Rooster vir die week van 16 Maart
WEEK WAT BEGIN MET 16 MAART
□ Gemeentelike Bybelstudie:
lv-AF hfst. 2 ¶12-21, venster op bl. 24
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Genesis 43-46
Nr. 1: Genesis 44:1-17
Nr. 2: Jesus se mag oor die demone (lr-AF hfst. 10)
Nr. 3: Bybelprofesieë was volkome betroubaar (rs-AF bl. 351 ¶3–bl. 352 ¶2)
□ Diensvergadering:
5 min: Aankondigings. Spoor almal aan om na die video Mankind’s Oldest Modern Book, die eerste van drie afsonderlike video-aanbiedings op die DVD The Bible—A Book of Fact and Prophecy, te kyk ter voorbereiding vir die bespreking wat die week van 30 Maart tydens die Diensvergadering gehou sal word.
10 min: Jehovah word deur sy naam geïdentifiseer. Entoesiastiese toespraak gebaseer op die Bedieningskool-boek, bladsy 274, paragrawe 1-4.
10 min: Maak goeie gebruik van die Jaarboek vir 2009. Toespraak en gehoorbespreking. Bespreek “’n Brief van die Bestuursliggaam”, op bladsy 3 van die Jaarboek. Reël vooraf dat verkondigers ’n paar kort ondervindinge uit die Jaarboek vertel wat vir hulle aanmoedigend was. Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor uitsonderlike aspekte van die wêreldrapport. Sluit af deur almal aan te spoor om die Jaarboek deur te lees.
10 min: “Hoe om die ‘God se liefde’-boek te gebruik om Bybelstudies te hou.” Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.