Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/95 bl. 5-8
  • Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1996

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1996
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Onderhofies
  • ROOSTER
Ons Koninkryksbediening—1995
km 10/95 bl. 5-8

Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1996

INSTRUKSIES

Gedurende 1996 moet die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word.

LEERBOEKE: Die Bybel, Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk [jv-AF], “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” (1990-uitgawe) [si-AF], Redenering uit die Skrif [rs-AF], Kennis wat tot die ewige lewe lei [kl-AF] en Insight on the Scriptures Deel 1 [it-1] sal vir toewysings gebruik word.

Die skool moet OP TYD begin en met ’n lied, gebed en woorde van verwelkoming geopen word en daarna soos volg verloop:

TOESPRAAK NR. 1:15 minute. Dit moet deur ’n ouer man of ’n bedieningskneg behartig word, en dit sal op Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk of “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” gebaseer word. Wanneer die Verkondigers-boek gebruik word, moet hierdie toewysing ’n instruksietoespraak van 15 minute sonder ’n mondelinge hersiening wees; wanneer die “Hele Skrif”-boek gebruik word, moet dit ’n instruksietoespraak van 10 tot 12 minute wees wat deur ’n mondelinge hersiening van 3 tot 5 minute gevolg word, en die gedrukte vrae in die publikasie moet hiervoor gebruik word. Die doel moenie net wees om die materiaal te dek nie, maar om die aandag op die praktiese waarde van die betrokke inligting te vestig en die gedagtes te beklemtoon wat vir die gemeente van die grootste nut sal wees. Gebruik die gegewe tema. Die spreker kan die prente, foto’s en tabelle in die Verkondigers-boek. bespreek en dit as leermiddele gebruik.

Die broers wat hierdie toespraak hou, moet streng by die tydreëling hou. Raad kan privaat gegee word as dit nodig is of as die spreker daarom vra.

GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur ’n ouer man of ’n bedieningskneg wat die materiaal doeltreffend op plaaslike behoeftes sal toepas. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. ’n Algemene oorsig van 30 tot 60 sekondes van die toegewese hoofstukke kan ingesluit word. Die hoofdoel is egter om die gehoor te help besef waarom en hoe die inligting vir ons nuttig is. Die skoolopsiener sal die studente daarna vra om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.

TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word. Dit sal in die hoofskool sowel as in die ander groepe geld. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg sodat die student tydens sy inleiding en slot kort kommentare ter verduideliking kan lewer. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet sonder tussenpose gelees word. As die verse wat gelees moet word nie op mekaar volg nie, kan die student natuurlik die vers meld waar die leesgedeelte aangaan.

TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Hierdie toespraak sal aan susters toegewys word. Die onderwerp vir hierdie toespraak sal op die boek Redenering uit die Skrif of Kennis wat tot die ewige lewe lei gebaseer word. Die toegewese student moet kan lees. Die student kan sit of staan terwyl sy die toespraak hou. Wanneer die toewysing op die Redenering-boek gebaseer is, moet die suster aan wie hierdie toespraak toegewys is die tema en die materiaal by ’n praktiese agtergrond aanpas, wat verkieslik velddiens of informele getuieniswerk behels. Wanneer die toewysing op die Kennis-boek gebaseer is, kan die agtergrond ’n herbesoek of ’n tuisbybelstudie wees. Die skoolopsiener moet veral belangstel in die manier waarop die student die huisbewoner help om oor die materiaal te redeneer en dit te verstaan en hoe die tekste toegepas word. Paragrawe in die boek hoef nie gelees te word nie. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar ’n bykomende assistent kan gebruik word. Die klem moet op die doeltreffende gebruik van die materiaal val, nie op die agtergrond nie.

TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Dit kan aan ’n broer of ’n suster toegewys word. Dit sal op ’n Bybelkarakter gebaseer word. Vir elke toewysing word die naam van ’n Bybelkarakter en ’n tema in die rooster aangegee. Inligting oor die Bybelkarakter kan onder sy naam in Insight on the Scriptures, Deel 1, gevind word. Die student moet teksverwysings in die materiaal nagaan om ’n duidelike beeld van die Bybelkarakter te kry—die gebeure van sy lewe, sowel as sy persoonlikheid, eienskappe en gesindheid. Daarna moet die student die toegewese tema van die toespraak ontwikkel en gepaste tekste kies om te gebruik. Bykomende tekste wat Bybelbeginsels na vore bring wat met die tema verband hou, kan ingesluit word. Die doel van die toespraak is om te toon wat ons uit die voorbeeld van die Bybelkarakter onder bespreking kan leer, of dit nou goed of sleg is. Dade van getrouheid, moed, nederigheid en onselfsugtigheid bied aan ons goeie voorbeelde om na te volg; dade van ontrouheid, sowel as ongewenste eienskappe, dien as ’n kragtige waarskuwing vir Christene om ’n verkeerde weg te vermy. Wanneer dit aan ’n broer toegewys word, moet hierdie toespraak gehou word met die Koninkryksaalgehoor in gedagte. Wanneer die toespraak aan ’n suster toegewys word, moet dit op dieselfde manier as in Toespraak nr. 3 aangebied word.

RAAD EN KOMMENTARE: Ná elke studentetoespraak sal die skoolopsiener spesifieke raad gee, maar nie noodwendig volgens die program vir progressiewe raadgewing op die Spraakraadgewingstrokie nie. Hy moet hom eerder op die spraakhoedanighede toespits waarop die student moet verbeter. As die student net ’n “G” kry en geen ander spraakhoedanigheid met ’n “V” of “W” gemerk is nie, moet die raadgewer ’n spraakhoedanigheid aandui waaraan die spreker volgende aandag moet skenk deur ’n kring om die blokkie te trek waar die “G”, “V” of “W” gewoonlik geskryf word. Hy sal die student daardie aand hiervan verwittig en hierdie spraakhoedanigheid op die student se volgende Teokratiese Bedieningskool-toewysingstrokie (S-89) aandui. Diegene wat ’n toespraak gaan hou, moet voorlangs in die saal sit. Dit sal tyd spaar en die skoolopsiener in staat stel om sy raad direk aan elke student te gee. As daar nog tyd is nadat die nodige raad gegee is, kan die raadgewer kommentaar lewer oor leersame en praktiese gedagtes wat nie deur die studente gedek is nie. Die skoolopsiener moet sorg dat hy ná elke studentetoespraak nie meer as twee minute aan raad en enige ander kort kommentare bestee nie. As die aanbieding van die Bybelglanspunte nie na wense is nie, kan raad privaat gegee word.

DIE VOORBEREIDING VAN TOESPRAKE: Voordat ’n student sy toespraak voorberei, moet hy die materiaal in die Skoolhandleiding noukeurig deurlees wat die spraakhoedanigheid bespreek waaraan hy aandag moet skenk. Studente aan wie Toespraak nr. 2 toegewys word, kan ’n tema kies wat by die Bybelleesgedeelte sal pas. Ander toesprake sal om die gegewe tema op die gedrukte rooster ontwikkel word.

TYDREËLING: Geen toespraak moet die tydgrens oorskry nie, ook nie die raadgewer se raad en kommentare nie. Toesprake nr. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. Die persoon wat gevra word om die stopsein te gee, moet dit doen sodra die tyd verstreke is. As broers wat Toe-spraak nr. 1 en die Bybelglanspunte behartig die tydgrens oorskry, moet hulle privaat raad gegee word. Almal moet hulle tyd goed dophou. Die hele program, sonder die lied en gebed, is 45 minute.

SKRIFTELIKE HERSIENING: Van tyd tot tyd word daar ’n skriftelike hersiening gehou. Hersien ter voorbereiding die toegewese materiaal en voltooi die toegewese Skrifgedeelte. Slegs die Bybel mag gedurende hierdie hersiening van 25 minute gebruik word. Die res van die tyd sal aan ’n bespreking van die vrae en antwoorde gewy word. Elke student sal sy eie vraestel nasien. Die skoolopsiener sal die antwoorde op die hersieningsvrae met die gehoor deurgaan en veral aan die moeiliker vrae aandag skenk en almal help om die antwoorde goed te verstaan. As die plaaslike omstandighede dit vereis, kan die skriftelike hersiening ’n week later gehou word as wat die rooster aandui.

ROOSTER

1 Jan. Skrifgedeelte: Jeremia 13 tot 15

Lied 191

Nr. 1: Gedrag wat ons van die wêreld afskei (jv-AF bl. 178 par. 4-bl. 183 par. 2)

Nr. 2: Jeremia 14:10-22

Nr. 3: Jesus net nie met ’n vleeslike liggaam hemel toe gegaan nie (rs-AF bl. 320 par. 1-4)

Nr. 4: Aäron—Tema: Gaan getrou voort ondanks menslike swakhede

8 Jan. Skrifgedeelte: Jeremia 16 tot 19

Lied 157

Nr. 1: Respek vir lewe en die sedelike reinheid van die organisasie (jv-AF bl. 183 par. 3-bl. 187)

Nr. 2: Jeremia 18:1-17

Nr. 3: Waarom Jesus in verstoflikte liggame verskyn het (rs-AF bl. 321 par. 1-4)

Nr. 4: Abednego—Tema: Jongmense—Eer Jehovah deur julle lojaliteit

15 Jan. Skrifgedeelte: Jeremia 20 tot 22

Lied 24

Nr. 1: Ware Christene is geen deel van die wêreld nie (jv-AF bl. 188-bl. 192 par. 2)

Nr. 2: Jeremia 20:1-13

Nr. 3: Diegene wat opgewek word om saam met Christus te regeer, sal soos hy wees (rs-AF bl. 322 par. 2-4)

Nr. 4: Abel—Tema: Beoefen geloof wat God behaag

22 Jan. Skrifgedeelte: Jeremia 23 tot 25

Lied 38

Nr. 1: Lojaliteit aan God en Christelike neutraliteit (jv-AF bl. 192 par. 3-bl. 195 par. 4)

Nr. 2: Jeremia 23:16-32

Nr. 3: Wat die opstanding vir die mensdom oor die algemeen sal beteken (rs-AF bl. 323 par. 1-bl. 324 par. 1)

Nr. 4: Abjatar—Tema: Ontrouheid kan jare se getroue diens kanselleer

29 Jan Skrifgedeelte: Jeremia 26 tot 28

Lied 163

Nr. 1: Wêreldse gebruike wat ’n Christen voor ’n toets van sy getrouheid te staan bring (jv-AF bl. 196 par. 1-bl. 201)

Nr. 2: Jeremia 26:1-16

Nr. 3: Waarom dié wat opgewek gaan word nie vir hulle dade van die verlede veroordeel sal word nie (rs-AF bl. 324 par. 2)

Nr. 4: Abigail—Tema: Lê eienskappe aan die dag wat Jehovah tot eer strek

5 Febr. Skrifgedeelte: Jeremia 29 tot 31

Lied 185

Nr. 1: Vroeë ontwikkelings van die hedendaagse organisasie (jv-AF bl. 204-bl. 209 par. 1)

Nr. 2: Jeremia 31:27-40

Nr. 3: Hoe die “res van die dooies” op aarde lewend word (rs-AF bl. 324 par. 3-bl. 325 par. 3)

Nr. 4: Abihu—Tema: Vernaamheid regverdig nie ongehoorsaamheid nie

12 Febr. Skrifgedeelte: Jeremia 32 en 33

Lied 6

Nr. 1: Organisering om die goeie nuus te verkondig (jv-AF bl. 209 par. 2-bl. 217 par. 2)

Nr. 2: Jeremia 33:1-3, 14-26

Nr. 3: Diegene wat aan die aardse opstanding deel het (rs-AF bl. 325 par. 4-bl. 326 par. 4)

Nr. 4: Abisai—Tema: Wees lojaal aan diegene wat die leiding neem

19 Febr. Skrifgedeelte: Jeremia 34 tot 37

Lied 98

Nr. 1: Teokratiese organisasie en die voordele daarvan (jv-AF bl. 218 par. 1-bl. 221 par. 4)

Nr. 2: Jeremia 35:1-11, 17-19

Nr. 3: Die gebeure wat met Christus se teenwoordigheid geassosieer word, vind oor ’n tydperk van jare plaas (rs-AF bl. 426 par. 2, 3)

Nr. 4: Abner—Tema: Dié wat die swaard opneem, sal deur die swaard vergaan

26 Febr. Skrifgedeelte: Jeremia 38 tot 41

Lied 91

Nr. 1: Reisende opsieners versterk die gemeentes (jv-AF bl. 222 par. 1-bl. 227 par. 4)

Nr. 2: Jeremia 38:1-13

Nr. 3: Christus se wederkoms is onsigbaar (rs-AF bl. 427 par. 1-3)

Nr. 4: Abraham—Tema: Lewe om God se wil te doen

4 Mrt. Skrifgedeelte: Jeremia 42 tot 45

Lied 184

Nr. 1: Teokratiese aanpassings en opleiding vir opsieners (jv-AF bl. 228 par. 1-bl. 233 par. 1)

Nr. 2: Jeremia 43:1-13

Nr. 3: Die manier waarop Jesus sou kom en hoe elke oog hom sal sien (rs-AF bl. 428 par. 1-bl. 429 par. 2)

Nr. 4: Absalom—Tema: Selfsugtige ambisie lei tot rampspoed

11 Mrt. Skrifgedeelte: Jeremia 46 tot 48

Lied 53

Nr. 1: Voorbereiding vir snelle groei (jv-AF bl. 233 par. 2-bl. 235)

Nr. 2: Jeremia 48:1-15

Nr. 3: Gebeure wat met Christus se teenwoordigheid geassosieer word (rs-AF bl. 429 par. 3-bl. 430 par. 1)

Nr. 4: Agan—Tema: Om God te beroof, het rampspoedige gevolge

18 Mrt. Skrifgedeelte: Jeremia 49 en 50

Lied 65

Nr. 1: Vergaderinge wat in geestelike behoeftes voorsien (jv-AF bl. 236-bl. 241 par. 1)

Nr. 2: Jeremia 49:1-11, 15-18

Nr. 3: Daar word nie van Christene vereis om die Sabbat te hou nie (rs-AF bl. 357 par. 3-bl. 358 par.4)

Nr. 4: Adam—Tema: Waarom ons God altyd eerste in ons lewe moet stel

25 Mrt. Skrifgedeelte: Jeremia 51 en 52

Lied 70

Nr. 1: Jeremia—Waarom nuttig (si-AF bl. 129 par. 36-39)

Nr. 2: Jeremia 51:41-57

Nr. 3: Geen Bybelverslag toon dat Adam ’n Sabbatdag gehou het nie (rs-AF bl. 359 par. 1-3)

Nr. 4: Koning Agab—Tema: Daar kan geen vrede vir die goddeloses wees nie

1 Apr. Skrifgedeelte: Klaagliedere 1 en 2

Lied 140

Nr. 1: Inleiding tot Klaagliedere (si-AF bl. 130-1 par. 1-7)

Nr. 2: Klaagliedere 2:13-22

Nr. 3: Jesus het nie die Mosaïese Wet in ’n “seremoniële” deel en ’n “sede”-deel verdeel nie (rs-AF bl. 359 par. 4-bl. 360 par. 1)

Nr. 4: Koning Agas—Tema: Afgodediens bring God se onguns mee

8 Apr. Skrifgedeelte: Klaagliedere 3 tot 5

Lied 194

Nr. 1: Klaagliedere—Waarom nuttig (si-AF bl. 132 par. 13-11)

Nr. 2: Klaagliedere 5:1-22

Nr. 3: Die Tien Gebooie het saam met die Mosaïese Wet verbygegaan (rs-AF bl. 360 par. 2-3)

Nr. 4: Agitofel—Tema: Jehovah dwarsboom die planne van verraaiers

15 Apr. Skrifgedeelte: Esegiël 1 tot 4

Lied 124

Nr. 1: Inleiding tot Esegiël (si-AF bl. 132-3 par. 1-6)

Nr. 2: Esegiël 3:16-27

Nr. 3: Waarom morele bedwang nie weggeneem is toe die Tien Gebooie verbygegaan het nie (rs-AF bl. 361 par. 1)

Nr. 4: Amnon—Tema: Selfsugtige erotiese liefde lei tot verderf

22 Apr. Skrifgedeelte: Esegiël 5 tot 8

Lied 30

Nr. 1: Die herdenking van die Here se dood (jv-AF bl. 242 par. 1-bl. 243 par. 3)

Nr. 2: Esegiël 5:1-15

Nr. 3: Wat die Sabbat vir Christene beteken (rs-AF bl. 362 par. 1-bl. 363 par. 3)

Nr. 4: Aquila—Tema: Getuig met ywer en wees gasvry

29 Apr. Skriftelike hersiening. Voltooi Jeremia 13-52; Klg 1-5 tot Esegiël 8

Lied 155

6 Mei Skrifgedeelte: Esegiël 9 tot 11

Lied 183

Nr. 1: Jongmense kry aandag en almal word aangemoedig om te preek (jv-AF bl. 244 par. 1-bl. 248 par. 3)

Nr. 2: Esegiël 9:1-11

Nr. 3: God wil hê dat jy ’n gelukkige toekoms moet geniet (kl-AF bl. 6-7 par. 1-5)

Nr. 4: Koning Asa—Tema: Wees ywerig vir rein aanbidding

13 Mei Skrifgedeelte: Esegiël 12 tot 14

Lied 109

Nr. 1: Vergaderinge word gereël vir almal om te sien en te hoor (jv-AF bl. 248 par. 4-bl. 253)

Nr. 2: Esegiël 14:1-14

Nr. 3: Ewige lewe in die Paradys—nie ’n droom nie (kl-AF bl. 7-9 par. 6-10)

Nr. 4: Koningin Atalia—Tema: Waak teen die Isebel-invloed

20 Mei Skrifgedeelte: Esegiël 15 en 16

Lied 4

Nr. 1: Byeenkomste lewer bewys van ons broederskap (jv-AF bl. 254-bl. 260 par. 3)

Nr. 2: Esegiël 16:46-63

Nr. 3: Hoe die lewe in die Paradys gaan wees (kl-AF bl. 9-10 par. 11-16)

Nr. 4: Bileam—Tema: Hebsug kan ons verblind sodat ons ’n verkeerde weg inslaan

27 Mei Skrifgedeelte: Esegiël 17 tot 19

Lied 225

Nr. 1: Mylpale in geestelike groei (jv-AF bl. 260 par. 4-bl. 264 par. 5)

Nr. 2: Esegiël 18:21-32

Nr. 3: Waarom die kennis van God lewensbelangrik is (kl-AF bl. 10-11 par. 17-19)

Nr. 4: Barnabas—Tema: Wees goedhartig en vrygewig in jou bediening

3 Jun. Skrifgedeelte: Esegiël 20 en 21

Lied 180

Nr. 1: Byeenkomste gee evangelisasiewerk hernieude krag (jv-AF bl. 265 par. 1-bl. 268 par. 3)

Nr. 2: Esegiël 21:18-32

Nr. 3: Die boek wat die kennis van God openbaar (kl-AF bl. 12-13 par. 1-6)

Nr. 4: Barug (Jeremia se sekretaris)—Tema: Dien Jehovah onselfsugtig

10 Jun. Skrifgedeelte: Esegiël 22 en 23

Lied 97

Nr. 1: Onvergeetlike samekomste van Jehovah se volk (jv-AF bl. 269 par. 1-bl. 275 par. 2)

Nr. 2: Esegiël 22:17-31

Nr. 3: Wat die Bybel omtrent God openbaar (kl-AF bl. 14-15 par. 7-9)

Nr. 4: Batseba—Tema: Berouvolle oortreders kan God se guns ontvang

17 Jun. Skrifgedeelte: Esegiël 24 tot 26

Lied 46

Nr. 1: Byeenkomste georganiseer om Jehovah internasionaal te loof (jv-AF bl. 275 par. 3-bl. 282)

Nr. 2: Esegiël 26:1-14

Nr. 3: Waarom jy die Bybel kan vertrou (kl-AF bl. 15-16 par. 10-13)

Nr. 4: Belsasar—Tema: Kweek nederigheid aan en voorkom rampspoed

24 Jun. Skrifgedeelte: Esegiël 27 tot 29

Lied 172

Nr. 1: Soek eers God se Koninkryk (jv-AF bl. 283-bl. 287 par. 1)

Nr. 2: Esegiël 29:1-16

Nr. 3: Die Bybel is akkuraat en betroubaar (kl-AF bl. 17 par. 14,15)

Nr. 4: Boas—Tema: Wees sedelik rein en aanvaar godgegewe verantwoordelikheid

1 Jul. Skrifgedeelte: Esegiël 30 tot 32

Lied 85

Nr. 1: Hulle vertrou op Jehovah met hulle hele hart (jv-AF bl. 287 par. 2-bl. 292 par. 4)

Nr. 2: Esegiël 31:1-14

Nr. 3: Die Bybel is ’n boek van profesieë (kl-AF bl. 17-18 par. 16-18)

Nr. 4: Kain—Tema: Hoe ons op raad reageer, sê baie van ons

8 Jul. Skrifgedeelte: Esegiël 33 en 34

Lied 35

Nr. 1: Deur liefde beweeg om God te dien (jv-AF bl. 292 par. 5-bl. 298 par. 1)

Nr. 2: Esegiël 34:17-30

Nr. 3: Bybelprofesieë in verband met Jesus (kl-AF bl. 19-21 par. 19, 20)

Nr. 4: Kaleb (seun van Jefunne)—Tema: Jehovah maak diegene kragtig wat hom volkome navolg

15 Jul. Skrifgedeelte: Esegiël 35 tot 37

Lied 128

Nr. 1: Hulle betree die pionierdiens en gryp geleenthede aan om te getuig (jv-AF bl. 299 par. 1-bl. 303)

Nr. 2: Esegiël 35:1-15

Nr. 3: Ontwikkel ’n verlange na die kennis van God (kl-AF bl. 21-2 par. 21-3)

Nr. 4: Kornelius—Tema: Jehovah God is nie partydig nie

22 Jul. Skrifgedeelte: Esegiël 38 en 39

Lied 173

Nr. 1: Liefde lei tot ’n hegter band van eenheid (jv-AF bl. 304-bl. 307 par. 1)

Nr. 2: Esegiël 38:1-4, 10-12, 18-23

Nr. 3: Die ware God en sy naam (kl-AF bl. 23-4 par. 1-5)

Nr. 4: Kores—Tema: God se woord word altyd bewaarheid

29 Jul. Skrifgedeelte: Esegiël 40 tot 44

Lied 115

Nr. 1: Broederliefde vir slagoffers van oorlog (jv-AF bl. 307 par. 2-bl. 310 par. 2)

Nr. 2: Esegiël 40:1-15

Nr. 3: Waarom jy God se naam moet gebruik (kl-AF bl. 24-5 par. 6-8)

Nr. 4: Daniël (God se profeet)—Tema: Jehovah seën heelhartige toegewydheid

5 Aug. Skrifgedeelte: Esegiël 45 tot 48

Lied 112

Nr. 1: Esegiël—Waarom nuttig (si-AF bl. 137 par. 29-33)

Nr. 2: Esegiël 47:1-12

Nr. 3: Hoe Jehovah sy naam groot gemaak het (kl-AF bl. 25-7 par. 9-13)

Nr. 4: Dawid—Tema: Jongmense, berei julle nou voor om Jehovah moedig te dien

12 Aug. Skrifgedeelte: Daniël 1 en 2

Lied 82

Nr. 1: Inleiding tot Daniël (si-AF bl. 138-9 par. 1-6)

Nr. 2: Daniël 2:31-45

Nr. 3: Eienskappe van die ware God (kl-AF bl. 27-8 par. 14-16)

Nr. 4: Debora (die profetes)—Tema: Getroue vroue loof Jehovah

19 Aug. Skrifgedeelte: Daniël 3 en 4

Lied 135

Nr. 1: Christelike liefde tydens natuurrampe (jv-AF bl. 310 par. 3-bl. 315 par. 2)

Nr. 2: Daniël 3:16-30

Nr. 3: Jehovah God is barmhartig en genadig (kl-AF bl. 28-9 par. 17-19)

Nr. 4: Dina—Tema: Slegte omgang kan tragiese gevolge hê

26 Aug. Skriftelike hersiening. Voltooi Esegiël 9 tot Daniël 4

Lied 201

2 Sept. Skrifgedeelte: Daniël 5 en 6

Lied 29

Nr. 1: ’n Verenigde broederskap wanneer Getuies wreed vervolg word (jv-AF bl. 315 par. 3-bl. 317)

Nr. 2: Daniël 6:5-12, 17, 20-24

Nr. 3: Jehovah is lankmoedig, onpartydig en regverdig (kl-AF bl. 30 par. 20, 21)

Nr. 4: Doëg—Tema: Wees op jou hoede vir diegene wat die kwaad liefhet

9 Sept. Skrifgedeelte: Daniël 7 en 8

Lied 148

Nr. 1: Verenigde bouwerk op wêreldskaal (jv-AF bl. 318 par. 1-bl. 325 par. 5)

Nr. 2: Daniël 7:2-14

Nr. 3: Jehovah God is een (kl-AF bl. 30-1 par. 22, 23)

Nr. 4: Dorkas—Tema: Ware Christene is oorvloedig in goeie werke

16 Sept. Skrifgedeelte: Daniël 9 en 10

Lied 105

Nr. 1: Verfyning en uitbreiding van die bouwerk (jv-AF bl. 325 par. 6-bl. 333 par. 3)

Nr. 2: Daniël 9:20-27

Nr. 3: Jesus Christus is die sleutel tot die kennis van God (kl-AF bl. 32 par. 1-3)

Nr. 4: Ebed-Meleg—Tema: Wees onbevrees, en eer Jehovah se knegte

23 Sept. Skrifgedeelte: Daniël 11 en 12

Lied 168

Nr. 1: Daniël—Waarom nuttig (si-AF bl. 141-2 par. 19-23)

Nr. 2: Daniël 12:1-13

Nr. 3: Die beloofde Messias (kl-AF bl. 33 par. 4, 5)

Nr. 4: Ehud (seun van Gera)—Tema: Jehovah verlos sy volk

30 Sept. Skrifgedeelte: Hosea 1 tot 5

Lied 205

Nr. 1: Inleiding tot Hosea (si-AF bl. 143-4 par. 1-8)

Nr. 2: Hosea 5:1-15

Nr. 3: Jesus se geslagslyn identifiseer hom as die Messias (kl-AF bl. 34 par. 6)

Nr. 4: Eleasar (seun van Aäron)—Tema: Dien Jehovah getrou

7 Okt. Skrifgedeelte: Hosea 6 tot 10

Lied 166

Nr. 1: Vinnige uitbreiding regoor die aarde (jv-AF bl. 333 par. 4-bl. 339)

Nr. 2: Hosea 8:1-14

Nr. 3: Vervulde profesieë identifiseer Jesus as die Messias (kl-AF bl. 34-6 par. 7, 8)

Nr. 4: Eli (die hoëpriester)—Tema: Permissiwiteit strek God tot oneer

14 Okt. Skrifgedeelte: Hosea 11 tot 14

Lied 92

Nr. 1: Hosea—Waarom nuttig (si-AF bl. 145 par. 14-17)

Nr. 2: Hosea 11:1-12:1

Nr. 3: Verdere bewyse dat Jesus die Messias was (kl-AF bl. 36 par. 9)

Nr. 4: Elihu (seun van Barageël)—Tema: Ware vriende praat die waarheid

21 Okt. Skrifgedeelte: Joël 1 tot 3

Lied 161

Nr. 1: Inleiding tot Joël en waarom nuttig (si-AF bl. 146-8 par. 1-5, 12-14)

Nr. 2: Joël 2:1-11, 28-32

Nr. 3: Jehovah getuig van sy seun (kl-AF bl. 38 par. 10, 11)

Nr. 4: Elia (die profeet)—Tema: Moet nooit die krag van gebed onderskat nie

28 Okt. Skrifgedeelte: Amos 1 tot 5

Lied 199

Nr. 1: Inleiding tot Amos (si-AF bl. 148-9 par. 1-6)

Nr. 2: Amos 3:1-15

Nr. 3: Jesus se voormenslike bestaan (kl-AF bl. 39 par. 12-14)

Nr. 4: Elifas (die Temaniet)—Tema: Jehovah haat ’n leuenagtige tong

4 Nov. Skrifgedeelte: Amos 6 tot 9

Lied 18

Nr. 1: Amos—Waarom nuttig (si-AF bl. 150 par. 13-17)

Nr. 2: Amos 8:1-14

Nr. 3: Jesus se lewe op die aarde (kl-AF bl. 40 par. 15-17)

Nr. 4: Elisa—Tema: Ons moet diep respek vir Jehovah se knegte hê

11 Nov. Skrifgedeelte: Obadja tot Jona 4

Lied 26

Nr. 1: Inleiding tot Obadja en Jona en waarom nuttig (si-AF bl. 151-3 par. 1-5, 10-14; bl. 153-5 par. 1-4, 9-12)

Nr. 2: Jona 3:10; 4:1-11

Nr. 3: Jesus lewe en heers as Koning (kl-AF bl. 41-2 par. 18-20)

Nr. 4: Elisabet—Tema: Wees godvresend en onberispelik

18 Nov. Skrifgedeelte: Miga 1 tot 4

Lied 138

Nr. 1: Inleiding tot Miga (si-AF bl. 155-6 par. 1-8)

Nr. 2: Miga 4:1-12

Nr. 3: Aanbidding wat vir God aanneemlik is (kl-AF bl. 43-5 par. 1-5)

Nr. 4: Henog (seun van Jered)—Tema: Wandel met Jehovah

25 Nov. Skrifgedeelte: Miga 5 tot 7

Lied 89

Nr. 1: Miga—Waarom nuttig (si-AF bl. 157-8 par. 16-19)

Nr. 2: Miga 6:1-16

Nr. 3: Doen die wil van God (kl-AF bl. 46-7 par. 6-10)

Nr. 4: Epafras—Tema: Bid en dien jou broers

2 Des. Skrifgedeelte: Nahum 1 tot 3

Lied 136

Nr. 1: Inleiding tot Nahum en waarom nuttig (si-AF bl. 158-60 par. 1-7, 11, 12)

Nr. 2: Nahum 1:2-14

Nr. 3: Aanbid God op sy manier (kl-AF bl. 47 par. 11-bl. 48 par. 12, 13)

Nr. 4: Epafroditus—Tema: Betoon eerbied teenoor betroubare manne

9 Des. Skrifgedeelte: Habakuk 1 tot 3

Lied 144

Nr. 1: Inleiding tot Habakuk en waarom nuttig (si-AF bl. 161-3 par. 1-5, 12-14)

Nr. 2: Habakuk 1:12-2:8

Nr. 3: Waak daarteen om God aanstoot te gee (kl-AF bl. 49-50 par. 14-17)

Nr. 4: Esau—Tema: Ons besluite toon of ons heilige dinge waardeer

16 Des. Skrifgedeelte: Sefanja 1 tot 3

Lied 146

Nr. 1: Inleiding tot Sefanja en waarom nuttig (si-AF bl. 163-6 par. 1-6, 10-12)

Nr. 2: Sefanja 1:7-18

Nr. 3: Handhaaf God se hoë standaarde (kl-AF bl. 50-1 par. 18, 19)

Nr. 4: Ester—Tema: Hoe ware skoonheid geopenbaar word

23 Des. Skrifgedeelte: Haggai 1 en 2

Lied 164

Nr. 1: Inleiding tot Haggai en waarom nuttig (si-AF bl. 166-8 par. 1-7, 13-16)

Nr. 2: Haggai 2:6-19

Nr. 3: Gee Jehovah heelhartige aanbidding (kl-AF bl. 51-2 par. 20-2)

Nr. 4: Eunice—Tema: ’n Voorbeeld vir Chrlstenmoeders

30 Des. Skriftelike hersiening. Voltooi Daniël 5-12; Hos 1-14; Jl 1-3; Am 1-9; Ob 1-21; Jon 1-4; Mi 1-7; Nah 1-3; Hab 1-3; Sef 1-3 tot Haggai 2

Lied 177

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel