Diensvergaderinge vir Augustus
Week wat begin met 3 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek gesprekspunte uit die jongste tydskrifte. Moedig almal aan om hierdie naweek aan die velddiens, onder andere die tydskrifverspreiding, deel te neem. Augustus is die laaste maand van die diensjaar. Spoor alle verkondigers aan om elke week aan die bediening deel te neem en stiptelik aan die einde van Augustus hulle velddiens te rapporteer. Kan ons almal saamwerk om ’n nuwe verkondigerhoogtepunt in Augustus te bereik?
15 min: “Inleidings om belangstelling te wek.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Demonstreer punte wat in paragraaf 5 bespreek word.
20 min: “Positiewe stappe tot verdere vooruitgang.” Dek die eerste twee paragrawe in die bylae in die vorm van ’n toespraak. Dek die res van die artikel met behulp van vrae en antwoorde. Lê klem op punte wat plaaslik toegepas kan word. Sluit af met kort opsomming.
Lied 155 en slotgebed.
Week wat begin met 10 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings, asook rekeningverslag en erkenning van bydraes. Prys die gemeente vir hulle geldelike ondersteuning van die plaaslike gemeente sowel as die Genootskap se wêreldwye werk.
20 min: Hoe om belangstelling tydens herbesoeke aan te wakker. Bespreking deur diensopsiener. Baie geniet dit om met mense te gesels en lektuur by hulle te laat (omAF bl. 87-8). Ons verantwoordelikheid behels ook dat ons belangstelling aanwakker in die harte van diegene met wie ons praat. Demonstreer kortliks hoe ’n traktaat gebruik kan word om belangstelling aan te wakker wanneer jy na iemand teruggaan wat nie tydens die eerste besoek lektuur geneem het nie. Beklemtoon net een of twee punte. Demonstreer kortliks hoe inligting in die Redenering-boek se saakregister ook gebruik kan word. Gee voorbeelde van kort en kragtige punte in die boek wat gebruik kan word om belangstelling in die Bybel aan te wakker. Toon hoe reëlings vir verdere besoeke getref kan word.
15 min: “Babilon die Grote.” Bespreking van bladsye 51-6 in die Redenering-boek. Demonstrasie: Verkondiger bespreek Bybelstudent se vordering met hom. Benadruk dat dit noodsaaklik is dat Jehovah ons as heilig beskou, waardig om deur Hom gehelp en geseën te word (1 Pet. 1:15, 16). Beklemtoon hoe belangrik dit is om nou uit Babilon te vlug en met Jehovah se heilige organisasie om te gaan. Voorsitter sluit af deur die broers aan te moedig om die publikasies te gebruik om studente na die organisasie te rig en die hulp te aanvaar wat die ouere manne aanbied.
Lied 129 en slotgebed.
Week wat begin met 17 Augustus
15 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Bespreking van artikel “Leef met gesonde verstand en regverdigheid”. Herinner broers daaraan om vroegtydig reëlings te tref om die program vir die spesiale byeenkomsdag gedurende die 1993-diensjaar by te woon. Kondig die datum en plek aan as dit bekend is. Spoor die broers ook aan om aan die naweek se velddiensbedrywighede deel te neem.
20 min: “Die uitdaging om herbesoeke te doen.” Vrae en antwoorde. Hou twee demonstrasies ná die bespreking van paragraaf 5 en 6. (1) Toon hoe ’n traktaat gebruik kan word om ’n Bybelstudie te begin. (2) Kies ’n onderwerp in die Redenering-boek en toon hoe dit gebruik kan word om ’n vraag tydens ’n herbesoek te beantwoord. Beklemtoon hoe nuttig oefensessies is. Spoor die broers aan om na alle belangstellendes terug te gaan.
10 min: Bespreking van die artikel “Onthou jy?” in Die Wagtoring van 15 April 1992. Moedig almal aan om ’n goeie rooster vir die lees van die tydskrifte te volg. Gee praktiese wenke.
Lied 130 en slotgebed.
Week wat begin met 24 Augustus
5 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: “Doeltreffende huis-tot-huis-werk.” Bespreking met behulp van vrae en antwoorde. Moedig die broers aan om in September aan die hulppionierdiens deel te neem. Meld dat diegene wat hulppionierdiens doen gewoonlik bedrywiger in die daaropvolgende maande is.
15 min: Bespreek materiaal oor die “Antichris” op bladsye 37-9 in die Redenering-boek. Wat is die definisie van “antichris”? Is daar net een antichris of is daar meer as een? Wanneer het die antichris verskyn en wie sou as die antichris geïdentifiseer word? Demonstreer kortliks hoe verkondiger ’n kerkganger besoek wat teen Jehovah se Getuies gewaarsku is.
10 min: “Hoe om die Grootste mens-boek tydens herbesoeke te gebruik.” Bespreek kortliks die gedagtes in die eerste twee paragrawe. Demonstreer dan hoe die direkte benadering tydens ’n herbesoek gebruik kan word om ’n Bybelstudie te begin.
Lied 126 en slotgebed.
Week wat begin met 31 Augustus
5 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Maak jy geestelike vooruitgang? Bespreking deur ouere man. Het diegene in die gemeente spesifieke doelwitte gedurende die afgelope diensjaar bereik? Indien nie, waarom nie? Noem ’n paar doelwitte wat gestel kan word. Vooruitgang is noodsaaklik as ons ons geestelikheid wil beskerm (Filip. 3:16). Demonstreer kortliks hoe ’n gesin gedurende hulle gesinstudie hulle eie bediening hersien om te sien waar hulle geestelike vooruitgang kan maak.
10 min: Bekwame ouere man moet verslag gee van die werk wat in die ontoegekende gebied gedoen is. Voer ’n onderhoud met ’n paar verkondigers en laat hulle party van die ondervindinge vertel wat hulle tydens die eerste maand van die kampanje gehad het. Stel die gemeente in kennis van die reëlings vir September en moedig almal aan om ten minste een keer gedurende die maand daaraan deel te neem. Ouere manne moet waar moontlik ’n openbare toespraak in die ontoegekende gebied reël. Probeer om ’n openbare spreker saam te neem wat die gehoor in hulle eie taal kan toespreek. Plaaslike behoeftes kan bespreek word as die gemeente nie in ontoegekende gebied werk nie.
15 min: Bied die Skepping-boek in September aan. Toespraak met demonstrasie. Bespreek gesprekspunte en illustrasies wat gebruik kan word wanneer die Skepping-boek aangebied word. Punte in die Redenering-boek onder die opskrif “Skepping” kan gebruik word waar dit gepas is. Miskien sal die huisbewoner belangstel in die materiaal in hoofstukke 16 en 19 oor “Waarom sou God lyding toelaat?” en “’n Aardse paradys is voor die deur”. Laat bekwame verkondiger die aanbod demonstreer deur Spreuke 2:21, 22 en die prent op bladsy 197 te gebruik wat toon dat God se oorspronklike doel met die skepping van die aarde binnekort verwesenlik gaan word.
Lied 109 en slotgebed.