Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/85 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 1 DESEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 8 DESEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 15 DESEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 22 DESEMBER
Ons Koninkryksbediening—1985
km 12/85 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

LET WEL: In Ons Koninkryksbediening verskyn daar ’n Diensvergadering-program vir elke week gedurende Desember. Elke gemeente kan die nodige aanpassings maak met die oog op die streekbyeenkoms en dan reël dat daar die week na die byeenkoms tydens die Diensvergadering ’n hersiening van 30 minute van die glanspunte is.

WEEK WAT BEGIN MET 1 DESEMBER

Lied 50 (23)

10 min: Gepaste Aankondigings in Ons Koninkryksbediening en plaaslike aankondigings. Desember is die laaste maand om die ouer publikasies uit te kry. Meld watter publikasies teen 50c die gemeente nog in voorraad het. Spoor broers aan om hulle uiterste beste doen om alle ouer publikasies in voorraad gedurende die maand uit te kry.

20 min: “Bied die goeie nuus aan—In Desember.” Pas toe op plaaslike omstandighede. Vrae en antwoorde. Sluit een of twee kort demonstrasies oor paragraaf 4 en 5 in en toon hoe aanbod gemaak kan word.

15 min: “Roodekrans—Die laaste jaar!” Vraag-en-antwoordbespreking van byvoegsel tot tussenhofie “Ons doelwitte.” Vestig aandag op foto’s.

Lied 36 (14) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 8 DESEMBER

Lied 106 (55)

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Moedig tydskrifwerk op tweede Saterdag, 14 Desember, aan. Stel gemeente ook in kennis van reëlings vir vakansiegetuienis op 16 Desember.

15 min: ‘Vind verkwikking vir julle siele.’ Toespraak met gehoordeelname. Prys broers vir hulle ywer wat hulle op besondere maniere aan die dag lê om al die vergaderinge by te woon en gereeld aan velddiens deel te neem.

20 min: “Roodekrans—Die laaste jaar!” Vraag-en-antwoordbespreking van byvoegsel vanaf tussenhofie “Ons doelwitte” tot aan die einde van byvoegsel. Bespreek plaaslike planne om te help.

Lied 48 (28) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 15 DESEMBER

Lied 37 (8)

5 min: Plaaslike aankondigings en “Mooi so, broers!”

8 min: Vakansiegetuienis. Twee goed voorbereide demonstrasies. Lewer kortliks kommentaar oor nodigheid om voorbereid te wees om besware te bowe te kom en om opregte vrae oor spesifieke feesdae te beantwoord. Demonstreer gebruik van materiaal onder “Vakansiedae, verjaarsdae” in Bybelonderwerpe vir bespreking. Gebruik verskillende agtergronde vir Kersfees en Nuwejaarsdag.

10 min: “Die Teokratiese Bedieningskool vir 1986.” Toespraak deur skoolopsiener wat inligting in artikel dek en ander hoofgedagtes hersien wat plaaslik aandag nodig het. Spoor almal aan om vertroud te raak met die instruksies vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1986. Moedig diegene wat kwalifiseer aan om in te skryf.

15 min: “Die eer om Jehovah se naam te dra.” Dek materiaal met vrae en antwoorde. Hou kort demonstrasie oor paragraaf 7 en 8 en toon hoe ouer publikasies aangebied kan word.

7 min: Inligting in verband met die Streekbyeenkoms. ’n Besielende bespreking deur presiderende opsiener. Spoor almal aan om wakker te wees om die goeie nuus met ander te deel terwyl hulle na die streekbyeenkoms reis en in die byeenkomsstad is. Vra gemeente om geleenthede te meld wanneer dit gedoen kan word. Genootskap sal geen publisiteit aan streekbyeenkoms gee nie. Maan almal om nie onwenslike elemente na die byeenkoms te lok nie, met die oog op huidige onrus. Nooi belangstellendes en Bybelstudies mondeling uit om dit by te woon. Vra om voorstelle oor benaderings wat goeie resultate sal oplewer. Neem lektuur saam met jou. Maak aantekening van tyd en plasings sodat dit aan die einde van die maand gerapporteer kan word. Moedig gemeente hartlik aan om al vier dae van die byeenkoms by te woon.

Lied 20 (25) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 22 DESEMBER

Lied 89 (49)

10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig velddiens aan. Reël twee goed voorbereide demonstrasies van 30-60 sekondes oor tydskrif aanbiedings wat paslik is vir julle plaaslike gebied. Een moet eenvoudig genoeg wees sodat ’n kind dit kan gebruik.

20 min: “Gee aandag aan die bejaardes en siekes.” Vrae en antwoorde. Bespreek praktiese maniere waarop plaaslike gemeente materiaal kan toepas.

15 min: Plaaslike behoeftes, of hou toespraak oor “Onafhanklikheid van God —Waarom nie?” gebaseer op eerste twee artikels in Die Wagtoring van 1 November 1985. Pas inligting toe op plaaslike gemeente.

Lied 99 (18) en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel