Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 1/22 bl. 31
  • Teenstrydige verslae oor die Exxon-oliestorting

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Teenstrydige verslae oor die Exxon-oliestorting
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Nie gewone afval nie!
    Ontwaak!—1992
  • Die prys wat betaal word omdat mense te veel probeer doen
    Ontwaak!—2001
  • Olie—Hoe kry ons dit?
    Ontwaak!—2003
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 1/22 bl. 31

Teenstrydige verslae oor die Exxon-oliestorting

VERLEDE April, vier jaar ná die rampspoedige Exxon Valdez-oliestorting in die Prins William-sont, het Exxon se wetenskaplikes eindelik hulle bevindings bekend gemaak. Volgens die tydskrif New Scientist het Exxon gesê dat “die skade wat deur die storting veroorsaak is skaars ’n paar maande geduur het en dat die Prins William-sont feitlik heeltemal herstel het”. Die Amerikaanse staatswetenskaplikes wat die gevolge van die storting vier jaar lank bestudeer het se bevindings was heeltemal verskillend: “Dit is baie duidelik dat die langtermynherstel nog lank nie oor is nie. In sommige gevalle sal dit baie jare duur.” Hulle het die volgende beskuldiging gemaak: “Exxon soek die inligting wat hulle gebruik sorgvuldig uit om te bewys dat die sont herstel het.” Die volgende uittreksels uit die seebioloog en kommersiële visser Rick Steiner se bevindings toon wat die huidige toestand in die sont is.

“Iets wat ’n mens veral opval, is hoe min see-otters, harlekyneende, duikerhoenders en oestervangers daar is. . . . In tussengety-sones behou mosselbanke die olie wat vier jaar gelede daarin vasgevang is. . . . Vissers moes wag tot ná die salms van verlede somer teruggekeer het om te sien of die olie die volgende geslag jong pienk salms wat ten tye van die storting hulle verskyning gemaak het skade aangedoen het. Die hoeveelheid wat teruggekeer het, was tragies: slegs ’n kwart tot ’n derde van wat voorspel is. . . . Staats- en federale wetenskaplikes het die gevolge van die olie in die organismes wat van visse tot walvisse wissel, aangetref—in die vorm van breinskade, die onvermoë om voort te plant, genetiese skade, struktuurmisvormdheid soos krom rugstringe, traagheid, vertraagde groei en gewigsverlies, veranderde eetgewoontes, minder eiers, ooggroeisels, ’n groter hoeveelheid parasiete, lewerskade en gedragsafwykings.

“As enigiets wel duidelik geword het, is dit dat daar werklik nie so iets soos ’n herstel ná ’n oliestorting bestaan nie. Ons kán eenvoudig nie ’n gebroke ekosisteem regmaak soos wat ons ’n stukkende masjien kan regmaak nie. Vir baie was hierdie besef ’n bitter pil.”—National Wildlife EnviroAction.

Een staatswetenskaplike sê: “Die studies word nie onpartydig gedoen nie. Regsgeleerdes is in beheer van die wetenskap en hulle besluit watter studies gunstig sal wees vir eise om skadevergoeding—of watter dit sal benadeel.” Die New Scientist opper die gepaste vraag: “Is die wetenskap van enige nut wanneer kragtige, gevestigde belange daarvan afhang?”

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Wesley Bocxe/Sipa Press

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel