Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/07 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2007
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 9 April
  • Week wat begin met 16 April
  • Week wat begin met 23 April
  • Week wat begin met 30 April
  • Week wat begin met 7 Mei
Ons Koninkryksbediening—2007
km 4/07 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 9 April

Lied 201

10 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om na die drama op die DVD met die titel Young People Ask—What Will I Do With My Life? te kyk ter voorbereiding vir die bespreking wat volgende week tydens die Diensvergadering gehou sal word. Vestig die aandag op die venster “Main Menu”, en verduidelik hoe om die DVD te gebruik. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 April en die Ontwaak! van April aangebied kan word. In een demonstrasie moet die verkondiger ’n vraag vra wat hy tydens die herbesoek sal beantwoord.

15 min: “Almal kan ’n aandeel daaraan hê om nuwe dissipels te maak.”a Nooi die gehoor, wanneer paragraaf 4 bespreek word, om kommentaar te lewer oor hoe hulle voor hulle doop deur gemeentelede aangemoedig is. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.

20 min: Ma ak vriende deur middel van die onregverdige rykdom. Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 Desember 1994, bladsye 13-18. Help die plaaslike gemeente om die regte gesindheid te hê teenoor hulle voorreg om tot die wêreldwye werk by te dra. Prys die gemeente en meld hoe hulle gedurende die afgelope paar maande gevaar het.

Lied 43 en slotgebed.

Week wat begin met 16 April

Lied 161

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

15 min: “Spreek die woord van God onbevrees.”b Nooi gehoor na gelang van die tyd om oor die teksverwysings kommentaar te lewer.

20 min: “Wat gaan jy met jou lewe doen?”—Deel 1.c Lewer kortliks kommentaar oor paragrawe 1-2 en begin dan dadelik om elke vraag in paragrawe 3-4 te bespreek. Wanneer vraag 4 in paragraaf 3 bespreek word, moet al twee tekste gelees word. Sluit af deur die venster “Main Menu” te hersien. Spoor almal aan om na die onderhoude en bykomende inligting op die DVD te kyk ter voorbereiding vir volgende week se bespreking tydens die Diensvergadering.

Lied 207 en slotgebed.

Week wat begin met 23 April

Lied 215

10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Mei en die Ontwaak! van Mei aangebied kan word.

10 min: Kyk! Die lig is wonderbaar! Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Maart 2007, bladsye 12-14.

25 min: “Wat gaan jy met jou lewe doen?”—Deel 2.d Begin dadelik met ’n bespreking van elke vraag in paragrawe 5-7. Sluit af met die hartlike aansporing in paragraaf 8.

Lied 172 en slotgebed.

Week wat begin met 30 April

Lied 186

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir April in te gee.

20 min: Plaaslike behoeftes.

15 min: Hoe kan ek vir my skoolmaats getuig? Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op die Ontwaak! van 22 Maart 2002, bladsye 10-12. Nooi gehoor om goeie ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle vir skoolmaats getuig het.

Lied 44 en slotgebed.

Week wat begin met 7 Mei

Lied 164

10 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: Reëlings vir plekke van aanbidding. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op hoofstuk 11 van Georganiseer om Jehovah se wil te doen.

20 min: “Wanneer mense nie tuis is nie.”e Moet deur die diensopsiener behartig word.

Lied 178 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel