Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/98 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Augustus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Augustus
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 3 Augustus
  • Week wat begin met 10 Augustus
  • Week wat begin met 17 Augustus
  • Week wat begin met 24 Augustus
  • Week wat begin met 31 Augustus
Ons Koninkryksbediening—1998
km 8/98 bl. 2

Diensvergaderinge vir Augustus

Week wat begin met 3 Augustus

Lied 216

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lewer kommentaar oor die gemeente se jongste velddiensrapport. Kondig velddiensreëlings aan vir 10 Augustus.

15 min: “Gaan Augustus ’n spesiale maand wees?” Vrae en antwoorde. Moedig almal aan om gedurende Augustus en elke maand van die nuwe diensjaar aan die velddiens deel te neem.

20 min: “Gebruik brosjures om die verstand sowel as die hart te bereik.” Gehoorbespreking. Hersien kortliks brosjures wat oor die jare gedruk is om mense oor belangrike skriftuurlike sake in te lig. (Sien Watch Tower Publications Index 1986-1995, bladsye 652-3.) Vestig die aandag op brosjures wat ons tans gebruik, en bespreek watter mense moontlik in die onderskeie brosjures sal belangstel. Demonstreer een of twee aanbiedings.

Lied 191 en slotgebed.

Week wat begin met 10 Augustus

Lied 127

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Meld doelwit dat alle verkondigers gedurende Augustus aan die veldbediening deelneem.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Jongmense—Benut julle geleenthede op skool.” Vrae en antwoorde. Sluit gepaste kommentare in uit die Ontwaak! van 8 April 1992, bladsye 17-19, en die Ontwaak! van 8 Maart 1993, bladsye 20-2.

Lied 37 en slotgebed.

Week wat begin met 17 Augustus

Lied 163

10 min: Plaaslike aankondigings. Vra kort kommentare oor hoe om die naam en adres van ’n persoon te kry vir wie daar op straat, in ’n park of elders getuig is, sodat ons sy belangstelling verder kan aanwakker.

35 min: “’n Progressiewe kykie na die dringende dissipelmaakwerk.” Vrae en antwoorde. Lees paragrawe 5, 10 en 11. Hersien die vordering wat daar plaaslik in die Bybelstudiewerk gemaak word. Moedig almal wat studies hou aan om weer die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1996 te lees om hulle onderrigvermoë te verbeter. Bespreek paragrawe 5 en 25 van daardie byvoegsel.

Lied 108 en slotgebed.

Week wat begin met 24 Augustus

Lied 213

15 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek die venster getiteld “Vyf-en-sestigduisend!” in Ons Koninkryksbediening vir Julie 1998. Daar is net een naweek oor in Augustus, en almal moet dus aangemoedig word om voor die einde van die maand aan die bediening deel te neem. Hersien “Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag”. Doen verslag oor vordering in die ontoegekende gebied. Voer onderhoud met een of twee wat al sukses behaal het. Stel gemeente in kennis van reëlings vir September.

15 min: Hoe om in die pionierdiens te volhard. Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 September 1993, bladsye 28-31. Voer ’n onderhoud met ’n pionier wat geleer het hoe om ernstige probleme die hoof te bied en wat met die pionierdiens volhou.

15 min: Maak goed gebruik van Ons Koninkryksbediening. Gehoorbespreking. Gebruik onlangse voorbeelde om te wys hoe tydig die inligting in Ons Koninkryksbediening is en hoe ons daarby baat vind: (1) artikels wat ons motiveer om gereeld aan die bediening deel te neem; (2) ondervindinge wat ons in ons heilige diens aanmoedig; (3) wenke wat ons help om die goeie nuus doeltreffend aan te bied; (4) aankondigings van nuwe publikasies wat verkry kan word en in die plaaslike gebied nuttig is; (5) diensrapporte wat toon hoe Koninkryksbedrywighede vorder; (6) Teokratiese nuus wat verslag lewer oor die vooruitgang van die wêreldwye werk; (7) aankondigings en roosters wat ons goed ingelig hou oor komende gebeure; (8) Vraebusse wat ernstige vrae beantwoord en (9) byvoegsels wat ons meer vertel oor byeenkomste, spesiale kampanjes en ander sake, sodat ons altyd op ons geestelike behoeftes kan let. Moedig almal aan om elke Koninkryksbediening te lees, die wenke daarin toe te pas, dit saam te bring na die Diens- en velddiensvergaderinge en dit in ’n persoonlike lêer te hou vir toekomstige verwysings.

Lied 210 en slotgebed.

Week wat begin met 31 Augustus

Lied 65

12 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Augustus in te gee. Gemeentelike Boekstudiehouers moet elkeen in hulle groep hieraan herinner sodat al die rapporte teen 6 September bymekaargetel kan word. Bespreek die lektuuraanbod vir September. Demonstreer kortliks ’n aanbieding wat die vraag “Waarom moet ons God se naam gebruik?” opper. Beantwoord dit deur die Kennis-boek, hoofstuk 3, paragraaf 6, te gebruik.

15 min: “Opsieners wat die leiding neem—die presiderende opsiener.” ’n Toespraak deur die presiderende opsiener. Nadat hy sy pligte hersien het, spreek hy waardering teenoor die gemeente uit vir die samewerking wat hulle die ouer manne gee terwyl hulle as herders oor die kudde toesig hou.

18 min: Help jou kind om probleme by die skool die hoof te bied. ’n Ouer man voer ’n bespreking met twee of drie ouers wat kinders op skool het. Lewer kortliks kommentaar oor ’n paar van die algemener probleme waarvoor die kinders te staan kom, soos uiteengesit in die Ontwaak! van 8 Augustus 1994, bladsye 5-7. Bespreek dan, deur na bladsye 8-10 te verwys, hoe ouers hulle kinders kan beskerm en goeie ouer-onderwyser-verhoudinge kan handhaaf.

Lied 24 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel