dat hulle saam met hom na sy huis toe gegaan het. Toe het hy ’n feesmaal vir hulle voorberei en ongesuurde brood gebak, en hulle het geëet.
4 Voordat hulle gaan slaap het, het ’n oproerige skare van die stad – al die mans van Sodom, jonk sowel as oud – die huis omsingel. 5 En hulle het vir Lot bly skree: “Waar is die manne wat vanaand na jou toe gekom het? Bring hulle uit na ons toe sodat ons met hulle seks kan hê.”+
6 Toe het Lot uitgegaan en die deur agter hom toegemaak. 7 Hy het gesê: “Asseblief, my broers, moenie goddeloos optree nie. 8 Asseblief tog, ek het twee dogters wat nog nooit seksuele omgang met ’n man gehad het nie. Laat ek hulle na julle toe uitbring, dan kan julle met hulle doen wat julle ook al wil. Maar moenie enigiets aan hierdie manne doen nie, want hulle is gaste in my huis* en onder my beskerming.”+ 9 Toe het hulle gesê: “Staan terug!” En hulle het bygevoeg: “Hierdie uitlander het hier kom woon, en nou wil hy ons kom oordeel! Nou gaan ons erger dinge aan jou doen as aan hulle.” En hulle het op Lot toegesak en vorentoe beweeg om die deur af te breek. 10 Toe het die manne Lot gegryp en hom in die huis ingetrek, en hulle het die deur toegemaak. 11 Hulle het toe die manne by die ingang van die huis, van die kleinste tot die grootste, met blindheid getref. En die manne het hard probeer om die deur te vind, maar hulle kon nie.
12 Toe het die manne in die huis vir Lot gesê: “Het jy enigiemand anders hier? Bring jou skoonseuns, jou seuns, jou dogters en al jou mense wat in die stad is, uit hierdie plek uit! 13 Want ons gaan hierdie plek vernietig omdat die klagte teen hulle so groot geword het voor Jehovah+ dat Jehovah ons gestuur het om die stad te vernietig.” 14 Lot het dus uitgegaan en met sy skoonseuns begin praat, wat met sy dogters sou trou, en hy het bly sê: “Maak gou! Gaan uit hierdie plek uit, want Jehovah gaan die stad vernietig!” Maar sy skoonseuns het gedink dat hy ’n grap maak.+
15 Teen dagbreek het die engele met dringendheid vir Lot gesê: “Maak gou! Neem jou vrou en jou twee dogters uit hierdie plek, anders gaan jy vernietig word wanneer die stad gestraf word vir sy sondes!”+ 16 Toe hy bly talm, het die manne sy hand en die hand van sy vrou en sy twee dogters gegryp, want Jehovah was genadig teenoor hom.+ Hulle het hom uitgebring en hom tot buite die stad gelei.+ 17 Net toe hulle hulle tot buite die stad gebring het, het een van hulle gesê: “Vlug vir julle lewe! Moenie agter julle kyk nie+ en moet nêrens in die distrik+ stilstaan nie! Vlug na die bergstreek sodat julle nie vernietig word nie!”
18 Toe het Lot vir hulle gesê: “Asseblief tog, Jehovah, nie soontoe nie! 19 Asseblief tog, u was genadig teenoor u kneg en u was baie goed vir my* deur my lewe* te red,+ maar ek kan nie na die bergstreek vlug nie, want ek is bang dat rampspoed my sal tref en dat ek sal sterf.+ 20 Asseblief, daar is ’n dorpie hier naby, en ek kan soontoe vlug. Dit is net ’n klein plekkie. Mag ek asseblief soontoe vlug? Dit is maar net ’n klein plekkie. Dan sal ek bly lewe.”* 21 Toe het hy vir hom gesê: “Goed dan, ek sal doen wat jy vra.+ Ek sal nie die dorpie waarvan jy praat, vernietig nie.+ 22 Maak gou! Vlug soontoe, want ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie!”+ Daarom het hy die dorpie Soar*+ genoem.
23 Die son het al opgekom toe Lot by Soar aangekom het. 24 Toe het Jehovah swael en vuur op Sodom en Gomorʹra laat reën – dit het van Jehovah, uit die hemel, gekom.+ 25 En hy het hierdie stede vernietig, ja, die hele distrik, sowel as al die inwoners van die stede en die plante van die grond.+ 26 Maar Lot se vrou, wat agter hom was, het begin terugkyk, en sy het ’n soutpilaar geword.+
27 Abraham het vroeg die oggend opgestaan en na die plek gegaan waar hy voor Jehovah gestaan het.+ 28 Toe hy oor Sodom en Gomorʹra en die hele land van die distrik uitkyk, het hy iets skrikwekkends gesien. Daar was dik rook wat van die land opgestyg het, soos die dik rook van ’n droogoond!+ 29 Toe God die stede van die distrik vernietig het, het God dus aan Abraham gedink en Lot weggestuur uit die stede wat hy vernietig het, die stede waar Lot gewoon het.+
30 Later het Lot saam met sy twee dogters uit Soar getrek en in die bergstreek gaan woon,+ want hy was bang om in Soar+ te woon. Daarom het hy saam met sy twee dogters in ’n grot gaan woon. 31 En die oudste het vir die jongste gesê: “Ons pa is oud, en daar is nie ’n man in die land sodat ons kan trou, soos ander mense nie. 32 Kom ons gee vir ons pa wyn om te drink en dan slaap ons by hom, sodat ons ons pa se nageslag kan laat voortleef.”
33 Daardie aand het hulle aanhoudend vir hulle pa wyn gegee om te drink. Toe het die eersgeborene ingegaan en by haar pa geslaap, maar hy het nie geweet wanneer sy gaan lê het en wanneer sy opgestaan het nie. 34 Die volgende dag het die oudste vir die jongste gesê: “Kyk, ek het gisteraand by ons pa geslaap. Kom ons gee vanaand ook vir hom wyn om te drink. Gaan jy in en dan slaap jy by hom, sodat ons ons pa se nageslag kan laat voortleef.” 35 Daardie aand het hulle dus aanhoudend vir hulle pa wyn gegee om te drink. Toe het die jonger dogter gegaan en by hom geslaap, maar hy het nie geweet wanneer sy gaan lê het en wanneer sy opgestaan het nie. 36 So het Lot se dogters albei by hulle pa swanger geword. 37 Die eersgeborene het aan ’n seun geboorte gegee en hom Moab+ genoem. Hy is die vader van die Moabiete van vandag.+ 38 Die jongste het ook aan ’n seun geboorte gegee, en sy het hom Ben-Ammi genoem. Hy is die vader van die Ammoniete+ van vandag.
20 Abraham het sy kamp daarvandaan verskuif+ na die land van die Negeb en tussen Kades+ en Sur+ begin woon. Terwyl hy in Gerar+ gewoon* het, 2 het Abraham weer van Sara, sy vrou, gesê: “Sy is my suster.”+ Toe het Abimeʹleg, die koning van Gerar, Sara na hom toe laat bring en haar geneem.+ 3 Daarna het God in die nag in ’n droom vir Abimeʹleg gesê: “Kyk, jy is so goed as dood weens die vrou wat jy geneem het,+ want sy is getroud en sy behoort aan ’n ander man.”+ 4 Maar Abimeʹleg het nie aan haar geraak nie.* Daarom het hy gesê: “Jehovah, gaan u ’n nasie doodmaak wat eintlik onskuldig* is? 5 Het hy nie vir my gesê: ‘Sy is my suster’ nie? En het sy nie ook gesê: ‘Hy is my broer’ nie? Ek het in die opregtheid van my hart opgetree. Ek het nie geweet dat ek iets verkeerds doen nie.” 6 Toe het die ware God vir hom in die droom gesê: “Ek weet dat jy dit in die opregtheid van jou hart gedoen het. Daarom het ek gekeer dat jy teen my sondig, en ek het jou nie toegelaat om aan haar te raak nie. 7 Gee nou die man se vrou terug, want hy is ’n profeet,+ en hy sal smeekgebede vir jou doen,+ en jy sal bly lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, moet jy weet dat jy sekerlik sal sterf, jy en almal wat aan jou behoort.”
8 Abimeʹleg het die oggend vroeg opgestaan en al sy knegte geroep en hulle al hierdie dinge vertel, en hulle het baie bang geword. 9 Toe het Abimeʹleg Abraham geroep en vir hom gesê: “Wat het jy aan ons gedoen? Watter sonde het ek teen jou gepleeg dat jy so ’n groot sonde oor my en my koninkryk gebring het? Wat jy aan my gedoen het, is nie reg nie.” 10 En Abimeʹleg het verder vir Abraham gevra: “Hoekom het jy dit gedoen?”+ 11 Abraham het gesê: “Dit was omdat ek vir myself gesê het: ‘Daar is beslis geen vrees vir God in hierdie plek nie, en hulle sal my doodmaak as gevolg van my vrou.’+ 12 En buitendien, sy is werklik my suster, die dogter van my pa, maar nie die dogter van my ma nie, en sy het my vrou geword.+ 13 Toe God my die huis van my pa laat verlaat het+ en my laat rondswerf het, het ek vir haar gesê: ‘Dít is hoe jy lojale liefde aan my moet betoon: Oral waar ons gaan, moet jy van my sê: “Hy is my broer.”’”+
14 Abimeʹleg het toe skape en beeste en diensknegte en diensmeisies geneem en hulle aan Abraham gegee, en hy het Sara, sy vrou, aan hom teruggegee. 15 Abimeʹleg het ook gesê: “Kyk, dit is my land. Jy kan woon waar jy ook al wil.” 16 En vir Sara het hy gesê: “Hier gee ek jou broer+ 1 000 stukke silwer. Dit is ’n teken van jou onskuld* vir jou eie mense en vir almal, en jy is vry van oneer.” 17 En Abraham het smeekgebede tot die ware God begin doen, en God het Abimeʹleg en sy vrou en sy slavinne gesond gemaak, en hulle het kinders begin kry, 18 want Jehovah het al die vrouens van die huis van Abimeʹleg onvrugbaar gemaak as gevolg van Sara, Abraham se vrou.+
21 Jehovah het aan Sara gedink, net soos hy gesê het, en Jehovah het vir Sara gedoen wat hy belowe het.+ 2 Sara het swanger geword+ en vir Abraham op sy oudag ’n seun gegee op die vasgestelde tyd wat God hom belowe het.+ 3 Abraham het sy pasgebore seun, aan wie Sara geboorte gegee het, Isak+ genoem. 4 En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, net soos God hom beveel het.+ 5 Abraham was 100 jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is. 6 Toe het Sara gesê: “God het my rede gegee om te lag. Almal wat hiervan hoor, sal saam met my lag.”* 7 En sy het bygevoeg: “Wie sou vir Abraham gesê het: ‘Sara sal kinders borsvoed’? En tog het ek vir hom op sy oudag aan ’n seun geboorte gegee.”
8 Isak het grootgeword, en op die dag dat sy ma opgehou het om hom te borsvoed, het Abraham ’n groot feesmaal voorberei. 9 Maar Sara het gesien dat die seun wat Hagar,+ die Egiptiese vrou, by Abraham gehad het, Isak heeltyd spot.+ 10 Toe het sy vir Abraham gesê: “Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin gaan nie ’n erfgenaam wees saam met my seun, Isak, nie!”+ 11 Maar Abraham was ontsteld oor wat sy oor sy seun gesê het.+ 12 Toe het God vir Abraham gesê: “Moenie ontsteld wees oor wat Sara oor die seun en oor jou slavin sê nie. Luister na haar, want wat jou nageslag* genoem sal word, sal deur Isak wees.+ 13 Wat die seun van die slavin+ betref, ek sal hom ook ’n nasie maak,+ want hy is jou nageslag.”*
14 Toe het Abraham die oggend vroeg opgestaan en brood en ’n leersak vol water geneem en dit vir Hagar gegee. Hy het dit op haar skouer gesit en haar saam met die seun weggestuur.+ Sy het dus weggegaan en in die wildernis van Berseʹba+ rondgedwaal. 15 Uiteindelik het die water in die leersak opgeraak, en sy het die seun onder een van die struike gestoot. 16 Toe het sy verder gegaan en alleen gaan sit, omtrent die afstand van ’n boogskoot daarvandaan, want sy het gesê: “Ek wil nie sien hoe die kind sterf nie.” Sy het dus op ’n afstand gaan sit en hard begin huil.
17 God het toe die stem van die seun gehoor,+ en God se engel het uit die hemel na Hagar geroep en vir haar gesê:+ “Wat is fout, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het die stem van die seun gehoor daar waar hy lê. 18 Staan op, tel die seun op en ondersteun hom,* want ek sal hom ’n groot nasie maak.”+ 19 Toe het God haar ’n waterput laat sien, en sy het gegaan en die leersak vol water gemaak en die seun laat drink. 20 En God was met die seun+ terwyl hy grootgeword het. Hy het in die wildernis gewoon en ’n boogskutter geword. 21 Hy het in die wildernis Paran+ gaan woon, en sy ma het vir hom ’n vrou uit Egipte geneem.
22 In daardie tyd het Abimeʹleg en Pikol, die hoof van sy leërmag, vir Abraham gesê: “God is met jou in alles wat jy doen.+ 23 Sweer dan nou hier by God vir my dat jy nie my en my seuns en my nakomelinge sal bedrieg nie, en dat jy aan my en aan die land waarin jy woon, dieselfde lojale liefde sal betoon wat ek aan jou betoon het.”+ 24 Toe het Abraham gesê: “Ek sweer.”
25 Maar Abraham het by Abimeʹleg gekla oor die waterput wat die knegte van Abimeʹleg met geweld afgeneem het.+ 26 Abimeʹleg het geantwoord: “Ek weet nie wie dit gedoen het nie. Jy het my nie daarvan vertel nie, en ek het vandag eers daarvan gehoor.” 27 Toe het Abraham skape en beeste geneem en dit vir Abimeʹleg gegee, en hulle twee het ’n verbond gemaak. 28 Toe Abraham sewe ooilammers van die kleinvee eenkant gesit het, 29 het Abimeʹleg vir Abraham gevra: “Hoekom het jy hierdie sewe ooilammers eenkant gesit?” 30 Toe het hy gesê: “Jy moet die sewe ooilammers uit my hand aanvaar, sodat dit as ’n getuienis kan dien dat ek hierdie put gegrawe het.” 31 Daarom het hy daardie plek Berseʹba*+ genoem, omdat hulle twee daar ’n eed afgelê het. 32 Hulle het dus ’n verbond by Berseʹba gemaak,+ en daarna het Abimeʹleg en Pikol, die hoof van sy leërmag, opgestaan en na die land van die Filistyne+ teruggekeer. 33 Daarna het Abraham ’n tamariskboom by Berseʹba geplant, en daar het hy die naam van Jehovah, die ewige God,+ aangeroep.+ 34 En Abraham het nog lank in die land van die Filistyne gebly.*+
22 Daarna het die ware God Abraham getoets.+ Hy het vir hom gesê: “Abraham!” En hy het geantwoord: “Hier is ek!” 2 Toe het hy gesê: “Neem asseblief jou seun Isak,+ jou enigste seun wat jy só liefhet,+ en reis na die land Moriʹa+ en offer hom daar as ’n brandoffer op een van die berge wat ek jou sal wys.”
3 Toe het Abraham vroeg die oggend opgestaan en sy donkie opgesaal en twee van sy knegte en sy seun Isak saam met hom geneem. Hy het die hout vir die brandoffer gekap, en toe het hy opgestaan en gereis na die plek wat die ware God vir hom aangedui het. 4 Op die derde dag het Abraham opgekyk en die plek in die verte gesien. 5 Abraham het toe vir sy knegte gesê: “Bly julle hier met die donkie. Ek en die seun sal soontoe gaan en aanbid en dan na julle toe terugkeer.”
6 Abraham het toe die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit. Toe het hy die vuur* en die mes* geneem, en hulle twee het saam verder geloop. 7 Toe het Isak vir sy pa, Abraham, gesê: “Pa?” Hy het geantwoord: “Ja, my seun?” Toe het hy gesê: “Hier is die vuur* en die hout, maar waar is die skaap vir die brandoffer?” 8 Abraham het gesê: “God sal self die skaap vir die brandoffer+ voorsien, my seun.” En hulle twee het saam verder geloop.
9 Uiteindelik het hulle die plek bereik wat die ware God vir hom aangedui het, en Abraham het daar ’n altaar gebou en die hout daarop gesit. Hy het sy seun Isak se hande en voete vasgebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.+ 10 Toe het Abraham sy hand uitgesteek en die mes* geneem om sy seun dood te maak.+ 11 Maar Jehovah se engel het vanuit die hemel na hom geroep en gesê: “Abraham, Abraham!” En hy het geantwoord: “Hier is ek!” 12 Toe het hy gesê: “Moenie die seun seermaak nie en moet niks aan hom doen nie, want nou weet ek dat jy God vrees omdat jy jou seun, jou enigste seun, nie van my teruggehou het nie.”+ 13 Toe het Abraham opgekyk, en net ’n entjie voor hom was daar ’n skaapram wat met sy horings in ’n bos vasgesit het. Toe het Abraham gegaan en die ram geneem en dit as ’n brandoffer in die plek van sy seun geoffer. 14 En Abraham het daardie plek Jehovah-Jireh* genoem. Daarom word daar vandag nog gesê: “Op die berg van Jehovah sal daar voorsien word.”+
15 En Jehovah se engel het ’n tweede keer vanuit die hemel na Abraham geroep 16 en gesê: “‘Ek sweer by myself,’ sê Jehovah,+ ‘omdat jy hierdie ding gedoen het en jou seun, jou enigste seun, nie teruggehou het nie,+ 17 sal ek jou beslis seën en jou nageslag* beslis vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sandkorrels op die strand.+ En jou nageslag* sal die stede* van sy vyande in besit neem.+ 18 En deur middel van jou nageslag*+ sal al die nasies van die aarde ’n seën vir hulleself verkry omdat jy na my stem geluister het.’”+
19 Daarna het Abraham na sy knegte toe teruggekeer, en hulle het opgestaan en saam na Berseʹba+ teruggegaan. Abraham het in Berseʹba bly woon.
20 Later is daar vir Abraham vertel: “Milka het ook geboorte gegee aan seuns vir jou broer Nahor:+ 21 Us, die eersgeborene, sy broer Bus, Keʹmuel (die pa van Aram), 22 Kesed, Haso, Pildas, Jidlaf en Beʹtuel.”+ 23 Beʹtuel het die pa van Rebekka+ geword. Milka het aan hierdie agt geboorte gegee vir Nahor, Abraham se broer. 24 Sy byvrou, wie se naam Reüma was, het ook aan seuns geboorte gegee: Tebag, Gaham, Tahas en Maʹäga.
23 Sara het 127 jaar gelewe.+ 2 Toe het Sara gesterf in Kirjat-Arba,+ dit wil sê Heʹbron,+ in die land Kanaän,+ en Abraham het oor Sara gerou en gehuil. 3 Toe het Abraham opgestaan en van sy oorlede vrou af weggegaan, en hy het vir die seuns van Het+ gesê: 4 “Ek is ’n uitlander en ’n tydelike inwoner onder julle.+ Gee vir my ’n plek in julle gebied waar ek my oorlede vrou kan begrawe.” 5 Toe het die seuns van Het Abraham geantwoord en gesê: 6 “Luister na ons, my heer. U is ’n hoofman van God* onder ons.+ U mag u oorlede vrou begrawe in die beste graf wat ons het. Nie een van ons sal sy graf van u terughou en keer dat u u vrou daar begrawe nie.”
7 Toe het Abraham opgestaan en voor die inwoners van die land, voor die seuns van Het,+ neergebuig. 8 Hy het vir hulle gesê: “As julle my toelaat om my oorlede vrou hier te begrawe, luister dan na my en vra Efron, die seun van Sohar, 9 om die grot van Magpeʹla, wat aan hom behoort, aan my te verkoop. Dit is by die grens van sy veld. Laat hom dit in julle teenwoordigheid vir die volle bedrag silwer aan my verkoop+ sodat ek ’n plek kan hê waar ek my vrou kan begrawe.”+
10 Efron het daar tussen die seuns van Het gesit. Toe het Efron, die Hetiet, Abraham geantwoord in die teenwoordigheid van die seuns van Het en almal wat deur die poort van sy stad ingegaan het.+ Hy het gesê: 11 “Nee, my heer! Luister na my. Ek gee die veld en die grot daarin vir u. Ek gee dit vir u voor die seuns van my volk. Begrawe u vrou.” 12 Abraham het voor die inwoners van die land neergebuig 13 en met Efron gepraat terwyl die ander geluister het. Hy het gesê: “Nee, luister nou na my! Ek sal u die volle bedrag silwer vir die veld gee. Neem dit sodat ek my oorlede vrou daar kan begrawe.”
14 Toe het Efron Abraham geantwoord: 15 “My heer, luister na my. Hierdie stuk grond is 400 sikkels* silwer werd, maar wat is dit tussen my en u? Begrawe dan nou u vrou.” 16 Abraham het na Efron geluister, en Abraham het voor die seuns van Het vir hom die silwer afgeweeg waarvan Efron gepraat het, naamlik 400 sikkels* silwer, volgens die gewig wat deur die handelaars aanvaar is.+ 17 So is die veld van Efron in Magpeʹla, wat voor Mamre is – die veld en die grot daarin en al die bome in die veld – oorgedra aan 18 Abraham as sy gekoopte eiendom. Die seuns van Het en almal wat deur die poort van sy stad ingegaan het, was ooggetuies hiervan. 19 Daarna het Abraham sy vrou Sara begrawe in die grot van die veld van Magpeʹla voor Mamre, dit wil sê Heʹbron, in die land Kanaän. 20 So is die veld en die grot wat daarin was, deur die seuns van Het aan Abraham oorgedra sodat hy sy mense daar kon begrawe.+
24 Teen hierdie tyd was Abraham baie oud, en Jehovah het Abraham in alles geseën.+ 2 Abraham het vir sy kneg, die oudste van sy huishouding, wat toesig gehou het oor alles wat hy gehad het,+ gesê: “Sit asseblief jou hand onder my bobeen, 3 en sweer by Jehovah, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy nie vir my seun ’n vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete, wat om my woon nie.+ 4 Jy moet eerder na my land en na my familielede+ gaan en daar ’n vrou vir my seun Isak neem.”
5 Maar die kneg het vir hom gevra: “Sê nou die vrou wil nie saam met my na hierdie land kom nie? Moet ek u seun dan terugneem na die land waar u vandaan gekom het?”+ 6 Toe het Abraham vir hom gesê: “Maak seker dat jy my seun nie daarheen terugneem nie.+ 7 Jehovah, die God van die hemel, het my uit my pa se huis en uit die land van my familielede+ weggeneem. Hy het met my gepraat en vir my gesweer:+ ‘Aan jou nageslag*+ gaan ek hierdie land gee.’+ Hy sal sy engel voor jou uit stuur,+ en jy sal beslis ’n vrou van daar vir my seun neem.+ 8 Maar as die vrou nie saam met jou wil kom nie, sal jy vry wees van hierdie eed. Maar jy moenie my seun daarheen terugneem nie.” 9 Toe het die kneg sy hand onder die bobeen van sy meester Abraham gesit en vir hom gesweer.+
10 Die kneg het dus tien van sy meester se kamele sowel as allerhande goeie dinge van sy meester geneem en vertrek. Toe het hy na Mesopotaʹmië, na die stad van Nahor, gegaan. 11 Hy het die kamele by ’n waterput buite die stad laat kniel. Dit was al amper aand, die tyd wanneer die vrouens gewoonlik uitgegaan het om water te skep. 12 Toe het hy gesê: “Jehovah, die God van my meester Abraham, laat my asseblief vandag suksesvol wees en betoon u lojale liefde aan my meester Abraham. 13 Kyk, ek staan by ’n waterfontein, en die dogters van die manne van die stad kom uit om water te skep. 14 Laat die volgende gebeur: Ek sal vir ’n jong vrou sê: ‘Laat asseblief jou waterkruik sak sodat ek kan drink.’ As sy antwoord: ‘Drink, en ek sal ook vir u kamele water gee,’ laat sy dan die een wees wat u vir u kneg Isak kies. Laat my op hierdie manier weet dat u lojale liefde aan my meester betoon het.”
15 Nog voordat hy klaar gepraat het, het Rebekka uitgekom met haar waterkruik op haar skouer. Sy was die dogter van Beʹtuel,+ die seun van Milka,+ die vrou van Nahor,+ Abraham se broer. 16 Die jong vrou was baie mooi, ’n maagd. Sy het nog nooit seksuele omgang met ’n man gehad nie. Sy het na die fontein afgegaan, haar waterkruik vol gemaak en toe teruggekom. 17 Die kneg het dadelik na haar toe gehardloop en gesê: “Gee my asseblief ’n slukkie water uit jou kruik.” 18 En sy het gesê: “Drink, my heer.” Toe het sy gou haar kruik op haar hand laat sak en hom laat drink. 19 Nadat sy hom laat drink het, het sy gesê: “Ek sal ook vir u kamele water skep totdat hulle genoeg gedrink het.” 20 Sy het haar kruik gou in die drinkbak leeggemaak en weer en weer na die put gehardloop om water te skep, en sy het vir al sy kamele bly water skep. 21 Die hele tyd het die man verbaas na haar gestaar sonder om ’n woord te sê terwyl hy gewonder het of Jehovah sy reis suksesvol gemaak het of nie.
22 Toe die kamele genoeg gedrink het, het die man vir haar ’n goue neusring uitgehaal wat ’n halfsikkel* geweeg het, sowel as twee goue armbande wat tien sikkels* geweeg het, 23 en hy het gesê: “Sê asseblief vir my, wie se dogter is jy? Is daar in jou pa se huis plek vir ons om te oornag?” 24 Sy het hom geantwoord: “Ek is die dogter van Beʹtuel,+ die seun van Milka en Nahor.”+ 25 En sy het bygevoeg: “Ons het strooi sowel as baie voer en ook plek om te oornag.” 26 Toe het die man op sy knieë gegaan en voor Jehovah neergebuig 27 en gesê: “Mag Jehovah geloof word, die God van my meester Abraham, want hy het nie opgehou om sy lojale liefde en sy getrouheid aan my meester te betoon nie. Jehovah het my na die huis van die broers van my meester gelei.”
28 Die jong vrou het na haar ma se huis gehardloop om hulle te vertel wat gebeur het. 29 Rebekka het ’n broer gehad wie se naam Laban+ was. Toe het Laban na die man toe gehardloop wat buite by die fontein was. 30 Toe hy die neusring sien, sowel as die armbande aan sy suster se arms, en toe hy Rebekka hoor vertel wat die man vir haar gesê het, het hy na die man toe gegaan, wat nog by die kamele by die fontein gestaan het. 31 Hy het dadelik gesê: “Kom, o geseënde van Jehovah. Hoekom bly jy hier buite staan? Ek het die huis gereedgemaak, sowel as ’n plek vir die kamele.” 32 Toe het die man in die huis ingekom, en hy* het die kamele afgesaal en vir die kamele strooi en voer gegee. Hy het ook vir hom water gegee om sy voete en die voete van die manne by hom te was. 33 Maar toe daar vir hom iets gegee is om te eet, het hy gesê: “Ek sal nie eet voordat ek gesê het wat ek moet sê nie.” Toe het Laban gesê: “Praat maar.”
34 Toe het hy gesê: “Ek is Abraham se kneg.+ 35 Jehovah het my meester baie geseën, en hy het hom baie ryk gemaak deur vir hom skape en beeste, silwer en goud, diensknegte en diensmeisies en kamele en donkies te gee.+ 36 Verder het Sara, die vrou van my meester, vir my meester ’n seun gegee nadat sy oud geword het,+ en my meester sal vir hom alles gee wat hy het.+ 37 En my meester het my laat sweer en gesê: ‘Jy moenie vir my seun ’n vrou neem uit die dogters van die Kanaäniete, in wie se land ek woon nie.+ 38 Nee, jy moet na die huis van my pa en na my familie+ gaan, en jy moet daar ’n vrou vir my seun neem.’+ 39 Maar ek het vir my meester gesê: ‘Sê nou die vrou wil nie saam met my kom nie?’+ 40 Hy het vir my gesê: ‘Ek het Jehovah getrou gedien,+ en hy sal sy engel saam met jou stuur+ en jou reis beslis suksesvol maak, en jy moet vir my seun ’n vrou neem uit my familie en uit die huis van my pa.+ 41 Jy sal vry wees van jou eed teenoor my as jy by my familie kom en hulle haar nie vir jou wil gee nie. Dit sal jou vrystel van jou eed.’+
42 “Toe ek vandag by die fontein kom, het ek gesê: ‘Jehovah, die God van my meester Abraham, as u my reis suksesvol wil maak, 43 moet die volgende gebeur: As ’n jong vrou+ uitkom om water te skep terwyl ek hier by die fontein staan, sal ek vir haar sê: “Laat my asseblief ’n bietjie water uit jou kruik drink.” 44 As sy vir my sê: “Drink, en ek sal ook water vir u kamele skep,” laat sy dan die vrou wees wat Jehovah vir die seun van my meester gekies het.’+
45 “Terwyl ek nog in my hart gebid het, het Rebekka daar aangekom met haar kruik op haar skouer, en sy het na die fontein afgegaan en water begin skep. Toe het ek vir haar gesê: ‘Gee vir my asseblief water om te drink.’+ 46 Sy het dadelik haar kruik van haar skouer afgehaal en gesê: ‘Drink,+ en ek sal ook vir u kamele water gee.’ Toe het ek gedrink, en sy het ook vir die kamele water gegee. 47 Daarna het ek haar gevra: ‘Wie se dogter is jy?’ en toe het sy geantwoord: ‘Die dogter van Beʹtuel, die seun van Nahor en Milka.’ Toe het ek die neusring aan haar neus en die armbande aan haar arms gesit.+ 48 En ek het voor Jehovah op my knieë gegaan en neergebuig en Jehovah, die God van my meester Abraham, geloof,+ wat my op die regte pad gelei het om die kleindogter van die broer van my meester vir sy seun te neem. 49 Sê nou vir my of julle lojale liefde en getrouheid aan my meester wil betoon of nie, sodat ek kan besluit wat ek moet doen.”*+
50 Toe het Laban en Beʹtuel geantwoord: “Hierdie saak kom van Jehovah. Ons het nie die reg om vir jou ja of nee te sê nie.* 51 Hier is Rebekka. Neem haar en gaan, en laat haar ’n vrou word vir die seun van jou meester, net soos Jehovah gesê het.” 52 Toe Abraham se kneg hulle woorde gehoor het, het hy dadelik na die grond toe neergebuig voor Jehovah. 53 En die kneg het begin om voorwerpe van silwer en van goud sowel as klere uit te haal en dit vir Rebekka te gee, en hy het waardevolle dinge vir haar broer en vir haar ma gegee. 54 Daarna het hy en die manne wat by hom was, geëet en gedrink, en hulle het daar oornag.
Toe hy in die oggend opgestaan het, het hy gesê: “Stuur my weg na my meester toe.” 55 Haar broer en haar ma het toe gesê: “Laat die jong vrou ten minste tien dae by ons bly. Daarna kan sy gaan.” 56 Maar hy het vir hulle gesê: “Moet my nie ophou nie, aangesien Jehovah my reis suksesvol gemaak het. Stuur my weg, sodat ek na my meester toe kan gaan.” 57 Toe het hulle gesê: “Laat ons die jong vrou roep en haar vra.” 58 Hulle het vir Rebekka geroep en haar gevra: “Wil jy saam met hierdie man gaan?” Sy het geantwoord: “Ek is bereid om te gaan.”
59 Toe het hulle hulle suster Rebekka+ en haar oppasser*+ en Abraham se kneg en sy manne weggestuur. 60 En hulle het Rebekka geseën en vir haar gesê: “Ons suster, mag jy duisende maal tienduisend word, en mag jou nageslag* die stede* van hulle vyande in besit neem.”+ 61 Toe het Rebekka en haar diensmeisies opgestaan, op die kamele geklim en die man gevolg. Die kneg het Rebekka dus geneem en vertrek.
62 En Isak het van die rigting van Beër-Lahai-Roï+ gekom, want hy het in die land van die Negeb gewoon.+ 63 Terwyl dit aand geword het, het Isak buite in die veld geloop om te peins.+ Toe hy opkyk, het hy kamele sien aankom! 64 Toe Rebekka opkyk, het sy Isak gesien, en sy het vinnig van die kameel afgeklim. 65 Toe het sy die kneg gevra: “Wie is daardie man in die veld wat na ons toe loop?” Die kneg het gesê: “Dit is my meester.” Sy het dus haar sluier geneem om haarself te bedek. 66 Die kneg het vir Isak vertel wat hy alles gedoen het. 67 Daarna het Isak haar in die tent van sy ma, Sara,+ ingebring. So het hy Rebekka geneem as sy vrou, en hy het haar liefgekry,+ en Isak het vertroosting gevind ná die verlies van sy ma.+
25 Abraham het weer ’n vrou geneem, en haar naam was Ketuʹra. 2 Met verloop van tyd het sy geboorte gegee aan Simran, Joksan, Medan, Miʹdian,+ Jisbak en Suag.+
3 Joksan het die vader van Skeba en Dedan geword.
Die seuns van Dedan was Asʹsurim, Leʹtusim en Leʹümmim.
4 Die seuns van Miʹdian was Efa, Efer, Hanog, Abiʹda en Elʹdaä.
Hulle almal was die seuns van Ketuʹra.
5 Later het Abraham alles wat hy gehad het, aan Isak gegee,+ 6 maar Abraham het geskenke gegee aan die seuns wat hy by sy byvrouens gehad het. Toe, terwyl hy nog gelewe het, het hy hulle ooswaarts gestuur, weg van sy seun Isak af,+ na die land van die Ooste. 7 Abraham het 175 jaar oud geword. 8 Toe het Abraham sy laaste asem uitgeblaas en op ’n goeie ouderdom gesterf, oud en tevrede, en hy is tot sy volk versamel.* 9 Sy seuns Isak en Isʹmael het hom begrawe in die grot van Magpeʹla, in die veld wat aan Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, behoort het en wat voor Mamre is.+ 10 Dit is die veld wat Abraham by die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham saam met sy vrou Sara begrawe.+ 11 Ná Abraham se dood het God aangehou om sy seun Isak te seën,+ en Isak het naby Beër-Lahai-Roï+ gewoon.
12 Dít is die geskiedenis van Isʹmael,+ die seun wat Abraham gehad het by Sara se diensmeisie Hagar,+ die Egiptiese vrou:
13 Dít is die name van Isʹmael se seuns, sy nakomelinge: Neʹbajot,+ die eersgeborene van Isʹmael, dan Kedar,+ Adʹbeël, Mibsam,+ 14 Misma, Duma, Massa, 15 Hadad, Tema, Jetur, Nafis en Kedma. 16 Dit is die seuns van Isʹmael en die 12 hoofmanne van hulle familiegroepe, en dit is hulle name volgens hulle woonplekke en volgens hulle kampe.*+ 17 Isʹmael het 137 jaar oud geword. Toe het hy sy laaste asem uitgeblaas en gesterf, en hy is tot sy volk versamel.* 18 En die gebied waar sy nakomelinge gaan woon het, het gestrek van Haʹwila+ af, naby Sur,+ wat naby Egipte is, tot by Assiʹrië. Hy het naby al sy broers gaan woon.*+
19 En dít is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham:+
Abraham het die vader van Isak geword. 20 Isak was 40 jaar oud toe hy getrou het met Rebekka. Sy was die dogter van Beʹtuel,+ die Arameër van Paddan-Aram, en die suster van Laban, die Arameër. 21 Isak het smeekgebede tot Jehovah gedoen vir sy vrou, want sy was onvrugbaar. Jehovah het op sy smekinge gereageer, en Rebekka, sy vrou, het swanger geword. 22 En die seuns binne-in haar het met mekaar begin baklei.+ Daarom het sy gesê: “As dit so gaan, hoekom moet ek bly lewe?” Toe het sy Jehovah hieroor gevra. 23 En Jehovah het vir haar gesê: “Twee nasies is in jou baarmoeder,+ en twee volke sal uit jou voortkom en geskei word.+ Die een nasie sal sterker wees as die ander,+ en die oudste sal die jongste dien.”+
24 Toe die tyd aangebreek het vir haar om geboorte te gee, was daar wel ’n tweeling in haar baarmoeder. 25 Toe het die eerste uitgekom, en hy was heeltemal rooi, met soveel hare dat dit gelyk het asof hy ’n harige kleed aangehad het.+ Daarom het hulle hom Esau*+ genoem. 26 Daarna het sy broer uitgekom met sy hand om Esau se hakskeen.+ Daarom het Isak hom Jakob*+ genoem. Isak was 60 jaar oud toe sy aan hulle geboorte gegee het.
27 Toe die seuns groter geword het, het Esau ’n uitstekende jagter geword,+ ’n man van die veld, maar Jakob het ’n rustige geaardheid gehad* en het in tente gewoon.+ 28 Isak was liewer vir Esau, want hy het vir hom wildsvleis gebring, terwyl Rebekka liewer was vir Jakob.+ 29 Eenkeer was Jakob besig om ’n bredie te kook toe Esau van die veld teruggekom het en baie moeg was. 30 Toe het Esau vir Jakob gesê: “Gee my asseblief gou van* die rooi bredie wat jy daar het,* want ek is doodmoeg!”* Daarom is hy Edom* genoem.+ 31 Jakob het geantwoord: “Verkoop eers jou reg as eersgeborene aan my!”+ 32 Esau het toe gesê: “Ek is op die punt om dood te gaan! Hoe gaan ’n geboortereg my help?” 33 Jakob het gesê: “Sweer eers vir my!” Hy het dus vir hom gesweer en sy reg as eersgeborene aan Jakob verkoop.+ 34 Toe het Jakob vir Esau brood en lensiebredie gegee. Hy het geëet en gedrink, en hy het opgestaan en weggegaan. So het Esau gewys dat hy geen waardering vir die geboortereg het nie.
26 ’n Hongersnood het in die land ontstaan, net soos die eerste hongersnood in Abraham se tyd.+ Daarom het Isak na Abimeʹleg, die koning van die Filistyne, in Gerar gegaan. 2 Toe het Jehovah aan hom verskyn en gesê: “Moenie na Egipte gaan nie. Woon in die land wat ek jou sal wys. 3 Woon as ’n vreemdeling in hierdie land,+ en ek sal met jou wees en jou seën, want aan jou en aan jou nageslag* sal ek al hierdie lande gee,+ en ek sal die eed nakom wat ek vir jou pa, Abraham, gesweer het:+ 4 ‘Ek sal jou nageslag* vermeerder soos die sterre van die hemel,+ en ek sal aan jou nageslag* al hierdie lande gee,+ en deur middel van jou nageslag* sal al die nasies van die aarde beslis ’n seën vir hulleself verkry,’+ 5 want Abraham het na my stem geluister en het aangehou om my vereistes, my gebooie, my wetsbepalings en my wette te gehoorsaam.”+ 6 Isak het dus in Gerar bly woon.+
7 Wanneer die manne van die plek hom gevra het oor sy vrou, het hy gesê: “Sy is my suster.”+ Hy was bang om te sê: “Sy is my vrou,” want hy het gesê: “Die manne van die plek sal my dalk doodmaak as gevolg van Rebekka,” want sy was baie mooi.+ 8 En toe Isak al ’n ruk daar was, het Abimeʹleg, die koning van die Filistyne, by die venster uitgekyk en gesien dat Isak sy vrou, Rebekka, liefkoos.*+ 9 Abimeʹleg het Isak onmiddellik geroep en gesê: “Sy is eintlik jou vrou! Hoekom het jy gesê: ‘Sy is my suster’?” Isak het hom geantwoord: “Ek het dit gesê omdat ek bang was dat ek as gevolg van haar sou sterf.”+ 10 Maar Abimeʹleg het verder gesê: “Wat het jy aan ons gedoen?+ Iemand kon maklik by jou vrou gaan slaap het, en dan sou jy skuld oor ons gebring het!”+ 11 Toe het Abimeʹleg die hele volk hierdie bevel gegee: “Enigiemand wat aan hierdie man en sy vrou raak, sal beslis doodgemaak word!”
12 En Isak het saad in daardie land begin saai, en daardie jaar het hy 100 keer soveel geoes as wat hy gesaai het, want Jehovah het hom geseën.+ 13 Die man het ryk geword, en sy rykdom het aanhou vermeerder totdat hy baie ryk was. 14 Hy het kuddes skape en troppe beeste en ’n groot groep knegte verkry,+ en die Filistyne het jaloers op hom geword.
15 Die Filistyne het dus al die putte met grond toegegooi wat die knegte van sy pa gegrawe het in die tyd van sy pa, Abraham.+ 16 Abimeʹleg het toe vir Isak gesê: “Trek weg uit ons omgewing, want jy het baie sterker as ons geword.” 17 Isak het dus daarvandaan weggetrek en in die Gerar-vallei*+ kamp opgeslaan en daar begin woon. 18 En Isak het weer die putte oopgegrawe wat in sy pa, Abraham, se tyd gegrawe is, maar wat die Filistyne ná Abraham se dood toegegooi het.+ Hy het die putte dieselfde name gegee wat sy pa hulle gegee het.+
19 Terwyl Isak se knegte besig was om in die vallei* te grawe, het hulle ’n put met vars water gevind. 20 Die herders van Gerar het met Isak se herders begin stry en gesê: “Dit is ons water!” Daarom het hy die put Esek* genoem, omdat hulle met hom gestry het. 21 En hulle het ’n ander put begin grawe, en hulle het ook daaroor begin stry. Daarom het hy dit Sitna* genoem. 22 Later het hy daarvandaan weggetrek en nog ’n put gegrawe, maar hulle het nie daaroor gestry nie. Hy het dit dus Reʹhobot* genoem en gesê: “Dit is omdat Jehovah ons nou genoeg plek gegee het en ons vrugbaar gemaak het in die land.”+
23 Toe het hy daarvandaan na Berseʹba+ gegaan. 24 Daardie nag het Jehovah aan hom verskyn en gesê: “Ek is die God van jou pa, Abraham.+ Moenie bang wees nie,+ want ek is met jou, en ek sal jou seën en jou nageslag* vermeerder ter wille van my kneg Abraham.”+ 25 Hy het dus ’n altaar daar gebou en die naam van Jehovah aangeroep.+ Isak het sy tent daar opgeslaan,+ en sy knegte het ’n put daar gegrawe.
26 Later het Abimeʹleg van Gerar af na hom toe gekom saam met Ahusʹsat, sy persoonlike raadgewer, en Pikol, die hoof van sy leërmag.+ 27 Isak het vir hulle gesê: “Hoekom het julle na my toe gekom? Julle het my dan gehaat en my uit julle omgewing weggestuur.” 28 Toe het hulle gesê: “Ons het duidelik gesien dat Jehovah met jou is.+ Daarom het ons gesê: ‘Laat ons asseblief vir mekaar ’n eed sweer, en laat ons ’n verbond met jou maak+ 29 dat jy niks slegs aan ons sal doen nie, net soos ons niks slegs aan jou gedoen het nie, want ons het jou net goed behandel en jou in vrede weggestuur. Ons kan sien dat jy deur Jehovah geseën word.’” 30 Toe het hy vir hulle ’n feesmaal voorberei, en hulle het geëet en gedrink. 31 Die volgende oggend het hulle vroeg opgestaan en ’n eed vir mekaar gesweer.+ Daarna het Isak hulle weggestuur, en hulle het in vrede van hom af weggegaan.
32 Op daardie dag het Isak se knegte gekom en hom vertel van die put wat hulle gegrawe het+ en vir hom gesê: “Ons het water gevind!” 33 Hy het dit dus Siba genoem. Daarom is die naam van die stad tot vandag toe Berseʹba.+
34 Toe Esau 40 jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, as vrou geneem, en ook Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet.+ 35 Hulle het Isak en Rebekka bitter ongelukkig gemaak.+
27 Toe Isak oud geword het en sy oë te swak was om te sien, het hy sy oudste seun, Esau,+ na hom toe geroep en gesê: “My seun!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” 2 Isak het gesê: “Ek het oud geword. Ek weet nie hoe lank ek nog gaan lewe nie. 3 Neem dan nou asseblief jou wapens, jou pyle en jou boog, en gaan uit na die veld en jag iets vir my.+ 4 Maak dan vir my ’n lekker gereg, die soort waarvan ek hou, en bring dit vir my sodat ek dit kan eet. Daarna sal ek* jou seën voordat ek sterf.”
5 Maar Rebekka het geluister terwyl Isak met sy seun Esau gepraat het. En Esau het na die veld uitgegaan om te jag en wildsvleis huis toe te bring.+ 6 Rebekka het toe vir haar seun Jakob+ gesê: “Ek het nou net gehoor dat jou pa vir jou broer, Esau, gesê het: 7 ‘Bring vir my wildsvleis en maak vir my ’n lekker gereg. Dan sal ek eet, en daarna sal ek jou voor Jehovah seën voordat ek sterf.’+ 8 My seun, luister nou mooi na my en doen wat ek vir jou sê.+ 9 Gaan asseblief na die kudde en gaan haal vir my twee van die beste boklammers, sodat ek vir jou pa ’n lekker gereg met hulle kan maak, net soos hy daarvan hou. 10 Neem dit dan na jou pa toe, sodat hy dit kan eet en jou voor sy dood kan seën.”
11 Jakob het vir sy ma, Rebekka, gesê: “Maar my broer, Esau, is ’n harige man,+ en my vel is glad. 12 Sê nou my pa vat aan my?+ Dan sal dit beslis lyk asof ek hom spot, en ek sal ’n vloek oor my bring in plaas van ’n seën.” 13 Sy ma het vir hom gesê: “Laat die vloek wat vir jou bedoel is, op my wees, my seun. Doen net wat ek sê en gaan haal hulle vir my.”+ 14 Toe het hy hulle gaan haal en na sy ma toe gebring, en sy ma het ’n lekker gereg voorberei, net soos sy pa daarvan gehou het. 15 Daarna het Rebekka haar oudste seun, Esau, se beste klere geneem, wat sy in die huis gehad het, en sy het dit vir haar jongste seun, Jakob, aangetrek.+ 16 Sy het ook die velle van die boklammers op sy hande en op die haarlose deel van sy nek gesit.+ 17 Toe het sy die heerlike gereg en die brood wat sy gemaak het, vir haar seun Jakob gegee.+
18 Hy het na sy pa toe gegaan en gesê: “Pa?” Hy het geantwoord: “Hier is ek. Wie is jy, my seun?” 19 Jakob het vir sy pa gesê: “Dis Esau, u eersgeborene.+ Ek het gedoen net soos Pa vir my gesê het. Sit asseblief regop en eet van my wildsvleis, sodat Pa my kan seën.”+ 20 Toe het Isak vir sy seun gevra: “Hoe het jy dit so gou gevind, my seun?” Hy het geantwoord: “Omdat Jehovah u God dit na my toe gebring het.” 21 Toe het Isak vir Jakob gesê: “Kom asseblief nader, my seun, sodat ek kan voel of jy werklik my seun Esau is of nie.”+ 22 Jakob het tot by sy pa, Isak, gekom, en nadat Isak aan hom gevoel het, het hy gesê: “Die stem is die stem van Jakob, maar die hande is die hande van Esau.”+ 23 Hy het hom nie herken nie omdat sy hande harig was, soos die hande van Esau, sy broer. Daarom het hy hom geseën.+
24 Daarna het hy gevra: “Is jy werklik my seun Esau?” En hy het geantwoord: “Ek is.” 25 Toe het hy gesê: “Bring vir my van die wildsvleis, sodat ek dit kan eet, my seun, en dan sal ek jou seën.” Jakob het dit vir hom gebring, en hy het geëet, en hy het vir hom wyn gebring, en hy het gedrink. 26 Toe het sy pa, Isak, vir hom gesê: “Kom asseblief nader en soen my, my seun.”+ 27 Toe het hy nader gekom en hom gesoen, en hy kon die reuk van sy klere ruik.+ Daarna het hy hom geseën en gesê:
“Die reuk van my seun is soos die geur van die veld wat Jehovah geseën het. 28 Mag die ware God jou die dou van die hemel gee+ en die vrugbare grond van die aarde+ en ’n oorvloed van graan en nuwe wyn.+ 29 Laat volke jou dien en laat nasies laag voor jou buig. Word die meester van jou broers, en laat die seuns van jou ma laag voor jou buig.+ Mag almal wat jou vervloek, vervloek wees, en mag almal wat jou seën, geseënd wees.”+
30 Net nadat Isak Jakob geseën het en Jakob van Isak, sy pa, af weggegaan het, het sy broer, Esau, van die jag af teruggekom.+ 31 Hy het ook ’n lekker gereg voorberei en dit vir sy pa gebring, en hy het vir sy pa gesê: “Sit asseblief regop, Pa, en eet van my wildsvleis, en dan kan Pa my seën.” 32 Toe het sy pa, Isak, vir hom gevra: “Wie is jy?” En hy het gesê: “Esau, Pa se eersgebore seun.”+ 33 Isak het erg begin bewe en gesê: “Wie het dan gaan jag en wildsvleis vir my gebring? Ek het dit reeds geëet voordat jy ingekom het, en ek het hom geseën – en hy sal beslis geseënd wees!”
34 Toe Esau sy pa se woorde hoor, het hy baie hard en bitter begin uitroep en vir sy pa gesê: “Seën my, seën my ook, Pa!”+ 35 Maar hy het gesê: “Jou broer het gekom en my bedrieg sodat hy die seën kon ontvang wat vir jou bedoel was.” 36 Toe het hy gesê: “Is dit nie waarom hy Jakob* genoem word nie? Hy het my nou al twee keer bedrieg.+ Hy het al klaar my geboortereg geneem,+ en nou het hy ook my seën geneem!”+ Toe het hy bygevoeg: “Het Pa nie ’n seën vir my oor nie?” 37 Maar Isak het Esau geantwoord: “Kyk, ek het hom as meester oor jou aangestel,+ en ek het al sy broers vir hom gegee as knegte, en ek het gesê dat hy graan en nuwe wyn sal hê.+ Wat bly nog oor wat ek vir jou kan gee, my seun?”
38 Esau het vir sy pa gesê: “Het Pa net een seën om te gee? Seën my, seën my ook, Pa!” Daarna het Esau hard uitgeroep en in trane uitgebars.+ 39 Toe het sy pa, Isak, hom geantwoord:
“Ver van die vrugbare grond van die aarde sal jou woonplek wees, en ver van die dou van die hemel daar bo.+ 40 Jy sal jou swaard jou hele lewe lank moet gebruik,+ en jy sal jou broer dien.+ Maar wanneer jy rusteloos raak, sal jy vir seker sy juk breek wat op jou nek sal wees.”+
41 Esau het ’n vyandige gesindheid teenoor Jakob gehad as gevolg van die seën wat sy pa hom gegee het,+ en Esau het in sy hart bly sê: “Dit sal nie meer lank wees voordat daar oor my pa gerou sal word nie.+ Daarna gaan ek Jakob, my broer, doodmaak.” 42 Toe daar vir Rebekka vertel is wat haar oudste seun, Esau, gesê het, het sy dadelik haar jongste seun, Jakob, laat roep en vir hom gesê: “Kyk! Esau, jou broer, is van plan om wraak te neem deur jou dood te maak.* 43 My seun, doen nou wat ek vir jou sê. Staan op en vlug na my broer Laban in Haran.+ 44 Gaan bly ’n ruk lank by hom totdat jou broer se woede bedaar het, 45 totdat jou broer gekalmeer het en hy vergeet het wat jy aan hom gedoen het. Dan sal ek jou daarvandaan laat roep. Hoekom moet ek julle albei op een dag verloor?”
46 Daarna het Rebekka vir Isak bly sê: “Ek haat my lewe as gevolg van die dogters van Het.+ As Jakob ooit ’n vrou neem uit die dogters van Het, soos hierdie dogters van die land, wil ek eerder net dood wees.”+
28 Isak het Jakob dus geroep en hom geseën en hom beveel: “Jy mag nie ’n vrou uit die dogters van Kanaän neem nie.+ 2 Gaan na Paddan-Aram, na die huis van Beʹtuel, jou ma se pa, en neem daar vir jou ’n vrou uit die dogters van Laban,+ jou ma se broer. 3 God die Almagtige sal jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, en jy sal beslis ’n versameling van volke word.+ 4 En hy sal aan jou en jou nageslag* die seën van Abraham gee,+ sodat jy die land in besit kan neem waar jy tot nou toe as ’n uitlander gewoon het, die land wat God aan Abraham gegee het.”+
5 Isak het Jakob toe weggestuur, en hy het na Paddan-Aram vertrek, na Laban, die seun van Beʹtuel, die Arameër,+ die broer van Rebekka,+ die ma van Jakob en Esau.
6 Esau het gesien dat Isak Jakob geseën het en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom ’n vrou te neem en dat hy hom hierdie bevel gegee het toe hy hom geseën het: “Moenie ’n vrou uit die dogters van Kanaän neem nie.”+ 7 Hy het gesien dat Jakob gehoorsaam was aan sy pa en sy ma en na Paddan-Aram vertrek het.+ 8 Esau het toe besef dat Isak, sy pa, nie van die dogters van Kanaän hou nie.+ 9 Esau het dus na Isʹmael toe gegaan en Maʹhalat, die dogter van Abraham se seun Isʹmael, die suster van Neʹbajot, as vrou geneem, bo en behalwe die ander vrouens wat hy reeds gehad het.+
10 Jakob het uit Berseʹba na Haran+ vertrek. 11 Later het hy by ’n plek gekom en gereedgemaak om daar te oornag, want die son het al ondergegaan. Hy het toe een van die klippe geneem om onder sy kop te sit, en hy het gaan lê.+ 12 Toe het hy gedroom, en in die droom het hy ’n stel trappe* gesien wat van die aarde af tot in die hemel gestrek het, en God se engele het daar op- en afgeklim.+ 13 En Jehovah het boaan gestaan, en hy het gesê:
“Ek is Jehovah, die God van jou vader Abraham en die God van Isak.+ Die land waarop jy lê, gaan ek aan jou en aan jou nageslag* gee.+ 14 En jou nageslag* sal beslis soos die stof van die aarde word,+ en jy sal beslis uitbrei na die weste, na die ooste, na die noorde en na die suide, en deur middel van jou en jou nageslag* sal al die families van die aarde beslis geseën word.*+ 15 Ek is met jou, en ek sal jou beskerm oral waar jy gaan, en ek sal jou na hierdie land terugbring.+ Ek sal jou nie verlaat totdat ek gedoen het wat ek jou belowe het nie.”+
16 Toe het Jakob wakker geword en gesê: “Jehovah is waarlik op hierdie plek, en ek het dit nie geweet nie.” 17 En hy het bang geword en gesê: “Hoe ontsagwekkend is hierdie plek tog! Dit kan net die huis van God wees,+ en dit is die poort van die hemel.”+ 18 Toe het Jakob die oggend vroeg opgestaan en die klip geneem wat onder sy kop was en dit as ’n pilaar opgerig en olie daarop uitgegooi.+ 19 Daarom het hy die plek Bet-El* genoem, maar voorheen was die stad se naam Lus.+
20 Jakob het toe ’n gelofte gemaak en gesê: “As God met my sal wees en my gedurende my reis sal beskerm en vir my kos* sal gee om te eet en klere om te dra 21 en ek in vrede na die huis van my pa terugkeer, dan sal Jehovah beslis bewys het dat hy my God is. 22 En hierdie klip wat ek as ’n pilaar opgerig het, sal ’n huis van God word,+ en ek sal vir seker vir u ’n tiende gee van alles wat u my sal gee.”
29 Daarna het Jakob verder gereis na die land van die mense van die Ooste. 2 Op ’n dag het hy ’n put in die veld gesien en drie troppe skape wat langs die put lê, want hulle het die troppe gewoonlik uit daardie put water gegee. Daar was ’n groot klip oor die opening van die put. 3 Wanneer al die troppe daar bymekaar was, het die herders die klip van die opening van die put af weggerol en die kleinvee water gegee, en daarna het hulle die klip weer op sy plek oor die opening van die put gesit.
4 Jakob het vir hulle gevra: “My broers, waar kom julle vandaan?” Hulle het geantwoord: “Ons is van Haran.”+ 5 Hy het vir hulle gesê: “Ken julle Laban,+ die kleinseun van Nahor?”+ Hulle het gesê: “Ja, ons ken hom.” 6 Toe het hy vir hulle gevra: “Gaan dit goed met hom?” Hulle het geantwoord: “Dit gaan goed met hom. Hier kom sy dogter Ragel+ met die skape!” 7 Toe het hy gesê: “Dit is nou eers die middel van die dag. Dit is nie die tyd om die kuddes bymekaar te bring nie. Gee die skape water en laat hulle dan verder wei.” 8 Hulle het gesê: “Ons word eers toegelaat om die skape te laat drink wanneer al die troppe bymekaar is en hulle die klip van die opening van die put af weggerol het.”
9 Terwyl hy nog met hulle gepraat het, het Ragel met haar pa se skape daar aangekom, want sy het hulle opgepas. 10 Toe Jakob vir Ragel, die dogter van Laban, sy ma se broer, saam met die skape sien, het Jakob onmiddellik nader gegaan en die klip van die opening van die put af weggerol en Laban se skape water gegee om te drink. 11 Toe het Jakob vir Ragel gesoen en in trane uitgebars. 12 Jakob het Ragel vertel dat hy ’n familielid* van haar pa en die seun van Rebekka is. Sy het gehardloop en haar pa gaan vertel.
13 Die oomblik toe Laban+ die nuus hoor oor Jakob, sy suster se seun, het hy gehardloop om hom te gaan ontmoet. Hy het hom omhels, hom gesoen en hom in sy huis ingebring. Jakob het Laban alles vertel wat gebeur het. 14 Laban het vir hom gesê: “Jy is waarlik my vlees en bloed.” Jakob het ’n volle maand by hom gebly.
15 Laban het toe vir Jakob gesê: “Al is jy familie*+ van my, hoef jy nie verniet vir my te werk nie. Sê vir my: Wat moet ek jou betaal?”+ 16 Laban het twee dogters gehad. Die naam van die oudste was Lea, en die naam van die jongste was Ragel.+ 17 Maar Lea se oë het geen glans gehad nie, terwyl Ragel ’n baie aantreklike en pragtige vrou was. 18 Jakob het verlief geraak op Ragel, en daarom het hy gesê: “Ek is bereid om sewe jaar lank vir u te werk vir u jongste dogter, Ragel.”+ 19 Laban het geantwoord: “Dit is beter dat ek haar vir jou gee as vir ’n ander man. Bly hier by ons.” 20 En Jakob het sewe jaar lank gewerk vir Ragel,+ maar in sy oë was dit net soos ’n paar dae as gevolg van sy liefde vir haar.
21 Toe het Jakob vir Laban gesê: “Gee my vrou vir my, want die tyd is verby, en laat my by haar slaap.” 22 En Laban het al die mense van die plek laat bymekaarkom en ’n feesmaal gehou. 23 Maar gedurende die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom toe gebring sodat hy by haar sou slaap. 24 Laban het ook sy diensmeisie Silpa vir sy dogter Lea gegee.+ 25 Die volgende oggend het Jakob gesien dat dit Lea was! Daarom het hy vir Laban gesê: “Wat het u aan my gedoen? Het ek nie vir Ragel by u gewerk nie? Hoekom het u my bedrieg?”+ 26 Laban het geantwoord: “Dit is nie ons gewoonte hier om die jonger vrou voor die eersgeborene te gee nie. 27 Vier die huweliksweek met hierdie vrou. Daarna sal hierdie ander vrou ook vir jou gegee word as jy nog sewe jaar vir my werk.”+ 28 Jakob het dit gedoen en die huweliksweek met haar gevier, en daarna het hy sy dogter Ragel vir hom as vrou gegee. 29 Laban het ook sy diensmeisie Bilha+ vir sy dogter Ragel gegee.+
30 Toe het Jakob ook seksuele omgang met Ragel gehad, en hy het Ragel meer liefgehad as Lea. En hy het nog sewe jaar vir Laban gewerk.+ 31 Toe Jehovah sien dat Lea nie geliefd was nie,* het hy dit vir haar moontlik gemaak om swanger te word,*+ maar Ragel was onvrugbaar.+ 32 Lea het dus swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee en hom Ruben*+ genoem, want sy het gesê: “Dit is omdat Jehovah gesien het hoe swaar ek kry,+ want nou sal my man my liefkry.” 33 En sy het weer swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee en toe gesê: “Dit is omdat Jehovah geluister het, want ek was nie geliefd nie, en daarom het hy my ook hierdie een gegee.” Toe het sy hom Siʹmeon*+ genoem. 34 En sy het weer eens swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee en toe gesê: “Hierdie keer sal my man aan my geheg raak, want ek het vir hom drie seuns gegee.” Daarom is hy Levi*+ genoem. 35 En sy het weer eens swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee en toe gesê: “Hierdie keer sal ek Jehovah loof.” Sy het hom dus Juda*+ genoem. Daarna het sy ’n tyd lank nie nog kinders gehad nie.
30 Toe Ragel sien dat sy geen kinders vir Jakob gegee het nie, het sy jaloers geword op haar suster en vir Jakob begin sê: “Gee vir my kinders of anders sal ek doodgaan.” 2 Jakob het kwaad geword vir Ragel en gesê: “Is ek in die plek van God, wat gekeer het dat jy kinders kry?” 3 Toe het sy gesê: “Hier is my slavin Bilha.+ Slaap by haar, sodat sy namens my kinders kan hê.* Dan kan ek deur middel van haar ook kinders hê.” 4 En sy het haar diensmeisie Bilha vir hom as vrou gegee, en Jakob het seksuele omgang met haar gehad.+ 5 Bilha het swanger geword en later vir Jakob aan ’n seun geboorte gegee. 6 Toe het Ragel gesê: “God het as my regter opgetree en het ook na my stem geluister en my ’n seun gegee.” Daarom het sy hom Dan*+ genoem. 7 Bilha, Ragel se diensmeisie, het weer swanger geword en later vir Jakob aan ’n tweede seun geboorte gegee. 8 Toe het Ragel gesê: “Ek het ’n stryd teen my suster gevoer,* en ek het gewen!” Daarom het sy hom Nafʹtali*+ genoem.
9 Toe Lea sien dat sy opgehou het om kinders te hê, het sy haar diensmeisie Silpa geneem en haar vir Jakob as vrou gegee.+ 10 En Lea se diensmeisie Silpa het vir Jakob aan ’n seun geboorte gegee. 11 Toe het Lea gesê: “Wat ’n geluk!” Daarom het sy hom Gad*+ genoem. 12 Daarna het Silpa, Lea se diensmeisie, vir Jakob aan ’n tweede seun geboorte gegee. 13 Toe het Lea gesê: “Hoe bly is ek tog! Want die vrouens sal my beslis gelukkig noem.”+ Daarom het sy hom Aser*+ genoem.
14 In die tyd van die koringoes het Ruben+ in die veld gaan stap en liefdesappels* gevind. Hy het dit na sy ma, Lea, gebring. Toe het Ragel vir Lea gesê: “Gee asseblief vir my van jou seun se liefdesappels.” 15 Maar sy het vir haar gesê: “Is dit nie genoeg dat jy my man gevat het nie?+ Wil jy nou ook my seun se liefdesappels vat?” Toe het Ragel gesê: “Nou goed. Hy sal vanaand by jou slaap in ruil vir jou seun se liefdesappels.”
16 Toe Jakob die aand van die veld af kom, het Lea na hom toe gegaan en gesê: “Jy gaan by my slaap, want ek het jou klaar met my seun se liefdesappels gehuur.” Hy het dus daardie nag by haar geslaap. 17 En God het na Lea se gebed geluister en dit beantwoord, en sy het swanger geword en later vir Jakob aan ’n vyfde seun geboorte gegee. 18 Toe het Lea gesê: “God het my loon* vir my gegee omdat ek my diensmeisie vir my man gegee het.” Daarom het sy hom Isʹsaskar*+ genoem. 19 En Lea het weer swanger geword en later vir Jakob aan ’n sesde seun geboorte gegee.+ 20 Toe het Lea gesê: “God het vir my, ja vir my, ’n goeie geskenk gegee. Uiteindelik sal my man my verdra,+ want ek het vir hom aan ses seuns geboorte gegee.”+ Daarom het sy hom Seʹbulon*+ genoem. 21 Daarna het sy aan ’n dogter geboorte gegee en haar Dina+ genoem.
22 Uiteindelik het God aan Ragel gedink, en God het na haar gebed geluister en dit vir haar moontlik gemaak om swanger te word.*+ 23 En sy het swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee. Toe het sy gesê: “God het my skande weggeneem!”+ 24 Daarom het sy hom Josef*+ genoem en gesê: “Jehovah voeg vir my nog ’n seun by.”
25 Nadat Ragel aan Josef geboorte gegee het, het Jakob onmiddellik vir Laban gesê: “Stuur my weg sodat ek na my plek en na my land kan gaan.+ 26 Gee my vrouens en my kinders, vir wie ek by u gewerk het, sodat ek kan gaan, want u weet goed hoe hard ek vir u gewerk het.”+ 27 Toe het Laban vir hom gesê: “Ek smeek jou, bly asseblief. Ek het deur middel van die tekens* gesien dat Jehovah my seën as gevolg van jou.” 28 En hy het bygevoeg: “Sê vir my wat ek jou moet betaal, en ek sal dit gee.”+ 29 Toe het Jakob vir hom gesê: “U weet hoe hard ek vir u gewerk het en hoe goed dit met u kudde gaan vandat hulle in my sorg is.+ 30 U het min gehad voordat ek gekom het, maar u kudde het groter geword en vermeerder, en Jehovah het u geseën vandat ek gekom het. Wanneer gaan ek dan iets vir my eie huis doen?”+
31 Toe het Laban gevra: “Wat moet ek jou gee?” Jakob het geantwoord: “U hoef my hoegenaamd niks te gee nie! As u hierdie een ding vir my sal doen, sal ek voortgaan om vir u kleinvee te sorg en hulle op te pas.+ 32 Ek sal vandag deur al u kleinvee gaan. U moet elke skaap wat gespikkeld en bont is, en elke jong skaapram wat donkerbruin is en elke bokooi wat bont en gespikkeld is, afsonder. Van nou af sal dit my betaling wees.+ 33 En u sal sien dat ek eerlik* is as u op ’n dag kom om na my betaling te kyk. As u enige bokooie by my vind wat nie gespikkeld en bont is nie of enige jong skaapramme wat nie donkerbruin is nie, kan u dit as gesteelde vee beskou.”
34 En Laban het gesê: “Nou maar goed! Ek aanvaar jou voorstel.”+ 35 Toe het hy op daardie dag die gestreepte en bont bokramme en al die gespikkelde en bont bokooie afgesonder, almal wat wit aan hulle gehad het en al die donkerbruin jong skaapramme, en hy het hulle aan sy seuns gegee om op te pas. 36 Daarna het hy seker gemaak dat daar ’n afstand van drie dagreise tussen hom en Jakob is, en Jakob het Laban se oorblywende kleinvee opgepas.
37 Jakob het toe vars takke van storaksbome, amandelbome en plataanbome geneem, en hy het dit plek-plek geskil sodat die wit hout op daardie plekke gesien kon word. 38 Toe sit hy die takke wat hy geskil het voor die kleinvee in die watervore en in die drinkbakke waar hulle altyd kom drink het, sodat hulle voor die takke op hitte sou kom wanneer hulle kom drink het.
39 Die kleinvee het toe voor die takke op hitte gekom, en die kleinvee het gestreepte, gespikkelde en bont lammers gekry. 40 Toe het Jakob die jong skaapramme afgesonder en gesorg dat die kleinvee in die rigting kyk van die gestreepte en die donkerbruin diere onder Laban se kleinvee. Toe het hy sy kleinvee afgesonder en hulle apart gehou van Laban se kleinvee. 41 En elke keer wanneer die sterk diere op hitte gekom het, het Jakob die takke in die watervore gesit waar die kleinvee dit kon sien, sodat hulle by die takke op hitte sou kom. 42 Maar wanneer die diere swak was, het hy nie die takke daar gesit nie. So het Laban altyd die swak diere gekry, maar Jakob het die sterk diere gekry.+
43 En Jakob het baie ryk geword, en hy het baie kleinvee verkry, asook diensknegte en diensmeisies en kamele en donkies.+
31 Ná verloop van tyd het hy gehoor dat die seuns van Laban sê: “Jakob het alles geneem wat aan ons pa behoort het, en hy het ons pa se besittings gebruik om al hierdie rykdom bymekaar te maak.”+ 2 Wanneer Jakob na Laban se gesig gekyk het, het hy gesien dat sy gesindheid teenoor hom nie meer dieselfde was nie.+ 3 Uiteindelik het Jehovah vir Jakob gesê: “Keer terug na die land van jou vaders en jou familielede,+ en ek sal met jou wees.” 4 Toe het Jakob ’n boodskap aan Ragel en Lea gestuur om na die veld te kom waar sy kleinvee was, 5 en hy het vir hulle gesê:
“Ek het gesien dat julle pa se gesindheid teenoor my verander het,+ maar die God van my pa was met my.+ 6 Julle weet goed dat ek met al my krag vir julle pa gewerk het.+ 7 En julle pa het my probeer bedrieg, en hy het my betaling tien keer verander, maar God het hom nie toegelaat om my te benadeel nie. 8 Wanneer hy gesê het: ‘Die gespikkelde lammers sal jou betaling wees,’ dan het al die kleinvee gespikkelde lammers gekry, maar wanneer hy gesê het: ‘Die gestreepte lammers sal jou betaling wees,’ dan het al die kleinvee gestreepte lammers gekry.+ 9 So het God julle pa se kleinvee bly wegneem en dit aan my gegee. 10 Eenkeer, toe die kleinvee op hitte gekom het, het ek opgekyk en in ’n droom gesien dat die bokramme wat met die ooie gepaar het, gestreep, gespikkeld en gevlek is.+ 11 Toe het die engel van die ware God vir my in die droom gesê: ‘Jakob!’ En ek het gesê: ‘Hier is ek.’ 12 En hy het verder gesê: ‘Kyk asseblief op en sien dat al die bokramme wat met die ooie paar, gestreep, gespikkeld en gevlek is, want ek het alles gesien wat Laban aan jou doen.+ 13 Ek is die ware God van Bet-El,+ waar jy ’n pilaar gesalf het en waar jy ’n gelofte aan my gemaak het.+ Staan nou op, gaan uit hierdie land uit en keer terug na jou geboorteland.’”+
14 Toe het Ragel en Lea hom geantwoord: “Is daar enige erfdeel vir ons oor in ons pa se huis? 15 Hy beskou ons mos as uitlanders, want hy het ons verkoop en is besig om die geld op te gebruik wat hy vir ons ontvang het.+ 16 Al die rykdom wat God van ons pa weggeneem het, behoort aan ons en aan ons kinders.+ Doen dan nou alles wat God vir jou gesê het om te doen.”+
17 Daarna het Jakob sy kinders en sy vrouens op die kamele laat klim,+ 18 en hy het sy hele kudde geneem, sowel as al die goedere wat hy bymekaargemaak het+ en die kleinvee wat hy in Paddan-Aram verkry het, en hy het vertrek om na sy pa, Isak, in die land Kanaän, te gaan.+
19 Terwyl Laban sy skape gaan skeer het, het Ragel die terafim-beeldjies*+ gesteel wat aan haar pa behoort het.+ 20 Jakob was slim en het Laban, die Arameër, nie vertel dat hy gaan vlug nie. 21 Hy het gevlug, en hy het deur die Rivier*+ getrek met alles wat hy gehad het. Daarna het hy in die rigting van die bergstreek van Giʹlead+ gegaan. 22 Op die derde dag het Laban gehoor dat Jakob gevlug het. 23 Toe het hy sy broers* saam met hom geneem en hom agternagesit, en hy het hom ná ’n reis van sewe dae in die bergstreek van Giʹlead ingehaal. 24 En God het in die nag in ’n droom+ vir Laban, die Arameër,+ gesê: “Pasop wat jy vir Jakob sê.”*+
25 Jakob het sy tent in die bergstreek van Giʹlead opgeslaan, en Laban en sy broers het in dieselfde gebied kamp opgeslaan. Laban het toe na Jakob gegaan 26 en vir hom gesê: “Wat het jy gedoen? Hoekom het jy my bedrieg en my dogters ontvoer soos gevangenes wat deur die swaard weggeneem is? 27 Hoekom het jy in die geheim gevlug en my bedrieg en my nie vertel nie? As jy my vertel het, kon ek jou met vreugde en liedere, met die tamboeryn en die harp weggestuur het. 28 Maar jy het my nie ’n kans gegee om my kleinkinders* en my dogters te soen nie. Wat jy gedoen het, was baie dom. 29 Ek het die mag om julle kwaad aan te doen, maar die God van julle voorvader het gisteraand met my gepraat en gesê: ‘Pasop wat jy vir Jakob sê.’+ 30 Jy het weggegaan omdat jy na die huis van jou pa verlang, maar hoekom het jy dan my gode gesteel?”+
31 Jakob het Laban geantwoord: “Dit was omdat ek bang was, want ek het vir myself gesê: ‘U sal dalk u dogters met geweld van my af wegneem.’ 32 Die persoon by wie u gode gevind word, sal nie bly lewe nie. Kyk deur my besittings hier in die teenwoordigheid van ons broers, en neem wat aan u behoort.” Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie. 33 Laban het toe in Jakob se tent en in Lea se tent en in die twee slavinne+ se tent ingegaan, maar hy het dit nie gevind nie. Toe het hy uit Lea se tent uitgekom en in Ragel se tent ingegaan. 34 Intussen het Ragel die terafim-beeldjies geneem en dit weggesteek in ’n saalmandjie wat vrouens gebruik wanneer hulle op ’n kameel ry, en sy het daarop gesit. Toe het Laban die hele tent deursoek, maar hy het dit nie gevind nie. 35 Sy het toe vir haar pa gesê: “Moenie kwaad wees nie, Pa. Ek kan nie nou opstaan nie, want ek ondervind wat vrouens gereeld ondervind.”+ Toe het hy deeglik verder gesoek, maar hy het nie die terafim-beeldjies gevind nie.+
36 Jakob het kwaad geword en Laban begin kritiseer. Hy het vir Laban gesê: “Wat het ek verkeerd gedoen, en watter sonde het ek gepleeg dat u my so agtervolg? 37 Noudat u al my goed deursoek het, wat het u gevind wat aan u huis behoort? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat hulle tussen ons twee oordeel. 38 Gedurende die 20 jaar dat ek by u was, het u skape en u bokke nooit ’n misgeboorte gehad nie,+ en ek het nooit die skaapramme van u kleinvee geëet nie. 39 Ek het nooit ’n dier na u toe gebring wat deur wilde diere verskeur is nie.+ Ek het dit altyd self vervang. Of die dier nou in die dag of in die nag gesteel is, u het vergoeding van my geëis. 40 In die dag het die hitte my verteer, en in die nag het ek baie koud gekry, en dikwels kon ek nie slaap nie.+ 41 Ek is nou al 20 jaar in u huis. Ek het u 14 jaar gedien vir u twee dogters, en 6 jaar vir u kleinvee, en u het my betaling tien keer verander.+ 42 As die God van my vader,+ die God van Abraham en die Een wat deur Isak gevrees word,*+ nie aan my kant was nie, sou u my nou met leë hande weggestuur het. God het gesien hoe swaar ek gekry het en hoe hard ek gewerk het, en dit is hoekom hy u gisteraand tereggewys het.”+
43 Toe het Laban Jakob geantwoord: “Die dogters is my dogters en die kinders is my kinders en die kleinvee is my kleinvee, en alles waarna jy kyk, is myne en my dogters s’n. Hoe kan ek hulle of hulle kinders seermaak? 44 Kom dan nou, laat ons ’n verbond maak, ek en jy, en dit sal as ’n getuie tussen ons dien.” 45 Jakob het dus ’n klip geneem en dit as ’n pilaar opgerig.+ 46 Toe het Jakob vir sy broers gesê om klippe op te tel. En hulle het klippe geneem en dit op mekaar gestapel. Daarna het hulle daar op die stapel klippe geëet. 47 En Laban het dit Jeʹgar-Sahaduʹta* begin noem, maar Jakob het dit Gal-Ed* genoem.
48 Laban het toe gesê: “Hierdie stapel klippe is vandag ’n getuie tussen my en jou.” Daarom is dit Gal-Ed+ genoem, 49 en ook die Wagtoring, want Laban het gesê: “Mag Jehovah wag hou tussen my en jou wanneer ons mekaar nie kan sien nie. 50 As jy my dogters sleg behandel en jy buiten my dogters nog vrouens begin neem, moet jy onthou dat God ’n getuie tussen my en jou is, al is daar niemand by ons nie.” 51 Laban het verder vir Jakob gesê: “Hier is die stapel klippe, en hier is die pilaar wat ek tussen my en jou opgerig het. 52 Hierdie stapel klippe is ’n getuie, en die pilaar is iets wat getuig+ dat ek nie verby hierdie stapel klippe sal gaan om iets slegs aan jou te doen nie en dat jy nie verby hierdie stapel klippe en hierdie pilaar sal gaan om iets slegs aan my te doen nie. 53 Mag die God van Abraham+ en die God van Nahor, die God van hulle pa, tussen ons oordeel.” En Jakob het gesweer by die Een wat deur sy pa, Isak, gevrees word.*+
54 Daarna het Jakob ’n offerande op die berg gebring en sy broers genooi om iets* te eet. Hulle het dus geëet en die nag op die berg deurgebring. 55 Maar Laban het die oggend vroeg opgestaan en sy kleinkinders*+ en sy dogters gesoen en hulle geseën.+ Toe het Laban vertrek en teruggegaan huis toe.+
32 Jakob het toe vertrek, en die engele van God het hom ontmoet. 2 Toe hy hulle sien, het Jakob gesê: “Dit is die kamp van God!” Hy het die plek dus Mahanaʹim* genoem.
3 Toe het Jakob boodskappers voor hom uit gestuur na sy broer, Esau, in die land Seïr,+ die gebied van Edom,+ 4 en hy het hulle hierdie opdrag gegee: “Dít is wat julle vir my heer, vir Esau, moet sê: ‘U kneg Jakob het gesê: “Ek het lank by Laban gewoon,* tot nou toe.+ 5 Ek het bulle, donkies, skape en diensknegte en diensmeisies verkry,+ en ek stuur hierdie boodskap om my heer hiervan te laat weet, sodat ek u goedkeuring kan kry.”’”
6 Later het die boodskappers na Jakob teruggekeer en gesê: “Ons was by u broer, Esau, en hy is nou op pad na u toe, en daar is 400 manne by hom.”+ 7 Jakob het toe baie bang en angstig geword.+ Hy het dus die mense wat by hom was, sowel as die kleinvee, die beeste en die kamele in twee kampe verdeel. 8 Hy het gesê: “As Esau die een kamp aanval, sal die ander kamp kan wegkom.”
9 Daarna het Jakob gesê: “O God van my voorvader Abraham en God van my pa, Isak, o Jehovah, u wat vir my sê: ‘Keer terug na jou land en jou familielede en ek sal goed wees vir jou,’+ 10 ek verdien nie al die lojale liefde wat u aan u kneg betoon het en u getrouheid nie,+ want ek het net met my staf deur hierdie Jordaanrivier getrek, en nou het ek twee kampe geword.+ 11 Red my, ek smeek u,+ uit die hand van my broer, Esau, want ek is bang dat hy sal kom en my, sowel as die ma’s en hulle kinders, sal aanval.+ 12 En u het gesê: ‘Ek sal beslis goed wees vir jou, en ek sal jou nageslag* soos die sandkorrels van die see maak, wat te veel is om te tel.’”+
13 En hy het daar oornag. Toe het hy van sy besittings geneem om dit as ’n geskenk vir sy broer, Esau, te gee:+ 14 200 bokooie, 20 bokramme, 200 skaapooie, 20 skaapramme, 15 30 kamele met hulle kalfies, 40 koeie, 10 bulle, 20 donkiemerries en 10 volgroeide donkiehingste.+
16 Hy het hulle aan sy knegte oorgegee, die een trop na die ander, en hy het vir sy knegte gesê: “Gaan voor my uit na die oorkant en maak seker dat daar ’n afstand tussen die troppe is.” 17 Hy het ook vir die eerste een gesê: “As my broer, Esau, jou teëkom en jou vra: ‘Aan wie behoort jy, en waarheen gaan jy en aan wie behoort die diere hier voor jou?’ 18 dan moet jy sê: ‘Aan u kneg Jakob. Dit is ’n geskenk wat vir my heer, vir Esau, gestuur word.+ En Jakob self kom ook agter ons aan.’” 19 En hy het ook vir die tweede, die derde en almal wat die troppe gevolg het, gesê: “Julle moet dieselfde vir Esau sê wanneer julle hom teëkom. 20 En julle moet ook sê: ‘U kneg Jakob is agter ons.’” Want hy het vir homself gesê: “As ek sy woede laat bedaar deur ’n geskenk vooruit te stuur,+ dan sal hy my dalk vriendelik ontvang wanneer ek hom sien.” 21 Toe is die geskenk voor hom uit gestuur, maar hy het die nag in die kamp deurgebring.
22 Later daardie nag het hy opgestaan en sy twee vrouens+ en sy twee diensmeisies+ en sy 11 jong seuns geneem en deur die drif van die Jabbok-stroom+ gegaan. 23 So het hy hulle na die ander kant van die stroom* gebring, saam met alles wat hy nog by hom gehad het.
24 Uiteindelik het Jakob alleen agtergebly. Toe het ’n man met hom begin stoei* tot dagbreek toe.+ 25 Toe die man sien dat hy nie die oorhand oor Jakob gaan kry nie, het hy aan die potjie van Jakob se heup geraak, en die potjie van sy heup het uit lid geraak terwyl hy met hom gestoei* het.+ 26 Daarna het die man gesê: “Laat my gaan, want dit word al dag.” Maar Jakob het gesê: “Ek sal u nie laat gaan tensy u my seën nie.”+ 27 Toe het die man hom gevra: “Wat is jou naam?” En hy het gesê: “Jakob.” 28 Daarna het hy gesê: “Jou naam sal nie meer Jakob wees nie, maar Israel,*+ want jy het met God en mense ’n stryd gevoer,+ en jy het uiteindelik die oorhand gekry.” 29 Jakob het gevra: “Sê asseblief vir my wat u naam is.” Maar hy het gesê: “Hoekom vra jy my naam?”+ Toe het hy hom daar geseën. 30 Jakob het die plek Pniël*+ genoem, want hy het gesê: “Ek het God van aangesig tot aangesig gesien, en tog is my lewe gespaar.”+
31 En die son het opgekom net toe hy by Pnuel* verbygaan, maar hy het mank geloop as gevolg van sy heup.+ 32 Daarom eet die kinders van Israel tot vandag toe nie die sening* aan die potjie van die heup nie, omdat die man aan die potjie van Jakob se heup geraak het by die sening.
33 Toe Jakob opkyk, het hy Esau sien aankom, en daar was 400 manne by hom.+ Daarom het hy die kinders tussen Lea, Ragel en die twee diensmeisies verdeel.+ 2 Hy het die diensmeisies en hulle kinders voor gesit,+ Lea en haar kinders agter hulle+ en Ragel+ en Josef heel agter. 3 Daarna het hy voor hulle uit gegaan en sewe keer na die grond toe neergebuig terwyl hy nader aan sy broer gekom het.
4 Maar Esau het na hom toe gehardloop en hom omhels en hom gesoen, en hulle het in trane uitgebars. 5 Toe Esau die vrouens en die kinders sien, het hy gevra: “Wie is die mense by jou?” En Jakob het gesê: “Die kinders met wie God u kneg geseën het.”+ 6 Toe het die diensmeisies saam met hulle kinders vorentoe gekom en neergebuig, 7 en Lea het ook saam met haar kinders vorentoe gekom en neergebuig. Daarna het Josef saam met Ragel vorentoe gekom, en hulle het neergebuig.+
8 Esau het gevra: “Wat is die doel van hierdie hele groep reisigers wat ek teëgekom het?”+ Hy het geantwoord: “Om my heer se goedkeuring te kry.”+ 9 Toe het Esau gesê: “Ek het baie besittings, my broer.+ Hou wat joune is.” 10 Maar Jakob het gesê: “Nee, asseblief! As ek u goedkeuring het, aanvaar my geskenk, want ek het dit saamgebring omdat ek u wou sien. Toe ek u sien en u my met ope arms ontvang het,+ was dit asof ek God gesien het. 11 Aanvaar asseblief hierdie seën, hierdie geskenk wat na u toe gebring is,+ want God was baie goed vir my, en ek het alles wat ek nodig het.”+ En hy het so by hom aangedring dat hy dit uiteindelik geneem het.
12 Later het Esau gesê: “Laat ons verder gaan, en laat ek voor jou uit gaan.” 13 Maar hy het vir hom gesê: “My heer, u weet goed dat die kinders nog jonk is+ en dat daar skape en beeste onder my sorg is met kleintjies wat nog aan hulle drink. As hulle net vir een dag te vinnig aangedryf word, sal die hele kudde doodgaan. 14 Laat my heer asseblief voor sy kneg uit gaan, maar ek sal teen ’n stadiger pas verder reis, volgens die pas van my vee en van die kinders, totdat ek by my heer in Seïr aankom.”+ 15 Toe het Esau gesê: “Laat my asseblief van my mense by jou los.” Maar hy het gesê: “Dit is regtig nie nodig nie. Ek wil net my heer se goedkeuring hê.” 16 Esau het op daardie dag vertrek om na Seïr terug te gaan.
17 Jakob het na Sukkot+ gereis, en hy het vir hom ’n huis gebou en skuilings vir sy diere gemaak. Daarom het hy die plek Sukkot* genoem.
18 Nadat Jakob van Paddan-Aram+ af gereis het, het hy veilig by die stad Sigem,+ in die land Kanaän,+ aangekom, en hy het sy kamp naby die stad opgeslaan. 19 Toe het hy ’n stuk van die veld waar hy sy tent opgeslaan het, vir 100 geldstukke gekoop by die seuns van Hemor, die pa van Sigem.+ 20 Daar het hy ’n altaar opgerig en dit genoem: God is die God van Israel.+
34 Dina, Jakob se dogter wat hy by Lea gehad het,+ het die gewoonte gehad om by die jong vroue van die land te kuier.+ 2 Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet,+ ’n hoofman van die land, haar gesien het, het hy haar gegryp en haar verkrag. 3 En hy het baie geheg geraak aan Dina, die dogter van Jakob, en hy het verlief geraak op die jong vrou en het met sy woorde haar hart probeer wen. 4 Uiteindelik het Sigem vir Hemor,+ sy pa, gesê: “Kry vir my hierdie jong vrou sodat ek met haar kan trou.”
5 Toe Jakob hoor dat hy sy dogter Dina onteer het, was sy seuns by sy kudde in die veld. Jakob het dus niks gesê totdat hulle teruggekom het nie. 6 Later het Hemor, Sigem se pa, na Jakob toe gegaan om met hom te praat. 7 Maar die seuns van Jakob het daarvan gehoor en dadelik van die veld af teruggekeer. Hulle was ontsteld en baie kwaad, want hy het Israel onteer deur seksuele omgang met Jakob se dogter te hê,+ iets wat glad nie gedoen mag word nie.+
8 Hemor het met hulle gepraat en gesê: “My seun Sigem wil julle dogter baie graag hê.* Gee haar asseblief vir hom as sy vrou 9 en laat daar huweliksverbintenisse tussen ons wees. Gee vir ons julle dogters, en neem ons dogters vir julle.+ 10 Julle mag by ons woon, en die land sal vir julle beskikbaar wees. Woon en dryf handel in die land en vestig julle hier.” 11 Toe het Sigem vir Dina se pa en haar broers gesê: “Gee vir my asseblief waarvoor ek vra, en ek sal vir julle gee wat julle ook al van my vra. 12 Vra my gerus vir ’n baie hoë bruidsprys en ’n baie duur geskenk.+ Ek is bereid om vir julle enigiets te gee wat julle van my vra. Gee my net die jong vrou sodat ek met haar kan trou.”
13 Jakob se seuns het ’n bedrieglike antwoord vir Sigem en Hemor, sy pa, gegee omdat hy Dina, hulle suster, onteer het. 14 Hulle het vir hulle gesê: “Ons kan beslis nie toelaat dat ons suster aan ’n man gegee word wat nie besny is* nie,+ want dit sal ’n skande vir ons wees. 15 Ons kan dit net op hierdie voorwaarde toelaat: Julle moet soos ons word en al die manlike persone onder julle besny.+ 16 Dan sal ons ons dogters aan julle gee, en ons sal julle dogters vir ons neem, en ons sal by julle woon en een volk word. 17 Maar as julle nie na ons luister en besny word nie, sal ons ons dogter neem en gaan.”
18 Wat hulle gesê het, het goed geklink vir Hemor+ en sy seun Sigem.+ 19 Die jong man het dadelik gedoen wat hulle gevra het,+ want hy het baie van Jakob se dogter gehou, en hy was die mees geëerde man van sy pa se hele huis.
20 Toe het Hemor en sy seun Sigem na die stadspoort gegaan en met die manne van hulle stad gepraat+ en gesê: 21 “Hierdie manne wil in vrede met ons lewe. Laat hulle in die land woon en daarin handel dryf, want die land is groot genoeg vir hulle om ook daarin te woon. Ons kan hulle dogters vir ons as vrouens neem, en ons kan ons dogters vir hulle gee.+ 22 Maar die manne sal net op een voorwaarde instem om by ons te woon, sodat ons een volk kan word: Elke manlike persoon onder ons moet besny word, net soos hulle besny is.+ 23 Sal hulle besittings, hulle rykdom en al hulle vee dan nie ons s’n word nie? Kom ons doen dus wat hulle vra, sodat hulle by ons kan woon.” 24 Almal wat by die stadspoort was, het na Hemor en sy seun Sigem geluister, en al die manlike persone van die stad is besny.
25 Maar op die derde dag, toe hulle nog in pyn was, het twee van Jakob se seuns, Siʹmeon en Levi, broers van Dina,+ hulle swaarde geneem. Hulle het in die stad ingegaan, terwyl niemand in die stad iets vermoed het nie, en het almal wat manlik is, doodgemaak.+ 26 Hulle het Hemor en sy seun Sigem met die swaard doodgemaak en toe Dina uit Sigem se huis geneem en weggegaan. 27 Nadat die mans doodgemaak is, het Jakob se ander seuns die stad gestroop omdat hulle hulle suster onteer het.+ 28 Hulle het hulle kleinvee, hulle beeste, hulle donkies en alles in die stad en in die veld geneem. 29 Hulle het ook al hulle besittings geneem, al hulle kindertjies en hulle vrouens gevange geneem en die huise leeg gestroop.
30 Toe het Jakob vir Siʹmeon en Levi+ gesê: “Julle het groot moeilikheid vir my gemaak* deur te veroorsaak dat die inwoners van die land, die Kanaäniete en die Perissiete, my haat. Ek het min mense by my, en hulle sal bymekaarkom en my aanval, en ek sal vernietig word, ek en my familie.” 31 Maar hulle het gesê: “Behoort enigiemand ons suster soos ’n prostituut te behandel?”
35 Daarna het God vir Jakob gesê: “Staan op, trek na Bet-El+ en woon daar, en bou daar ’n altaar vir die ware God, wat aan jou verskyn het toe jy vir jou broer, Esau, gevlug het.”+
2 Toe het Jakob vir sy huishouding en vir almal wat by hom was, gesê: “Raak ontslae van die vreemde gode wat julle by julle het+ en reinig julle en trek ander klere aan, 3 en laat ons na Bet-El trek. Ek sal daar ’n altaar bou vir die ware God, wat my geantwoord het op die dag toe ek in die moeilikheid was en wat met my was, waar ek ook al gegaan het.”+ 4 Toe het hulle al die vreemde gode wat hulle gehad het en die oorringe wat aan hulle ore was, vir Jakob gegee, en Jakob het dit onder die groot boom naby Sigem begrawe.*
5 Toe hulle verder gereis het, het God die mense van die stede rondom hulle so bang laat word dat hulle nie die seuns van Jakob agternagesit het nie. 6 Jakob en al die mense by hom het uiteindelik in Lus+ aangekom, dit wil sê Bet-El, in die land Kanaän. 7 Daar het hy ’n altaar gebou, en hy het die plek El-Bet-El* genoem, want die ware God het hom daar aan Jakob geopenbaar toe hy vir sy broer gevlug het.+ 8 Later het Deboʹra,+ Rebekka se oppasser, gesterf en is sy by Bet-El onder ’n eikeboom begrawe. Daarom het hy dit Allon-Baʹkut* genoem.
9 Gedurende Jakob se reis van Paddan-Aram af het God weer aan hom verskyn en hom geseën. 10 God het vir hom gesê: “Jou naam is Jakob,+ maar jy sal nie meer Jakob genoem word nie. Jou naam sal Israel wees.” En hy het hom Israel begin noem.+ 11 God het verder vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige.+ Wees vrugbaar en word baie. Nasies en ’n versameling van nasies sal uit jou voortkom,+ en konings sal van jou afstam.*+ 12 Die land wat ek aan Abraham en aan Isak gegee het, sal ek aan jou gee, en aan jou nageslag* sal ek die land gee.”+ 13 Toe het God van hom af weggegaan, weg van die plek waar hy met hom gepraat het.
14 Jakob het toe ’n pilaar opgerig op die plek waar hy met hom gepraat het, ’n klippilaar, en hy het eers ’n drankoffer en toe olie daarop uitgegooi.+ 15 En Jakob het die plek waar God met hom gepraat het, nog steeds Bet-El+ genoem.
16 Toe het hulle van Bet-El af weggetrek. En terwyl hulle nog ’n goeie ent van Efrat af was, het Ragel geboorte begin gee, en dit was ’n baie moeilike geboorte. 17 Maar terwyl sy gesukkel het om aan die kind geboorte te gee, het die vroedvrou vir haar gesê: “Moenie bang wees nie, want jy sal ook hierdie seun hê.”+ 18 In die laaste oomblikke van haar lewe* (want sy was besig om te sterf), het sy hom Ben-Oni* genoem, maar sy pa het hom Benjamin*+ genoem. 19 So het Ragel gesterf, en sy is begrawe op pad na Efrat, dit wil sê Betlehem.+ 20 Jakob het ’n pilaar op haar graf opgerig, en die pilaar staan tot vandag toe op Ragel se graf.
21 Daarna het Israel weggetrek en sy tent ’n ent anderkant die Eder-toring opgeslaan. 22 Terwyl Israel in daardie land gewoon het, het Ruben eenkeer by Bilha, sy pa se byvrou, geslaap, en Israel het daarvan uitgevind.+
Jakob het 12 seuns gehad. 23 Die seuns wat Jakob by Lea gehad het, was Ruben, sy eersgeborene,+ toe Siʹmeon, Levi, Juda, Isʹsaskar en Seʹbulon. 24 Die seuns wat hy by Ragel gehad het, was Josef en Benjamin. 25 Die seuns wat hy by Bilha, Ragel se diensmeisie, gehad het, was Dan en Nafʹtali. 26 En die seuns wat hy by Silpa, Lea se diensmeisie, gehad het, was Gad en Aser. Dit is Jakob se seuns wat in Paddan-Aram gebore is.
27 Jakob het uiteindelik by sy pa, Isak, in Mamre aangekom,+ in Kirjat-Arba, dit wil sê Heʹbron. Abraham sowel as Isak het as uitlanders daar gewoon.+ 28 Isak het 180 jaar lank gelewe.+ 29 Toe het Isak sy laaste asem uitgeblaas en gesterf, en hy is tot sy volk versamel* ná ’n lang en bevredigende lewe. Sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.+
36 Dít is die geskiedenis van Esau, dit wil sê Edom.+
2 Esau het sy vrouens uit die dogters van Kanaän geneem: Ada,+ die dogter van Elon, die Hetiet;+ Oholibaʹma,+ die dogter van Ana, die kleindogter van Siʹbeon, die Hewiet; 3 en Basmat,+ die dogter van Isʹmael en die suster van Neʹbajot.+
4 En Ada het vir Esau geboorte gegee aan Eʹlifas, en Basmat het geboorte gegee aan Reʹhuel,
5 en Oholibaʹma het geboorte gegee aan Jeüs, Jalam en Korag.+
Dit is die seuns van Esau, wat in die land Kanaän gebore is. 6 Daarna het Esau met sy vrouens, sy seuns, sy dogters, al die lede van sy huishouding, sy kudde en al sy ander diere en al die rykdom wat hy in die land Kanaän bymekaargemaak het,+ na ’n ander land getrek, weg van Jakob, sy broer, af.+ 7 Hulle het soveel besittings gehad dat hulle nie bymekaar kon woon nie, en die land waar hulle gewoon het,* was nie groot genoeg vir hulle kuddes nie. 8 Esau het dus in die bergstreek Seïr gaan woon.+ Esau word ook Edom genoem.+
9 Hier volg die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die bergstreek Seïr.+
10 Dít is die name van die seuns van Esau: Eʹlifas, die seun van Esau se vrou Ada; Reʹhuel, die seun van Esau se vrou Basmat.+
11 Die seuns van Eʹlifas was Teman,+ Omar, Sefo, Gatam en Kenas.+ 12 Timna het die byvrou geword van Eʹlifas, Esau se seun. Ná verloop van tyd het sy vir Eʹlifas geboorte gegee aan Aʹmalek.+ Dit is die kleinseuns van Esau se vrou Ada.
13 Dít is die seuns van Reʹhuel: Nahat, Serag, Samma en Missa. Dit was die kleinseuns van Esau se vrou Basmat.+
14 Dít was die seuns van Esau se vrou Oholibaʹma, die dogter van Ana, die kleindogter van Siʹbeon, aan wie sy vir Esau geboorte gegee het: Jeüs, Jalam en Korag.
15 Dít is die sjeiks* van die seuns van Esau:+ Die seuns van Eʹlifas, Esau se eersgeborene, was sjeik Teman, sjeik Omar, sjeik Sefo, sjeik Kenas,+ 16 sjeik Korag, sjeik Gatam en sjeik Aʹmalek. Dit is die sjeiks van Eʹlifas+ in die land Edom. Dit is die kleinseuns van Ada.
17 Dít is die seuns van Reʹhuel, Esau se seun: sjeik Nahat, sjeik Serag, sjeik Samma en sjeik Missa. Dit is die sjeiks van Reʹhuel in die land Edom.+ Dit is die kleinseuns van Esau se vrou Basmat.
18 Laastens is dít die seuns van Esau se vrou Oholibaʹma: sjeik Jeüs, sjeik Jalam en sjeik Korag. Dit is die sjeiks van Esau se vrou Oholibaʹma, die dogter van Ana.
19 Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle sjeiks. Hy word ook Edom genoem.+
20 Dít is die seuns van Seïr, die Horiet, die inwoners van die land:+ Lotan, Sobal, Siʹbeon, Ana,+ 21 Dison, Eser en Disan.+ Dit is die sjeiks van die Horiete, die seuns van Seïr, in die land Edom.
22 Die seuns van Lotan was Hori en Hemam, en Lotan se suster was Timna.+
23 Dít is die seuns van Sobal: Alwan, Manaʹhat, Ebal, Sefo en Onam.
24 Dít is die seuns van Siʹbeon:+ Aja en Ana. Dit is die Ana wat die warmwaterbronne in die wildernis gevind het terwyl hy die donkies vir sy pa, Siʹbeon, opgepas het.
25 Dít is die kinders van Ana: Dison en Oholibaʹma, die dogter van Ana.
26 Dít is die seuns van Dison: Hemdan, Esban, Jitran en Keran.+
27 Dít is die seuns van Eser: Bilhan, Saʹäwan en Akan.
28 Dít is die seuns van Disan: Us en Aran.+
29 Dít is die sjeiks van die Horiete: sjeik Lotan, sjeik Sobal, sjeik Siʹbeon, sjeik Ana, 30 sjeik Dison, sjeik Eser en sjeik Disan.+ Dit is die sjeiks van die Horiete volgens hulle sjeiks in die land Seïr.
31 En dít is die konings wat in die land Edom regeer het+ voordat enige koning oor die Israeliete regeer het:+ 32 Bela, die seun van Beor, het in Edom regeer, en die naam van sy stad was Dinhaʹba. 33 Toe Bela gesterf het, het Jobab, die seun van Serag, uit Bosra, in sy plek begin regeer. 34 Toe Jobab gesterf het, het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek begin regeer. 35 Toe Husam gesterf het, het Hadad, die seun van Bedad, in sy plek begin regeer. Hy het die Midianiete+ in die gebied van Moab verslaan, en die naam van sy stad was Awit. 36 Toe Hadad gesterf het, het Samla, uit Masʹreka, in sy plek begin regeer. 37 Toe Samla gesterf het, het Saul, uit Reʹhobot by die Rivier, in sy plek begin regeer. 38 Toe Saul gesterf het, het Baäl-Hanan, die seun van Akbor, in sy plek begin regeer. 39 Toe Baäl-Hanan, die seun van Akbor, gesterf het, het Hadar in sy plek begin regeer. Die naam van sy stad was Pahu, en die naam van sy vrou was Mehetaʹbel, die dogter van Matred, die dogter van Meʹsahab.
40 En dít is die name van die sjeiks van Esau volgens hulle families, volgens hulle plekke, volgens hulle name: sjeik Timna, sjeik Alwa, sjeik Jetet,+ 41 sjeik Oholibaʹma, sjeik Ela, sjeik Pinon, 42 sjeik Kenas, sjeik Teman, sjeik Mibsar, 43 sjeik Magʹdiël en sjeik Iram. Dit is die sjeiks van Edom volgens hulle woonplekke in die land van hulle besitting.+ Dit is Esau, die vader van die Edomiete.+
37 Jakob het in die land Kanaän bly woon, waar sy pa as ’n uitlander gewoon het.+
2 Dít is die geskiedenis van Jakob:
Toe Josef+ 17 jaar oud was, het hy die kleinvee opgepas+ saam met die seuns van Bilha+ en Silpa,+ sy pa se vrouens. En Josef het vir sy pa vertel dat hulle slegte dinge doen. 3 En Israel het Josef meer liefgehad as al sy ander seuns+ omdat hy die seun van sy oudag was, en hy het vir hom ’n spesiale kleed* laat maak. 4 Toe sy broers sien dat hulle pa liewer is vir hom as vir hulle, het hulle hom begin haat, en hulle kon nie op ’n mooi manier met hom praat nie.
5 Later het Josef ’n droom gehad en sy broers daarvan vertel,+ en dit het hulle nog meer rede gegee om hom te haat. 6 Hy het vir hulle gesê: “Luister asseblief na hierdie droom wat ek gehad het. 7 Ons was in die middel van die landery besig om graanbondels te bind toe my bondel regop gaan staan het en julle bondels om myne gaan staan het en daarvoor neergebuig het.”+ 8 Sy broers het vir hom gesê: “Gaan jy jou nou regtig koning oor ons maak en oor ons regeer?”+ As gevolg van sy drome en wat hy gesê het, het hulle dus nog ’n rede gevind om hom te haat.
9 Daarna het hy nog ’n droom gehad, en hy het vir sy broers daarvan vertel en gesê: “Ek het nog ’n droom gehad. Hierdie keer het die son en die maan en 11 sterre voor my neergebuig.”+ 10 Toe het hy sy pa en sy broers daarvan vertel, en sy pa het hom tereggewys en vir hom gesê: “Wat beteken hierdie droom wat jy gehad het? Gaan ek en jou ma en jou broers regtig voor jou kom neerbuig?” 11 En sy broers het jaloers geword op hom,+ maar sy pa het onthou wat hy gesê het.
12 Op ’n dag het sy broers gegaan om hulle pa se kleinvee naby Sigem+ te laat wei. 13 Later het Israel vir Josef gesê: “Jou broers pas mos die kleinvee naby Sigem op. Ek wil hê dat jy na hulle toe moet gaan.” Josef het geantwoord: “Ek sal gaan!” 14 Toe het Israel vir hom gesê: “Gaan kyk asseblief of dit goed gaan met jou broers. Kyk hoe dit met die kleinvee gaan, en kom sê vir my.” En hy het hom uit die vallei van Heʹbron+ na Sigem gestuur. 15 Later het ’n man Josef teëgekom terwyl hy in die veld geloop het. Die man het hom gevra: “Waarna soek jy?” 16 Hy het geantwoord: “Ek soek na my broers. Sê asseblief vir my waar hulle die kleinvee oppas.” 17 Die man het gesê: “Hulle is hier weg, en ek het hulle hoor sê: ‘Kom ons gaan na Dotan.’” Josef het toe na Dotan gegaan en sy broers daar gevind.
18 Hulle het hom van ver af gesien, en nog voordat hy by hulle aangekom het, het hulle ’n plan begin beraam om hom dood te maak. 19 Hulle het vir mekaar gesê: “Kyk! Hier kom daardie dromer.+ 20 Kom ons maak hom dood en gooi hom in een van die waterputte, en dan sê ons dat ’n wilde dier hom verslind het. Dan sal ons sien wat van sy drome word.” 21 Toe Ruben+ dit hoor, het hy hom probeer red. Daarom het hy gesê: “Ons moenie sy lewe* neem nie.”+ 22 Ruben het vir hulle gesê: “Moenie hom doodmaak nie.+ Gooi hom in hierdie waterput in die wildernis, maar moet hom nie seermaak nie.”+ Hy wou hom red sodat hy hom na sy pa kon terugbring.
23 Die oomblik toe Josef by sy broers kom, het hulle sy kleed uitgetrek, die spesiale kleed wat hy gedra het,+ 24 en hulle het hom geneem en hom in die waterput gegooi. Die put was op daardie stadium leeg.
25 Toe het hulle gaan sit om te eet. Toe hulle opkyk, was daar ’n karavaan Ismaeliete+ wat uit Giʹlead gekom het. Hulle kamele het gom,* balsem en die bas van gombome+ vervoer, en hulle was op pad Egipte toe. 26 Juda het vir sy broers gesê: “Wat kry ons daaruit as ons ons broer doodmaak en dit geheim hou?*+ 27 Kom ons verkoop hom+ aan die Ismaeliete eerder as om hom seer te maak. Hy is tog ons broer, ons vlees en bloed.” Toe het hulle na hulle broer geluister. 28 En toe die Midianitiese+ handelaars verbykom, het hulle Josef uit die waterput uitgetrek en hom vir 20 silwerstukke aan die Ismaeliete verkoop.+ Hierdie manne het Josef Egipte toe geneem.
29 Later, toe Ruben na die waterput terugkeer en sien dat Josef nie in die waterput is nie, het hy sy klere geskeur. 30 Toe hy weer by sy broers kom, het hy uitgeroep: “Die kind is weg! Wat gaan ek nou doen?”
31 Hulle het toe Josef se kleed geneem en ’n bokram geslag en die kleed in die bloed gedruk. 32 Daarna het hulle die spesiale kleed na hulle pa gestuur en gesê: “Dit is wat ons gevind het. Kyk asseblief of dit Josef se kleed is of nie.”+ 33 Toe het hy dit ondersoek en uitgeroep: “Dit ís my seun se kleed! ’n Wilde dier moes hom verslind het! Josef is sekerlik verskeur!” 34 Jakob het toe sy klere geskeur en saklinne om sy middel gesit en baie dae oor sy seun getreur. 35 En al sy seuns en dogters het hom heeltyd probeer troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en het gesê: “Ek sal oor my seun treur totdat ek in die Graf*+ afgaan!” En sy pa het oor hom bly huil.
36 Intussen het die Midianiete Josef in Egipte verkoop aan Poʹtifar, ’n hofbeampte van Farao+ en die hoof van die wagte.+
38 Omtrent daardie tyd het Juda van sy broers af weggetrek. Hy het sy tent opgeslaan naby ’n Adullamitiese man met die naam Hira. 2 Daar het Juda die dogter van ’n sekere Kanaäniet+ met die naam Sua gesien. Toe het hy haar as vrou geneem en seksuele omgang met haar gehad, 3 en sy het swanger geword. Later het sy aan ’n seun geboorte gegee, en Juda het hom Er+ genoem. 4 Sy het weer swanger geword en geboorte gegee aan ’n seun en hom Onan genoem. 5 Sy het weer aan ’n seun geboorte gegee en hom Sela genoem. Juda was in Agsib+ toe sy geboorte gegee het.
6 Later het Juda vir Er, sy eersgeborene, ’n vrou geneem, en haar naam was Tamar.+ 7 Maar Er, Juda se eersgeborene, was sleg in Jehovah se oë. Jehovah het hom dus doodgemaak. 8 As gevolg hiervan het Juda vir Onan gesê: “Sluit ’n swaershuwelik met jou broer se vrou. Slaap by haar en verwek ’n nageslag vir jou broer.”+ 9 Maar Onan het geweet dat die nageslag nie as syne beskou sou word nie.+ Elke keer as hy seksuele omgang met sy broer se vrou gehad het, het hy dus sy saad op die grond gestort sodat hy vir sy broer geen nageslag sou gee nie.+ 10 Wat hy gedoen het, was sleg in Jehovah se oë, en daarom het hy hom ook doodgemaak.+ 11 Toe het Juda vir Tamar, sy skoondogter, gesê: “Gaan woon as ’n weduwee in die huis van jou pa totdat my seun Sela groot is,” want hy het vir homself gesê: “Dalk sterf hy ook soos sy broers.”+ Tamar het toe in die huis van haar pa gaan bly.
12 Ná verloop van tyd het Juda se vrou, die dogter van Sua,+ gesterf. Juda het ’n tyd lank gerou, en toe het hy na sy skaapskeerders in Timna+ gegaan saam met sy vriend Hira, die Adullamiet.+ 13 Toe is daar vir Tamar gesê: “Jou skoonpa is op pad na Timna om sy skape te skeer.” 14 Sy het haar rouklere uitgetrek en haar met ’n sluier en ’n tjalie bedek en by die ingang van Enaʹim gaan sit, op pad na Timna, want sy het gesien dat Sela grootgeword het, maar dat sy nie as vrou aan hom gegee is nie.+
15 Toe Juda haar sien, het hy dadelik gedink dat sy ’n prostituut is, omdat sy haar gesig bedek het. 16 Toe het hy na haar toe gegaan langs die pad en gesê: “Laat my asseblief toe om by jou te slaap,” want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter is nie.+ Maar sy het gesê: “Wat sal jy my gee as ek jou toelaat om by my te slaap?” 17 Hy het geantwoord: “Ek sal ’n boklam uit my kudde stuur.” Maar sy het gevra: “Sal jy ’n waarborg gee totdat jy dit stuur?” 18 Hy het verder gesê: “Watter waarborg moet ek vir jou gee?” Toe het sy gesê: “Jou seëlring+ en die toutjie waaraan dit vas is en jou staf wat in jou hand is.” Hy het dit toe vir haar gegee en seksuele omgang met haar gehad, en sy het by hom swanger geword. 19 Daarna het sy opgestaan en weggegaan en haar tjalie afgehaal en haar rouklere aangetrek.
20 Juda het toe sy vriend, die Adullamiet,+ met die boklam gestuur om die waarborg by die vrou te gaan haal, maar hy kon haar nie kry nie. 21 Hy het die manne van die plek gevra: “Waar is daardie tempelprostituut wat in Enaʹim langs die pad was?” Maar hulle het gesê: “Daar was nog nooit ’n tempelprostituut hier nie.” 22 Uiteindelik het hy na Juda toe teruggekeer en gesê: “Ek kon haar nêrens kry nie, en die manne van die plek het ook gesê: ‘Daar was nog nooit ’n tempelprostituut hier nie.’” 23 Toe het Juda gesê: “Laat sy dit hou, sodat ons nie ’n bespotting van onsself maak nie. In elk geval, ek het nou hierdie boklam gestuur, maar jy kon haar nêrens kry nie.”
24 Maar ongeveer drie maande later is daar vir Juda gesê: “Jou skoondogter Tamar het haar soos ’n prostituut gedra, en sy is nou swanger as gevolg van haar prostitusie.” Toe het Juda gesê: “Bring haar uit en laat sy verbrand word.”+ 25 Terwyl hulle haar uitgebring het, het sy hierdie boodskap aan haar skoonpa gestuur: “Die man aan wie hierdie goed behoort, het my swanger gemaak.” Toe het sy bygevoeg: “Ondersoek asseblief aan wie hierdie seëlring, toutjie en staf behoort.”+ 26 Toe het Juda dit ondersoek en gesê: “Sy is regverdiger as ek, omdat ek haar nie aan my seun Sela gegee het nie.”+ En daarna het hy nie weer seksuele omgang met haar gehad nie.
27 Toe die tyd aanbreek vir haar om geboorte te gee, was dit ’n tweeling. 28 Terwyl sy geboorte gegee het, het een sy hand uitgesteek, en die vroedvrou het dadelik ’n helderrooi toutjie om sy hand gebind en gesê: “Hierdie een het eerste uitgekom.” 29 Maar hy het sy hand teruggetrek, en sy broer het uitgekom, en sy het uitgeroep: “Jy het omtrent ’n skeuring veroorsaak om uit te kom!” Daarom is hy Peres*+ genoem. 30 Daarna het sy broer uitgekom, die een om wie se hand die helderrooi toutjie gebind was, en hy is Serag+ genoem.
39 Josef is deur die Ismaeliete+ na Egipte geneem.+ ’n Egiptenaar met die naam Poʹtifar,+ ’n hofbeampte van Farao en die hoof van die wagte, het hom by hulle gekoop. 2 Maar Jehovah was met Josef.+ Daarom het hy suksesvol geword en is hy oor die huis van sy meester, die Egiptenaar, aangestel. 3 Sy meester het gesien dat Jehovah met hom is en dat Jehovah alles wat hy doen, suksesvol maak.
4 Josef het sy meester se goedkeuring geniet, en hy het sy persoonlike dienaar geword. Poʹtifar het hom dus oor sy huis en oor al sy besittings aangestel. 5 Van die tyd af dat hy hom oor sy huis en oor al sy besittings aangestel het, het Jehovah die huis van die Egiptenaar bly seën as gevolg van Josef. Jehovah se seën was op alles wat hy in die huis en in die veld gehad het.+ 6 Uiteindelik het hy alles wat hy gehad het, in Josef se sorg gelaat. Al wat hy moes doen, was om die kos te eet wat voor hom gesit is. En Josef het ’n fris geboude en aantreklike man geword.
7 Ná hierdie dinge het die vrou van sy meester vol begeerte na Josef begin kyk en gesê: “Kom slaap by my.” 8 Maar hy het geweier en vir sy meester se vrou gesê: “My meester bekommer hom nie oor ’n enkele ding in sy huis nie. Hy het alles wat aan hom behoort, in my sorg geplaas. 9 Daar is niemand in hierdie huis wat groter is as ek nie, en hy het niks van my teruggehou nie, behalwe u, omdat u sy vrou is. Hoe kan ek dan so ’n slegte ding doen en in werklikheid teen God sondig?”+
10 Sy het dag ná dag met Josef gepraat, maar hy het nooit ingestem om by haar te slaap of om tyd saam met haar deur te bring nie. 11 Maar op ’n dag toe hy in die huis ingegaan het om sy werk te doen, was nie een van die knegte van die huishouding daar nie. 12 Toe het sy hom aan sy kleed gegryp en gesê: “Kom slaap by my!” Maar hy het sy kleed in haar hand agtergelaat en buitentoe gevlug. 13 Toe sy sien dat hy sy kleed in haar hand agtergelaat het en buitentoe gevlug het, 14 het sy na die manne van haar huis begin roep en vir hulle gesê: “My man het hierdie Hebreër na ons toe gebring om ’n bespotting van ons te maak. Hy wou by my kom slaap, maar ek het so hard geskree as wat ek kon. 15 Toe hy hoor dat ek begin gil en skree, het hy sy kleed langs my gelos en buitentoe gevlug.” 16 Daarna het sy sy kleed by haar gehou totdat sy meester huis toe gekom het.
17 Toe het sy vir hom dieselfde storie vertel en gesê: “Die Hebreeuse kneg wat jy na ons toe gebring het, het na my toe gekom om ’n bespotting van my te maak. 18 Maar toe ek hard begin skree het, het hy sy kleed langs my gelos en buitentoe gevlug.” 19 Toe sy meester sy vrou se beskuldigings teen sy kneg hoor, het hy woedend geword. 20 En Josef se meester het hom in die tronk laat gooi waar die gevangenes van die koning aangehou is, en hy het daar in die tronk gebly.+
21 Maar Jehovah was met Josef en het aangehou om lojale liefde aan hom te betoon. En hy het hom die goedkeuring van die hoofbeampte van die tronk laat geniet.+ 22 Daarom het die hoofbeampte van die tronk Josef oor al die gevangenes in die tronk aangestel, en Josef het seker gemaak dat al die werk daar gedoen word.+ 23 Dit was nie vir die hoofbeampte van die tronk nodig om na enigiets om te sien wat onder Josef se toesig was nie, want Jehovah was met Josef, en Jehovah het alles wat hy gedoen het, suksesvol gemaak.+
40 Ná hierdie dinge het die hoofskinker+ van die koning van Egipte en die hoofbakker gesondig teen hulle heer, die koning van Egipte. 2 Daarom het Farao kwaad geword vir sy twee beamptes, die hoofskinker en die hoofbakker.+ 3 En hy het hulle in die tronk van die hoof van die wagte+ gesit, waar Josef ’n gevangene was.+ 4 Toe het die hoof van die wagte Josef aangestel om na hulle om te sien,+ en hulle het ’n tyd lank in die tronk gebly.
5 Die skinker en die bakker van die koning van Egipte het elkeen op dieselfde nag ’n droom gehad terwyl hulle in die tronk was, en elke droom het sy eie betekenis gehad. 6 Die volgende oggend toe Josef inkom, het hy gesien dat hulle mismoedig is. 7 Toe het hy die beamptes van Farao wat ook gevangenes in sy meester se huis was, gevra: “Hoekom lyk julle vandag so mismoedig?” 8 Hulle het vir hom gesê: “Ons het elkeen ’n droom gehad, maar daar is niemand wat vir ons kan sê wat dit beteken nie.” Josef het vir hulle gesê: “Is dit nie net God wat kan sê wat sulke dinge beteken nie?+ Vertel dit asseblief vir my.”
9 Die hoofskinker het sy droom vir Josef vertel en gesê: “In my droom was daar ’n wingerdstok voor my. 10 Aan die wingerdstok was daar drie takkies, en terwyl dit uitgeloop het, het bloeisels uitgekom, en trosse ryp druiwe het daaruit gegroei. 11 En Farao se beker was in my hand, en ek het die druiwe geneem en dit in Farao se beker uitgedruk. Daarna het ek die beker vir Farao gegee.” 12 Toe het Josef vir hom gesê: “Hier is die betekenis: Die drie takkies is drie dae. 13 Oor drie dae sal Farao jou vrylaat en jou in jou amp herstel,+ en jy sal Farao se beker vir hom gee, soos jy voorheen gedoen het toe jy sy skinker was.+ 14 Maar jy moet aan my dink wanneer dit met jou goed gaan. Doen my asseblief ’n guns* en vertel Farao van my sodat ek uit hierdie plek kan kom. 15 Ek is eintlik ontvoer uit die land van die Hebreërs,+ en ek het niks hier gedoen waarvoor hulle my in die tronk* moes sit nie.”+
16 Toe die hoofbakker hoor dat die skinker se droom iets goeds beteken, het hy vir Josef gesê: “In my droom was daar drie mandjies met witbrood op my kop. 17 In die boonste mandjie was daar allerhande gebakte eetgoed vir Farao, en daar was voëls wat dit uit die mandjie bo-op my kop geëet het.” 18 Toe het Josef geantwoord: “Hier is die betekenis: Die drie mandjies is drie dae. 19 Oor drie dae sal Farao jou kop afkap en jou aan ’n paal hang, en die voëls sal jou vlees eet.”+
20 Op die derde dag was dit Farao se verjaarsdag,+ en hy het ’n feesmaal vir al sy knegte voorberei, en hy het die hoofskinker sowel as die hoofbakker in die teenwoordigheid van sy knegte uitgebring. 21 Hy het die hoofskinker in sy amp herstel, en hy het weer die beker vir Farao aangegee. 22 Maar hy het die hoofbakker gehang, net soos Josef gesê het.+ 23 Die hoofskinker het egter nie aan Josef gedink nie. Hy het van hom vergeet.+
41 Ná twee volle jare het Farao gedroom+ dat hy by die Nylrivier staan. 2 En hy het gesien hoe daar sewe mooi, vet koeie uit die rivier opkom, en hulle het van die Nylgras geëet.+ 3 Ná hulle het daar sewe ander koeie wat lelik en maer was, uit die Nylrivier opgekom, en hulle het langs die vet koeie op die oewer van die Nylrivier gaan staan. 4 Toe het die lelike, maer koeie die sewe mooi, vet koeie begin opeet. Daarna het Farao wakker geword.
5 Toe het hy weer aan die slaap geraak en ’n tweede droom gehad. Daar was sewe graanare wat aan een stingel opgekom het, vol en goed.+ 6 En ná hulle het sewe dun graanare uitgespruit wat deur die oostewind verskroei was. 7 En die dun graanare het die sewe vol en goeie graanare begin insluk. Daarna het Farao wakker geword en besef dat dit ’n droom was.
8 Maar in die oggend het hy onrustig geraak. Daarom het hy al die towerpriesters van Egipte en al die wyse manne van die land laat roep. Farao het hulle van sy drome vertel, maar daar was niemand wat vir Farao kon sê wat dit beteken nie.
9 Toe het die hoofskinker met Farao gepraat en gesê: “Vandag bely ek my sondes. 10 Farao was kwaad vir sy knegte. Daarom het hy my sowel as die hoofbakker in die tronk van die hoof van die wagte gesit.+ 11 Daarna het ons elkeen in dieselfde nag ’n droom gehad. Ek en hy het elkeen ’n droom gehad, en elke droom het sy eie betekenis gehad.+ 12 En daar was ’n jong Hebreeuse man, ’n kneg van die hoof van die wagte,+ saam met ons. Toe ons hom daarvan vertel het,+ het hy vir ons gesê wat elke droom beteken. 13 Dit het gebeur presies soos hy vir ons gesê het. Ek is in my amp herstel, maar die ander man is gehang.”+
14 Farao het Josef dus laat roep,+ en hulle het hom gou uit die tronk* gebring.+ Hy het geskeer en ander klere aangetrek en na Farao toe gegaan. 15 Toe het Farao vir Josef gesê: “Ek het ’n droom gehad, maar daar is niemand wat vir my kan sê wat dit beteken nie. En hulle vertel my as jy net hoor wat iemand gedroom het, kan jy sê wat dit beteken.”+ 16 Josef het Farao geantwoord: “My opinie is nie belangrik nie. God sal vir Farao goeie nuus gee.”+
17 Farao het verder vir Josef gesê: “In my droom het ek op die oewer van die Nylrivier gestaan. 18 Uit die Nylrivier het daar sewe mooi, vet koeie opgekom, en hulle het van die Nylgras begin eet.+ 19 En daar het sewe ander koeie ná hulle opgekom wat swak, baie lelik en maer was. Ek het nog nooit in die hele Egipte koeie gesien wat so sleg lyk nie. 20 En die maer, lelike koeie het die eerste sewe vet koeie begin opeet. 21 Maar nadat hulle hulle opgeëet het, kon niemand sien dat hulle dit gedoen het nie, want hulle het nog net so sleg gelyk soos voorheen. Toe het ek wakker geword.
22 “Daarna het ek in my droom sewe graanare gesien wat aan een stingel opkom, vol en goed.+ 23 Ná hulle het sewe droë, dun graanare opgekom wat deur die oostewind verskroei was. 24 Toe het die dun graanare die sewe goeie graanare begin insluk. Ek het toe die towerpriesters daarvan vertel,+ maar niemand kon dit aan my verduidelik nie.”+
25 Toe het Josef vir Farao gesê: “Die drome van Farao is een en dieselfde. Die ware God het vir Farao gesê wat Hy gaan doen.+ 26 Die sewe goeie koeie is sewe jaar. Net so is die sewe goeie graanare ook sewe jaar. Die drome is een en dieselfde. 27 Die sewe maer, lelike koeie wat ná hulle opgekom het, is sewe jaar, en die sewe leë graanare, wat deur die oostewind verskroei was, sal sewe jaar van hongersnood wees. 28 Dit is net soos ek vir Farao gesê het: Die ware God het Farao laat sien wat Hy gaan doen.
29 “Daar sal sewe jaar van groot oorvloed in die hele Egipte wees. 30 Maar daarna sal daar beslis sewe jaar van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed in Egipte sal beslis vergeet word, en die land sal baie swaarkry as gevolg van die hongersnood.+ 31 En die oorvloed wat voorheen in die land was, sal vergeet word as gevolg van die hongersnood wat sal kom, want dit sal baie erg wees. 32 Die droom is twee keer aan Farao gegee omdat die saak deeglik bevestig is deur die ware God, en die ware God sal dit binnekort uitvoer.
33 “Laat Farao dan nou na ’n man soek wat verstandig en wys is en hom oor Egipte aanstel. 34 Laat Farao optree en opsieners in die land aanstel en ’n vyfde van Egipte se opbrengs gedurende die sewe jaar van oorvloed+ insamel. 35 En laat hulle al die kos gedurende hierdie komende goeie jare bymekaarmaak, en laat hulle graan in Farao se voorraadskure in die stede opgaar en bewaar.+ 36 Die kos moet as voorraad dien vir die sewe jaar van hongersnood wat in Egipte sal ontstaan, sodat die mense en die diere in die land nie gedurende die hongersnood sal sterf nie.”+
37 Die voorstel het goed geklink vir Farao en al sy knegte. 38 Farao het dus vir sy knegte gesê: “Kan ’n ander man gevind word soos hierdie een, in wie die gees van God is?” 39 Farao het toe vir Josef gesê: “Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand so verstandig en wys soos jy nie. 40 Jy sal persoonlik oor my huis wees, en my hele volk sal jou in alles gehoorsaam.+ Net ek, as die koning, sal groter wees as jy.” 41 En Farao het verder vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou oor die hele Egipte aan.”+ 42 Farao het toe sy seëlring van sy hand afgehaal en dit aan Josef se hand gesit en hom klere van fyn linne laat aantrek en ’n goue ketting om sy nek gehang. 43 En hy het hom in Farao se tweede beste strydwa laat ry, en hulle het voor hom uitgeroep: “Awrék!”* Hy het hom dus oor die hele Egipte aangestel.
44 Farao het verder vir Josef gesê: “Ek is Farao, maar sonder jou toestemming mag niemand in die hele Egipte ’n enkele ding doen nie.”+ 45 Daarna het Farao vir Josef die naam Saʹfenat-Paneʹag gegee en vir hom Aʹsenat+ die dogter van Potifeʹra, die priester van On,* as vrou gegee. En Josef het toesig begin hou oor Egipte.*+ 46 Josef was 30 jaar oud+ toe hy voor Farao, die koning van Egipte, verskyn het.*
Toe het Josef van Farao af weggegaan en deur die hele Egipte gereis. 47 En gedurende die sewe jaar van oorvloed was die land se opbrengste baie groot. 48 En hy het aangehou om al die kos bymekaar te maak wat Egipte in daardie sewe jaar opgelewer het, en hy het dit in die stede gestoor. Hy het in elke stad die graan van die omliggende landerye gestoor. 49 Josef het baie groot hoeveelhede graan bly opgaar, soos die sand van die see, totdat hulle uiteindelik opgehou het om dit te tel, want dit kon nie getel word nie.
50 Voordat die jaar van die hongersnood aangebreek het, het Aʹsenat die dogter van Potifeʹra, die priester van On,* vir Josef aan twee seuns geboorte gegee.+ 51 Josef het die eersgeborene Manasʹse*+ genoem, want hy het gesê: “God het my laat vergeet van die hele huis van my pa en van hoe swaar ek gekry het.” 52 En hy het die tweede seun Eʹfraim*+ genoem, want hy het gesê: “God het my vrugbaar gemaak in die land waar ek swaargekry het.”+
53 Toe het die sewe jaar van oorvloed in Egipte geëindig,+ 54 en die sewe jaar van hongersnood het begin, net soos Josef gesê het.+ Die hongersnood het in al die lande ontstaan, maar in die hele Egipte was daar kos.*+ 55 Uiteindelik het die hele Egipte ook gely as gevolg van die hongersnood, en die volk het Farao begin smeek vir brood.+ Toe het Farao vir al die Egiptenare gesê: “Gaan na Josef toe, en doen wat hy ook al vir julle sê.”+ 56 En daar was hongersnood oor die hele aarde.+ Toe het Josef al die graanskure begin oopmaak en graan aan die Egiptenare verkoop,+ want die hongersnood in Egipte was baie erg. 57 Wat meer is, mense van oral oor die aarde het na Egipte gekom om by Josef te koop, want die hongersnood was baie erg oor die hele aarde.+
42 Toe Jakob uitvind dat daar graan in Egipte is,+ het hy vir sy seuns gevra: “Hoekom doen julle nie iets nie?” 2 Hy het bygevoeg: “Ek het gehoor dat daar graan in Egipte is. Gaan soontoe en koop vir ons graan, sodat ons kan bly lewe en nie sterf nie.”+ 3 Tien van Josef se broers+ het dus gegaan om graan in Egipte te koop. 4 Maar Jakob het Benjamin,+ Josef se broer, nie saam met sy ander broers gestuur nie, want hy het gesê: “Dalk kom hy iets oor.”+
5 So het Israel se seuns saam met die ander gekom wat kos kom koop het, want die hongersnood het na die land Kanaän versprei.+ 6 Josef was in beheer van die land,+ en hy het graan aan mense van oral oor die aarde verkoop.+ Toe Josef se broers by hom kom, het hulle voor hom neergebuig met hulle gesigte na die grond toe.+ 7 Josef het sy broers dadelik herken toe hy hulle sien, maar hy het nie sy identiteit aan hulle bekend gemaak nie.+ Daarom het hy hulle kortaf gevra: “Waar kom julle vandaan?” Hulle het geantwoord: “Uit die land Kanaän om kos te koop.”+
8 Josef het sy broers herken, maar hulle het hom nie herken nie. 9 Josef het onmiddellik die drome onthou wat hy van hulle gedroom het,+ en hy het vir hulle gesê: “Julle is spioene! Julle het gekom om te sien waar die land aangeval kan word!”* 10 Toe het hulle vir hom gesê: “Nee, my heer, u knegte het gekom om kos te koop. 11 Ons is almal seuns van dieselfde man. Ons is eerlike manne. U knegte is nie spioene nie.” 12 Maar hy het vir hulle gesê: “Dit is nie waar nie! Julle het gekom om te sien waar die land aangeval kan word!” 13 Hulle het gesê: “U knegte is 12 broers.+ Ons is die seuns van dieselfde man+ in die land Kanaän, en die jongste is nou by ons pa,+ maar die ander een lewe nie meer nie.”+
14 Josef het vir hulle gesê: “Dit is net soos ek gesê het: ‘Julle is spioene!’ 15 Ek sal julle toets om te sien of julle die waarheid praat: So waar as wat Farao lewe, julle sal nie hierdie plek verlaat totdat julle jongste broer hierheen kom nie.+ 16 Een van julle moet julle broer gaan haal terwyl die res van julle gevange gehou word. So sal ek kan sien of julle die waarheid praat. Maar as julle lieg, so waar as wat Farao lewe, dan is julle spioene.” 17 Toe het hy hulle vir drie dae saam laat opsluit.
18 Josef het op die derde dag vir hulle gesê: “Doen die volgende en bly lewe, want ek vrees God. 19 As julle eerlik is, laat een van julle broers hier ’n gevangene bly, maar die res van julle mag gaan en graan saamneem sodat julle huishoudings nie honger ly nie.+ 20 Bring dan julle jongste broer na my toe om te bevestig dat julle woorde betroubaar is, en dan sal julle nie sterf nie.” En hulle het dit gedoen.
21 En hulle het vir mekaar gesê: “Ons word beslis gestraf as gevolg van ons broer,+ want ons het gesien hoe angstig hy was toe hy ons om genade gesmeek het, maar ons het nie geluister nie. Daarom het hierdie moeilikheid oor ons gekom.” 22 Toe het Ruben hulle geantwoord: “Het ek nie vir julle gesê: ‘Moenie teen die kind sondig nie’? Maar julle wou nie luister nie.+ Nou word sy bloed van ons teruggeëis.”+ 23 Maar hulle het nie geweet dat Josef verstaan nie, want hy het deur middel van ’n tolk met hulle gepraat. 24 En hy het van hulle af weggedraai en begin huil.+ Toe hy na hulle terugkeer en weer met hulle praat, het hy Siʹmeon+ van hulle af weggeneem en hom voor hulle oë vasgebind.+ 25 Daarna het Josef die bevel gegee dat hulle sakke* vol graan gemaak moet word, dat elke man se geld in sy sak teruggesit moet word en dat daar vir hulle padkos vir die reis gegee moet word. En dit is vir hulle gedoen.
26 Hulle het hulle graan op hulle donkies gelaai en daarvandaan vertrek. 27 Toe een van hulle sy sak oopmaak om vir sy donkie voer te gee by die plek waar hulle sou oornag, het hy sy geld in die opening van sy sak gesien. 28 Hy het vir sy broers gesê: “My geld is terug, en dit is hier in my sak!” Hulle het bang geword en angstig vir mekaar gesê: “Wat het God aan ons gedoen?”
29 Toe hulle by hulle pa, Jakob, in die land Kanaän kom, het hulle hom alles vertel wat met hulle gebeur het. Hulle het gesê: 30 “Die man in beheer van die land was onvriendelik toe hy met ons gepraat het+ en het ons daarvan beskuldig dat ons spioene is. 31 Maar ons het vir hom gesê: ‘Ons is eerlike manne. Ons is nie spioene nie.+ 32 Ons is 12 broers,+ seuns van dieselfde pa. Een lewe nie meer nie,+ en die jongste is nou by ons pa in die land Kanaän.’+ 33 Maar die man in beheer van die land het vir ons gesê: ‘So sal ek weet dat julle eerlik is: Los een van julle broers by my.+ Neem dan kos sodat julle huishoudings nie honger ly nie en gaan.+ 34 En bring julle jongste broer na my toe, sodat ek kan weet dat julle nie spioene is nie, maar dat julle eerlike manne is. Dan sal ek julle broer vir julle teruggee, en julle sal in die land kan handel dryf.’”
35 Toe hulle hulle sakke leegmaak, was elkeen se sakkie geld in sy sak. En toe hulle en hulle pa hulle sakkies geld sien, het hulle bang geword. 36 Jakob, hulle pa, het uitgeroep: “Julle het my van my kinders beroof!+ Josef is nie meer daar nie+ en Siʹmeon is nie meer daar nie,+ en nou gaan julle Benjamin wegneem! Hoe kan al hierdie dinge met my gebeur?” 37 Maar Ruben het vir sy pa gesê: “Pa kan my eie twee seuns doodmaak as ek hom nie terugbring nie.+ Plaas hom in my sorg, en ek sal hom na Pa toe terugbring.”+ 38 Maar hy het gesê: “My seun sal nie saam met julle gaan nie, want sy broer is dood en hy alleen het oorgebly.+ As hy iets oorkom op die pad, dan sal julle beslis my grys hare met droefheid na die Graf*+ laat afgaan.”+
43 Die hongersnood in die land was baie erg.+ 2 Toe die graan wat hulle uit Egipte gebring het,+ op was, het hulle pa vir hulle gesê: “Gaan terug en koop vir ons ’n bietjie kos.” 3 Toe het Juda vir hom gesê: “Die man het ons uitdruklik gewaarsku: ‘Julle mag nie weer na my toe kom tensy julle broer by julle is nie.’+ 4 As Pa ons broer saam met ons stuur, sal ons gaan en kos koop. 5 Maar as Pa hom nie saamstuur nie, sal ons nie gaan nie, want die man het vir ons gesê: ‘Julle mag nie weer na my toe kom tensy julle broer by julle is nie.’”+ 6 Israel+ het gevra: “Hoekom het julle hierdie moeilikheid oor my gebring deur vir die man te sê dat julle nog ’n broer het?” 7 Hulle het geantwoord: “Die man het ons spesifiek oor ons familielede uitgevra: ‘Lewe julle pa nog? Het julle nog ’n broer?’ En ons het vir hom die feite vertel.+ Hoe kon ons geweet het dat hy sou sê: ‘Bring julle broer saam’?”+
8 Juda het toe sy pa, Israel, gesmeek: “Stuur die seun saam met my,+ en laat ons gaan sodat ons kan lewe en nie sterf nie+ – ons en Pa en ons kinders.+ 9 Ek sal die waarborg wees vir sy veiligheid.+ Pa kan my verantwoordelik hou. As ek hom nie terugbring en hom hier voor Pa laat staan nie, dan sal ek vir altyd teen Pa gesondig het. 10 Maar as ons nie so lank geneem het nie, kon ons nou al twee keer soontoe en terug gewees het.”
11 Toe het hulle pa, Israel, vir hulle gesê: “As dit dan so moet wees, moet julle die volgende doen: Neem die beste produkte van die land in julle sakke* en neem dit vir die man as ’n geskenk:+ ’n bietjie balsem,+ ’n bietjie heuning, gom,* die bas van gombome,+ pistachioneute en amandels. 12 Neem dubbel soveel geld saam met julle, en neem ook die geld terug wat in die opening van julle sakke gesit is.+ Miskien was dit ’n fout. 13 Neem julle broer en gaan terug na die man toe. 14 Mag God die Almagtige julle help om die man se genade te verkry, sodat hy julle ander broer en Benjamin sal vrylaat. Maar as ek my kinders moet verloor, dan moet ek hulle maar verloor!”+
15 Die manne het die geskenk en dubbel soveel geld saamgeneem. Toe het hulle saam met Benjamin na Egipte vertrek en weer voor Josef verskyn.+ 16 Toe Josef sien dat Benjamin by hulle is, het hy dadelik vir die man wat oor sy huis was, gesê: “Neem die manne na die huis en slag diere en berei ’n maaltyd voor, want die manne gaan vanmiddag by my eet.” 17 Die man het onmiddellik gedoen net soos Josef gesê het,+ en hy het hulle na Josef se huis geneem. 18 Maar die manne het bang geword toe hulle na Josef se huis geneem is, en hulle het begin sê: “Dit is weens die geld wat laas keer in ons sakke gesit is dat ons hierheen gebring word. Hulle gaan ons nou aanval, slawe van ons maak en ons donkies vat!”+
19 Hulle het dus na die man gegaan wat oor Josef se huis was en by die ingang van die huis met hom gepraat. 20 Hulle het gesê: “Verskoon ons, my heer! Ons het die vorige keer gekom om kos te koop.+ 21 Maar toe ons by die plek kom waar ons sou oornag en ons sakke begin oopmaak, het ons gesien dat elkeen se geld in die opening van sy sak is, die volle bedrag.+ Daarom wil ons dit graag persoonlik teruggee. 22 En ons het nog geld saamgebring om kos te koop. Ons weet nie wie ons geld in ons sakke gesit het nie.”+ 23 Toe het hy gesê: “Alles is reg. Moenie bang wees nie. Julle geld het eers na my toe gekom. Julle God en die God van julle vader het ’n skat in julle sakke gesit.” Daarna het hy Siʹmeon na hulle toe uitgebring.+
24 Toe het die man hulle in Josef se huis ingebring en vir hulle water gegee om hulle voete te was, sowel as voer vir hulle donkies. 25 En hulle het die geskenk gereedgemaak+ vir wanneer Josef in die middag sou kom, want hulle het gehoor dat hulle ’n maaltyd daar sou eet.+ 26 Toe Josef in die huis ingaan, het hulle die geskenk na hom toe gebring in die huis en voor hom na die grond toe neergebuig.+ 27 Hierna het hy gevra hoe dit met hulle gaan en toe gesê: “Hoe gaan dit met julle bejaarde pa, van wie julle my vertel het? Lewe hy nog?”+ 28 Hulle het gesê: “Dit gaan goed met u kneg, ons pa. Hy lewe nog.” Toe het hulle laag gebuig.+
29 Toe hy opkyk en sy broer Benjamin sien, die seun van sy ma,+ het hy gevra: “Is dit julle broer, die jongste van wie julle my vertel het?”+ Hy het bygevoeg: “Mag jy God se goedkeuring geniet, my seun.” 30 Josef het toe vinnig uitgegaan, want toe hy sy broer sien, kon hy nie sy emosies beheer nie, en hy het na ’n plek gesoek om te huil. Hy het dus in ’n private kamer ingegaan en daar begin huil.+ 31 Daarna het hy sy gesig gewas en uitgegaan. Met sy emosies weer onder beheer het hy gesê: “Bedien die maaltyd.” 32 Hulle het hom bedien en sy broers apart bedien. Die Egiptenare wat by hom was, het ook apart geëet. Die Egiptenare kon nie ’n maaltyd saam met die Hebreërs eet nie, want dit is vir hulle heeltemal onaanvaarbaar.+
33 Elkeen van die broers het ’n sitplek voor hom gekry volgens hulle ouderdom, van die oudste, volgens sy reg as die eersgeborene,+ tot die jongste, en hulle het heeltyd verbaas na mekaar gekyk. 34 Hy het heeltyd porsies kos van sy tafel na hulle s’n gestuur, maar hy het Benjamin se porsie vyf keer groter as al die ander se porsies gemaak.+ So het hulle aangehou om saam met hom te eet en te drink totdat hulle genoeg gehad het.
44 Later het hy die man wat oor sy huis was, beveel: “Vul die sakke van die manne met soveel kos as wat hulle kan dra, en sit elkeen se geld in die opening van sy sak.+ 2 Maar jy moet my beker, die silwerbeker, in die opening van die sak van die jongste sit, saam met die geld vir sy graan.” Toe het hy gedoen wat Josef hom beveel het.
3 In die oggend, toe dit lig geword het, het die manne met hulle donkies vertrek. 4 Hulle was nog nie ver van die stad af nie toe Josef vir die man wat oor sy huis was, gesê het: “Staan op! Sit die manne agterna! Wanneer jy hulle inhaal, moet jy vir hulle sê: ‘Hoekom het julle so ’n slegte ding gedoen nadat julle so goed behandel is? 5 Is dit nie die beker waaruit my meester drink en wat hy gebruik om tekens met groot vaardigheid te lees nie? Dit is ’n slegte ding wat julle gedoen het.’”
6 Hy het hulle toe ingehaal en dit vir hulle gesê. 7 Maar hulle het vir hom gesê: “Hoekom sê my heer dit? U knegte sal nooit so iets doen nie. 8 Kyk, die geld wat ons in die opening van ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaän na u toe teruggebring.+ Hoekom sou ons dan silwer of goud uit die huis van u meester steel? 9 As dit by een van u slawe gevind word, laat hom dan sterf, en die res van ons sal ook slawe van u* meester word.” 10 Toe het hy gesê: “Dit sal wees soos julle sê: Die een by wie dit gevind word, sal my slaaf word, maar die res van julle sal onskuldig wees.” 11 En elkeen het gou sy sak op die grond gesit en dit oopgemaak. 12 Hy het toe deeglik gesoek. Hy het by die oudste begin en by die jongste geëindig. Uiteindelik is die beker in Benjamin se sak gevind.+
13 Toe het hulle hulle klere geskeur, en elkeen van hulle het sy vrag weer op sy donkie getel en na die stad teruggekeer. 14 Toe Juda+ en sy broers in Josef se huis ingaan, was hy nog steeds daar, en hulle het voor hom na die grond toe neergebuig.+ 15 Josef het vir hulle gevra: “Wat het julle gedoen? Het julle nie geweet dat ’n man soos ek tekens met groot vaardigheid kan lees nie?”+ 16 Juda het toe geantwoord: “Wat kan ons vir my meester sê? Hoe kan ons dit verduidelik? En hoe kan ons bewys dat ons regverdig is? Die ware God het die oortreding van u slawe geopenbaar.+ Ons is nou my meester se slawe, ons sowel as die een by wie die beker gevind is!” 17 Maar hy het gesê: “Ek sal dit nooit doen nie! Die man by wie die beker gevind is, hy sal my slaaf word.+ Die res van julle mag in vrede na julle pa toe gaan.”
18 Juda het toe nader gekom na hom toe en gesê: “Ek smeek u, my meester, laat u kneg asseblief toe om met u te praat en moenie vir u slaaf kwaad word nie, want u is so magtig soos Farao self.+ 19 My meester het sy slawe gevra: ‘Het julle ’n pa of ’n broer?’ 20 En ons het vir my meester gesê: ‘Ons het ’n bejaarde pa, en hy het ’n kind op sy oudag gehad, die jongste.+ Maar sy broer is dood,+ en daarom is hy die enigste oorblywende seun van sy ma,+ en sy pa is lief vir hom.’ 21 Daarna het u vir u slawe gesê: ‘Bring hom na my toe sodat ek hom kan sien.’+ 22 Maar ons het vir my meester gesê: ‘Die seun kan nie sy pa verlaat nie. As hy sy pa verlaat, sal sy pa beslis sterf.’+ 23 Toe het u vir u slawe gesê: ‘Tensy julle jongste broer saam met julle kom, mag julle nie weer na my toe kom nie.’+
24 “En ons het na u slaaf, my pa, gegaan en hom vertel wat my meester gesê het. 25 Later het ons pa gesê: ‘Gaan terug en koop vir ons ’n bietjie kos.’+ 26 Maar ons het gesê: ‘Ons kan nie gaan nie. Ons sal gaan as ons jongste broer saam met ons gaan, want ons kan nie na die man toe gaan tensy ons jongste broer by ons is nie.’+ 27 Toe het u slaaf, my pa, vir ons gesê: ‘Julle weet goed dat my vrou vir my aan net twee seuns geboorte gegee het.+ 28 Maar een van hulle het my verlaat, en ek het gesê: “Hy is sekerlik verskeur!”+ en ek het hom nooit weer gesien nie. 29 As julle hierdie een ook wegneem en iets met hom gebeur, sal julle beslis my grys hare met droefheid na die Graf*+ laat afgaan.’+
30 “My pa, u slaaf, is net so lief vir hierdie seun soos vir sy eie lewe. As ek sonder hom terugkeer 31 en hy sien dat die seun nie daar is nie, sal hy sterf, en u knegte sal beslis die grys hare van u slaaf, ons pa, met droefheid na die Graf* laat afgaan. 32 U slaaf het vir my pa ’n waarborg vir die seun gegee deur te sê: ‘As ek hom nie terugbring nie, dan sal ek vir ewig teen Pa gesondig het.’+ 33 Laat ek dan nou asseblief in die plek van die seun as ’n slaaf vir my meester bly, sodat die seun saam met sy broers kan terugkeer. 34 Hoe kan ek sonder die seun na my pa terugkeer? Ek sal dit nie kan verdra om te sien wat dit aan my pa sal doen nie!”
45 Toe kon Josef nie meer sy emosies voor al sy dienaars onder beheer hou nie.+ Daarom het hy uitgeroep: “Gaan uit, almal van julle!” Niemand anders het by hom gebly terwyl Josef sy identiteit aan sy broers bekend gemaak het nie.+
2 Toe het hy so hard begin huil dat die Egiptenare sowel as Farao se huis dit gehoor het. 3 Uiteindelik het Josef vir sy broers gesê: “Ek is Josef. Lewe my pa nog?” Maar sy broers kon hom glad nie antwoord nie, want hulle was stomgeslaan. 4 Toe het Josef vir sy broers gesê: “Kom asseblief nader.” Hulle het toe nader gekom.
Daarna het hy gesê: “Ek is Josef, julle broer, wat julle verkoop het en wat na Egipte gebring is.+ 5 Maar moenie ontsteld wees en moenie vir mekaar kwaad wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om ons aan die lewe te hou.+ 6 Dit is die tweede jaar van die hongersnood in die land,+ en daar is nog vyf jaar waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie. 7 Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle ’n oorblyfsel+ op die aarde* te laat oorbly en om julle op ’n wonderlike manier te red. 8 Dit was dus nie julle wat my hierheen gestuur het nie, maar die ware God, sodat hy my kon aanstel as Farao se vernaamste raadgewer* en as heer oor sy hele huis en as heerser van die hele Egipte.+
9 “Maak gou en gaan terug na my pa toe, en sê vir hom: ‘Dít is wat u seun Josef gesê het: “God het my as heer oor die hele Egipte aangestel.+ Kom so gou as moontlik na my toe.+ 10 U moet in die land Gosen woon,+ sodat u naby my sal wees – u, u kinders, u kleinkinders, u beeste, u kleinvee en alles wat u het. 11 Daar sal ek kos aan u voorsien, want daar is nog vyf jaar van hongersnood oor.+ Dan sal u en u huis en alles wat u het, nie in armoede verval nie.”’ 12 Julle en my broer Benjamin kan nou met julle eie oë sien dat dit werklik ek is wat met julle praat.+ 13 Julle moet my pa dus vertel van al my heerlikheid in Egipte en alles wat julle gesien het. Maak nou gou en bring my pa hierheen.”
14 Toe het hy sy broer Benjamin omhels en begin huil, en Benjamin het in Josef se arms gehuil.+ 15 En hy het al sy broers gesoen en gehuil terwyl hy hulle omhels het, en daarna het sy broers met hom gepraat.
16 Die huis van Farao het die nuus gehoor: “Josef se broers het gekom!” En Farao en sy knegte was bly toe hulle dit hoor. 17 Toe het Farao vir Josef gesê: “Sê vir jou broers: ‘Doen die volgende: Laai julle pakdiere en gaan na die land Kanaän, 18 en neem julle pa en julle gesinne en kom hier na my toe. Ek sal julle die goeie dinge van Egipte gee, en julle sal van die beste deel van die land eet.’*+ 19 En jy moet vir hulle sê:+ ‘Doen die volgende: Neem waens+ uit Egipte vir julle kinders en julle vrouens, en julle moet julle pa op een van hulle bring en hierheen kom.+ 20 Moenie bekommerd wees oor julle besittings nie,+ want die beste van die hele Egipte is julle s’n.’”
21 En die seuns van Israel het dit gedoen, en Josef het vir hulle waens gegee soos Farao gesê het, en hy het vir hulle padkos gegee vir die reis. 22 Hy het vir elkeen van hulle ’n stel klere gegee, maar vir Benjamin het hy 300 silwerstukke en vyf stelle klere gegee.+ 23 En vir sy pa het hy die volgende gestuur: tien donkies met goeie dinge van Egipte en tien donkiemerries met graan en brood en padkos vir sy pa se reis. 24 So het hy sy broers weggestuur, en toe hulle vertrek het, het hy gesê: “Moenie vir mekaar kwaad word op die pad nie.”+
25 Toe het hulle uit Egipte vertrek en in die land Kanaän by hulle pa, Jakob, aangekom. 26 En hulle het vir hom gesê: “Josef lewe nog, en hy is die heerser van die hele Egipte!”+ Maar hy het nie daarop gereageer nie, want hy het hulle nie geglo nie.+ 27 Toe hulle hom vertel van alles wat Josef vir hulle gesê het en toe hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te vervoer, het hulle pa, Jakob, nuwe lewe gekry. 28 Israel het uitgeroep: “Dit is genoeg! My seun Josef lewe nog! Ek moet na hom toe gaan en hom sien voordat ek sterf!”+
46 Israel het toe vertrek met alles wat hy gehad het.* Toe hy by Berseʹba+ kom, het hy offerandes aan die God van sy pa, Isak,+ gebring. 2 Toe het God in ’n nagvisioen met Israel gepraat en gesê: “Jakob, Jakob!” En hy het gesê: “Hier is ek!” 3 Hy het gesê: “Ek is die ware God, die God van jou pa.+ Moenie bang wees om na Egipte te gaan nie, want daar sal ek jou ’n groot nasie maak.+ 4 Ek sal saam met jou na Egipte gaan, en ek sal jou ook weer daarvandaan terugbring,+ en Josef sal jou oë toedruk wanneer jy sterf.”+
5 Daarna het Jakob uit Berseʹba weggetrek, en die seuns van Israel het hulle pa, Jakob, en hulle kinders en hulle vrouens op die waens vervoer wat Farao gestuur het om hom te vervoer. 6 Hulle het hulle kuddes en hulle besittings, wat hulle in die land Kanaän bymekaargemaak het, saamgeneem. Uiteindelik het hulle in Egipte aangekom, Jakob en sy hele familie saam met hom. 7 Hy het sy seuns en sy kleinseuns saam met hom na Egipte gebring, asook sy dogters en sy kleindogters – al sy nakomelinge.
8 En dít is die name van Israel se seuns, dit wil sê die seuns van Jakob, wat na Egipte toe gekom het:+ Jakob se eersgeborene was Ruben.+
9 Die seuns van Ruben was Hanog, Pallu, Hesron en Karmi.+
10 Die seuns van Siʹmeon+ was Jeʹmuel, Jamin, Ohad, Jagin, Sohar en Saul,+ die seun van ’n Kanaänitiese vrou.
11 Die seuns van Levi+ was Gerson, Kehat en Meraʹri.+
12 Die seuns van Juda+ was Er, Onan, Sela,+ Peres+ en Serag.+ Maar Er en Onan het in die land Kanaän gesterf.+
Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.+
13 Die seuns van Isʹsaskar was Tola, Puwa, Job en Simron.+
14 Die seuns van Seʹbulon+ was Sered, Elon en Jagʹleël.+
15 Dit is die seuns van Lea, aan wie sy vir Jakob in Paddan-Aram geboorte gegee het, saam met sy dogter Dina.+ Hy het altesaam 33 seuns en dogters gehad.*
16 Die seuns van Gad+ was Sifjon, Haggi, Suni, Esbon, Eri, Aroʹdi en Areʹli.+
17 Die seuns van Aser+ was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beriʹa, en hulle suster was Sera.
Die seuns van Beriʹa was Heber en Malʹkiël.+
18 Dit is die seuns van Silpa,+ wat Laban aan sy dogter Lea gegee het. Die nakomelinge van Silpa en Jakob was altesaam 16 persone.*
19 Die seuns van Jakob se vrou Ragel was Josef+ en Benjamin.+
20 Josef se vrou, Aʹsenat,+ die dogter van Potifeʹra, die priester van On,* het in Egipte vir hom aan Manasʹse+ en Eʹfraim+ geboorte gegee.
21 Die seuns van Benjamin+ was Bela, Beger, Asbel, Gera,+ Naäman, Ehi, Ros, Muppim, Huppim+ en Ard.+
22 Die nakomelinge van Ragel en Jakob was altesaam 14 persone.*
23 Die seun* van Dan+ was Husim.+
24 Die seuns van Nafʹtali+ was Jagʹseël, Guni, Jeser en Sillem.+
25 Dit is die seuns van Bilha, wat Laban aan sy dogter Ragel gegee het. Die nakomelinge van Bilha en Jakob was altesaam sewe persone.*
26 Die nakomelinge van Jakob, wat saam met hom na Egipte gegaan het, was 66, buiten die vrouens van Jakob se seuns.+ 27 Twee seuns is vir Josef in Egipte gebore. Daar was altesaam 70 lede* van Jakob se huishouding wat na Egipte gegaan het.+
28 Jakob het Juda+ voor hom uit gestuur om vir Josef te sê dat hy op pad na Gosen is. Toe hulle in die land Gosen kom,+ 29 het Josef sy strydwa gereedgemaak en gegaan om sy pa, Israel, in Gosen te ontmoet. Toe hy by hom kom, het hy hom dadelik omhels en lank gehuil. 30 Toe het Israel vir Josef gesê: “Nou kan ek maar sterf, want ek het jou met my eie oë gesien, en ek weet dat jy nog lewe.”
31 Josef het toe vir sy broers en vir sy pa se huishouding gesê: “Laat my na Farao gaan+ en vir hom sê: ‘My broers en my pa se huishouding wat in die land Kanaän was, het hier na my toe gekom.+ 32 Die manne is herders+ en hulle boer met vee,+ en hulle het hulle kleinvee en hulle beeste en alles wat hulle het, hierheen gebring.’+ 33 Wanneer Farao julle laat roep en vra: ‘Watter soort werk doen julle?’ 34 moet julle sê: ‘U knegte was van jongs af veeboere, net soos ons voorvaders.’+ Dan sal julle in die land Gosen kan woon,+ want die Egiptenare sien neer op alle skaapherders.”+
47 Toe het Josef vir Farao gaan sê:+ “My pa en my broers het met hulle kleinvee en hulle beeste en alles wat hulle besit, uit die land Kanaän gekom, en hulle is in die land Gosen.”+ 2 Hy het vyf van sy broers geneem en hulle aan Farao voorgestel.+
3 Farao het vir sy broers gevra: “Watter soort werk doen julle?” Hulle het Farao geantwoord: “U knegte is skaapherders, net soos ons voorvaders.”+ 4 Toe het hulle vir Farao gesê: “Ons het as uitlanders in die land kom woon,+ want daar is geen weiding vir ons kleinvee nie, want die hongersnood is baie erg in die land Kanaän.+ Laat u knegte dan nou asseblief in die land Gosen woon.”+ 5 Farao het vir Josef gesê: “Jou pa en jou broers het hier na jou toe gekom. 6 Egipte is vir jou beskikbaar. Laat jou pa en jou broers in die heel beste deel van die land woon.+ Laat hulle in die land Gosen woon, en as jy weet van enige bekwame manne onder hulle, laat hulle my vee oppas.”
7 Toe het Josef sy pa, Jakob, ingebring en hom aan Farao voorgestel, en Jakob het Farao geseën. 8 Farao het vir Jakob gevra: “Hoe oud is jy?” 9 Jakob het vir Farao gesê: “Ek is 130 jaar oud, en ek swerf al my hele lewe lank rond.* Dit was moeilike jare,+ maar hulle is min in vergelyking met die aantal jare wat my voorvaders rondgeswerf het.”*+ 10 Daarna het Jakob Farao geseën en van hom af weggegaan.
11 Josef het dus sy pa en sy broers in Egipte laat woon, en hy het vir hulle ’n besitting gegee in die heel beste deel van die land, in die land Ramses,+ net soos Farao beveel het. 12 En Josef het aangehou om kos* aan sy pa en sy broers en die hele huishouding van sy pa te voorsien, volgens die getal kinders wat hulle gehad het.
13 En daar was geen kos* in die hele land nie, want die hongersnood was baie erg, en Egipte en Kanaän het baie swaargekry as gevolg van die hongersnood.+ 14 Josef het al die geld in Egipte en in Kanaän ontvang wat die mense betaal het vir die graan wat hulle gekoop het,+ en Josef het die geld in Farao se huis bly inbring. 15 Mettertyd het die geld van Egipte en Kanaän opgeraak, en al die Egiptenare het na Josef toe begin kom en gesê: “Gee vir ons kos! Gaan u ons laat sterf net omdat ons geld opgeraak het?” 16 Toe het Josef gesê: “As julle geld opgeraak het, gee dan julle vee, en ek sal vir julle kos gee in ruil vir julle vee.” 17 En hulle het hulle vee na Josef begin bring, en Josef het aangehou om vir hulle kos te gee in ruil vir hulle perde, die kleinvee en die beeste en die donkies, en hy het gedurende daardie jaar kos aan hulle voorsien in ruil vir al hulle vee.
18 Daardie jaar het tot ’n einde gekom, en hulle het die volgende jaar weer na hom toe gekom en gesê: “Ons sal dit nie vir my heer wegsteek dat die geld en die diere reeds aan my heer oorbetaal is nie. Ons het niks vir my heer oor behalwe onsself en ons grond nie. 19 Gaan u ons laat sterf en toelaat dat ons grond verwaarloos word? Koop ons en ons grond in ruil vir kos, en ons sal Farao se slawe word, en ons grond sal syne word. Gee vir ons saad sodat ons kan lewe en nie sterf nie en sodat ons grond nie ’n woesteny word nie.” 20 Josef het toe al die grond van die Egiptenare vir Farao gekoop, want elke Egiptenaar het sy stuk grond verkoop, want die hongersnood was baie erg, en die grond het Farao s’n geword.
21 Toe het hy die volk na stede verskuif, van die een end van die gebied van Egipte tot die ander end daarvan.+ 22 Die enigste grond wat hy nie gekoop het nie,+ was die grond wat aan die priesters behoort het, want die priesters het gelewe van kos wat Farao aan hulle voorsien het. Daarom het hulle nie hulle grond verkoop nie. 23 Toe het Josef vir die volk gesê: “Kyk, ek het julle en julle grond vandag vir Farao gekoop. Hier is vir julle saad om in die landerye te saai. 24 Julle moet ’n vyfde van die opbrengs aan Farao gee,+ maar julle kan vier dele gebruik as saad vir die land en as kos vir julle, vir julle kinders en vir die ander wat in julle huise is.” 25 Hulle het toe gesê: “U het ons lewe gered.+ As dit reg is met u, sal ons Farao se slawe word.”+ 26 Josef het toe ’n wet in Egipte gemaak, wat tot vandag toe geldig is, dat ’n vyfde aan Farao behoort. Dit was net die priesters se grond wat nie Farao s’n geword het nie.+
27 Israel het in Egipte, in die land Gosen, bly woon,+ en hulle het hulle daarin gevestig en was vrugbaar en het baie vermeerder.+ 28 En Jakob het nog 17 jaar lank in Egipte gelewe. Jakob het dus 147 jaar oud geword.+
29 Toe Israel se einde begin nader kom,+ het hy sy seun Josef geroep en gesê: “As jy werklik vir my omgee, sit dan asseblief jou hand onder my bobeen en betoon lojale liefde en getrouheid aan my. Moet my asseblief nie in Egipte begrawe nie.+ 30 Wanneer ek sterf,* moet jy my uit Egipte neem en my in die graf van my voorvaders begrawe.”+ Toe het hy gesê: “Ek sal doen net soos u sê.” 31 En hy het gesê: “Sweer vir my.” Josef het vir hom gesweer,+ en Israel het by die koppenent van sy bed neergebuig.+
48 Ná hierdie dinge is daar vir Josef gesê: “Jou pa word al hoe swakker.” Toe het hy sy twee seuns, Manasʹse en Eʹfraim, saam met hom geneem.+ 2 En daar is vir Jakob gesê: “U seun Josef het na u toe gekom.” Israel het dus sy kragte ingespan en regop op sy bed gesit. 3 En Jakob het vir Josef gesê:
“God die Almagtige het by Lus in die land Kanaän aan my verskyn en my geseën.+ 4 Hy het vir my gesê: ‘Ek sal jou vrugbaar maak, en ek sal jou baie maak, en ek sal jou ’n versameling van volke laat word,+ en ek sal hierdie land as ’n permanente besitting aan jou nageslag* gee.’+ 5 Jou twee seuns wat in Egipte vir jou gebore is voordat ek hier by jou in Egipte gekom het, is myne.+ Eʹfraim en Manasʹse sal myne word, net soos Ruben en Siʹmeon myne is.+ 6 Maar die kinders wat ná hulle vir jou gebore sal word, sal joune wees. Hulle sal ’n deel van die land kry wat hulle broers as ’n erfdeel sal ontvang.+ 7 Toe ek van Paddan af gekom het, het Ragel aan my sy in die land Kanaän gesterf,+ toe ons nog ’n goeie ent van Efrat af was. Ek het haar dus daar op pad na Efrat,+ dit wil sê Betlehem,+ begrawe.”
8 Toe het Israel Josef se seuns gesien en gevra: “Wie is hulle?” 9 Josef het vir sy pa gesê: “Dit is my seuns wat God my in hierdie plek gegee het.”+ Toe het hy gesê: “Bring hulle asseblief na my toe sodat ek hulle kan seën.”+ 10 En Israel se oë was swak van die ouderdom, en hy kon nie meer sien nie. Josef het hulle dus nader aan hom gebring, en hy het hulle gesoen en hulle omhels. 11 Israel het vir Josef gesê: “Ek het nooit gedink dat ek jou gesig sou sien nie,+ maar hier het God my selfs jou nageslag* laat sien.” 12 Josef het hulle toe van Israel se knieë weggeneem, en hy het neergebuig met sy gesig na die grond toe.
13 Josef het hulle twee toe geneem, Eʹfraim+ met sy regterhand na Israel se linkerkant en Manasʹse+ met sy linkerhand na Israel se regterkant, en hy het hulle nader aan hom gebring. 14 Maar Israel het sy regterhand uitgesteek en dit op Eʹfraim se kop gesit, hoewel hy die jongste was, en hy het sy linkerhand op Manasʹse se kop gesit. Hy het sy hande doelbewus so gesit, al was Manasʹse die eersgeborene.+ 15 Toe het hy Josef geseën en gesê:+
“Die ware God wat my vaders Abraham en Isak gedien het,+
die ware God wat my gedurende my hele lewe tot vandag toe soos ’n herder gelei het,+
16 die engel wat my uit alle rampspoed verlos het,+ seën die seuns.+
Laat my naam en die naam van my vaders Abraham en Isak deur middel van hulle voortleef.*
Laat hulle ’n groot skare op die aarde word.”+
17 Toe Josef sien dat sy pa sy regterhand op Eʹfraim se kop laat rus, het hy nie daarvan gehou nie, en daarom het hy sy pa se hand probeer skuif van Eʹfraim se kop na Manasʹse se kop. 18 Josef het dus vir sy pa gesê: “Nie so nie, Pa, want hý is die eersgeborene.+ Sit Pa se regterhand op sy kop.” 19 Maar sy pa het bly weier en gesê: “Ek weet dit, my seun, ek weet dit. Hy sal ook ’n volk word, en hy sal ook groot word. Maar sy jongste broer sal nietemin groter as hy word,+ en sy nageslag* sal genoeg wees om hele nasies te vorm.”+ 20 Hy het dus voortgegaan om hulle op daardie dag te seën+ en gesê:
“Laat Israel julle name noem wanneer hulle seëninge uitspreek en sê:
‘Mag God jou soos Eʹfraim en soos Manasʹse maak.’”
So het hy Eʹfraim voor Manasʹse bly stel.
21 Daarna het Israel vir Josef gesê: “Kyk, ek gaan sterf,+ maar God sal beslis met julle wees en julle na die land van julle voorvaders terugbring.+ 22 En ek gee aan jou een deel meer van die land as aan jou broers. Dit is die land wat ek met my swaard en my boog uit die hand van die Amoriete geneem het.”
49 En Jakob het sy seuns geroep en gesê: “Kom staan hier sodat ek vir julle kan sê wat aan die einde van die dae met julle sal gebeur. 2 Kom staan hier en luister, o seuns van Jakob, ja, luister na Israel, julle pa.
3 “Ruben,+ jy is my eersgeborene,+ my krag en die begin van my voortplantingsvermoë, groot in waardigheid en in krag. 4 Maar jy sal nie groot wees nie, want met roekeloosheid soos onstuimige waters het jy op die bed van jou pa geklim.+ Toe het jy my bed onrein gemaak. Hy het sowaar daarop geklim!
5 “Siʹmeon en Levi is broers.+ Hulle wapens is instrumente van geweld.+ 6 Moenie in hulle geselskap kom nie, o my siel.* Moenie by hulle groep aansluit nie, o my eer,* want in hulle woede het hulle manne doodgemaak,+ en vir die plesier het hulle diere vermink. 7 Mag hulle woede vervloek wees, want dit is wreed, en ook hulle humeur, want dit is intens.+ Laat ek hulle in Jakob versprei, en laat ek hulle in Israel verstrooi.+
8 “Wat jou betref, Juda,+ jou broers sal jou prys.+ Jy sal jou vyande onderwerp.*+ Die seuns van jou vader sal voor jou neerbuig.+ 9 Juda is ’n leeuwelpie.+ Van die prooi af, my seun, sal jy beslis opstaan. Hy het gaan lê en hom soos ’n leeu uitgestrek, en wie sal dit waag om ’n leeu wakker te maak? 10 Die septer sal nie van Juda weggeneem word nie,+ en die staf van ’n bevelvoerder sal tussen sy voete bly, totdat Silo* kom,+ en aan hom sal die gehoorsaamheid van die volke behoort.+ 11 Hy sal sy donkie aan ’n wingerdstok vasmaak, en die vul van sy donkie aan die beste wingerdstok. Hy sal sy klere in wyn was, en sy kleed in die bloed van druiwe. 12 Donkerrooi is sy oë van die wyn, en sy tande is wit van die melk.
13 “Seʹbulon+ sal by die strand woon, by die strand waar die skepe geanker lê,+ en sy verste grens sal in die rigting van Sidon wees.+
14 “Isʹsaskar+ is ’n sterkgeboude donkie, wat tussen die twee saalsakke lê. 15 En hy sal sien dat die rusplek goed is en dat die land lieflik is. Hy sal sy skouer buig om laste te dra, en hy sal gedwing word om soos ’n slaaf swaar werk te doen.
16 “Dan+ sal as een van die stamme van Israel sy volk rig.+ 17 Laat Dan ’n slang langs die pad wees, ’n horingslang langs die weg, wat die hakskene van die perd byt sodat die ruiter agteroor val.+ 18 Ek sal wag op redding van u, o Jehovah.
19 “Gad+ sal deur ’n rowerbende oorval word, maar hy sal hulle van agter af aanval.+
20 “Aser+ sal oorgenoeg kos hê,* en hy sal voedsel voorsien wat goed genoeg is vir ’n koning.+
21 “Nafʹtali+ is ’n skraal takbokooi. Sy woorde is aangenaam.+
22 “Josef+ is die jong takkie van ’n vrugdraende boom, ’n vrugdraende boom by ’n fontein. Sy takke strek oor die muur. 23 Maar die boogskutters het hom bly aanval. Hulle het op hom geskiet en was heeltyd vyandig teenoor hom.+ 24 En tog het sy boog in plek gebly,+ en sy hande het sterk en vinnig gebly.+ Dit was danksy die hande van die magtige van Jakob, van die herder, die rots van Israel. 25 Hy* kom van die God van jou vader af, wat jou sal help. Hy is by die Almagtige, wat jou sal seën met die seëninge van die hemel daar bo, met die seëninge van die diepte daar onder,+ met die seëninge van die borste en die baarmoeder. 26 Die seëninge van jou vader sal beter wees as die seëninge van die ewige berge, as die begeerlike dinge van die ewige heuwels.+ Josef sal altyd hierdie seëninge hê* as die een wat onder sy broers uitgesonder is.+
27 “Benjamin+ sal bly verskeur soos ’n wolf.+ In die oggend sal hy die prooi eet, en in die aand sal hy buit verdeel.”+
28 Dit is die 12 stamme van Israel, en dit is wat hulle pa vir hulle gesê het toe hy hulle geseën het. Hy het hulle elkeen ’n gepaste seën gegee.+
29 Daarna het hy hulle die volgende bevele gegee: “Ek gaan binnekort sterf.*+ Begrawe my by my vaders in die grot wat in die veld van Efron, die Hetiet, is,+ 30 die grot wat in die veld van Magpeʹla voor Mamre in die land Kanaän is, die veld wat Abraham by Efron, die Hetiet, gekoop het sodat hy sy mense daar kon begrawe. 31 Daar het hulle Abraham en sy vrou Sara begrawe.+ Daar het hulle Isak+ en sy vrou Rebekka begrawe, en daar het ek Lea begrawe. 32 Die veld en die grot daarin is by die seuns van Het gekoop.”+
33 Nadat Jakob hierdie instruksies aan sy seuns gegee het, het hy op die bed gaan lê en sy laaste asem uitgeblaas, en hy is tot sy volk versamel.*+
50 Josef het toe oor sy pa gebuk+ en gehuil en hom gesoen. 2 Daarna het Josef sy knegte, die geneeshere, beveel om sy pa te balsem.+ Toe het die geneeshere Israel gebalsem, 3 en hulle het die volle 40 dae vir hom gebruik, want dit is die volle periode vir die balseming, en die Egiptenare het 70 dae lank oor hom gehuil.
4 Toe die routyd vir hom verby was, het Josef met Farao se hof* gepraat en gesê: “Sal julle asseblief hierdie boodskap vir Farao gee: 5 ‘My pa het my laat sweer+ en gesê: “Kyk, ek gaan sterf.+ Jy moet my in my graf begrawe,+ wat ek in die land Kanaän uitgegrawe het.”+ Laat my nou asseblief gaan en my pa begrawe, en daarna sal ek terugkom.’” 6 Farao het geantwoord: “Gaan en begrawe jou pa net soos hy jou laat sweer het.”+
7 Toe het Josef gegaan om sy pa te begrawe, en al Farao se knegte het saam met hom gegaan, die ouermanne+ van sy hof en al die ouermanne van Egipte 8 en Josef se hele huishouding en sy broers en sy pa se huishouding.+ Hulle het net hulle kindertjies en hulle kleinvee en hulle beeste in die land Gosen agtergelaat. 9 Strydwaens+ en perderuiters het ook saam met hom gegaan, en die kamp was baie groot. 10 Toe het hulle by die dorsvloer van Atad gekom, wat in die Jordaanstreek is, en daar het hulle bitterlik getreur, en hy het sewe dae lank oor sy pa getreur. 11 Die inwoners van die land, die Kanaäniete, het hulle by die dorsvloer van Atad sien treur, en hulle het uitgeroep: “Die Egiptenare treur bitterlik!” Daarom is daardie plek, wat in die Jordaanstreek is, Abel-Misraʹim* genoem.
12 Sy seuns het toe vir hom gedoen presies soos hy hulle beveel het.+ 13 Sy seuns het hom na die land Kanaän geneem en hom begrawe in die grot van die veld van Magpeʹla, voor Mamre, die veld wat Abraham by Efron, die Hetiet, gekoop het sodat hy sy mense daar kon begrawe.+ 14 Nadat Josef sy pa begrawe het, het hy na Egipte teruggekeer saam met sy broers en almal wat saam met hom gegaan het om sy pa te begrawe.
15 Ná hulle pa se dood het Josef se broers gesê: “Miskien het Josef nog iets teen ons en sal hy ons terugbetaal vir al die slegte dinge wat ons aan hom gedoen het.”+ 16 Daarom het hulle die volgende boodskap aan Josef gestuur: “U pa het voor sy dood hierdie bevel gegee: 17 ‘Dit is wat julle vir Josef moet sê: “Ek smeek jou, vergewe asseblief die oortreding van jou broers en die sonde wat hulle gepleeg het deur jou hierdie onreg aan te doen.”’ Vergewe nou asseblief die oortreding van die knegte van die God van u pa.” En Josef het gehuil toe hulle met hom praat. 18 Toe het sy broers ook gekom en voor hom neergebuig en gesê: “Kyk, ons is soos slawe vir u!”+ 19 Josef het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie. Is ek in die plek van God? 20 Julle wou my kwaad aandoen,+ maar God wou hê dat dit ’n goeie uiteinde moet hê en wou baie mense se lewens spaar, soos hy vandag doen.+ 21 Moet dan nou nie bang wees nie. Ek sal aanhou om kos aan julle en julle kindertjies te voorsien.”+ So het hy hulle vertroos en hulle gerusgestel.
22 En Josef het in Egipte gewoon, hy en die huishouding van sy pa, en Josef het 110 jaar lank gelewe. 23 Josef het die derde geslag van Eʹfraim se kinders gesien,+ sowel as die kinders van Magir,+ Manasʹse se seun. Hulle was vir Josef soos sy eie kinders.* 24 Uiteindelik het Josef vir sy broers gesê: “Ek gaan sterf, maar God sal vir seker aan julle dink,+ en hy sal julle beslis uit hierdie land uitbring na die land wat hy aan Abraham, aan Isak en aan Jakob met ’n eed belowe het.”+ 25 Josef het die seuns van Israel dus laat sweer en gesê: “God sal vir seker aan julle dink. Julle moet my liggaam* hiervandaan wegneem.”+ 26 En Josef het gesterf toe hy 110 jaar oud was, en hulle het hom laat balsem,+ en hy is in Egipte in ’n doodskis gesit.
Of “vormloos”.
Of “die onstuimige waters”.
Of “God se gees”.
Of “uitspansel”.
Of “uitspansel”.
Of “uitspansel van die hemel”.
Of “uitspansel van die hemel”.
Of “uitspansel van die hemel”.
Of “siele”.
Of “uitspansel van die hemel”.
Of “siele”.
Of “siele”.
Of “diere wat rondbeweeg”. Dit sluit blykbaar reptiele en vorme van dierelewe in wat nie onder die ander kategorieë val nie.
Of “na ons gelykenis”.
Of “lewe as ’n siel; ’n lewende siel”.
Lett. “en hulle hele leërmag”.
Die eerste keer dat God se unieke persoonlike naam, יהוה (JHWH), voorkom. Sien Aanh. A4.
Of “siel”. Hebreeus: neʹfesj. Beteken letterlik “’n wese wat asemhaal”. Sien Woordelys.
Of “Tigris”.
Of “’n komplement van hom”.
Of “siel”.
Of “geen helper as ’n komplement van hom”.
Lett. “mannin”.
Of “hy sal by sy vrou bly”.
Of “slinksste; mees uitgeslape”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Of “vermorsel”.
Beteken “aardse mens; mensdom”.
Of “kos”.
Beteken “lewende persoon”.
Of “aan ’n manlike kind geboorte gegee”.
Lett. “eerstelinge”.
Lett. “van die oppervlak van die grond af”.
Of “die land Nod”.
Beteken “aangestel; geplaas”.
Lett. “saad”.
Of “gelykenis”.
Of “Adam; mensdom”.
Sien Woordelys, “Ware God”.
Beteken waarskynlik “rus; vertroosting”.
Of “verligting”.
’n Hebreeuse uitdrukking wat na die engele verwys.
Lett. “My gees”.
Of “want hy tree op in ooreenstemming met die vlees”.
Beteken moontlik “die neervellers”, d.w.s. dié wat ander laat val. Sien Woordelys.
Of “bedroef”.
Of “hy was onberispelik”.
Lett. “Alle vlees”.
Lett. “alle vlees”.
Lett. “’n kis”; ’n groot vaartuig.
Moontlik sipresbome.
Of “pik”.
’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
Hebreeus: tsoʹhar. ’n Ander moontlikheid is dat dit nie na ’n venster of ’n opening vir lig verwys nie, maar eerder na ’n skuins dak waarvan die hoogste punt een el hoër is as die laagste punt.
Lett. “alle vlees onder die hemel wat die gees van die lewe het”.
Of moontlik “sewe pare van elke rein dier”.
Of moontlik “sewe pare van elke vlieënde dier van die hemel”.
Of “gees”.
’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
Of “gees”.
Of “is teruggehou”.
Of “Hulle is in julle hand gegee”.
Of “siel”.
Lett. “Enigiemand wat ’n mens se bloed vergiet”.
Of “siele”.
Lett. “alle vlees”.
Of “siel”.
Lett. “alle vlees”.
Lett. “alle vlees”.
Lett. “Die begin”.
Of moontlik “Hulle vorm die groot stad”.
Of moontlik “en die ouer broer van Jafet”.
Beteken “verdeeldheid”.
Lett. “dat die aarde”.
Beteken “verwarring”.
Of “’n seën vir hulleself verkry”.
Lett. “saad”.
Of “om as ’n uitlander daar te woon”.
Of “my siel sal bly lewe”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Die Dooie See.
Of “in tente gewoon”.
Lett. “broer”.
Lett. “saad”.
Lett. “seun”.
Lett. “saad”.
Of “elke deel daarvan so gesit dat dit by die ander pas”.
Lett. “saad”.
Lett. “na jou vaders gaan”.
Lett. “saad”.
Lett. “aan jou boesem oorgegee”.
Lett. “saad”.
Beteken “God hoor”.
Of “’n onager”, ’n soort wilde donkie, hoewel party dink dat dit na ’n sebra verwys. Dit dui moontlik op ’n onafhanklike gees.
Of moontlik “en daar sal vyandskap tussen hom en sy broers wees”.
Beteken “put van die Een wat lewe en wat my sien”.
Lett. “Wandel voor my”.
Of “en wees onberispelik”.
Beteken “vader is hoog (verhewe)”.
Beteken “vader van ’n skare (menigte); vader van baie”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Beteken moontlik “stryerig”.
Beteken “prinses”.
Beteken “gelag”.
Lett. “saad”.
Lett. “sea”. ’n Sea was gelyk aan 7,33 l. Sien Aanh. B14.
Of “’n seën vir hulleself verkry”.
Lett. “in die skadu van my dak”.
Of “het lojale liefde aan my betoon”.
Of “siel”.
Of “my siel voortleef”.
Beteken “kleinheid”.
Of “as ’n uitlander gewoon”.
D.w.s., hy het nie seksuele omgang met haar gehad nie.
Of “regverdig”.
Lett. “Kyk, dit is vir jou ’n bedekking van die oë”.
Of moontlik “vir my lag”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “en hou hom vas met jou hand”.
Beteken moontlik “put van die eed; put van sewe”.
Of “as ’n uitlander gewoon”.
Verwys moontlik na brandende kole.
Of “slagmes”.
Verwys moontlik na brandende kole.
Of “slagmes”.
Beteken “Jehovah sal voorsien; Jehovah sal daarvoor sorg”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “poort”.
Lett. “saad”.
Of moontlik “’n groot hoofman”.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Lett. “saad”.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Waarskynlik Laban.
Lett. “sodat ek na die regterkant of na die linkerkant kan draai”.
Of “Ons kan nie vir jou iets goeds of iets slegs sê nie”.
Die vrou wat vroeër haar oppasser was en nou een van haar diensmeisies was.
Lett. “saad”.
Lett. “poort”.
’n Poëtiese uitdrukking wat na die dood verwys.
Of “ommuurde kampe”.
’n Poëtiese uitdrukking wat na die dood verwys.
Of moontlik “Hy het in vyandskap met al sy broers gelewe”.
Beteken “harig”.
Beteken “hy wat die hakskeen gryp; bedrieër”.
Of “Jakob was onberispelik”.
Of “’n sluk van”.
Lett. “die rooi, hierdie rooi”.
Of “dood van die honger”.
Beteken “rooi”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Of “omhels”.
Of “wadi Gerar”. Sien Woordelys.
Of “wadi”. Sien Woordelys.
Beteken “stryery”.
Beteken “beskuldiging”.
Beteken “ruim plekke”.
Lett. “saad”.
Of “my siel”.
Beteken “hy wat die hakskeen gryp; bedrieër”.
Of “troos homself met die gedagte dat hy jou gaan doodmaak”.
Lett. “saad”.
Of “’n leer”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Of “’n seën vir hulleself verkry”.
Beteken “huis van God”.
Lett. “brood”.
Lett. “’n broer”.
Lett. “’n broer”.
Lett. “Lea gehaat is”.
Lett. “haar baarmoeder geopen”.
Beteken “kyk, ’n seun!”
Beteken “om te hoor”.
Beteken “geheg; verbind”.
Beteken “geprys; voorwerp van lof”.
Lett. “op my knieë geboorte kan gee”.
Beteken “regter”.
Of “het met my suster geworstel”.
Beteken “my worstelinge”.
Beteken “’n geluk”.
Beteken “bly; blydskap; gelukkig”.
Daar is gedink dat hierdie vrugte vrouens kon help om vrugbaar te word.
Of “’n huurling se loon”.
Beteken “hy is ’n loon”.
Beteken “verdraagsaamheid”.
Lett. “en haar baarmoeder geopen”.
’n Verkorte vorm van Josifia, wat “mag Jah byvoeg (vermeerder)” beteken.
Of “voortekens; uit die bewyse”.
Of “regverdig”.
Of “huisgode; afgode”.
Die Eufraatrivier.
Of “familielede”.
Lett. “Let op jouself dat jy nie van goed tot sleg met Jakob praat nie”.
Lett. “seuns”.
Lett. “die Vrees van Isak”.
’n Aramese uitdrukking wat “getuienishoop” beteken.
’n Hebreeuse uitdrukking wat “getuienisstapel” beteken.
Lett. “by die Vrees van sy pa, Isak”.
Lett. “brood”.
Lett. “seuns”.
Beteken “twee kampe”.
Of “as ’n uitlander gewoon”.
Lett. “saad”.
Of “wadi”. Sien Woordelys.
Of “worstel”.
Of “geworstel”.
Beteken “iemand wat ’n stryd voer, of volhard, met God” of “God voer ’n stryd”.
Beteken “aangesig van God”.
Of “Pniël”.
Lett. “die sening van die dysenuwee”.
Beteken “hutte; skuilings”.
Of “is geheg aan julle dogter”.
Lett. “wat ’n voorhuid het”.
Of “Julle het my ’n uitgeworpene gemaak”.
Of “weggesteek”.
Beteken “God van Bet-El”.
Beteken “eikeboom van gehuil”.
Lett. “uit jou lendene kom”.
Lett. “saad”.
Of “Terwyl haar siel uitgegaan het”.
Beteken “seun van my droefheid”.
Beteken “seun van die regterhand”.
’n Poëtiese uitdrukking wat na die dood verwys.
Of “as uitlanders gewoon het”.
’n Sjeik was ’n stamhoof.
Of “’n pragtige lang kleed”.
Of “siel”.
Lett. “labdanum”.
Lett. “sy bloed bedek”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Beteken “skeuring”. Verwys moontlik na ’n perineale skeur.
Of “Betoon asseblief lojale liefde teenoor my”.
Lett. “die reënput; die gat”.
Lett. “die reënput; die gat”.
Blykbaar ’n bevel om eer aan iemand te betoon.
D.w.s. Heliopolis.
Of “deur die land Egipte begin reis”.
Of “toe hy Farao, die koning van Egipte, begin dien het”.
D.w.s. Heliopolis.
Beteken “hy wat vergeetagtig maak; hy wat laat vergeet”.
Beteken “vrugbaar in dubbele mate”.
Lett. “brood”.
Of “om die verswakte toestand van die land te sien”.
Of “houers”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “houers”.
Lett. “labdanum”.
Lett. “my”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “in die land”.
Lett. “as ’n vader vir Farao”.
Of “van die vet van die land lewe”.
Of “almal wat syne was”.
Of “Die siele van sy seuns en sy dogters was altesaam 33”.
Of “16 siele”.
D.w.s. Heliopolis.
Of “14 siele”.
Lett. “seuns”.
Of “sewe siele”.
Of “70 siele”.
Of “ek woon al my hele lewe lank as ’n uitlander”.
Of “as uitlanders gewoon het”.
Lett. “brood”.
Lett. “brood”.
Lett. “by my vaders gaan lê”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “oor hulle uitgeroep word”.
Lett. “saad”.
Sien Woordelys.
Of moontlik “gesindheid”.
Lett. “Jou hand sal op die nek van jou vyande wees”.
Beteken “hy wie s’n dit is; hy aan wie dit behoort”.
Lett. “Aser se brood sal vet wees”.
D.w.s. Josef.
Lett. “Hulle sal op die kop van Josef bly”.
Lett. “Ek word tot my volk versamel”.
’n Poëtiese uitdrukking wat na die dood verwys.
Of “huishouding”.
Beteken “getreur van die Egiptenare”.
Lett. “Hulle is op Josef se knieë gebore”.
Lett. “beendere”.