Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 4 Mai tot 24 Augustus 1998. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Volgens die Bybelverslag het Paulus Korinte drie keer besoek. [si-AF bl. 214 par. 3]
2. Die stappe wat tot Christendoop lei, begin deurdat ons juiste kennis van Jehovah God en Jesus Christus in ons hart inneem. [kl-AF bl. 173 par. 7]
3. Die gedagte agter Efesiërs 5:13 is dat wêreldse gebruike as sondig blootgelê en die ware aard daarvan gesien word wanneer dit in die lig van God se Woord beskou word. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien it-2 bl. 254 par. 3.]
4. Ons kan die lewe verdien deur Jehovah God te dien. [kl-AF bl. 182 par. 4]
5. Volgens die teks in Galasiërs 5:26 is alle mededingende sport en speletjies vir ware Christene verkeerd. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien g95-AF 12/8 bl. 15 par. 8.]
6. Hoewel Josef van Arimatea moedig vir Jesus se liggaam gaan vra het om dit in ’n graf te plaas, moes hy sy vrees vir ongelowige Jode te bowe kom. [it-2 bl. 112 par. 8]
7. Paulus het die brief aan die Filippense geskryf net ’n paar maande nadat hy die gemeente in Filippi gestig het, en dit is geskryf na aanleiding van ernstige probleme wat onder hulle ontstaan het. [si-AF bl. 224 par. 3]
8. Jesus “is regverdig verklaar in die gees”, soos 1 Timoteus 3:16 sê, deurdat hy by sy opstanding met geeslewe beloon is; dit het daarop neergekom dat God verklaar het dat Jesus heeltemal regverdig en waardig was om verdere verhewe opdragte te ontvang. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w90-AF 1/15 bl. 13 par. 12.]
9. “Die losmaking” waarna Filippense 1:23 verwys, is blykbaar Paulus se vooruitsig om onmiddellik ná die dood saam met Christus te wees. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 3/1 bl. 30 par. 4.]
10. Paulus het 1 Timoteus geskryf gedurende die tydperk tussen sy vrylating uit sy eerste gevangenskap in Rome en sy laaste gevangenskap daar. [si-AF bl. 234 par. 2]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Hoe het party in Korinte die embleme “op onwaardige wyse” gebruik toe hulle bymekaargekom het om die herdenking van Christus se dood te vier? (1 Kor. 11:27). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w90-AF 2/15 bl. 19 par. 17.]
12. Wie se teenwoordigheid het die welsyn van die Korintiese gemeente bedreig, sodat Paulus beweeg is om sy tweede brief aan Korinte te skryf? [si-AF bl. 214 par. 2]
13. Hoe sal Jehovah vergoed vir enigiets wat ons dalk ter wille van sy aanbidding opoffer? [kl-AF bl. 169 par. 20]
14. Wat is bereik omdat appèl by hoër howe aangeteken is in sake rakende ware aanbidding? [jv-AF bl. 683 par. 4]
15. Hoe voorsien Paulus deur sy gebruik van God se Woord ’n uitstekende voorbeeld vir hedendaagse Christenbedienaars? [si-AF bl. 217 par. 19]
16. Wat het die apostel Paulus bedoel toe hy gesê het dat die Wet “bygevoeg [is] om oortredings openbaar te maak”? (Gal. 3:19) [Weeklikse Skrifgedeelte; sien uw-AF bl. 146-7 par. 3-4.]
17. Om watter redes loof Paulus die broers in Filippense 1:3-7, en hoe kan ons by hulle voorbeeld baat vind? [si-AF bl. 225 par. 12]
18. Waarom moet alle Christenbedienaars die raad volg wat in Kolossense 4:6 gegee word? [si-AF bl. 228 par. 13]
19. Wat het die apostel Paulus bedoel toe hy gesê het dat hy wil hê dat die vroue hulle ‘met beskeidenheid moet versier’? (1 Tim. 2:9). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien g90-AF 6/22 bl. 19 par. 2.]
20. Waarom moet Christene ag slaan op Paulus se waarskuwing in 1 Timoteus 6:4 in verband met “debatte oor woorde”? [si-AF bl. 236 par. 15]
Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:
21. Gedurende die jaar ․․․․․․․․․․ is ’n konkordaat tussen die ․․․․․․․․․․ en Nazi-Duitsland onderteken en het Hitler ’n veldtog op tou gesit om ․․․․․․․․․․ in Duitsland uit te wis. [jv-AF bl. 659 par. 2]
22. Paulus se eerste brief aan die Korintiërs is baie nuttig om ons begrip te vergroot van die ․․․․․․․․․․ , waaruit dit dikwels aanhaal. [si-AF bl. 213 par. 23]
23. In Paulus se brief aan die Galasiërs bewys hy dat iemand op grond van ․․․․․․․․․․ in Christus Jesus, nie deur die werke van die ․․․․․․․․․․ nie, regverdig verklaar word en dat die ․․․․․․․․․․ derhalwe vir Christene onnodig is. [si-AF bl. 218 par. 6]
24. In Paulus se eerste brief aan die Tessalonisense maak hy op vier plekke melding van die ․․․․․․․․․․ van Jesus Christus omdat die gemeente blykbaar belanggestel het in hierdie lering. [si-AF bl. 231 par. 15]
25. Die tweede brief aan die Tessalonisense is in die jaar ․․․․․․․․․․ deur ․․․․․․․․․․ geskryf terwyl hy in ․․․․․․․․․․ was. [si-AF bl. 232 par. 4]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:
26. Waar Paulus sy reg bespreek om van die bediening te lewe, verwys hy na die (Talmoed; Misjna; Wet van Moses), wat sê dat werkende diere nie gemuilband mag word nie en dat die (Leviete; Netinim; priesterlike familie van Aäron) in tempeldiens hulle deel van die altaar ontvang het. [si-AF bl. 213 par. 24]
27. Paulus se brief aan die Galasiërs gee die uitleg van Jesaja 54:1-6, waar Jehovah se vrou as (aardse Jerusalem; die Jerusalem daar bo; Nuwe Jerusalem) geïdentifiseer word (Gal. 4:21-26). [si-AF bl. 219 par. 16]
28. In Efesiërs 1:10 verwys die “administrasie” na (die Messiaanse Koninkryk; die Bestuursliggaam; die manier waarop God sy huislike aangeleenthede bestuur). [si-AF bl. 221 par. 8]
29. (Judaïseerders; die Christendom se geestelikes; Babilon die Grote) kan as “die mens van wetteloosheid” geïdentifiseer word wat in 2 Tessalonisense 2:3 genoem word. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w90-AF 1/15 bl. 18 par. 11.]
30. As jy ernstige bedenkinge het oor iemand wat jy die hof maak, sal dit beter wees om (toe te laat dat jou romantiese gevoelens jou twyfelgedagtes oorkom; die verhouding te beëindig; jou oë te sluit vir ernstige foute en te hoop dat sake ná die huwelik beter sal gaan). [fy-AF bl. 24 par. 19]
Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:
Num. 16:3; 1 Kor. 10:11, 12; 2 Kor. 4:7; 2 Kor. 8:14; Jud. 1
31. Wanneer iemand die Christelike bediening eerste in sy lewe stel, ervaar hy godgegewe krag. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w90-AF 3/1 bl. 29 par. 5.]
32. Ons moet ag slaan op die waarskuwende voorbeeld van die Israeliete onder Moses en selfversekerdheid vermy. [si-AF bl. 213 par. 23]
33. Milddadige gawes van Christene wat materiële middele het, kan in die behoeftes help voorsien van diegene in plekke waar toestande minder gunstig is, terwyl die ywer en volharding van die geteisterdes ’n bron van vreugde en bemoediging vir die gewers kan wees. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w93-AF 12/15 bl. 21 par. 20.]
34. Knegte van Jehovah moet die begeerte hê om ’n gees van liefde en samewerking teenoor mekaar te handhaaf; murmurering kan nadelig wees vir goeie verhoudings met ander. [it-2 bl. 184 par. 6]
35. Ons moet versigtig wees om nie vernaamheid na te jaag deur misbruik te maak van familiebetrekkinge nie. [it-2 bl. 132 par. 1]