Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/07 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2007
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 13 Augustus
  • Week wat begin met 20 Augustus
  • Week wat begin met 27 Augustus
  • Week wat begin met 3 September
Ons Koninkryksbediening—2007
km 8/07 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 13 Augustus

Lied 20

15 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Augustus en die Ontwaak! van Augustus aangebied kan word. In een demonstrasie moet die verkondiger een van die wenke in paragraaf 3 op bladsy 3 van hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening gebruik om ’n vraag te vra wat hy tydens die herbesoek sal beantwoord. Bespreek “Nuwe kringbyeenkomsprogram”. Kondig die datum van die volgende kringbyeenkoms aan, indien beskikbaar.

15 min: Vind baat by teokratiese onderworpenheid. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op hoofstuk 15 van Georganiseer om Jehovah se wil te doen.

15 min: “Aanbid Jehovah as ’n gesin.”a Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle daarby baat gevind het om as ’n gesin aan die bediening deel te neem. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.

Lied 48 en slotgebed.

Week wat begin met 20 Augustus

Lied 100

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek “Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag”, en kondig die datum aan van die volgende spesiale byeenkomsdag, indien dit beskikbaar is. Doen verslag oor vordering in ontoegekende gebied. Lig die gemeente in oor die reëlings vir September. Voer ’n onderhoud met een of twee oor die sukses wat hulle tot dusver gehad het.

15 min: Begin gedurende September ’n Bybelstudie tydens die eerste besoek. Gehoorbespreking. Gedurende September sal ons die Leer Bybel-boek aanbied en ’n poging aanwend om tydens die eerste besoek ’n paar paragrawe met die huisbewoner te bespreek. Hersien die wenke in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Maart 2006, en reël een of twee demonstrasies wat toon hoe ’n Bybelstudie tydens die eerste besoek begin kan word.

20 min: “Hoe die Gemeentelike Boekstudiereëling ons help.”b Wanneer paragraaf 5 bespreek word, moet kommentaar gelewer word oor die Georganiseer-boek, bladsy 41, paragraaf 1.

Lied 6 en slotgebed.

Week wat begin met 27 Augustus

Lied 98

10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 September en die Ontwaak! van September aangebied kan word. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte reg te kry. Ons wil graag weer ’n nuwe verkondigerhoogtepunt vir Augustus probeer bereik. Alle boekstudieopsieners moet seker maak dat almal in hulle groep hulle rapporte ingee sodat die gemeenterapport teen 6 September saamgestel kan word. Hulle moet ook seker maak dat enige laat rapporte vir die diensjaar aan die sekretaris gegee word. Dit sal dalk help as die sekretaris ’n lys van alle laat rapporte voor die tyd kan saamstel en dit vir elke boekstudieopsiener kan gee.

10 min: Plaaslike behoeftes.

25 min: “’n Prysenswaardige doelwit vir die nuwe diensjaar.”c Voer ’n onderhoud met een of twee wat onlangs as hulppioniers gedien het. Watter aanpassings het hulle in hulle rooster gemaak? Hoe het hulle daarby baat gevind? As iemand as ’n hulppionier kon dien omdat ander in sy huisgesin hom gehelp en ondersteun het, kan daar ook ’n onderhoud met hom gevoer word. Wanneer paragraaf 9 bespreek word, moet die datums van die kringopsiener se volgende besoek gemeld word, indien dit beskikbaar is.

Lied 196 en slotgebed.

Week wat begin met 3 September

Lied 50

10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Augustus in te gee.

15 min: “Ons waardeer ons voorregte!”d Nooi die gehoor na gelang van die tyd om oor die teksverwysings kommentaar te lewer.

20 min: “Hoe om Bybelstudies te begin met mense by wie ons tydskrifte gelaat het.”e Sluit ’n kort demonstrasie in van een van die wenke in paragraaf 2. Herinner verkondigers daaraan dat ’n Bybelstudie gerapporteer kan word wanneer dit twee keer gehou is nadat die studiereëling gedemonstreer is en as daar rede is om te glo dat die studie sal voortgaan.

Lied 2 en slotgebed.

[Voettnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel