Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 8/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Ontmoet die omstrede dingo van Australië
    Ontwaak!—1991
  • Moet ons die “rasie” bywoon?
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 8/22 bl. 30

Van ons lesers

Columbus Ek het so pas die reeks artikels “‘Die nuwe wêreld’—500 jaar oud” (8 Maart 1992) gelees. Ek moet erken dat ek nog altyd gesukkel het om geskiedenis te verstaan, en die inleidende materiaal was vir my moeilik. Maar ek het werklik gehou van die toepassing wat gemaak is in die artikel “Die ware Nuwe Wêreld wag om ontdek te word”. Dit het my gehelp om die seëninge te waardeer wat God binnekort gaan bring.

N. Z., Italië

Ek is 13 jaar oud. Ons het op skool van seevaarders geleer en is gevra om ’n opstel oor die onderwerp te skryf. Aangesien ons min inligting van ons geskiedenisonderwyser gekry het, het ek besonderhede uit die Ontwaak!-artikels oor Christophorus Columbus gebruik. Ek het die hoogste punte gekry en kon ook baie eksemplare van die tydskrif onder my klasmaats versprei.

M. D., Duitsland

Die baarmoeder Ek het nog nooit in my lewe aan ’n tydskrif geskryf nie. Maar die artikel “Die baarmoeder—ons wonderlike eerste tuiste” (8 April 1992) was so mooi en het my so geraak dat ek net móés skryf. Dit het my met ontsag vir God se mag vervul. Elke woord is so liefdevol geskryf.

B. J., Verenigde State

Ek het onlangs ’n probleem met my baarmoeder gehad. Maar ek het nie verstaan toe die dokter probeer verduidelik wat die probleem is nie. Noudat ek julle artikel ’n paar keer gelees het, verstaan ek wat met my gebeur. Dit sal vir my makliker wees om met my dokter te praat.

S. G., Brasilië

Ek wil julle gelukwens met die aantreklike manier waarop die artikel geskryf is asook met die interessante illustrasies—’n kombinasie wat die Ontwaak! treffende leesstof maak. As ek dieselfde inligting in ’n wetenskaplike publikasie gelees het, sou ek niks verstaan het nie en sou dit my baie verveel het.

S. P., Italië

Julle treffende openingsinne het dadelik my aandag getrek, en ek het in die artikel verdiep geraak. Terwyl ek dit gelees het, het ek besef dat jongmense wat by seksuele wangedrag betrokke is ’n groot fout maak. Dit is werklik onverstandig om die liggaam te misbruik wat Jehovah in sy groot wysheid vir ons gemaak het.

M. S., Japan

Dingo’s Omdat ek van plan is om na Australië toe te verhuis, stel ek in enige inligting oor daardie land belang. Daarom het julle artikel “Ontmoet die omstrede dingo van Australië” (8 Oktober 1991) my beïndruk. Voor ek die artikel gelees het, was ek effens bevooroordeel teenoor die dingo en het geglo dat hy niks meer as ’n mak “hond” is wat wild geword het nie. Julle artikels het my groter respek vir die dingo gegee en ek sien uit daarna om hierdie pragtige dier eendag te sien.

A. S., Verenigde State

Rasies Ek het die artikel “Jongmense vra . . . Moet ons die ‘rasie’ bywoon?” (8 Februarie 1992) werklik waardeer. Ek is nie meer op skool nie, maar kan terugkyk en onthou dat ek aktief by ons skoolrasie betrokke geraak het. Ons het ’n replika van ons mededingers se gelukbringer stukkend geslaan! Die Bybel se woorde het in my geval gegeld: “Slegte omgang bederf nuttige gewoontes.”—1 Korinthiërs 15:33, NW.

L. S., Verenigde State

Ek het rasies bygewoon maar nooit daaraan deelgeneem nie. Ek het egter wel oor die bywoning daarvan getwyfel, hoewel ek nooit iets daaromtrent gedoen het nie. Aangesien bywoning nie verpligtend is nie, is ek vasbeslote om hulle nie meer by te woon nie.

B. K., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel