Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/93 bl. 8
  • Streef daarna om ’n luisterende oor te vind

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Streef daarna om ’n luisterende oor te vind
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Skenk aandag aan belangstelling wat gevind word
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Help ander om van God se Seun, Jesus Christus, te leer
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Bied intekeninge van huis tot huis aan
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Help skaapgeaarde mense om op ’n soliede fondament te bou
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 8/93 bl. 8

Streef daarna om ’n luisterende oor te vind

1 Baie mense wat ons in ons huis-tot-huis-bediening ontmoet, dink nie aan geestelike dinge nie. Hulle is dalk besorg oor gesinslede, ekonomiese of persoonlike probleme. Om ’n gesprek te begin, moet ’n mens dikwels eerder oor sake praat wat vir baie in die omgewing van algemene belang is. Vrae kan gebruik word om belangstelling aan te wakker, aangesien dit die huisbewoner by die gesprek betrek. Beskouingsvrae wat mense nie verleë maak nie, is baie doeltreffend.

2 Jy kan dalk ’n luisterende oor vind deur ’n benadering te gebruik soos die volgende:

◼ “Goeie môre. My naam is ․․․․․․․. Ek woon in die omgewing. Baie met wie ek vanoggend gesels het, is bekommerd oor [meld ’n onlangse nuusgebeurtenis of ’n saak waaroor mense plaaslik besorg is]. Dink jy God wou hê dat die wêreld so moes wees?” Wag vir ’n antwoord. Op hierdie stadium kan jy die aandag op die traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld vestig. Bespreek kortliks die illustrasie op bladsy 1 en die informasie in paragrawe 1-3 soos die tyd toelaat. As belangstelling gewek is, kan ’n mens die Paradys op aarde-boek vir die huisbewoner wys. Jy kan die aandag op Psalm 37:9, 10 vestig wat op bladsy 157 aangehaal word en dit uit die boek lees. Verduidelik watter regverdige toestande wêreldwyd sal heers wanneer goddeloosheid nie meer daar is nie deur van die prente op bladsye 156-7 gebruik te maak.

3 Wees altyd voorbereid om Die Wagtoring en die Ontwaak! aan te bied. Oral is mense besorg oor die sedelike verval. Kies terwyl jy die Ontwaak! van 8 Augustus lees ’n paar punte wat jy dink belangstelling by die mense in jou gebied sal wek. Vestig, sonder om te veel oor die slegte toestande uit te wei, die huisbewoner se aandag op die artikel “Die volmaakte sedelike rigsnoer”, en meld positiewe punte oor die voordele as ons op die raad in God se Woord ag slaan. Wanneer jy later in die maand die Ontwaak! van 22 Augustus aanbied, kan jy die aandag vestig op die artikel “Wanneer alle rasse in vrede sal saamwoon”. Beklemtoon die Bybel se raad om vreedsame rasseverhoudings tot stand te bring. Huidige sowel as ouer nommers van Die Wagtoring en die Ontwaak! kan enige tyd aangebied word, bo en behalwe spesiale dae wat vir tydskrifaanbieding opsygesit word.

4 Hou in gedagte dat dit ons doel is om belangstelling in die Koninkryksboodskap te wek. Om ’n luisterende oor te vind, moet ons eers die huisbewoner se aandag kry en sy denke stimuleer. Dit sal daartoe lei dat skaapgeaarde mense sal wil “hoor wat die ware God Jehovah gaan spreek” aangaande sy voorneme met die mensdom.—Ps. 85:8, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel