Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/89 bl. 5-6
  • Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1990

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1990
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • INSTRUKSIES
  • ROOSTER
Ons Koninkryksbediening—1989
km 10/89 bl. 5-6

Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1990

INSTRUKSIES

Gedurende 1990 moet die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word:

LEERBOEKE: Die Bybel, die New World Translation of the Holy Scriptures [bil2], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial“ [si], Redenering uit die Skrif [rsAF] en Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe [peAF] sal vir toewysings gebruik word.

Die skool word met lied, gebed en verwelkoming geopen en verloop daarna soos volg:

TOEWYSING NR. 1: 15 minute. Dit moet deur ’n ouere man of ’n bekwame bedieningskneg behartig word. Dit sal gebaseer word op “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial”. Hierdie toewysing moet ’n instruksietoespraak van 10 tot 12 minute wees wat deur ’n mondelinge hersiening van 3 tot 5 minute gevolg word. Die gedrukte vrae moet hiervoor gebruik word. Die doel moet nie wees om net materiaal te dek nie, maar om die aandag te vestig op die praktiese waarde van die betrokke materiaal, en die gedagtes wat vir die gemeente die nuttigste sal wees, moet beklemtoon word. Indien nodig, moet ’n tema gekies word. Almal word aangemoedig om sorgvuldig voor te berei om ten volle by hierdie materiaal baat te vind.

Die broers wat hierdie toespraak hou, moet noukeurig by die bepaalde tyd hou. Privaat raad kan gegee word, indien nodig.

GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur die skoolopsiener of ’n ander bekwame ouere man of ’n bedieningskneg wat deur die skoolopsiener aangewys word. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. Nadat ’n kort geheelbeeld van die toegewese hoofstukke gegee is, moet die gehoor gehelp word om in te sien waarom en hoe die inligting vir ons van nut is. Gaan nommers van Die Wagtoring na vir bykomende glanspunte. Die skoolopsiener sal die studente daarna versoek om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.

TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word. Dit geld in ’die hoofskool en in die ander groepe. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg sodat die student tydens sy inleiding en slot, en selfs tussenin, kort kommentare kan lewer. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet gelees word.

TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Hierdie toespraak word aan susters toegewys. Die onderwerpe vir hierdie toespraak sal beurtelings uit die Redenering- en Paradys-boek geneem word. Toesprake uit die Paradys-boek sal hoofsaaklik aan jong of nuwe studente toegewys word. Die student moet kan lees. Die student kan sit of staan terwyl sy die toespraak hou. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar bykomende assistente kan gebruik word. Agtergronde moet verkieslik velddiens of informele getuienis insluit. Die suster wat die toespraak hou, kan die bespreking inlei sodat die agtergrond duidelik is, of haar assistent(e) kan dit doen. Die klem moet op die materiaal val, nie op die agtergrond nie. Die student moet die tema gebruik wat verskaf word.

TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Dit moet aan ’n broer of “n suster toegewys word. Hierdie toespraak word op die Redenering-boek gebaseer. Wanneer dit aan ’n broer toegewys word, moet dit ’n toespraak aan die hele gehoor wees. Dit sal gewoonlik die beste wees as die broer sy toespraak met die Koninkryksaalgehoor in gedagte voorberei, sodat dit werklik leersaam en nuttig is vir diegene wat dit hoor. As die materiaal egter besonder geskik is vir ’n ander praktiese en gepaste agtergrond, staan dit die broer vry om sy toespraak dienooreenkomstig te ontwikkel. Die student moet die tema gebruik wat verskaf word.

Wanneer die materiaal aan ’n suster toegewys word, moet dit op dieselfde manier as Toespraak nr. 3 gehou word.

RAAD EN KOMMENTAAR: Na elke studentetoespraak sal die skoolopsiener spesifieke raad gee, maar nie noodwendig volgens die program vir progressiewe raadgewing op die Spraakraadgewingstrokie nie. Hy moet hom eerder toespits op die spraakhoedanighede waarop die student kan verbeter. As die student ’n “G” verdien en daar geen ander spraakhoedanigheid met ’n “V” of “W” gemerk is nie, moet die raadgewer ’n spraakhoedanigheid aandui waaraan die spreker volgende aandag moet skenk deur ’n kring om die blokkie te trek waar die “G”, “V” of “W” gewoonlik geskryf word. Hy sal die student daardie aand daarvan verwittig en hierdie spraakhoedanigheid op die student se volgende Teokratiese Bedieningskool-toewysingstrokie (S-89) aandui. Studente wat toesprake gaan hou, moet voorlangs in die saal sit. Dit sal tyd bespaar en die skoolopsiener in staat stel om sy raad direk aan elke student te gee. As daar tyd is nadat raad gegee is, kan die raadgewer kommentaar lewer oor leersame en praktiese gedagtes wat die studente nie gedek het nie. Die skoolopsiener moenie meer as twee minute vir raad en kommentaar na elke studentetoespraak gebruik nie. As die aanbieding van die glanspunte uit die Skrifgedeelte nie na wense is nie, kan privaat raad gegee word.

VOORBEREIDING VAN TOESPRAKE: Broers aan wie die eerste toespraak toegewys word, moet ’n tema kies indien dit nodig is. Studente aan wie die tweede toespraak toegewys word, moet ’n tema kies wat die beste dekking van die materiaal tot gevolg sal hê. Studente aan wie die derde en vierde toespraak toegewys word, moet die gegewe tema gebruik. Voordat hulle die toespraak hou, moet studente die materiaal in die Skoolhandleiding deurlees wat die spraakhoedanigheid bespreek waaraan hulle aandag moet skenk.

TYDREELING: Geen toespraak moet die tydgrens oorskry nie. Dit geld ook vir die raad en kommentaar van die skoolopsiener. Toesprake nrs. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. Die persoon wat gevra word om die “stopsein” te gee, moet dit dadelik doen wanneer die tyd verstreke is. As die broer wat Toewysing nr. 1 behartig die tydgrens oorskry, moet hy privaat raad kry. Almal moet hulle tyd goed dophou. Die program is altesaam 45 minute lank, lied en gebed uitgesluit.

SKRIFTELIKE HERSIENING: Van tyd tot tyd word daar ’n skriftelike hersiening gehou. Hersien ter voorbereiding die toegewese materiaal en voltooi die toegewese Skrifgedeelte. Slegs die Bybel mag gedurende hierdie hersiening van 25 minute gebruik word. Die res van die tyd sal gewy word aan ’n bespreking van die vrae en antwoorde. Elke student sien sy eie vraestel na. Die skoolopsiener sal al die antwoorde aflees en veral aandag gee aan die moeiliker vrae en almal help om die antwoorde goed te verstaan. Indien die plaaslike omstandighede dit om die een of ander rede vereis, kan die Skriftelike hersiening ’n week later gehou word.

GROOT EN KLEIN GEMEENTES: Gemeentes met ’n skoolinskrywing van 50 of meer studente kan reël dat bykomende groepe studente die toesprake voor ander raadgewers hou. Ongedoopte persone wie se lewens aan Christelike beginsels voldoen, kan natuurlik ook by die skool inskryf en toewysings ontvang.

AFWESIGHEID: Die hele gemeente kan waardering vir hierdie skool toon deur sover moontlik elke weeklikse sessie by te woon, hulle toewysings goed voor te berei en te antwoord wanneer vrae gestel word. Ons hoop dat al die studente hulle toewysings pligsgetrou sal uitvoer. Indien ’n studentespreker nie opdaag nie, kan ’n vrywilliger die toespraak hou en net soveel van die materiaal toepas as waarvoor hy hom op sulke kort kennisgewing bevoeg voel. So nie kan die skoolopsiener die materiaal met gepaste gehoordeelname dek.

ROOSTER

1 Jan. Skrifgedeelte: Lukas 2 en 3

Lied 14

Nr. 1: Inleiding tot Galasiers (si bl. 216-17 par. 1-6)

Nr. 2: Lukas 3:7-22

Nr. 3: Jesus het voorbeeld gestel deur God se naam te heilig

(peAF hfst. 22 par. 1-4)

Nr. 4: Jehovah se Getuies is nie ’n Amerikaanse geloof nie, nie

’n kultus nie (rsAF bl. 221 par. 4-6; bl. 222 par. 4, 5)

8 Jan. Skrifgedeelte: Lukas 4 en 5

Lied 156

Nr. 1: Galasiërs 1:1 tot 3:29 (si bl. 217 par. 7-10)

Nr. 2: Lukas 4:16-30

Nr. 3: Jehovah se Getuies is nie ’n nuwe godsdiens nie (rsAF bl. 223 par. 1-4)

Nr. 4: Waarom ons glo dat net ons die regte godsdiens het (rsAF bl. 224 par. 1,2)

15 Jan. Skrifgedeelte: Lukas 6 en 7

Lied 215

Nr. 1: Galasiërs 4:1 tot 6:18 (si bl. 217-18 par. 11-13)

Nr. 2: Lukas 6:20-38

Nr. 3: Waarom ons die naam Jehovah se Getuies aangeneem het (peAF hfst. 22 par. 5, 6)

Nr. 4: Grondslag vir beoordeling van ware godsdiens (rsAF bl. 224 par. 3)

22 Jan. Skrifgedeelte: Lukas 8 en 9

Lied 122

Nr. 1: Inleiding tot Efesiërs (si bl. 219-20 par. 1-8)

Nr. 2: Lukas 9:1-17

Nr. 3: Sleutels tot begrip van die Bybel (rsAF bl. 225 par. 1-4)

Nr. 4: Waarom Jehovah se Getuies aanpassings in hulle leerstellings gemaak het (rsAF bl. 226 par. 1)

29 Jan. Skrifgedeelte: Lukas 10 en 11

Lied 72

Nr. 1: Efesiers 1:1 tot 3:21 (si bl. 220 par. 9-11)

Nr. 2: Lukas 11:1-20

Nr. 3: Slegs wie verkondig vandag God se Koninkryk? (peAF hfst. 22 par. 7-9)

Nr. 4: Huis-tot-huisprediking skriftuurlik en doeltreffend (rsAF bl. 226 par. 2-5)

5 Feb. Skrifgedeelte: Lukas 12 en 13

Lied 106

Nr. 1: Efesiers 4:1 tot 6:24 (si bl. 220-1 par. 12-15)

Nr. 2: Lukas 12:32-48

Nr. 3: Waarom word Jehovah se Getuies vervolg? (rsAF bl. 227 par. 2, 3)

Nr. 4: Jesus Christus was ’n geskiedkundige persoon (rsAF bl. 229 par. 3 tot bl. 230 par. 3)

12 Feb. Skrifgedeelte: Lukas 14 tot 16

Lied 170

Nr. 1: Inleiding tot Filippense (si bl. 222-3 par. 1-7)

Nr. 2: Lukas 14:16-35

Nr. 3: Die ware godsdiens eerbiedig God se Woord (peAF

hfst. 22 par. 10-13)

Nr. 4: Jesus was nie net ’n goeie man nie (rsAF bl. 230 par. 4)

19 Feb. Skrifgedeelte: Lukas 17 en 18

Lied 210

Nr. 1: Filippense 1:1 tot 2:30 (si bl. 223 par. 8, 9)

Nr. 2: Lukas 17:5-21

Nr. 3: Jesus was nie bloot ’n selfaangestelde profeet nie (rsAF bl. 231 par. 1)

Nr. 4: Waarom die meeste Jode Jesus nie as hulle Messias

aangeneem het nie (rsAF bl. 231 par. 2 tot 232 par. 1)

26 Feb. Skrifgedeelte: Lukas 19 en 20

Lied 186

Nr. 1: Filippense 3:1 tot 4:23 (si bl. 223 par. 10,11)

Nr. 2: Lukas 20:21-40

Nr. 3: Die ware godsdiens bly afgeskeie van die wereld (peAF hfst. 22 par. 14,15)

Nr. 4: Hoe ons weet dat Jesus nie eintlik God is nie (rsAF bl. 232 par. 2, 3)

5 Mrt. Skrifgedeelte: Lukas 21 en 22

Lied 91

Nr. l: Inleiding tot Kolossense (si bl. 224-5 par. 1-5)

Nr. 2: Lukas 22:7-23

Nr. 3: Wat Johannes 1:1 se en nie se nie (rsAF bl. 233 par. 1-3)

Nr. 4: Johannes 20:28 bewys nie dat Jesus God was nie (rsAF bl. 233 par. 4 tot bl. 234 par. 1)

12 Mrt. Skrifgedeelte: Lukas 23 en 24

Lied 218

Nr. 1: Kolossense 1:1 tot 2:7 (si bl. 225 par. 6-8)

Nr. 2: Lukas 24:36-53

Nr. 3: Liefde onder mekaar identifiseer diegene wat die ware geloof het (peAF hfst. 22 par. 16-18)

Nr. 4: Waarom Mattheüs 1:23 nie bewys dat Jesus God was nie (rsAF bl. 234 par. 2-4)

19 Mrt. Skrifgedeelte: Johannes 1 tot 3

Lied 173

Nr. 1: Kolossense 2:8 tot 4:18 (si bl. 225-6 par. 9-11)

Nr. 2: Johannes 1:1-18

Nr. 3: Waarom Johannes 5:18 nie bewys dat Jesus Jehovah is nie (rsAF bl. 235 par. 1, 2)

Nr. 4: Waarom Jesus nie aanbid moet word nie (rsAF bl. 235 par. 3 tot bl. 236 par. 1)

26 Mrt. Skrifgedeelte: Johannes 4 en 5

Lied 217

Nr. 1: Inleiding tot Thessalonicense (si bl. 227 par. 1-5)

Nr. 2: Johannes 4:16-38

Nr. 3: Waarom daar slegs een ware godsdiens kan wees (peAF hfst. 22 par. 19, 20)

Nr. 4: Wonderwerke wat Jesus gedoen het, bewys nie dat hy God is nie (rsAF bl. 236 par. 2-4)

2 Apr. Skrifgedeelte: Johannes 6 en 7

Lied 150

Nr. 1: 1 Thessalonicense 1:1 tot 3:13 (si bl. 228 par. 6-8)

Nr. 2: Johannes 6:52-71

Nr. 3: Meer as net geloof in Jesus is nodig om gered te word (rsAF bl. 237 par. 1)

Nr. 4: Jesus het ’n voormenslike bestaan gehad (rsAF bl. 237 par. 2, 3)

9 Apr. Skrifgedeelte: Johannes 8 en 9

Lied 121

Nr. 1: 1 Thessalonicense 4:1 tot 5:28 (si bl. 228-9 par. 9-12)

Nr. 2: Johannes 8:31-47

Nr. 3: Waarom ons weet dat God ’n sigbare organisasie het(peAF hfst. 23 par. 1-3)

Nr. 4: Jesus het nie sy vleeslike liggaam hemel toe geneem nie(rsAF bl. 237 par. 4 tot bl. 238 par. 3)

16 Apr. Skrifgedeelte: Johannes 10 en 11

Lied 42

Nr. 1: Inleiding tot 2 Thessalonicense (si bl. 230 par. 1-4)

Nr. 2: Johannes 10:1-18

Nr. 3: Jesus is dieselfde persoon as Migael (rsAF bl. 238 par. 4 tot bl. 239 par. 2)

Nr. 4: Jehovah se Getuies glo in Jesus (rsAF bl. 239 par. 3 tot bl. 240 par. 1)

23 Apr. Skrifgedeelte: Johannes 12 en 13

Lied 200

Nr. 1: 2 Thessalonicense 1:1 tot 3:18 (si bl. 230-1 par. 5-9)

Nr. 2: Johannes 13:21-35

Nr. 3: Wat toon dat God sy knegte op ’n georganiseerde wyse gelei het? (peAF hfst. 23 par. 4-6)

Nr. 4: Jehovah se Getuies aanvaar Jesus Christus as die Saligmaker (rsAF bl. 240 par. 2-4)

30 April Skriftelike hersiening. Voltooi Lukas 2 tot Johannes 13

Lied 111

7 Mei Skrifgedeelte: Johannes 14 tot 16

Lied 159

Nr. 1: Inleiding tot 1 Timotheüs (si bl. 232 par. 1-6)

Nr. 2: Johannes 15:1-19

Nr. 3: Die Jode vandag nie meer God se uitverkore volk nie (rsAF bl. 241 par. 1 tot bl. 242 par. 2)

Nr. 4: Nie alle Jode sal tot Christus bekeer nie (rsAF bl. 242 par. 4 tot bl. 243 par. 1)

14 Mei Skrifgedeelte: Johannes 17 en 18

Lied 198

Nr. 1: 1 Timotheüs 1:1 tot 3:16 (si bl. 233 par. 7-10)

Nr. 2: Johannes 17:1-19

Nr. 3: Jehovah gebruik net een organisasie op ’n slag (peAF hfst. 23 par. 7-9)

Nr. 4: Jode moet ook in Jesus Christus glo om gered te word(rsAF bl. 243 par. 2, 3)

21 Mei Skrifgedeelte: Johannes 19 tot 21

Lied 39

Nr. 1: 1 Timotheüs 4:1 tot 6:21 (si bl. 233-4 par. 11-14)

Nr. 2: Johannes 21:9-23

Nr. 3: Hedendaagse Israel vervul nie Bybelprofesieë nie (rsAF bl. 244 par. 1 tot bl. 245 par. 1)

Nr. 4: Die herstellingsprofesieë is van toepassing op geestelike Israel (rsAF bl. 245 par. 2 tot bl. 246 par. 1)

28 Mei Skrifgedeelte: Handelinge 1 tot 3

Lied 146

Nr. 1: Inleiding tot 2 Timotheüs (si bl. 235 par. 1-4)

Nr. 2: Handelinge 2:22-36

Nr. 3: Die eerste-eeuse Christene was georganiseerd (peAF hfst. 23 par. 10-12)

Nr. 4: God se Koninkryk is ’n werklike regering (rsAF bl. 246 par. 2 tot bl. 247 par. 1)

4 Jun. Skrifgedeelte: Handelinge 4 tot 6

Lied 92

Nr. 1: 2 Timotheüs 1:1 tot 2:26 (si bl. 236 par. 5, 6)

Nr. 2: Handelinge 5:17-32

Nr. 3: Wie is die heersers van God se Koninkryk? (rsAF bl. 247 par. 2-4)

Nr. 4: Die uitwerking wat God se Koninkryk op menseregerings sal hê (rsAF bl. 247 par. 5, 6)

11 Jun. Skrifgedeelte: Handelinge 7 en 8

Lied 43

Nr. 1: 2 Timotheüs 3:1 tot 4:22 (si bl. 236 par. 7-9)

Nr. 2: Handelinge 8:25-40

Nr. 3: ’n Bestuursliggaam rig die predikingswerk vandag (peAF hfst. 23 par. 13-16)

Nr. 4: God se Koninkryk sal Jehovah se soewereiniteit verdedig en Satan se heerskappy beëindig (rsAF bl. 248 par. 1-3)

18 Jun. Skrifgedeelte: Handelinge 9 en 10

Lied 16

Nr. 1: Inleiding tot Titus (si bl. 237-8 par. 1-4)

Nr. 2: Handelinge 10:30-48

Nr. 3: God se Koninkryk sal die mensdom in ware aanbidding verenig (rsAF bl. 248 par. 4 tot bl. 249 par. 1)

Nr. 4: God se Koninkryk sal die mensdom van oorlog en verdrukking bevry (rsAF bl. 249 par. 2-5)

25 Jun. Skrifgedeelte: Handelinge 11 tot 13

Lied 30

Nr. 1: Titus 1:1 tot 3:15 (si bl. 238 par. 5-7)

Nr. 2: Handelinge 12:1-17

Nr. 3: Hoe die onderrigtingswerk vandag gedoen word (peAF hfst. 23 par. 17-23)

Nr. 4: God se Koninkryk sal oorgenoeg voedsel voorsien en siekte beëindig (rsAF bl. 250 par. 1-3)

2 Jul. Skrifgedeelte: Handelinge 14 tot 16

Lied 112

Nr. 1: Filemon: Inleiding en inhoud (si bl. 239-40 par. 1-6)

Nr. 2: Handelinge 15:13-29

Nr. 3: God se Koninkryk sal huise en bevredigende werk vir almal voorsien (rsAF bl. 250 par. 4, 5)

Nr. 4: Veiligheid en geregtigheid word deur God se Koninkryk voorsien (rsAF bl. 250 par. 6 tot bl. 251 par. 2)

9 Jul. Skrifgedeelte: Handelinge 17 tot 19

Lied 28

Nr. 1: Hebreërs: Geskryf deur Paulus en geïnspireer (si bl. 241 par. 1-5)

Nr. 2: Handelinge 17:22-34

Nr. 3: Die doel van ons verskillende vergaderinge (peAF hfst. 23 par. 24-28)

Nr. 4: God se Koninkryk sal die dode opwek en Adamitiese dood beëindig (rsAF bl. 251 par. 4 tot bl. 252 par. 1)

16 Jul. Skrifgedeelte: Handelinge 20 en 21

Lied 116

Nr. 1: Hebreërs: Wanneer en waarom is dit geskryf? (si bl. 241-2 par. 6-9)

Nr. 2: Handelinge 20:17-35

Nr. 3: God se Koninkryk sal die aarde in ’n paradys omskep (rsAF bl. 252 par. 3-7)

Nr. 4: God se Koninkryk is nie in die eerste eeu opgerig nie (rsAF bl. 252 par. 8 tot bl. 253 par. 2)

23 Jul. Skrifgedeelte: Handelinge 22 tot 24

Lied 105

Nr. 1: Hebreërs 1:1 tot 4:16 (si bl. 242 par. 10-12)

Nr. 2: Handelinge 24:9-23

Nr. 3: Waarom en wanneer herdenk ons die Here se aandmaal?(peAF hfst. 23 par. 29, 30)

Nr. 4: Wat toon dat ons in die laaste dae lewe? (rsAF bl. 259 par. 1)

30 Jul. Skrifgedeelte: Handelinge 25 en 26

Lied 123

Nr. 1: Hebreërs 5:1 tot 7:28 (si bl. 243 par. 13-16)

Nr. 2: Handelinge 26:8-23

Nr. 3: Algehele oorlog, ’n teken van die laaste dae (rsAF bl. 259 par. 2 tot bl. 260 par. 1)

Nr. 4: Laaste dae deur hongersnode en aardbewings gekenmerk (rsAF bl. 260 par. 2 tot bl. 261 par. 2)

6 Aug. Skrifgedeelte: Handelinge 27 en 28

Lied 144

Nr. 1: Hebreërs 8:1 tot 10:39 (si bl. 243-4 par. 17-19)

Nr. 2: Handelinge 28:17-31

Nr. 3: Wat vereis die feit dat Jehovah ’n sigbare organisasie het van ons? (peAF hfst. 23 par. 31, 32)

Nr. 4: Pessiektes en ongeregtigheid kenmerke van die laaste dae (rsAF bl. 261 par. 3 tot bl. 262 par. 1)

13 Aug. Skrifgedeelte: Romeine 1 tot 3

Lied 113

Nr. 1: Hebreërs 11:1 tot 13:25 (si bl. 244 par. 20-22)

Nr. 2: Romeine 1:8-23

Nr. 3: Kenmerke van die laaste dae: predikingswerk en vervolging van Christene (rsAF bl. 263 par. 1, 2)

Nr. 4: Waarop dui die laaste dae en hoe beskou geskiedskrywers die laaste dae? (rsAF bl. 263 par. 3 en bl. 264 par. 2-4)

20 Aug. Skrifgedeelte: Romeine 4 tot 6

Lied 222

Nr. 1: Jakobus: Deur wie is dit geskryf? (si bl. 246 par. 1-4)

Nr. 2: Romeine 6:8-23

Nr. 3: Aan wie is die Mosaiese Wet gegee, en waarom? (peAF hfst. 24 par. 1-4)

Nr. 4: Sommige sal die einde van die wêreld oorleef (rsAF bl. 265 par. 1-4)

27 Aug. Skriftelike hersiening. Voltooi Johannes 14 tot Romeine 6

Lied 181

3 Sept. Skrifgedeelte: Romeine 7 tot 9

Lied 142

Nr. 1: Jakobus: Egtheid, en waarom dit geskryf is (si bl. 246-7 par. 5-7)

Nr. 2: Romeine 8:26-39

Nr. 3: Waarom God goddeloosheid so lank toegelaat het (rsAF bl. 265 par. 5-7)

Nr. 4: Beantwoord besware teen die feit dat hierdie die laaste dae is (rsAF bl. 266 par. 2 tot bl. 267 par. 1)

10 Sept. Skrifgedeelte: Romeine 10 tot 12

Lied 23

Nr. l Jakobus 1:1 tot 2:26 (si bl. 247 par. 8-10)

Nr. 2 Romeine 12:1-16

Nr. 3 Wat beteken die feit dat Christus ’n einde aan die Wet gemaak het? (peAF hfst. 24 par. 5-9)

Nr. 4: Hoe die doel van die lewe verwesenlik kan word (rsAF bl. 268 par. 2; bl. 269 par. 3, 4)

17 Sept. Skrifgedeelte: Romeine 13 tot 16

Lied 88

Nr. 1: Jakobus 3:1 tot 5:20 (si bl. 247-8 par. 11-14)

Nr. 2: Romeine 15:1-16

Nr. 3: Ons moes nie net ’n paar jaar lewe en dan sterf nie (rsAF bl. 269 par. 5 tot bl. 270 par. 2)

Nr. 4: Moes ons lewe net een van lyding gewees het? (rsAF bl. 270 par. 4-6)

24 Sept. Skrifgedeelte: 1 Korinthiërs 1 tot 3

Lied 48

Nr. 1: Inleiding tot 1 Petrus (si bl. 249 par. 1-5)

Nr. 2: 1 Korinthiërs 3:1-15

Nr. 3: Watter wette geld vir Christene? (peAF hfst. 24 par. 10,11)

Nr. 4: Watter grondslag is daar vir hoop op toekomstige lewe? (rsAF bl. 271 par. 3-5)

1 Okt. Skrifgedeelte: 1 Korinthiërs 4 tot 6

Lied 207

Nr. 1: 1 Petrus 1:1 tot 3:22 (si bl. 250 par. 6-8)

Nr. 2: 1 Korinthiërs 6:1-11,15-20

Nr. 3: Hoe sal vooruitsigte op toekomstige lewe verwesenlik

word? (rsAF bl. 271 par. 6, 7)

Nr. 4: Waarom daar aan wetlike vereistes in die huwelik voldoen moet word (rs AF bl. 201 par. 3 tot bl. 202 par. 2)

8 Okt. Skrifgedeelte: 1 Korinthiërs 7 tot 9

Lied 115

Nr. 1: 1 Petrus 4:1 tot 5:14 (si bl. 250 par. 9,10)

Nr. 2: 1 Korinthiërs 9:11-27

Nr. 3: Wat is die wet van Christus wat Christene moet vervul?(peAF hfst. 24 par. 12-14)

Nr. 4: Veelwywery is nie vir Christene toelaatbaar nie, selfs al is dit wettig (rsAF bl. 203 par. 1, 2)

15 Okt. Skrifgedeelte: 1 Korinthiërs 10 tot 12

Lied 213

Nr. 1: Inleiding tot 2 Petrus (si bl. 252 par. 1-3)

Nr. 2: 1 Korinthiërs 10:1-13, 31-33

Nr. 3: Waarom veelwywery, hoewel dit voorheen toegelaat is, nie vir Christene reg is nie (rsAF bl. 203 par. 3-6)

Nr. 4: Is dit reg om uitmekaar te gaan wanneer daar moeilikheid in ’n huwelik is? (rsAF bl. 204 par. 1)

22 Okt. Skrifgedeelte: 1 Korinthiërs 13 en 14

Lied 35

Nr. 1: 2 Petrus 1:1 tot 2:22 (si bl. 252 par. 4, 5)

Nr. 2: 1 Korinthiërs 13:1-13

Nr. 3: Wat is die wêreld waarvan Christene afgeskeie moet bly? (peAF hfst. 25 par. 1-4)

Nr. 4: Die enigste redes vir egskeiding wat jou veroorloof om weer te trou (rsAF bl. 204 par. 2 tot bl. 205 par. 2)

29 Okt. Skrifgedeelte: 1 Korinthiërs 15 en 16

Lied 81

Nr. 1: 2 Petrus 3:1-18 (si bl. 253 par. 6, 7)

Nr. 2: 1 Korinthiërs 15:20-34

Nr. 3: Waarom God in die begin huwelike tussen broers en susters toegelaat het (rsAF bl. 205 par. 3, 4)

Nr. 4: Hoe kan ’n egpaar hul huwelik verbeter? (rsAF bl. 206 nr. 1, 2)

5 Nov. Skrifgedeelte: 2 Korinthiërs 1 tot 4

Lied 191

Nr. 1: 1 Johannes: Deur wie is dit geskryf? (si bl. 254 par. 1-3)

Nr. 2: 2 Korinthiërs 3:1-6,12-18

Nr. 3: Wat is die drie hoofdele van Satan se wêreld? (peAF hfst. 25 par. 5-9)

Nr. 4: Hoe kan ’n egpaar hul huwelik verbeter? (rsAF bl. 206 nr. 3, 4)

12 Nov. Skrifgedeelte: 2 Korinthiërs 5 tot 8

Lied 117

Nr. 1: 1 Johannes: Waarom is dit geskryf? (si bl. 254-5 par. 4, 5)

Nr. 2: 2 Korinthiërs 6:3-18

Nr. 3: Hoe kan ’n egpaar hul huwelik verbeter? (rsAF bl. 206 nr. 5, 6)

Nr. 4: Wat ons uit die Bybelverhaal oor Maria kan leer (rsAF bl. 286 nr. 1,2,5)

19 Nov. Skrifgedeelte: 2 Korinthiërs 9 tot 13

Lied 12

Nr. 1: 1 Johannes 1:1 tot 3:24 (si bl. 255 par. 6-8)

Nr. 2: 2 Korinthiërs 9:1-15

Nr. 3: Waarom ons op ons hoede moet wees vir Satan se wêreld (peAF hfst. 25 par. 10,11)

Nr. 4: Hoe kan ’n egpaar hul huwelik verbeter? (rsAF bl. 206 nr. 7, 8)

26 Nov. Skrifgedeelte: Galasiërs 1 tot 3

Lied 50

Nr. 1: 1 Johannes 4:1 tot 5:21 (si bl. 255 par. 9,10)

Nr. 2: Galasiërs 3:15-29

Nr. 3: Maria was waarlik ’n maagd toe sy Jesus gebaar het (rsAF bl. 287 par. 2,3)

Nr. 4: Maria was nie altyd ’n maagd nie (rsAF bl. 287 par. 4 tot bl. 288 par. 2)

3 Des. Skrifgedeelte: Galasiërs 4 tot 6

Lied 163

Nr. 1: 2 Johannes: Inleiding en inhoud (si bl. 256-7 par. 1-4)

Nr. 2: Galasiërs 5:13-26

Nr. 3: Hoe om nie deel van die wêreld te wees nie (peAF hfst. 25 par. 12-14)

Nr. 4: Maria was nie die moeder van God nie (rsAF bl. 288 par. 3 tot bl. 289 par. 1)

10 Des. Skrifgedeelte: Efesiërs 1 tot 3

Lied 99

Nr. l 3 Johannes: Inleiding en inhoud (si bl. 258 par. 1-4)

Nr. 2 Efesiërs 3:8-21

Nr. 3 Maria is nie onbevlek ontvang nie (rsAF bl. 289 par. 2, 3)

Nr. 4 Maria het nie met haar vleeslike liggaam in die hemel opgevaar nie (rsAF bl. 290 par. 1, 2)

17 Des. Skrifgedeelte: Efesiërs 4 tot 6

Lied 209

Nr. 1: Inleiding tot Judas (si bl. 259 par. 1-4)

Nr. 2: Efesiërs 5:15-33

Nr. 3: Waarom Christene nie Kersfees vier nie (peAF hfst. 25 par. 15)

Nr. 4: Die Bybel beskryf Maria nie as voorspraak nie (rsAF bl. 290 par. 3,4)

24 Des. Skrifgedeelte: Filippense 1 tot 4

Lied 22

Nr. 1: Judas 1-25 (si bl. 259-60 par. 5-7)

Nr. 2: Filippense 4:4-20

Nr. 3: Voorbeeld wat Jesus gestel het deur nie sy moeder te vereer nie (rsAF bl. 291 par. 4 tot bl. 292 par. 1)

Nr. 4: Wat Jesus bedoel het toe hy gese het: “Dit is my liggaam” (rsAF bl. 294 par. 1 tot bl. 295 par. 2)

31 Des. Skriftelike hersiening. Voltooi Romeine 7 tot Filippense 4

Lied 155

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel