Voorgestelde aanbiedings
Om op die eerste Saterdag in Julie Bybelstudies te begin
“Hoe dink jy voel God oor ons gebede? Dink jy dat hy dit waardeer of dit net verdra?” Wag vir ’n antwoord. Wys vir die persoon die agterblad van Die Wagtoring van 1 Julie, en bespreek die materiaal onder die eerste vraag en ten minste een van die tekste. Bied die tydskrifte aan en reël om terug te gaan en die volgende vraag te bespreek.
Die Wagtoring 1 Julie
“Dink jy dat God, aangesien hy almagtig is, verantwoordelik gehou moet word vir al die slegte dinge wat in die wêreld gebeur? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jakobus 1:13.] Hierdie tydskrif verduidelik waarom slegte dinge gebeur en wat God sal doen om ’n einde aan boosheid en lyding te maak.”
Ontwaak! Julie
“Vroeër of later kom amper almal te staan voor die een of ander tragedie, soos ’n natuurramp, ’n lewensgevaarlike siekte of die dood van ’n geliefde. Dink jy dit is belangrik om ’n positiewe gesindheid te behou wanneer sulke dinge gebeur? [Wag vir ’n antwoord.] Baie mense het gevind dat die Bybel hulle gehelp het om tragedies te verwerk. [Lees Romeine 15:4.] Hierdie tydskrif verduidelik hoe die Bybel ons kan help wanneer daar ’n tragedie in ons lewe is.”