Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/92 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir September

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir September
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 7 September
  • Week wat begin met 14 September
  • Week wat begin met 21 September
  • Week wat begin met 28 September
Ons Koninkryksbediening—1992
km 9/92 bl. 2

Diensvergaderinge vir September

Week wat begin met 7 September

Lied 84

15 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek die artikel “Kan die belangstelling weer aangewakker word?” en demonstreer kortliks hoe so ’n besoek gedoen kan word. September is die eerste maand van die nuwe diensjaar. Moedig alle verkondigers hartlik aan om hulle dit ten doel te stel om elke week aan die bediening deel te neem en hulle velddiens stiptelik aan die einde van elke maand te rapporteer.

15 min: “Loof die God van die skepping.” Vraag-en-antwoord-dekking van die artikel. Reël vooraf dat voorbeeldige jongmense ondervindinge vertel uit die publikasies wat in paragraaf 4 gemeld word, en ’n ander verkondiger kan die ondervinding vertel wat in paragraaf 5 gemeld word.

15 min: “Aanbiedings wat belangstelling wek.” Bespreek met die gehoor hoe die wenke in julle plaaslike gebied toegepas kan word. Reël vir twee of drie realistiese demonstrasies wat goed voorberei is.

Lied 96 en slotgebed.

Week wat begin met 14 September

Lied 79

10 min: Plaaslike aankondigings. Dek ook rekeningverslag en erkenning van bydraes. Prys die gemeente vir hulle vrygewige ondersteuning van plaaslike behoeftes sowel as die Genootskap se wêreldwye werk. Na gelang van tyd kan voorbereide ondervindinge in verband met die aanbod van die Skepping-boek vertel word.

15 min: “Doop”, Redenering-boek, bladsye 91-5. Lei in met ’n toespraak wat gegrond is op die “Definisie”. Demonstreer hoe ’n ouere man met iemand kan praat wat huiwerig is om gedoop te word. Vestig die aandag op die inligting op bladsy 91. Beklemtoon hoe belangrik dit is om jou toe te wy en dit deur waterdoop te simboliseer. Die spreker sluit af deur kortliks die inligting oor doop met die heilige gees, doop vir die dooies en doop met vuur te bespreek.

20 min: “Maak seker dat jy teruggaan.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Hou ’n goed voorbereide demonstrasie wat die inligting in paragraaf 6 dek. Beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om terug te gaan na belangstellendes wat vroeër in die maand besoek is.

Lied 10 en slotgebed.

Week wat begin met 21 September

Lied 125

10 min: Plaaslike aankondigings. Vertel ’n ondervinding uit die plaaslike veld of meld gesprekspunte wat hierdie week in die velddiens gebruik kan word.

20 min: “’n Studie van Die grootste mens wat nog geleef het.” Vrae en antwoorde. Bou geesdrif op vir die studie wat vanaf die week van 12 Oktober in hierdie boek gehou gaan word.

15 min: Hersien die gemeente se bedrywighede. Die presiderende opsiener en die diensopsiener bespreek die hoogtepunte van die gemeente se bedrywighede vir die afgelope jaar deur die syfers voor op die “Ontledingsrapport oor gemeente”-vorm (S-10) te gebruik wat vroeër die maand aan die Genootskap gestuur is. Prys die verkondigers en pioniers opreg vir hulle selfopofferende werk in die velddiens en hulle getroue vergaderingbywoning. Noem spesifiek die aspekte waarin hulle goed gevaar het. Die bedrywighede van die vorige jare kan met die afgelope jaar s’n vergelyk word as die verslae in die lêer is. Wys ook op die aspekte waarin daar gedurende die 1993-diensjaar verbeter kan word.

Lied 43 en slotgebed.

Week wat begin met 28 September

Lied 51

15 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Kondig aan watter tydskrifte vir die velddiens beskikbaar is en stel een of twee gesprekspunte voor wat plaaslik belangstelling behoort te wek. Demonstreer hoe jongste tydskrifte aangebied kan word deur ’n skriftuurlike aanbieding te doen, soos een van die aanbiedings wat in die artikel boaan die agterste bladsy voorkom. Nooi die diensopsiener om ’n verslag te gee van hoe die werk in die ontoegekende gebied vorder en bespreek planne vir die laaste maand van die kampanje. Moedig almal aan om die reëlings ten volle te ondersteun. Herinner almal daaraan om hulle persoonlike eksemplaar van die Grootste mens-boek volgende week na die Diensvergadering te bring.

15 min: Plaaslike behoeftes of ’n toespraak gegrond op “Waarom geregtigheid najaag?” in Die Wagtoring van 15 Oktober 1990, bladsye 26-9.

15 min: Bied tydskrifte gedurende Oktober aan. Kort toespraak wat die waarde van die Ontwaak! en Die Wagtoring beklemtoon. Verkondigers moet nuwe nommers so gou moontlik lees sodat hulle geesdriftig kan wees wanneer hulle die tydskrifte by ander aanbeveel. Demonstreer hoe ’n verkondiger tydskrifte aanbied waar die intekeningaanbod van die hand gewys is en dan reëlings tref om met die volgende nommers terug te keer, en só ’n tydskrifroete begin.

Lied 48 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel